Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die Bybel is God se liefdesbrief aan sy kinders. Het jy ’n Bybel? Ons vier vanjaar die 83e bestaansjaar van die Bybel in Afrikaans. Watter nut het dit vir jou? Vir ‘n sinvolle studie van die Bybel is ‘n liefdevolle verhouding met die Skrywer daarvan onontbeerlik.
BOTSING VAN KULTURE IN GEFRUSTREERDE NSA
Met dank ontvang vanuit ‘n Nuusbrief van die ANB
In 'n vorige nuusbrief van die ANB in 2018 is die aard en inhoud van Afrikanernasionalisme uitgespel. Een van die basiese uitgangspunte en beginsels van Afrikanernasionalisme, wat ook as basis vir die suksesvolle beleid van apartheid tussen 1948 en 1966 in SuidAfrika gebruik is, is dat die skeiding van rasse, volke en kulture, juis konflik, frustrasie en die inperking van mense se vryheid voorkom.
Hierdie waarhede en die gevolge van die verontagsaming daarvan word in die hedendaagse Suid-Afrika al hoe duideliker. Die konflik tussen volke en frustrasie onder alle volke in die land ten opsigte van dinge soos integrasie van woongebiede – en gevolglik ook hospitale, skole en universiteite – word elders in hierdie nuusbrief in fyner besonderhede bespreek. 'n Verdere aspek in hierdie verband wat deesdae al hoe meer na vore kom, is die aanslag op die wet en orde – met ander woorde die gereg (polisie) en die regstelsel (howe) in Suid-Afrika.
Suid-Afrika se regstelsel is in die verlede gevestig op die Christelike en Westerse waardes van die Afrikaner. Sedert die oorname van die Swart ANC-kommunistiese regime is dié belangrike aspekte van ons samelewing stelselmatig "getransformeer" – tot so 'n mate dat die Blankes in die land, met hul Westerse verwysingsraamwerk en waardestelsel, deesdae enorme frustrasie in hierdie verband beleef. Die kern van die probleem is natuurlik gesetel in die feit dat die openbare bestuur van ons samelewing deesdae die kultuur van die Swart Afrikaan reflekteer, terwyl dit in die vorige bedeling die kultuur van die Afrikaner met sy Westerse en Christelike wortels gereflekteer het. Die volgende drie aanhalings gee aan ons perspektief oor hierdie ontstellende ontwikkeling. Die eerste is 'n ontleding van die beginsels van kultuur deur Jaap Marais:
* "Die kultuur van enige bepaalde volk is te onderskei van ander, omdat dit eksklusief en juis nié omvattend is nie. Veral in 'n samelewing van omvattende kulture en subkulture (soos in Suid-Afrika) is dit van die hoogste belang dat 'n kultuur sy integriteit behou om te kan oorleef... "Die grootste perversie van kultuur in ons tyd is 'n misvatting oor die rol van demokrasie. 'n Kultuur integreer 'n volk kwalitatief. Uit 'n wyd gehuldigde misvatting van ons tyd word veronderstel dat demokrasie mense as kwantitatiewe eenhede kan integreer. Hierdie misvatting wortel in die pogings om aan die proses van politieke gelykmaking 'n kulturele rugsteun te gee, of anders om die kulturele hoedanighede te misken of ondergeskik te stel aan politieke ideologie... "Hierdie verwarring tussen die aard en funksie van kultuur en demokrasie lui juis nie tot 'n algemeen aanvaarde 'omvattende kultuur' nie, want as demokrasie uit sy behoorlike plek gehaal word en toegelaat word om die hele gesigseinde te vul, wek dit naywerige haat – nie net van alle onderskeiding nie, maar van alle verskille".
* Tweedens, 'n aanhaling uit 'n artikel van professor JDJ Hofmeyr, wat verbonde was aan die Departement van Genetika by die Universiteit van Pretoria in die vroeë sestigerjare van die vorige eeu: "Die bewering dat gelykstelling tot rassegelykheid lei, het ongetwyfeld propagandawaarde in die kommunistiese aanslag om die nieblanke volke vir hul saak te mobiliseer. Hulle word wysgemaak dat hulle as 'gelykes van die Blankes' in staat is om die verantwoordelikheid van die bestuur van 'n moderne staat oor te neem. Die werklikheid is egter dat gelykstelling steeds nie fundamentele rasseverskille kan uitwis nie. "Wanaanpassing, met al sy ongewenste gevolge, is klaarblyklik onvermydelik wanneer twee rasse – op ongelyke kulturele peil en met basiese verskil in geestesgawes – in een sosiale gemeenskap saamgevoeg word".
* Die derde aanhaling, wat soms ook deur Jaap Marais self in argumente gebruik is, kom van die Engelse denker, Matthew Arnold: "Die vermenging van persone van verskillende rasse in een samelewing lei tot verwarring van alle verhoudings in die menslike lewe en van alle begrippe van reg en verkeerd en hierdie situasie sal weer lei tot frustrasie en konflik in daardie samelewing".
Enige Blanke wat onlangs in 'n polisiekantoor in Suid-Afrika ingestap het om in watter opsig ookal gehelp te word, sal weet dat hy die openlike antagonisme kan aanvoel. Daarby is die polisie se swak rekord ten opsigte van die voorkoming en bestryding van misdaad welbekend. Maar dit is veral in die geval waar die klaers of slagoffers van misdaad Blankes is, dat blatante en rasse-vooroordeel aan die orde van die dag is.
Die polisiediens het ook in 'n toenemende mate 'n ernstige gebrek aan die begrip van die gesonde oordeel, orde, dissipline en professionaliteit wat met hul beroep gepaard behoort te gaan. In die regsberoep kom dieselfde tendense voor en dit word jaarliks erger na mate die beleid van Swart bemagtiging op soms roekelose wyse toegepas word in die aanstelling van verteenwoordigers op die regsbanke van alle howe in Suid-Afrika.
Die oomblik as die rassefaktor by enige saak bygesleep word, begin die rooi ligte flikker en die saak word gewoonlik 'n emosionele sirkus wat inderdaad niks met professionele, onbevooroordeelde regspleging te doen het nie. Ook in die administrasie van 'n departement soos Korrektiewe Dienste, wat die finale fase van justisie hanteer, sien ons deesdae hoe kulturele invloede skielik faktore word in die proses van regspleging. In sekere gevalle – uiteraard dáár waar dit die regime in beheer pas, word die "gevoelens en oordeel" van die familie van misdaadslagoffers skielik in ag geneem wanneer daar oor die parool van 'n gevangene besluit moet word.
Kyk byvoorbeel na die geval van Janusz Walus, die man wat in 1993 skuldig bevind is aan die moord op die aartskommunis, Chris Hani. Walus kwalifiseer al langer as 'n jaar vir parool, maar die familie van Hani se oordeel word telkens as belangrike rede aangevoer waarom hy nie vrygelaat kan word nie. Intussen kry die Swart moordenaars van Blankes – plaasmoordenaars en ander – in hul hordes parool sonder dat die slagoffers se families ooit genader word vir hul mening.
Die ongebalanseerdheid en onreg in die regstelsel is ook duidelik ten opsigte van borgvoorwaardes van aangeklaagdes in die howe. Blankes, wat soms op belaglike klagtes met groot emosionele vertoon aangehou word, word borg geweier, terwyl Swart moordenaars in sekere gevalle al op borg vrygelaat is vir belaglike bedrae soos R5000. Daar is ook gevalle aangeteken waar dié misdadigers wat op borg uit is binne dae na hul vrylating wéér ernstige misdade gepleeg het.
Hierdie belangrike leemtes, wanbalanse en soms blatante onreg is 'n tipiese voorbeeld van 'n samelewing waar twee of meer kulture direk met mekaar bots en waar die meerderheid dan in staat gestel word om die minderheid te boelie weens hul beheer van die stelsel. Die onreg teen die minderheid en hul frustrasie kan nooit verander solank as wat die meerderheid slegs weens hul getalleoorwig die hef in die hand het nie.
Met die belangrike verkiesing van 8 Mei 2019 waaraan talle Afrikaners deelgeneem en daardeur hul hande bevuil het, moet ook besef word dat hulle inderdaad die gevolge van die uitslag moet aanvaar, want dit is mos hoe "demokrasie" werk. As die kultuur van die Afrikaan dus deur die polisie en die howe van die land gereflekteer word, sal elke stemmer sy frustrasie moet sluk, want hy het met 'n oop gemoed deelgeneem aan hierdie stelsel.