Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God is nie op soek na briljante mense nie. Hy is nie afhanklik van welsprekende mense nie. Hy is nie beperk tot talentvolle mense om sy evangelie na die wêreld uit te dra nie. God is op soek na gebroke mense wat hulleself in die lig van Christus se kruis ondersoek het. Wanneer Hy iets gedoen wil hê, maak Hy gebruik van mense wat die einde van hulle eie kragte bereik het, diegene wie se vertroue nie in hulleself is nie maar in God.
DAAR IS NET EEN RAS – DIE MENSLIKE RAS...?
Hendrik Pretorius
Daar is net een ras, die menslike ras, en huwelike oor die rasgrens is niks mee verkeerd nie, of so hoor mens al hoe meer vanuit Christelike kringe. Selfs van Christene wat eintlik vandag nog beskou word as behoudend en konserwatief in baie opsigte. Sekere Christelike organisasies wat baie goeie werk doen om die valse evolusie leer te weerlê, is veral groot voorstaanders van hierdie standpunt. Enige standpunt wat die een-ras ideologie opponeer word eenvoudig gekanselleer met die bewering dat dit afkomstig is van die evolusieleer. Dit word as't ware as troefkaart gebruik teen enige bewyse wat die "net een ras ideologie" moontlik verkeerd kan bewys. Net soos wat die woord rassisme gebruik word om alle teenargumente mee ongeldig te verklaar en mense te intimideer tot oorgawe en aanvaarding van dit waarteen hulle gekant is.
Dan is daar ook nog die groot dryf vanuit die media. Soms voel dit letterlik of advertensie na advertensie daarop toespits om die mees gelukkigste paartjie voor te stel as die swartman met 'n wit vrou. In skole word ook geen ander standpunt geduld nie en kinders word ingeprent dat die mens slegs op sy gelukkigste kan wees as algehele gelykmaking plaasvind en almal een word met 'n groot vermenging. 'n Sogenaamde Utopia sonder enige grense, waarin alles en almal in alle opsigte gelyk is. Man en vrou is in alle opsigte gelyk ('n Ideologie wat selfs in die nuwe Bybelvertalings ingeskryf word Gen 2:18)
Dit wat gister nog as sonde beskou was: homoseksualiteit, selfverminking en tatoeëring tot en met "transgender", is nou reg en mag nie bevraagteken word nie.
Op die rekenaarskerm sien mens die woorde, "welcome to your Microsoft family group" geskryf staan bokant die prentjie van die swartman met 'n wit vrou en hulle gekleurde kroos. Ras het 'n gelaaide term geword en huwelike en verhoudings oor die rasgrens 'n onderwerp wat meeste mense eerder probeer vermy as om daaroor te praat. Tensy hulle self natuurlik 100% die vermenging ondersteun. Mense voel geïntimideerd en oorweldig deur 'n oormag propaganda. Veral konserwatiewe Christene is al hoe meer onseker hoe om oor die saak te dink. Want terwyl die liberale oormag gedurig net een boodskap uitbasuin, swyg die teenparty uit vrees vir intimidasie. Maar tog bly daar maar by die behoedsame mens daardie natuurlike neiging tot skeiding en selfbehoud, al wil hulle dit nie aldag openlik erken nie.
Reeds in 1959 het Robert Sobukwe van die kommunistiese Pan Africanist Congress, die slagspreuk "There is only one race, the human race" gebruik as opsweping in sy toesprake. In dieselfde tyd het swart revolutionêre groepe reg oor die wêreld ook presies dieselfde slagspreuk gebruik. Aan die een kant hou die Afrika-kommunis die geen-rasse beleid voor maar terselfde tyd verkondig hulle dat Afrika slegs aan die swartman behoort terwyl die witman nie hier welkom is nie. Inteendeel sommige beweer selfs dat die witman 'n ondermens is wat verdien om onderdruk te word. Die swartman word voorgehou as die ewigdurende slagoffer van slawerny en onderdrukking deur die witman en moet dus ten alle koste bevry word (Kill the Boer Kill the farmer). Niemand ken blykbaar meer die geskiedenis van swart slawehandelaars in Noord Afrika wat suidelike Europa ingeval het en slawe gemaak het van duisende Europeërs nie. Ook nie van swart stamme wat hul eie mense as slawe gebruik en ook mee handel gedryf het nie. Terselfde tyd word die swartman met witvrou doelgerig bevorder. Heel interessant dat Robert Sobukwe se destydse mentor, Benjamin Pogrund, nou weer opnuut die vreedsame etniese voortbestaan van spesifiek die Afrikanervolk hewiglik veroordeel. Alles wat eie is aan blanke volkere moet geoffer word op die altaar van eenwording. Wanneer 'n barbaarse volk 'n ander volk oorwin dan vat hy die vrouens en dogters van daardie volk vir homself en raak ontslae van die weerbare mans en seuns wat nie wil buig as slawe nie (Kniel in solidariteit vir "Black lives matter").
Die aanslag is egter nie net beperk tot die Afrikanervolk nie maar tref die westerse wêreld vandag met mening. 'n Organisasie soos UNESCO het reeds sedert 1948 hul dit ten doel gestel om sogenaamde weteskaplike studies, wat kan bewys dat daar net een ras is, te bevorder en om dit 'n wêreldwye ideologie te maak. Alles onder die dekmantel van "vrede". Ongelukkig het baie voorstaanders van rasvermenging geen agting of heilige ontsag vir die Woord van God nie.
Die vraag vir elke Christen bly egter maar wat is die werklike Bybelse siening rondom die saak. Het hierdie kommuniste dan nou nader beweeg aan die waarheid van God se Woord of het Christene dalk verstrik geraak in baie slim leuns wat ten doel het om die Godgegewe verskeidenheid te vernietig. Voorstaanders van vermenging is baie vinnig om te beweer dat daar geen uitdruklike verbod in die Bybel is teen huwelike oor die rasgrens nie en dat die Bybel nie eers iets soos ras noem nie. Hulle sê: "Gee ons 'n teks !"
Tot verdediging van rasvermenging sal hul dan aanhaal dat daar nie meer Jood of Griek is nie. Baie gerieflik stop hulle daar en lees nie die gedeelte van die vers wat sê: daar is nie meer man of vrou nie (Gal 3:28). Dus haal hulle heeltemal buite konteks aan en maak dat die vers iets heeltemal anders sê as wat dit werklik beteken. So word die woord van God verdraai en baie mense word mislei en selfs geestelik afgepers. Volgens sommige is alle pogings tot etniese suiwerheid en volksbehoud gebore uit bose agterdog en rassehaat en is dus afgodediens.
As mens egter noukeurig na die hele Skrif kyk ontvou daar 'n totaal ander prentjie. Van die begin van die Skepping af openbaar God Homself as Skeidingmaker. Hy skei lig van duisternis en water van land. God skep 'n verskeidenheid in plant en dier elkeen volgens sy soort. Wanneer Hy die mens skape gee Hy die bevel: wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde en onderwerp en heers daaroor (Gen 1:28). Die mens was veronderstel om soos hulle vermeerder, al verder oor die wêreld te versprei in hul onderskeie familiegroepe. Dit sou noodwendig veroorsaak dat daar verskille in taal en kultuur sou ontstaan tussen die familiegroepe. Hierin sien ons weereens die ryke verskeidenheid van God soos Hy dit gewil het vir die mens en tot eer en verheerliking van sy heilige Naam. Na die sondvloed herhaal die Here aan Noag weereens hierdie belangrike opdrag, wees vrugbaar en vul die aarde. God se uitspraak oor die mens by die toring van Babel bevestig die opdrag net weereens, "Daar is hulle nou een volk en het almal een taal !"(Gen 11:4) Hier sien mens duidelik die Here se ontevredenheid oor die mens se ongehoorsaamheid en opstand teen Hom deurdat hulle geweier het om oor die aarde te versprei en om eerder een te wil wees. Net soos ons hier tot vervelens toe gehoor het "Simunye".
Koning Nebukadnésar se Empire word gebou deur ander volke te verower en hul onafhanklikheid te vernietig. Hul identiteit word van hul afgestroop en die bruikbares word weg gevoer na 'n vreemde land. So beland Daniël en sy vriende in die koning se diens. Selfs die name van Daniël en sy vriende word verander na 'n taal wat nie hul eie is nie. In Daniël se uitleg van die koning se droom oor toekomstige koninkryke, wys hy daarop dat die tone uit yster met klei vermeng, beteken dat mense wat deur menslike gemeenskap vermeng geraak het nie aanmekaar sal klou nie (Dan 2:43). Alhoewel aardse Empires telkemale 'n eenheid onder een heerskappy probeer skep deur die verskeidenheid te vernietig sal dit altyd maar net weer en weer misluk. Net Christus se koningkryk sal uiteindelik ewig bly staan. 'n Koningkryk met die ryke verskeidenheid onder een Herder tot eer en verheerliking van sy Naam.
Met die aanbreek van die Nuwe Verbond het die Here se opdrag nog geensins verander nie en ons sien hoe Hy dit bevestig met die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag. Die Gees van God gee aan die dissipels die wondergawe om die wonderdade van God aan almal teenwoordig te verkondig, elkeen in sy eie taal. Die verskillende volkere in Jerusalem kon tog sekerlik almal een of ander gemeenskaplike taal verstaan, hoe anders sou hul daagliks met mekaar kon kommunikeer. Die wonderwerk kon net so wel gewees het dat almal skielik een gemeenskaplike taal perfek kon verstaan. Maar God dring daarop aan dat elkeen in sy eie taal hoor en beklemtoon so weereens die belangrikheid van verskeidenheid en die belangrikheid van sy opdrag.
Wanneer die skrywer van Handelinge verduidelik dat God uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak het om oor die hele aarde te woon, gaan hy verder om te wys dat God grense tussen hulle gestel het en aan elkeen sy eie woonplek gegee het (Hand 17:26-27). Hy gee dan ook 'n rede daarvoor nl. sodat hulle die Here kon soek. So ervaar mens dit dan ook dat waar die grense verwyder word en volkere vermeng, word die Evangelie ondergekik aan die regering gemaak en op allerhande maniere beperk. In so 'n vermengde stelsel word die evangelie gewoonlik uiteindelik as haatspraak ge-etiketteer. In Europa en veral in die Verenigde Koningkryk sien mens al hoe meer hoe die evangelie beperk word en evangeliste gearresteer word al probeer hulle om "diskriminasie" te vermy deur om net 'n God van liefde te verkondig. Christene wat dit waag om in die openbaar te bid word gearresteer. Terwyl ander gelowe soos bv. Islam letterlik met haat en doodslag mag dreig. Eenwording van alles en almal is dus nie net tot uitwissing van die wonderlike skoonheid van verskeidenheid in die skepping nie maar tot verskriklike nadeel van die mens se siel. Vermenging en eenwording is natuurlik tot voorspoed van Empires en wêreldheersers maar tot onderdrukking van die waarheid. Waar die grense verwyder word en rasse en volkere vermeng, daar neem die opstand teen God en die verval van die mens toe met rasse skrede. Telkens deur die eeue gebruik die Empire-bouers dan hierdie beginsel van vermenging en eenwording om die mensdom beter te kan beheer en onderdanig te maak aan hul heerskappy. By die toring van Babel onder die geweldenaar koning Nimrod, kom die mens in opstand teen God se bevel om te trek en te verdeel. Daar in hul nuutgevonde empire waar almal een is, probeer hulle om 'n "eie weg" na die hemel te maak. Die sogenaamde bevryde mens, maar sonder God en sonder toekoms. Ons sien hoe die Here daar self intree en dít doen wat die mens veronderstel was om te doen. Die Here dryf hulle uitmekaar deur hul tale te verwar.
Dina, die dogter van Jakob gaan kuier, en moontlik heel onskuldig, by die dogters van 'n buurvolk maar met tragiese gevolge wat lei tot net nog meer tragiese gevolge (Gen34). Hier kom die heidense denke duidelik na vore, "Gee julle dogters aan ons en ons sal ons dogters aan julle seuns gee. Elkeen wat nie volgens hierdie heidense resep vir "eenheid en vrede" wil handel nie kan sekerlik die argwaan van hulle verwag. Elkeen wat die wil van God doen sal vervolg word. Die wêreld se vrede kom egter teen 'n prys. Telkens wanneer die volk Israel vermeng het met naburige volke van die land het daar afval plaas gevind. Wat Bileam nie kon vermag deur te probeer om Israel te vervloek nie, het die Moabitiese dogters vermag deur die volk van Israel te verlei.
Alhoewel God dit in sy soewereine wil soms toelaat dat enkelinge soos Rut die Moabitiese en Ragab die Kanaänitiese geassimileer word en so deel geword het van die voorgeslagte van die Here Jesus Christus, beteken dit nie dat volkere maar na hartelus kan vermeng onder die dekmantel van Christenskap nie. Met Esra en Nehemia is dit duidelik dat die volkere van die land na Israel gekom het met die idee dat hulle ook die Here aanbid en saam die tempel wou herbou (Esra 4:3). Wanneer Israel dan uiteindelik met die volkere vermeng vind daar grootskaalse afvalligheid plaas. Sodra Esra dit te wete kom skeur hy sy klere en bely hy hierdie vermenging met die volkere van die land en ook die ander sondes wat daaruit voorgespruit het. Dat vermenging kwansuis reg is solank almal net gelowig is, is duidelik nie waar nie. Nehemia sien hoe die volk deur vermenging op totale vernietiging afstuur (Neh 13:23-26). Vermenging bring onomkeerbare skade en daarom word die saak bely en hierdie vreemde vroue met hul kinders weggestuur. Let op, daar word nie aan die volk gesê dat die gelowiges onder die vreemde vroue en kinders mag bly nie, maar al die vreemde vroue met al hul kinders word weg gestuur. Dit gaan hier duidelik oor meer as net die geloof van die ander volke. Nehemia sien hoe hul taal, kultuur en toekoms totaal verlore gaan. Hy noem bv. dat van die kinders nie eers meer Joods praat nie (Neh 13:24). Verder waarsku Nehemia dan dat selfs die geliefde koning Salomo ook gestruikel het agv. vreemde vroue. Oorstroming en massa-inneming van ander volkere deur vermenging is iets wat vandag baie ernstiglik die vootbestaan van westerse volkere bedreig. Om vermenging en oor die rasgrens huwelike te wil goedpraat solank albei partye net Chistene is, maak net eenvoudig Bybels en ook prakties nie sin nie.
Dit is dan ook geensins verbasend wanneer mens sien dat in die boek Openbaring die empire van die satan Babilon genoem word nie. Dit herhinner mens onmiddellik aan sy eerste poging met koning Nimrod om 'n een-wêreld ryk tot stand te laat kom. Almal met een taal en geen onderskeid nie. 'n Koninkryk waar die verskeidenheid van God se pragtige skepping uitgewis word en die mens sy eie verlossing skep. Klakkeloos word leuens en hol beloftes geglo. Daarom sien mens dan ook verder in die boek Openbaring hoe die Here Jesus uiteindelik die satan se empire totaal vernietig en hoe hy en al sy volgelinge in die hel beland.
Dit gaan my verstand te bowe hoe 'n Christen kan sê huwelike oor die rasgrens is in die haak en in dieselfde asem kan hoop dat dit tog net nie met my dogter of seun moet gebeur nie. Hoe kan 'n geestelike leier sê dit is nie verkeerd nie maar is definitief nie 'n goeie ding nie. Hoe 'n man deur God geroep stilswyend kan staan en toekyk dat sy gemeente voort strompel in hierdie verwarring met die groot gevaar dat dogters en seuns mislei kan word en onherroeplike skade aan hul lewens aanrig. Ook ongekende smarte vir hul ouers bring en skade aan hul volk aanrig. God haat egskeiding en kinders gebore uit so 'n gemengde verhouding het baie probleme en word nie maklik aanvaar nie. Nog minder kan sulke kinders ook net sommer weggewens word. Sommige mense sal sê: maar 'n nuwe volk word geskep en al wat saak maak is dat hulle Christene is. Maar is dit altyd die geval en teen watter koste ? Die feit is dat rasvermenging reg oor die wêreld maar 'n tragiese verhaal bly. Hoe groter die rasverskille, hoe groter die negatiewe gevolge. Hoe groter die getalle van vermenging, hoe sekerder die totale uitwissing van 'n volk. Mense wat oor die rasgrens trou het geen reg om daarop aanspraak te maak dat hulle en hulle nageslag deur enige van die twee volke aanvaar moet word nie. Dit is hul eie selfsugtige besluit met onomkeerbare gevolge. Net so met mense wat kinders van 'n ander ras aanneem. Daardeur wil hulle natuurlik polities korrek wees maar dink nie aan watter ontsaglike onreg hulle aan daardie kinders doen deur hulle te beroof van dit wat eintlik eie is aan hul eie volk nie. Sulke ouers is selfsugtig en het geen waardering of respek vir die ander volk se taal, kultuur en eie identiteit nie. Met wie is daardie aanneemkinders veronderstel om eendag te trou ? Sulke ouers gee ook blykbaar nie om watter onreg hulle teen hul eie volk nie pleeg. God gee aan elke volk nie net die reg nie maar ook die verpligting om selfbehoud. Dit is nie verkeerd nie, maar reg en jou plig om jou eie volk te beskerm.
Die een-ras ideologie slaan 'n dubbele slag. Aan die een kant verlei dit mense tot vermenging en onherroeplike skade aan hulself, eie familie en volk. Aan die anderkant dryf dit mense reguit in die arms van die Judaïste wat verkondig dat redding en genade op ras en/of volksidentiteit berus. Sommige Judaïste leer dat 'n mens word gered deur die Messias se soenverdienste, maar ras en volksverband is ook nog 'n voorvereiste. So word mense ingesleep in die eeu oue dwaling van Judaïsme met sy menige tentakels. Van een dwaling na erger en al dieper in 'n werke godsdiens van ouderhouding van Ou Testamentiese gebruike wat net 'n skuduwee was van Christus wat sou kom (Kol 2:16-17). Al verder weg van die reddende genade van God deur die geloof alleen in Christus Jesus alleen (Gal5;1-4). Die omdraai na 'n verbond wat nie meer bestaan nie soos wat die brief aan die Hebreërs oor waarsku.
Die voorstaanders van die een-ras ideologie is dus nie Bybels nie en dien eerder die Babiloniese gees van eenwording en 'n een-wêreld empire. Die gereformeerde geloof van die Afrikaner Boerevolk se voorouers en hul begrip van die Bybel was definitief nie verkeerd nie. Om te beweer dat daar net een ras is nl. die menslike ras, bly eenvoudig absurd. Waar ook al die verskeie rasse onstaan het en hoe hul ontwikkel het kan miskien onseker wees. Wat die Bybel wel leer is dat alle mense van die drie seuns van Noag af vermeerder het in hul afsonderlike familiegroepe. Enige mens kan tog sien dat daar verskille tussen onderskeie groepe mense reg oor die wêreld is. Sommige verskil meer as ander en die Bybel verwys na rasverskille op verskeie plekke soos bv. met die Kusiet wat nie sy vel kan verander nie net soos die luiperd sy kolle nie kan verander nie. Die woord ‘ras’ word al vir baie jare gebruik om onderskeid te kan tref, hoe dan nou anders. Verskille tussen volkere lê ook veel dieper as net die uiterlike. Dit beteken geensins dat elkeen wat verwys na rasverskille, ontken dat alle mense uit Adam kom en alle mense gesondig het en net deur die soenverdienste van Christus Jesus gered kan word nie.
Eendag voor die troon van God sal staan die wat gered gered is uit elke stam, volk, taal en nasie. Dus weereens 'n valse beskuldiging deur voorstaanders van die een ras ideologie.