Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons Skepper het uit niks alles volgens hulle soorte geskep; jy en ek is ook unieke skepsels van God – Hy het nie net een lewende selletjie geskep waaruit alles vanself ontwikkel het soos die evolusie-hipotese wil leer nie. En ons mense se roeping is om as 'bestuurders' van God se skepping op te tree maar die moderne mense het egter vernietigers geword. Kom ons begin hierdie jaar met die ideaal om weer die bewaarders en versorgers te word van God se wonderlike Skepping.
MAAK VREDE MET GOD
Ds AE van den Berg
“Toe roep Simson die Here aan sê: Here, HERE, dink tog aan my en versterk my tog net hierdie keer, o God!” (Rigt.16:28).
Die Bybel is vol aangrypende verhale. Een van die merkwaardigste is dié van Simson. Dis ’n verhaal van 'n skitterende hoogte, maar ook van vernederende diepte. Simson beteken sonskyn; ’n man wat hom, ironies genoeg, op ’n ouderdom van 40 jaar in stikduisternis bevind en ook so gesterf het!
Geen rigter het meer berekende houe vir sy volk as hy geslaan nie. Desondanks het geen rigter so onverantwoordelik met sy hoë roeping omgegaan en sodoende God se eer so op die spel geplaas soos hy nie. Simson het roekeloos met die gawes wat God hom gegee het gedobbel.
1961: SA KLAAR MET STATEBOND
KULTUURDAGBOEK 15 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
DR VERWOERD EN DIE STATEBOND
15 Maart 1961: By monde van sy Eerste Minister, dr HF Verwoerd, word Suid-Afrika se aansoek om lid van die Britse Statebond te bly, op hierdie dag teruggetrek. Daarmee is die intensiewe pogings om die Statebond in sy ou vorm te laat voortbestaan, finaal verydel. Die aansoek om lidmaatskap te behou, is gedoen vanweë 'n belofte deur dr Verwoerd aan die Volksraad dat hy sou trag om Suid-Afrika lid van die Statebond te hou met die oog op die instandhouding van Blanke solidariteit in die land. Groot-Brittanje het onder aanvoering van sy Eerste Minister, mnr Harold MacMillan, alles in sy vermoë gedoen om Suid-Afrika se lidmaatskap te verseker. Die Afro-Asiatiese blok, bygestaan deur Kanada en Nieu-Seeland, het egter onwrikbaar op hul eie bly aandring dat Suid-Afrika sy binnelandse beleid geheel moet verander as hy lid wil bly. "Ek was geskok en oorweldig deur die vyandige gees wat hier teenoor Suid-Afrika geheers het," het dr Verwoerd in sy afskeidstoespraak gesê."
BROKKIES UIT DIE BOEK PANIEKLAND (6)
083 444 7672)
Die voertuie is uitgepak en binne die erf getrek. Die spasie is amper te min, maar met ‘n gemeet en pas, kom hulle almal darem agter die heining. Die spens is tot teen die dak gepak met sakke rys, meel, mieliemeel en blikkieskos. Pakke gebottelde water staan opgestapel in die gang en sitkamer. Al die toerusting van die tuisgimnasium is op die klein spasie langs die voertuie gesit en dit word deel van die daaglikse roetine sodat al die mans en die jonger vroue ‘n uur per dag daarmee gaan oefen. ‘n Stuk skadunet hou darem die son weg.
Met die aanvanklike opwinding van die ryery, die aanval, die afwagting en die inrig van slaapplek, begin die skok stadig afwerk en hier en daar vlam humeure op, totdat die ou man almal bymekaar roep en die reëls van saambly uiteensit. Dis immers die ou mense se huis en al is die kinders en kleinkinders streng gesproke nie gaste nie, moet iemand beheer neem. Uiteindelik is almal meer gerus en rustig.
BROKKIES UIT DIE BOEK: PANIEKLAND (6)
083 444 7672)
Hy weet nie wat hom die bangste maak nie, die gejil, geskreeu, die diep basstemme van die manne, slaan van kieries op leë dromme, die krygsliedere of die gelag van die vroue en kinders. Hy weet dat hierdie dag, hierdie uur en oomblik die beslissende een sal wees waar hy die Rubicon, nie net van sy eie gemoed sal oorsteek nie, maar hom laat uitstaan as ‘n vyand van die gepeupel en natuurlik die owerhede.
Dit het standaard geword in die Nuwe Suid-Afrika dat die skares die reg aan hulle kant het. Dis nie meer soos lankal in onluste, toe hy ‘n jong diensplig-offisier was nie. Toe is geweld met hamerhoue van die Polisie en weermag stopgesit, maar dit was natuurlik voor die politici ingetree en hulle tande getrek het. Nou is daar geen uniformlid in sig nie en hy verwag nie dat enige sal opdaag om hulle te beskerm nie – indien daar nog enigeen is wat nie gedros het nie.
KULTUUR- DAGBOEK 12 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Bartholomeu Dias de Novaes, adellike Portugese seevader, bereik 'n punt van sy ontdekkingsreis wanneer hy anker gooi by Kwaaihoek aan die Boesmansriviermond in die Kaap in 1488 waar hy die Kruis van St Gregorius plant.
2. Pres MT Steyn en die Vrystaatse regering vertrek in 1900 tydens die Tweede Vryheidsoorlog van Bloemfontein na Kroonstad, wat tot nuwe hoofstad die Republiek van die Oranje Vrijstaat verklaar is.
3. Francois Stephanus Malan, koerantredakteur (Ons Land 1895-1908) politikus, leier van die Afrikanerbond, minister (1908-1924) en Hoof van die Senaat van die Unie van Suid-Afrika (1940-1941), is in 1871 gebore.
DEELGENOTE VAN DIE GODDELIKE NATUUR
Hannes Ollewagen
2 Pet. 1:3-21
“IMMERS, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.”(:3&4).
Geroepe as deelgenote van die goddelike natuur. ’n Saak wat myns insiens deesdae in ons godsdiensoefening heeltemal verwaarloos word. Daar is soveel fokus op die een of die ander wat die mens moet doen om ’n vreugdevolle en voorspoedige lewe te kan lei en die seën van God te geniet. Die fokus op hoe om hierdie en daardie probleme as gelowiges te hanteer. Hoe hanteer ek die beproewing van ’n siekbed of die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer ek die uitdaging van opstandige en rebelse kinders? Hoe hanteer ek die hartseer en ellende van ’n egskeiding? Hoe hanteer ek eensaamheid? Hoe hanteer ek die beproewing wat deur droogte of swaar eknomiese toestande teweeggebring word? Hoe gemaak met die alledaagse uitdagings wat teweeggebring word deur roekelose en kinderagtige politici wat in die meeste lande ter wêreld aan stuur van sake staan?
BROKKIES UIT DIE BOEK PANIEKLAND (5)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Diep in die nag word Demas wakker. Iets het beweeg, iets groot en dis nie ver van hom af nie. Die nag is baie donker, met die maan wat nog nie opgekom het nie en die vlieswolke wat die sterrelig weghou.
Daar is dit weer, na sy linkerkant en hoër op teen die berg. In die donker is dit sinneloos om sy geweer te probeer gebruik, maar as die gevaar naby genoeg kom, kan hy dit eerder met die rewolwer en mes bykom. Hy wens hy het ‘n flits, al is dit net ‘n kleintjie, met ‘n effense liggie.
Die blare ritsel weer en skielik is daar die mees onaardse ding wat hy nog gesien het. Die ogies is klein en hy kan sweer dit is effens rooierig, met lang, digte, swart hare en ‘n dik, stewige lyf. Die geluid wat die ding maak is ‘n kruis tussen ‘n snork en die geluid wat ‘n perd sou maak as hy seerkry.
OPSTANDE IN DUITS-WES-AFRIKA (4)
EJG Norval
In die begin van Januarie 1904, het ene Bulact op Hereo-beesdiewe gevuur en op 9 Januarie het die handelaar Jacobs by Okahanja aangekom met die nuus dat ‘n groot groep Herero’s oppad was om die gehuggie aan te val. Lt. Zurn van die Duitse garnisoen in die fort, het die plaasboere gemaan om na die fort te kom vir beskerming. Op 10 Januarie het die handelaar Niel ingekom met die nuus dat sowat 300 gewapende Herero’s naby die dorp was. ‘n Duitse patrollie het na die groep gery en het by hulle gehoor dat hulle net gekom het om met die Duitse offisiere te onderhandel oor grondregte. Zurn het sy manne op gereedheidsgrondslag geplaas en Windhoek se garnisoen laat weet dat die Herero’s uit is op oorlog. Op 11 Januarie het ‘n trein met nog 35 soldate vanaf Windhoek na Okahanja gestoom. Die trein was tot stilstand gedwing nadat die vyand die brug en spoor by Osana verwoes het. Die masjinis is gedood en die Herero’s het die passasiers met assegaaie bestorm. Die soldate het op die vyand geskiet en toe alles verlore lyk, het die swart kolejong die trein in trurat gegooi en volstoom teruggejaag.
BROKKIES UIT DIE BOEK PANIEKLAND (4)
083 444 7672)
Nadat hy van die plaasmense af weg is, het hy minder angstig, maar met meer doelgerigtheid begin soek na die groep wreedaardige kaders. Wat is iets wat Afrikane nooit wegsteek nie? Wat is daar wat hulle spoor duideliker maak as spore self? Ontlasting!
Om die een of ander rede onthou hy iets wat hy toevallig in die Bybel gelees het, lank gelede. Deuternomium 23 vers 13, as hy reg onthou: “By jou toerusting (as jy oorlog gaan maak) moet ‘n stok wees waarmee jy jou ontlasting begrawe… want die Here kom nie in ‘n onrein kamp nie,” of so iets. Van die nuwer vertalings praat van ‘n graaf en nie ‘n stok nie. In die oop, helder lug van die berg is ontlasting se reuk baie skerp en Demas begin met die onaangename taak om langs die pad te loop en ruik.
MOEILIKE VERLEDE?
Ds AE van den Berg
“En God het laat kom wat hy begeer het”. (1 Kron.4:.10)
Wie 'n rivier of waterstroom terugwaarts volg, kom op een of ander tyd by die bron daarvan uit. Dis gewoonlik ’n fontein, oog of iets soortgelyk. Wat is die bron van jou lewe? Wat laat jou lewe vloei?
Die Bybel sê dat God die Bron van alle lewe is. Ongelukkig wil die meeste mense geen bande met Hom hê nie; selfs leiers: “Die konings van die aarde staan gereed en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” (Ps.2:2,3).
Die diepte van ons lewe hang van die diepte van ons lewensbron af. Hoe dieper hierdie bron, hoe dieper is ons lewe. Mense sonder God het geen diepte nie. “So is die goddelose mense…. soos kaf wat die wind verstrooi” (Ps.1:4).
SAAMBOU GESTIG - UITGEBREIDE ARTIKEL
Aangesien Gelofteland nie op 3 Maart toegang tot die internet gehad het nie, plaas ons nou hierdie interessante uitbreiding van die artikel oor Saambou se stigting.
1943: SAAMBOU (PERMANENTE) BOUVERENIGING GESTIG
KULTUURDAGBOEK 3 MAART
Uit Afrikanernood tot stand gebring
Die Tweede Wêreldoorlog was in volle gang toe in 1942 die eerste eie Afrikaanse bouvereniging, die Unie-Bouvereniging, gestig is om in die geweldige woningnood wat in die oorlogsjare ontstaan het, te voorsien. Die naam van hierdie bouvereniging is agt maande later op 3 Maart 1943 verander in Saambou (Permanente) Bouvereniging.
As rede vir die naamsverander is aangevoer die moontike verwarring wat kon ontstaan tussen dié nuwe Afrikaanse bouvereniging en dié van 'n ander bouvereniging wat toe reeds etlike jare bestaan het.
Met die stigting van Saambou Bouvereniging het die Afrikaner se strewe na ekonomiese selfstandigheid en onafhanklikheid, ook op finansiële gebied, positiewe gestalte begin aanneem en is sodoende nog 'n belangrike mylpaal in die ekonomiese geskiedenis van die Afrikaner bereik.
ONS VOLK LY AAN STOCKHOLM-SINDROOM
Die Stockholm-sindroom is ʼn sielkundige verskynsel wat ontstaan wanneer mense hulle so met hul vyand vereenselwig, dat hulle dié selfs verdedig. Hierdie benaming is aan ʼn gyselaardrama in 1973 ontleen toe gyselaars tydens ʼn rooftog in Stockholm met die rowers eenstemmig geraak en hulle selfs gehelp het. Dieselfde ding gebeur ook in Suid-Afrika met volksgenote wat soos tjankende honde die hande van hulle kastyders lek.
Die Stockholm-sindroom is logiese verraad.
Iemand wat deur booswigte gevang of op een of ander wyse mishandel word en niks aan die situasie kan doen nie, werk dan saam met die booswigte om die situasie draagliker en optredes menslik te maak. Om die regte ding vir die verkeerde redes te doen, bly egter verraad.
BROKKIES UIT DIE BOEK: PANIEKLAND (3)
083 444 7672)
Demas het op sy rug aan die slaap geraak, soos dit op sy gemaklikste is met die vel om sy kop. Hy begin saggies te snork, soos sy kleintongetjie afsak in sy keelholte en sy tong agter teen sy verhemelte. Nie hard nie, net liggies, maar hoorbaar in die diep donker stilte van die berg, soos dit gebeur na ‘n reën.
Die hele berg is in spookagtige mistigheid gehul, met net so af en toe as die wind dit reg druk, en ‘n wolkie wat wegskuif om ‘n ewe newelagtige volmaan te toon.
Vanaand kom die dooie mense by hom spook. Eers Melanie, die vrou by ontvangs, daarna sien hy die gesigte van die manne wat hy geskiet het en uiteindelik die vrou op die plaas. In sy nagmerrie sien hy hoe sy haar laaste asem uitblaas, haar oë toemaak en sterf. Voor hy kan wegkyk, vlieg haar oë weer oop en as sy praat is daar bloedspatseltjies op sy wang. Hy probeer haar vra wat haar naam is, maar sy antwoord nie, kyk hom net beskuldigend aan.
AVF PROBEER WEER DIE AFRIKANERVOLK VERRAAI!
MEDIAVERKLARING VAN DIE AFRIKANER NASIONALISTIESE BEWEGING
HERAKTIVERING VAN DIE AFRIKANER VOLKSFRONT (AVF)
Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging het kennis geneem van die heraktivering van die Afrikaner Volksfront. Hierdie organisasie wat homself met sy stigting in 1993 voorgehou het as ‘n oorkoepelende of sambreel-organisasie vir alle regse groeperinge/partye was instrumenteel in die daarstelling van ‘n nuwe veelrassige bedeling in 1994.
Die ANB stel dit pertinent dat die leiers van die Afrikaner Volksfront teen die wil, en sonder die toestemming van hul lede en ondersteuners geheime samesprekings met die ANC en die NP-regering gevoer het van kort na hul stigting. Daardie samesprekings het gelei tot ‘n ooreenkoms tussen dié drie partye, die ANC, NP en AFV. Dit het neerslag gevind in die oorgawe-dokument, die Afrikaner Akkoord nadat hierdie leiers hulle reeds teen die einde van 1993 teenoor die ANC verbind het tot vreedsame oorgang na die nuwe bestel en hulle ook verbind het tot deelname aan die een-mens-een-stem-verkiesing van April 1994.
TALMOEDIESE RASSISME
MICHAEL HOFFMAN
Revisionistiese historikus Michael Hoffman verduidelik die alchemiese verwerking van die mensdom in sy boek, Twilight Language. Hy is die skrywer van nege ander boekdele in geskiedenis en letterkunde, insluitend Woeker in die Christendom, The Occult Renaissance, Judaism Discovered, en Adolf Hitler: Enemy of the German People. Michael is 'n voormalige verslaggewer vir die New York-buro van die Associated Press en 'n voormalige konsultant van die nuusafdeling van die New York Times. Sy boeke is na vertaling in Japan en Frankryk gepubliseer. Sy werk word gefinansier deur skenkings van waarheidsoekers, betaalde intekenare en die verkoop van sy boeke, Revisionist History®-nuusbriewe en bulletins, en opnames. Revisionist History® is by die Verenigde State se Patent- en Handelsmerkkantoor geregistreer as die eksklusiewe handelsmerk van Independent History and Research, Posbus 849, Coeur d'Alene, Idaho 83816.
Die Palestynse mense sal voortgaan om gereeld geslag te word totdat die ontbrekende sleutel tot die motivering en teologiese regverdiging van die slagtings bestudeer en aan die publiek bekend gemaak word.
Hoe lank sal dit neem? Hoeveel meer onskuldiges moet sterf voordat Talmoediese haatspraak bekend en berug verklaar word?
BROKKIES UIT DIE BOEK: PANIEKLAND (2)
083 444 7672)
Dis nog donker as hy die eerste skote hoor; veraf - amper onhoorbaar as dit nie was vir die nagwindjie wat dit aangedra het nie. Demas sit regop en spits sy ore, maar dis stil. Miskien het hy hom verbeel…maar nee, daar is dit weer: ‘n dowwe, amper onhoorbare plofgeluid in die vroegoggend se stilte. Gevolg deur ‘n harder klap, en nou is hy seker. Iewers word daar op iemand geskiet deur iemand anders.
Hy maak sy karige besittinkies bymekaar, gryp sy geweer, sit die rewolwer onder sy lyfband en dan loop hy so vinnig hy kan in die donker na die bokant van die hoogtetjie. Gaandeweg is dit duideliker en as hy reg is, na sy linkerkant, maar ver, baie ver.
“Dit het niks met jou uit te waai nie, Demas Barth!” roep hy homself tot orde. Maar daar is niks fout mee nie om net effens nader te beweeg nie, al is dit net om te kan sien wat aangaan, is dit nie?
BLYDSKAP IN DIE HERE
Hannes Ollewagen
Neh. 8:1-19
“En hulle het uit die boek, uit die wet van God, duidelik voorgelees en dit verklaar, sodat hulle verstaan het wat voorgelees is. Daarop het Nehemía — hy was die goewerneur — en Esra, die priester, die skrifgeleerde, en die Leviete wat die volk onderrig, aan die hele volk gesê: Hierdie dag is heilig aan die Here julle God; treur nie en ween nie! Want die hele volk het geween toe hulle die woorde van die wet hoor. Verder het hy vir hulle gesê: Gaan, eet lekker spys en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle vir wie niks berei is nie; want hierdie dag is heilig aan onse Here. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die Here — dit is julle beskutting.” (:9-11).
Wat ’n vreugdevolle dag waarvan ons hier lees. Ons lees van ’n volk wat onder die geklank van God se Woord kom en met aanhoor van die wet van God diep in hul harte geraak word. En dit is dan amper vreemd dat Esra en die Leviete die volk aanmaan om nie bedroef te wees nie. Is dit dan nie goed dat hulle oor hul sonde bedroef is nie?
BROKKIES UIT DIE BOEK: PANIEKLAND (1)
083 444 7672)
Dis nie bloot net die veraf knal van die skoot nie, ook nie die afgryslike wonde wat ‘n moderne, mediumkaliber kan veroorsaak nie. Vinnig-bewegende koeëls, enigiets vanaf vyf en vyftig grein, tot twee honderd grein, teen snelhede wat wissel vanaf twee duisend drie honderd tot meer as vier duisend voet per sekonde, wat been, vel, vleis en grysstof nie net met ‘n gat in laat nie, maar dit word verpletter, uitmekaar geruk, met gapende wonde wat nie bloot net ‘n gaatjie voor en ‘n effens groter een aan die agterkant nie, maar diep, vleisvernietigende gate waarin die stukke been, bloed en vel in beweeg.
TROEBEL WATER
Johan Hack
Die jaar 2025 het baie interresant begin vir ons Suid-Afrikaners.
Die blanke Afrikaner is weer in die spervuur en ons taal, kultuur, en voortbestaan is die teiken van nie net die kommunistiese ANC nie, maar ook louwarm individue wat in die hoofstroommedia en sogenaamde leiersposisies sit en voorgee hulle het die blanke Afrikanervolk se beste belange op die hart. Laat ons nie oogklappe dra t.o.v Solidariteit en Afriforum nie. En om iets oor die verraderlike DA en Vyheidsfront plus te skryf is nie eers die ink in my pen werd nie.
BLINDE LOJALITEIT...
... IS GEESTELIKE DOODSAKE
Ds A.E. van den Berg
“As iemand julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom 'n vervloeking wees!” (Gal.1:9)
Lojaliteit is 'n wonderlike deug wat by godsdienstige sake ook 'n skadelike kant kan hê. Dit laat blind-lojale kerkgangers dwaallig vir sterre aansien. Dit het in die tyd van Jeremia gebeur. Hy waarsku volksgenote: “Vertrou nie op bedrieglike woorde nie — wat sê: Die Here se tempel, die Here se tempel, die Here se tempel is dit!” (Jer.7:4) Paulus waarsku: “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie....” (Gal.6:7).
Gelowiges moet prediking aan die Skrif toets of dit met die Bybel ooreenstem en soos die gelowiges van Berea wees: “En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessalonika; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was” (Hand 17:11).