Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons huil Here, ons rou oor ons volk wat so verdruk en uitgemoor word. U sien dit en U weet dit. En U bemoei U met ons ellende want U weet hoe swaar ons kry. Help ons om te onthou dat U ons nooit sal vergeet nie maar nou met ons werk sodat ons weer na u sal wil terugkeer. Help ons ook veral om te onthou dat U reeds die finale oorwining oor die Bose vir ons bewerk het, en dat 'n nuwe aarde en 'n nuwe hemel aan die kom is.
AS GOD VERSKYN
Ds A.E. van den Berg
“En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar My aangesig kan nie gesien word nie” (Ex.33:23).
Jare gelede sit een van my diakensvroue en haar dogtertjie in die moederskamer toe sy haar vra: ” Mamma, waar is God?” Vir ʼn oomblik het sy nie geweet wat om te antwoord nie en sê toe: “Kyk daar voor, langs dominee is daar nog ʼn stoel op die kansel wat jy nie hiervandaan kan sien nie. God sit langs hom. Na die erediens hardloop sy reguit kansel toe om te gaan kyk en toe terug na haar ma toe: “Mamma, was reg. God was daar!” antwoord sy opgewonde. “Maar hoe weet jy dat Hy daar was?” vra sy . “Hy het sy jassie daar vergeet!” antwoord sy – my toga wat ek na die diens op die stoel langs my neersit!
30 MAART VERKIESING
Op 30 Maart 1966 behaal die Nasionale Party onder dr H.F. Verwoerd, toe nog die suiwer Nasionale Party sonder suksesvolle inmenging en verraad van die Broederbond, die grootste verkiesingsoorwinning sedert 1948.
Vyf maande en 6 dae later word dr Verwoerd vermoor en dis die begin van Suid-Afrika se ondergang. John Vorster wat reeds deur die Geldmag in plek gestel is, word Eerste Minister en die pad van leuens, verraad en moord lei tot die weggee van Suid-Afrika aan 'n korrupte, onvermoënde swart regime. Hiervoor sal F.W.de Klerk, Pikswart Botha, Roelfbokgal Meyer en hulle hele bende nooit vergeet word nie.
De Klerk en Pik hoef nie meer die beplande openbare teregstelling te kry en waar hulle nou is boet hulle elke oomblik bitter duur vir wie hulle was en gedoen het maar daar is andere soos Meyer en Kie wat moet bid vir genade indien dit nog moontlik is...
NEWSMAX
Lees hier onder wie NewsMAX, wat oor Israel se wetgewing oor die verbod op Christenskap berig het, werklik is. Dit is die grootste Amerikaanse geloofwaardige regse media wat die linkse Fox News nou opponeer, en sommer 'n klomp van sy verslaggewers ook oorgewen het. Tot NEW YORK TIMES beskryf NewsMAX as 'n gevaarlike verregse fors om mee rekening te hou. Ons mag dus maar glo dat NewsMax se feite deeglik nagegaan is. Ons kan net die grootste respek vir hulle koester vir al die navorsing en moed om politieke ongeruimdhede te ontbloot – en as hulle nie tonne regse geldbronne gehad het nie was hulle seker lankal deur liberale regeermagte gesluit - dus is daar HOOP dat die waarheid weer sal seëvier!
Christopher Ruddy started NewsMAX.com on September 16, 1998, supported by a group of investors including the family of former Central Intelligence Agency Director William J. Casey. The website has been described by The New York Times as a "potent force in conservative politics."[42] CEO Christopher Ruddy has attempted to position the network as a competitor to Fox News, including by hiring former Fox News hosts Rob Schmitt, Greg Kelly, Bob Sellers, and Heather Childers.
TRUMP BY ‘N WATERSKEIDSLYN
Ons het pas verneem dat Israel besig is om wetgewing in te stel om Christene uit te roei – ‘n eeu-oue ideaal wat nou momentum begin kry. Daar is besluit op 1-2 jaar tronkstraf vir persone wat die Bybelse Evangelie verkondig of selfs net met ander daaroor praat. Hierdie verloop gaan ‘n interessante wending neem wanneer Amerika daarop moet reageer.
Waarom dit ‘n warm kluitjie vir Trump behoort te wees, is oor sy eie offisiële aanneming van die Judaïsme twee jaar gelede – intussen verkondig hy sy “Christenskap” vanaf talle openbare verhoë wanneer die publiek hom in ‘n hoek daaroor plaas. Sy algehele beeld straal egter nie die eienskappe van ‘n opregte gelowige in Jesus Christus uit nie – inteendeel, sy openbare optredes vertoon heelwat van sy arrogante selfliefde en oordrewe selfvertroue.
BROKKIES UIT DIE BOEK PANIEKLAND (11)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die probleem met vrede is dat dit ‘n mens sus tot in ‘n gevaarlike gerustheid. Elke dag wat verbygaan sonder ‘n insident, dryf ‘n mens stelselmatig dieper daarin en elke leier wat nugterdenkend is, sal sy mense daarop wys. Hy moet ook ‘n voorbeeld stel van paraatheid en helderheid van denke.
‘n Mens se brein is sò ingestel dat dit trauma en skok absorbeer, dikwels sonder om dit te verwerk en iewers in jou agterkop veilig wegbêre. Dit gaan nie weg nie, maar word tydelik eenkant geskuif sodat jy normaal kan funksioneer terwyl dit nodig is. Later egter, wanneer die skanse gesak word, kruip hierdie nagmerries en spoke uit hulle skuilplek en stel hulleself weereens aan jou voor, dikwels met verwoestende gevolge.
Dit gebeur byvoorbeeld selde dat ‘n soldaat tydens geweld en gevaar hieraan blootgestel word, maar later, as die gevaar verby is en hy veilig by sy huis sit of slaap, hierdie beelde voor hom begin draai en hy post traumatiese stres-steurnis begin ervaar.
SOLRANIA: TYD VIR STILBLY, WAG EN KYK IS VERBY
VAN ‘N ORANIËR
Geagte mede-Oraniërs en almal wat indirek betrokke is by Orania asook diegene wat bloot net belangstel in die gebeure in en om Orania.
Dit is duidelik dat Orania nou toenemend en meer as ooit tevore die teiken is van beide die EFF en die ANC. Onthou maar die beginsel van "jou vriende se vyande word outomaties ook jou vyande". (As jou vriende baie vyande het gaan jy ook baie vyande hê). Onthou gerus ook dat die kleine Orania 'n brose en uiters kwesbare spikkeltjie in donker Afrika is en nie in Europa of die VSA gesetel is nie. In Afrika werk dinge bietjie anders as elders in die wêreld.
Van julle sal weet dat ek en andere hierbinne baie gekant is teen die groot voetspoor en die groot betrokkenheid van SoliForum (Solidariteit en AfriForum) in die piepkleine Orania. Die plaaslike bestuur hier en SoliForum is so hand-om-die-blaas dat lg selfs ruim bydra tot die plaaslike dorpsraad se salarisse. (Aan wie maak dit die dorpsraad dus lojaal?) Salarisse wat totaal uit lyn is met wat hierdie dorpie self kan bekostig. Die plaaslike bestuur verwys graag na die "strategiese vennootskap" tussen Orania en Solidariteit /AfriForum. By verre die grootste ontwikkelaar en rolspeler in Orania vir die afgelope 6 jaar is Solidariteit en sy filiale. Ek sien dit as 'n oorname en 'n baie ongesonde monopolie wat hier heers. Die plekkie kan eintlik maar herdoop word na Solrania.
GELOOF!
Hannes Ollewagen
Heb. 11:1-40
“DIE geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” (:1).
“Deur die geloof is Moses ná sy geboorte deur sy ouers drie maande lank weggesteek, omdat hulle gesien het dat die seuntjie mooi was; en hulle het nie die gebod van die koning gevrees nie. Deur die geloof het Moses, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word, omdat hy verkies het om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om ’n tyd lank die genot van die sonde te hê, en die smaad van Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die beloning. Deur die geloof het hy Egipte verlaat sonder om die toorn van die koning te vrees, want hy het volgehou soos een wat die Onsienlike sien.” (:23-27).
Die onlangse wetgewing van onteiening sonder vergoeding het weer gesorg vir heelwat beroering onder mense. En soos wat tyd onverpoosd aanstap, sien meer en meer mense die gevolge van dertig jaar gelede se besluit om die regeermag in die hande van ’n kommunistiese regeerbende te oorhandig.
BROKKIES UIT DIE BOEK PANIEKLAND (10)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Demas moet teenoor homself erken dat elke konfrontasie wat hy tot dusver gehad het in ‘n mate toevallig was. Hy het geensins beplan toe hy uit die dorp gevlug het, toe hy die manne in die berg ontmoet het, die aanval by die plaas of enigiets daarna nie. Hy het half instinktief opgetree en na regte behoort hy teen hierdie tyd al dood wees. Selfs waar hy die manne gevolg het, waar hy op geskiet is en teruggeskiet het, was geluk aan sy kant. Die twee koeëlgatjies in sy broek en die bloederige streep oor sy been sal altyd daarvan getuig.
Hy weet ook dat hy nooit sal terugkeer na sy ou lewe toe nie. Nie net sal Suid-Afrika nooit weer dieselfde wees en hy na Henning, Vogel en Malherbe Ing. kan terugkeer nie, maar die ou Demas is verby en ‘n nuwe is in sy plek. Dis soos ‘n seisoen wat gekom en gegaan het, nee, eerder soos ‘n wurm en mot wat gemetamorfiseer het.
BROKKIES UIT DIE BOEK PANIEKLAND (9)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Kyk mooi en miskien sal julle ook sien wat ek sien.”
Die ou man onthou ‘n les wat iewers in die Bybel opgeteken is. As hy reg onthou het ‘n groep mense, hy dink Gibeoniete, hulle vermom deur ou brood en stukkende reissakke te vat, hulle klere geskeur en hulle lywe met stof, roet en as besmeer, sodat hulle as reisigers van ‘n baie ver land kon voorkom en daarmee die Israeliete te oortuig om hulle nie aan te val nie. Die Here was kwaad daaroor.
“Kyk hulle klere. Dis aspris geskeur, op dieselfde manier en die grond wat hulle aangesmeer het, het nog handmerke aan. Daardie deurmekaar hare is nie so gelê of verwaai nie, maar is so met hulle hande gekrap. En hulle leier is ‘n man met die naam Frikkie Andrews. Ek ken hom – hy is ‘n aartsskelm.”
“Maar Pa, hy dra ‘n baba in sy arms. Hoe gevaarlik kan ‘n man wees as hy sy kind dra?”
Hy antwoord haar nie, maar loop twee meter vorentoe.
OPSTANDE IN DUITS-WES-AFRIKA (5)
EJG Norval
Tydens Oktober 1904 het Hendrik Witbooi met sy Witkam-Namas, met Jacob Marenga en Abraham Morris se Bondelswarts-Namas saamgewerk om die Duitsers en Boere uit SWA te verdryf. Hulle was goed bewapen met gewere en daarbenewens was hulle uitstekende ruiters wat die kuns van guerrilla-oorlogvoering verstaan het. Morris het gewere by Kouwater polisiestasie, asook by etlike plaasboere, w.o. Freddie Dreyer en Roelf Badenhorst, gebuit. Die plaasboere en hul families het by Keetmanshoop laer getrek en hul besittings net so gelaat om geplunder te word. Die Witkams se vesting was by Rietmond, vanwaar hulle aanvalle op die blankes wou loots na Hendrik Witbooi se oproep dat alle blanke mans vermoor moes word. Witbooi het besluit om teen 1904 toe te slaan op Boere wat in die suidelike dele van DWA geboer het. Witbooi het op 3 Oktober 1904 sy gewig by die Herero’s, Simon Koper se Fransmanne, Basters en Marengo se Bondelswarts teen die Boere en Duitsers ingegooi.
JOHANNES VAN DER WALT STERF
25 MAART 1943
Johannes van der Walt, stoeier, sport- en volksheld en lid van die Ossewa-Brandwag, sterf as verlamde as gevolg van 'n polisiekoeël in 1942. Sy begrafnis op 28 Maart 1943 in Johannesburg word deur ongeveer 50 000 Afrikaners bygewoon. 'n Gendenkplaat is vir hom op 10 Oktober 1975 by RAU onthul.
Die boodskap wat hy aan sy volk nalaat kon net sowel vandag geskryf gewees het, met die een verskil dat die onderdrukking onder die huidige regime met die doel en uiteinde daarvan veel erger is as ooit te vore:
BOODSKAP AAN MY VOLK
My Afrikanerbroer en -suster,
My lyding is versag omdat my volk my nie vergeet het nie. Uit die diepte van my hart bedank ek almal vir hul meegevoel.
Hier, waar ek magteloos lê, voel ek ook die magteloosheid van my volk, omdat hy deur broedertwis verlam word, en ek vra myself af of al die opofferinge en lyding van die verlede dan tevergeefs was. Moet die Boerevolk, wat die beskawing hier gevestig het, wat die mag van die barbaredom gebreek het, wat sulke roemryke oorwinnings behaal het, dan nou vernietig word?
BROKKIES UIT DIE BOEK PANIEKLAND (8)
083 444 7672)
Die sagte misreën het plek gemaak vir ‘n harde bui en daarna die koue. Al vertroosting wat Demas het, is dat sy vyande net so koud en nat soos hy is.
Selfs in die mistigheid kan hy die diep skeur tussen die twee rotse sien en kruip stadig daarin. Die kans dat een of ander dier ook daar skuiling kan soek, is redelik goed en hy skyn met die flits vinnig daarin om seker te maak. Dis droog en, sover hy kan sien, sonder tydelike of permanente inwoners.
Die seiltjie is amper dieselfde kleur as die nat rotse en hy besluit na ‘n oomblik van wik en weeg om daarin te gaan. Twee skeure, nie presies dieselfde hoogte nie, maar naby genoeg, bied die opsie om die punte van die seil daarin te druk, met ‘n paar stokke en ’n klip vas te wig. Hy kruip onder die tydelike skuiling uit, loop ‘n paar treë agtertoe en dan kante toe, maar dis van ‘n paar meter af onsigbaar.
REAKSIE OP RAMAPOKKER SE TOESPRAAK
ONS SKAT IN ERDEKRUIKE
Ds AE van den Berg
“Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God moet wees en nie uit ons nie” (2 Kor.4:7).
Naas Jesus was Paulus die grootste evangelis. Sy prediking het eerstens uit oproepe tot sondevergifnis bestaan. Mense moes tot bekering kom. Tweedens was sy prediking op geloofsversterking gerig. Gelowiges moet volwasse in die geloof word. Hy het soos ʼn goeie verkoopsman geesdriftig in sy produk geglo omdat hy self die nuutword in Jesus ervaar het.
Paulus se lewe was ʼn oop boek sonder verskuilde agendas. Hy het nooit sy amp om selfsugtige redes misbruik nie en slegs die waarheid gepreek. Ongelukkig het dit wat met baie predikante gebeur ook met Paulus gebeur; Satan het etlike teenstanders verwek om hom te probeer ontsenu.
Sy tweede brief aan die Korintiërs is ʼn verdedigingskrif. Hy was genoodsaak om hom teen kwaadwillige stories wat oor hom versprei is te verdedig. Wat dit was, weet ons nie. Uit sy tweede brief aan die Korintiërs kan ons aflei dat daar vertel is dat hy sy eie beuel blaas en sy bediening oëverblindery was.
LEUEN EN KLUG VAN "MENSEREGTEDAG"
SHARPEVILLE - SLAGOFFER OF MISDADIGER? VERWOERD VRYHEIDSOFFENSIEF
21 MAART 1960
So het Menseregtedag gekom en gegaan. Behalwe vir diegene binne die ANC en sy swart elite wat dié dag so graag wil verhef deur dit te koppel aan die gebeure by Sharpeville, was dit vir die swart identiteitlose, werklose en misdaadmassas maar net nog 'n vakansiedag!
Menseregte en vryheid van spraak is gebore uit die humanistiese slagkreet van die Franse Rewolusie van Vryheid, Gelykheid en Broederskap, en gaan hand aan hand met die moderne slagspreuk van Vrede, Veiligheid en Voorspoed.
Dit het neerslag in SA gevind vanuit die moderne Westerse Liberalisme en word gerugsteun deur die Internasionale Geldmag wat slegs op selfverryking ten koste van die miljoene identiteitlose swart massas ingestel is en wat daarvan niks verstaan nie.
Die ANC/SAKP-vakansiedag, Menseregtedag/Human Rights Day, soos enige ander vakansiedag wat op die almanak verskyn, het nie sommer uit die lug geval nie en is ook nie sommer só as vakansiedag aangekondig nie. Soos alle ander vakansiedae van die "nuwe SA" het dit 'n geskiedenis.
WAAR KOM ‘MENSEREGTEDAG’ VANDAAN?
Daar word deesdae weer oormatig en deursigtig klem gelê op die "verskriklike" onrus en geweld van die vroeë sestigerjare en dat FW De Klerk "geen ander keuse gehad het" as om ons land op 'n skinkbord aan 'n godlose regime te oorhandig nie "anders sou ons 'n bloedbad beleef het".
Suid-Afrika was in die sestigerjare in 'n magtige posisie met hoogsontwikkelde wapentuig, baie minder geweld as vandag waar nou meer as 60 mense per dag vermoor word, en met 'n puik polisiemag soos Sharpeville ook bewys het. Die Sharpeville-skietery op 21 Maart 1960 sou egter verreikende gevolge vir Suid-Afrika inhou, binnelands sowel as buitelands omdat dit deur, veral die Engelse media, opgeblaas is terwyl die hele Cato Manor-slagting, slegs twee maande vóór Sharpville, waartydens hordes besete swartes op 24 Januarie 1960, nege blanke polisiemanne in stukke opgekap het, doodgeswyg is.
DIE STORIE VAN BOEGOEBERG DAM
In Desember 1938 het die herboude Voortrekkerwa, die Johanna van d er Merwe, naby die teenswoordige Groblershoop oorgestaan op pad na die groot Geloftefees in Pretoria.
Saam met hulle Gelofteprogram het die omgewing se mense van 'n klomp klippe 'n monumentjie opgerig, wat vandag verlate langs die pad Upington toe staan. Hierdie klippe is vier jaar vantevore daarheen gedra vir die amptelike opening van Boegoebergdam en sy kanaal waaruit 4 000 hektaar besproei word.
Die monumentjie gedenk die armblankes wat met pik en graaf kom dam bou het vir 'n karige loon en die kans om dalk een van die besproeiingserwe van sowat ses hektaar te kon koop.
Dis nie van luiheid, slegtigheid of gebrek aan prestasie wat die mense arm was nie. 'n Lang rits vernietigende terugslae het hulle ellende veroorsaak: Die runderpes van 1896, die Engelse se vernietigingstog van die Tweede Vryheidsoorlog, die bek-en-klouseeruitbraak, die wêrelddepressie van 1929 en die groot droogte van die vroeë negentien-dertigs.
BROKKIES UIT DIE BOEK PANIEKLAND (7)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Niks beweeg nie, behalwe die wind wat opgesteek het. Eers net ‘n skraal, mislike luggie wat trek, maar later het die wolke na die suide opgesteek en ‘n ligte, maar koue misreën sak uit. Uiteindelik trek dit ‘n gordyn oor alles en dit het natuurlik voor en nadele. Die voordeel is dat Demas nie maklik gesien kan word nie, maar die nadeel is dat hy ook nie die ander kan sien nie. Die vogtigheid maak ook die blare en takkies nat, sodat dit meer buigbaar en minder hoorbaar is, as iemand daarop sal loop.
Hier waar hy driekwartpad onder ‘n struik ingekruip het, met die seiltjie onder en half oor hom, is hy redelik beskut, nie net teen die reën nie, maar ook teen aanvallers.
ERNST ROETS SE “PIONEER INITIATIVE”
Leon Schoeman
Lanklaas is soveel gewag gemaak van ‘n “uiters belangrike” aankondiging wat gemaak sou word as oor dié van Ernst Roets. Die aankondiging het toe eindelik vroeg in Maartmaand die lig gesien.
Nadat Roets in Februarie-maand bedank het uit die Solidariteit-groep is hy direk na Amerika (een van sy vele besoeke aan die VSA oor die afgelope klompie jare, maar hierdie slag nié deur Afriforum se lede betaal nie). Hierdie besoek het ook ‘n onderhoud met die Amerikaanse meningsvormer Tucker Carlson ingesluit.
Nadat hy in die VSA inspirasie (opdragte?) ontvang het word die groot aankondiging toe uiteindelik gemaak. Ter wille van deursigtigheid sou dit goed wees as die heer Roets kan bekendmaak:
- wie vir dié Amerikaanse kuiertjie betaal het
- wie almal hy besoek het in die VSA, waar en by wie hy hoeveel tyd spandeer het
OPREGTE GODSDIENS
Hannes Ollewagen
Jes. 29:1-24
“En die Here het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My 'n aangeleerde mensegebod is, daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil.” (:13&14).
Ons het die afgelope paar dekades baie dinge in die wêreld en ook in ons eie land sien verander. Een van hierdie dinge wat ingrypend verander het, is die rol van die kerk in ons volkslewe. Kerke loop leeg. In klein gemeenskappe en dorpies sien jy die een na die ander kerkgebou wat in onbruik verval het. ’n Dekade of wat gelede het weinig van hierdie geboue al voltooid gestaan, hierna het ’n tyd aangebreek waarin die een na die ander kerk begin verrys het en mense het met ywer gewerk aan die fisiese bou asook die uitbouing van hierdie gemeentes. Maar waar het die fout dan in gekom? Vandag sal die restaurant in die omgewing seker meer besoekers as die kerk op die Sabbat kry. Waar het die bal geval?