Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die selfgerigtheid van die mens laat hom dink die uitsluitlike lewe se doel is om hom geluk te laat smaak – niks kan verder van die waarheid wees nie: die doel van jou lewe is om produktief te wees, bruikbaar te wees, om 'n positiewe verskil te maak – dáárom leef jy! En as jy dit doen, sal jy uitvind wat ware gelukkigheid is.
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (3)
Volgens alle aanduidings, is daar ongeveer 400 generaals in die weermag. Van hulle is 97 aan die skerpkant, en die res in ‘n nie-gevegsrol. In die lugmag met sy 11 eskaders is 27 generaals en in die vloot 17 admiraals vir 24 skepe. Die verhouding militêre generaals teenoor ander range in Suid-Afrika is 1:185. In Amerika is dit 1:1600 en in Brittanje 1:1300.
In die polisie is dit nog meer skeefgestrek – as ons die brigadiers as sogenaamde generalestaf daarby tel is dit 1:230.
Dit is waarom ons in Suid-Afrika met ‘n wanfunksionele weermag en polisie sit – omdat baie MK-Kaders in hoë poste aangestel moes word.
*
Robyn onthou dat sy iewers ‘n resep gehad het vir tuisgebroude napalm, of iets soortgelyks. Dit was eenvoudig, maar sy het destyds nie opgelet toe haar man daarvan gepraat het nie. Pleks dat sy geluister het na al sy raad en voorspellings! Met wie sou hy ook daaroor gepraat het? Het hy dit miskien iewers neergeskryf?
KULTUUR- DAGBOEK 15 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Op 15 Mei 1909 het 45 boere op Klerksdorp die "De Centraal Westelike Co-operatiewe Landbouw Vereniging" gestig met die doel om lede se graan te hanteer, en dit het van krag tot krag gegroei tot Sentraal-Westelike Koöperatiewe Maatskappy Beperk nie alleen die grootste landbou-koöperasie in die Republiek was nie maar ook die tweede grootste ter wêreld.
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (2)
)
Niemand begroot dat hulle appelkar omgegooi gaan word nie. Tensy ‘n man baie oud is en op genadetyd leef, gediagnoseer is met ‘n terminale siekte, bloot moeg is vir die lewe, of iets dergliks, dink baie min mense aan die dood. Mense begroot vir ongelukskade, medies fondse of versekering, en selfs spaargeld vir die maer jare, maar dis selde dat mense hulleself sien as die slagoffer van moord, aanranding, huisbraak of gewapende roof. Dis goed wat met ander mense gebeur. Jy hoor daarvan, maar dit sal nie met jou gebeur nie.
KULTUUR- DAGBOEK 14 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Sedert 1836 is gereeld na minerale, veral goud en diamante, in Transvaal gesoek. Karl Mauch se goudontdekkings van 1865 tot 1873 het hierdie koors aangeblaas. Die ondersoeke op die Tati-goudveld het verdere stimilus meegebring. Mense soos PJ Marais en Edward Button het die gemoedere gaande gehou. In 1871 het die Transvaalse Volksraad sy eerste mynwet aangaande die ontginning van edele minerale en metale goedgekeur. Dit het meer belangstellendes gelok. Thomas McLachlan, James Sutherland en Button het in Januarie 1871 'n beloning van die owerheid geëis vir die feit dat hulle in Lydenburg se omgewing by die Selatirivier in die Murchison-bergreeks goud ontdek het.
AVF MISLEI ALWEER DIE VOLK
MEDIAVERKLARING
Die heropgerigte Afrikaner Volksfront het pas bekendgemaak dat ‘n kongres gereël word vir “Boere Afrikaner organisasies wat in Selfbeskikking glo”.
AFRIKANER VOLKSFRONT WAS INSTRUMENTEEL IN DIE OORDRAG VAN MAG
Hierdie organisasie, die Afrikaner Volksfront (AVF) was in die jare 1993 en 1994 verantwoordelik vir die groteske misleiding van ons volk. Daardie misleiding het uitgeloop op die oordrag van mag aan ‘n Swart kommunistiese ANC-bende. Groot getalle regse kiesers is destyds versamel onder die AVF-vaandel met die belofte dat magsoordrag na ‘n Swart meerderheidsregering – wat sou plaasvind deur die verraad van die Nasionale Party-regering – ten alle koste verhoed sou word, selfs indien wapengeweld daarvoor nodig sou wees. Intussen het die AFV-topleiding agter die rug van hul ondersteuners en sonder hulle toestemming, geheime samesprekings gevoer met die NP-regering en die ANC! Daardie geheime gekonkel het verseker dat die weggee van ons politieke mag geskied het sonder dat daar enige verset deur die Blankes gevoer is.
KULTUUR- DAGBOEK 13 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1781: Piet Retief is op hierdie dag gedoop. Sy trotse ouers, Jacobus en sy vrou Deborah het op 13 Mei die vyfde van hul kinders met die naam Pieter gedoop. Piet Retief was die vyfde van tien kinders gebore uit die huwelik van Jacobus en Deborah. Hy word later Voortrekkerleier en slagoffer van Dingaan se krygers op 6 Februarie 1838. Lees volledig oor moord by KULTUURDAGBOEK 6 FEBRUARIE
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (1)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Freud het beweer dat ‘n vrou grootliks gedryf word deur vrees. Sy kom weerloos die wêreld in, word heeltyd gewaarsku teen mans wat haar liggaam wil misbruik, word ‘n bang kind, ‘n vreesagtige tiener en ‘n versigtige volwassene. Hy het ook gesê ‘n vrou sal onwillekeurig ‘n man soek wat haar kan beskerm. Miskien was hy reg.
Robyn de Jongh moes na haar man, Reiner, se dood leer om òf met vrees saam te lewe, òf om dit af te gooi. Sy het op laasgenoemde besluit. Reiner het haar altyd beskerm. Hy was heelwat ouer as sy en toe sy hom ontmoet het, in haar matriekjaar, was haar ouers glad nie geneë met die feit dat hy soveel ouer as sy was nie, reeds ‘n onderwyser – al was dit nie aan dieselfde skool as waar sy is nie, en reeds met sy eie huis, gevestig en met ‘n vaste roetine.
1915: NASIONALE PERS AS MAATSKAPPY GEREGISTREER
KULTUURDAGBOEK 12 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die registrasie van De Nationale Pers Beperkt, as maatskappy het gevolg op 'n vergadering wat op 18 Desember 1914 gehou is in Heemstede, die huis van Henderik Bergh in Van Riebeechstraat, Stellenbosch. Sestien vooraanstaande Afrikaners was aanwesig. WA Hofmeyr is tot voorsitter gekies. Van die aanwesiges het alleen adv JHH de Waal enige ondervinding van koerantwerk gehad; nogtans word besluit "dat het wenselik is een Hollands nieuwsblad uit te geven". Volgens berekening van WA Hofmeyr sou 'n kaptaal van 80 000 pond nodig wees om 'n maatskappy te stig om die doel te verwesenlik.
Toe die volgende vergadering na twaalf dae gehou word is die kapitaalprobleem grootliks opgelos nadat mnr Jannie Marais ingewillig het om 5 000 pond se aandele te neem en sy broer Christiaan 1 000 pond s'n. Op hierdie vergadering is besluit dat die koerant De Burger sou heet.
In April 1915 het die maatskappy wat die koerant sou druk, kop uitgetrek.
KULTUUR- DAGBOEK 12 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1652: Die eerste Nagmaalsviering in die Kaapstadse gemeente vind plaas. Jan van Riebeeck se dagregister vertel hieroor: "...is alhier in't noch onvolmaeckte fortjen staende, door Dominé Backerius, predikant per den Walvis hier gecomen, d'eerste predicatie gedaen, ende het avondmael des Heren gecelebreert." Hierdie geleentheid wys reeds daarop dat die Nagmaal vir die wordende volk altyd van groot belang sou wees. Die Afrikaner het altyd alles in sy vermoë gedoen om geen Nagmaalsviering mis te loop nie. Dit was, benewens 'n kerklike viering, ook 'n belangrike sosiale geleentheid, veral later in die afgesonderde binneland. Jan van Riebeeck versuim ook nie om die eerste geleentheid waar 'n predikant die jong gemeente besoek, te benut vir die bediening van die Nagmaal nie. Reeds hiervandaan spruit die strenge godsdienssin van die Afrikaner wat later in die binneland vir hom as rigsnoer sou dien.
1915: Die nasionale pers word as maatskappy geregistreer. Lees hieroor in hoofartikel.
TYD IS KOSBAAR
Ds A.E. van den Berg
“Wandel in wysheid teenoor die wat buite is en koop die tyd uit” (Kol.4:5).
Paulus het hierdie brief aan die gelowiges in Kolosse geskryf, 'n Griekse stad op Turkse bodem, ongeveer 160km noordwes van Efese. Paulus het nie die gemeente gestig nie. God het Epafras, ʼn plaaslike gelowige, daarvoor gebruik. Paulus het in die drie jaar wat hy in Efese was, die gemeente gereeld besoek.
Waarom was dit dan vir Paulus nodig om aan hulle te skryf? Omdat dwaalleer en kettery die gemeente bedreig het. Die verskil tussen dwaalleer en kettery is dat dwaalleer maak dat mense die kerk verlaat terwyl ketters dit nie verlaat nie maar dinge verkondig wat van die kerk se leer afwyk en dus mense verwar.
1909: SA-WET ONDERTEKEN
KULTUURDAGBOEK 11 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die konsep-Suid-Afrika-Wet is op hierdie datum in 1909 deur die onderskeie afgevaardigdes geteken, maar die debat oor die inhoud van die wet het voor en na hierdie dag ernstige afmetings aangeneem. Die Transvaalse en die Vrystaatse parlement het dit onderskeidelik eenparig bekragtig. In Kaapland is dit met twee teenstemme goedgekeur. Natal het eers 'n referendum daaroor gehou. Van die 58% kiesers wat wel gestem het, het 66% daarvoor en 33% daarteen gestem.
Kleurlinge en swartes het byeenkomste teen die wet gereël en onder WP Schreiner tevergeefs in Londen beswaar gemaak. Koning Edward VII het dit op 20 September 1909 onderteken. Die kleurbeklemtoning van die wet was die rede vir die onaanneemlikheid in bepaalde kringe. Maar ekonomiese, blanke, spoorweg- en eenheidsake het swaarder geweeg, sodat unifikasie, hoewel met federale eienskappe, van die vierledige Suid-Afrika deurgevoer is. Baie Afrikanerleiers wou deur hierdie staatkundige eenheid veral die Afrikanervolk landwyd saamsnoer ten einde sy slaankrag te verhoog.
KULTUUR- DAGBOEK 11 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1973: Die komitee van die FAK vir teater-, rolprent- en uitsaaikunste word gestig. Die Hoofbestuur van die FAK het op hierdie dag, ná aanbevelings van 'n ondersoekkomitee, besluit dat 'n onderkomitee van die Hoofbestuur vir Teater-, Televisie- en Rolprentsake ingestel word, en dat die komitee uit vyf benoemde lede bestaan. Die eerste komiteevoorsitter was prof G Cronjé. Die komitee, waarvan die naam op 4 Julie 1977 in Teater-, Rolprent- en Uitsaaikunstekomitee verander is, se opdrag was om die Hoofbestuur van raad te bedien oor die bevordering van Afrikaanse teater-, rolprent-, televisie- en verwante aangeleenthede; die beroepsmoontlikhede en opleiding van die Afrikaner in die teater-, rolprent- en televisiebedryf; en die aanmoediging van Afrikaanse skeppende en uitvoerende kunstenaars in dié bedryf.
1909: Suid-Afrika-Wet word onderteken. Lees hieroor in hoofartikel.
VREDE!
Hannes Ollewagen
2 Kor. 13:1-13
“Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.” (11).
Vrede, iets só kosbaar waarvan ons minder en minder in die wêreld sien. En die rede hiervoor? Dit is tog sekerlik omdat daar minder en minder van God in die mens van ons tyd te bespeur is – die mens wat meer en meer van God afvallig raak. Vrede is immers een van die karakter-eienskappe van God – Hy is ’n God van vrede. “En die God van vrede sy met julle almal. Amen.” (Rom. 15:33). “want God is nie ’n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.” (1 Kor. 14:33). Daarenteen is Satan voortdurend besig om daar waar vrede is, onmin, verdeeldheid en twis te probeer bewerk want hierdeur word sy vernietigingswerk met welslae uitgevoer.
FW EN SMUTS – OP DIESELFDE KLIP...
Willem Etsebeth se verhaal van arrestasie, vernedering en marteling
(Willem Etsebeth was in 1990 deel van die AWB se generale staf. In daardie tyd het die FW de Klerk-bewind genadeloos toegeslaan op regse versetstryders, en die veiligheidspolisie opdrag gegee om hulle lewens hel te maak en te vernietig. Dit is presies wat Jan Smuts tydens die 1914 Rebellie gedoen het – ons volk verniel en vermoor, u ken die geskiedenis. Mag FW, Pik, Jan Smuts, Louis Botha en al hulle meedoeners vandag heerlik braai op dieselfde klip in die hel! - RED)
Hier is Willem se verhaal van sy arrestasie en wat daarmee gepaard gegaan het.
Die Boerevolk hier aan die suidpunt van Afrika het al baie aanslae verduur. Aanslae teen ons vryheid en teen ons voortbestaan. ‘n Fisiese oorlog is twee maal gevoer teen die wêreldmag van die tyd: Groot Brittanje. ‘n Politieke oorlog is gevoer deur die heersende regering. Alles, om hierdie volkie van sy herkoms en sy fondament te vervreem. Maar met sy roer oor sy skouer en sy Bybel in die wakis, wapper die Vierkleur en word “Die Stem” versie vir versie uit die volksmond gehoor, en word die God van Bloedrivier steeds as enigste Verlosser erken.
ARRESTASIE
1961: VERKIESING VAN EERSTE STAATS- PRESIDENT: CR SWART
KULTUURDAGBOEK 10 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag in 1961 is Charles Roberts Swart, (gebore op 5 Desember 1894) as eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika verkies. Sy openbare lewe het in 1919 begin toe hy organiserende sekretaris van die Nasionale Party in die Oranje-Vrystaat geword het. In 1923 het hy Volksraadslid geword, in 1948 Minister en in 1960 Goewerneur-generaal. Van 31 Mei 1961 af was hy amptelik staatspresident.
In 1968 het hy afgetree en in 1972 is die Dekorasie vir Voortreflike Diens aan hom toegeken. Die amp van Staatspresident het in 1961 verskil van dié van die Boererepubliek waar mense soos Paul Kruger en MT Steyn regerings- sowel as staatshoofde was. Hy word vir sewe jaar tydens 'n gesamentlike sitting van die Senaat en Volksraad met 'n meerderheid van stemme in die amp verkies en is normaalweg nie herkiesbaar nie.
HELP ONS, O GOD!
Die Psalmdigter pleit by God toe sy volksvyande wat ook haters van God was, hulle wou oorweldig – ons volk durf vandag presies dieselfde woorde gebruik: "Teen ons, u volk, smee hulle listig 'n plan, u vyande maak rumoer, u haters steek die hoof op; hulle sê 'Kom laat ons hulle vernietig dat hulle geen volk meer is nie'. O God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God! Help ons, o God, om die eer van u Naam en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam; vergeld ons bure sewevoudig, laat voor ons oë onder die heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van u knegte, en ons, u volk, sal U vir ewig loof!"
Jaap Marais het in sy heel eerste toespraak ná 27 April 1994 hierdie belangrike woorde gesê: "Die enigste werkbare resep vir enige regering om suksesvol te wees rus op twee belangrike pilare. Eerstens, respek vir wet en orde in die samelewing; en tweedens 'n gesonde, groeiende ekonomie. Hierdie terroristebende wat nou ons nuwe regering geword het is gebore nie in staat om enige van dié twee voorwaardes te laat realiseer nie. Daarom sal hulle misluk en uiteindelik sal die nuwe bestel in duie stort. Wanneer dit gebeur, sal dit gepaard gaan met geweld, anargie en sosiale chaos..."
BROKKIES UIT DIE BOEK - GEBROKE LAND (19)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Wat maak jy, Percy?”
Die seun hou ‘n kombuismes met sy linkerhand so stewig as moontlik op die stoep se lae muurtjie vas, terwyl hy met ‘n ou vyl die ding probeer skerp maak. Dis ‘n besonder moeilike taak, want al is die mes nie baie hard nie, is dit nie veel sagter as die vyl nie. Dis ook moeilik omdat die mes ‘n ronde punt het en nie ‘n spits een nie. Dit gly ook rond op die ongelyke baksteen-oppervlak. Jack, sy pa, kan sien dat hy al lank daarmee besig is, en daar is hier en daar ‘n stukkende plek op die kind se hande. Hy antwoord nie vir Jack nie. Hy kyk net vir ‘n oomblik op en dan gaan hy aan met die werk.
“Jy wil revenge vat, nê, Boetie?”
Percy se oë word vol trane. Hulle het baie gesukkel om sy ouma se liggaam terug te kry en uiteindelik, na baie mooipraat, is hulle uiteindelik toegelaat om haar te begrawe. Daar was eintlik nie veel tyd om aan Percy se trauma aandag te gee nie. En al sou hy dit kon probeer, weet Jack hopeloos te min van berading af.
KULTUUR- DAGBOEK 9 MEI
1883: SJP KRUGER AS STAATSPRESIDENT BEËDIG
Lees volledig by Kultuurdagboek
Stephanus Johannes Paulus Kruger is vir die eerste keer in 1883 tot Staatspresident van die ZAR verkies – met 3 431 stemme teenoor PJ Joubert se 1 171. In Pretoria is Kruger toe op hierdie dag in 1883 beëdig. Voor die Raadsaal is 'n verhoog opgerig wat met die Vierkleur en vlae van Nederland, Engeland en die VSA versier is. Oor Kerkstraat is 'n ereboog gespan wat gelui het: "Lank leef die President!"
1828: DR ANDREW MURRAY DIE NASIONALIS
KULTUURDAGBOEK 9 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hy was een van die mees dinamiese en invloedrykste manne wat die Kerk nog opgelewer het. Hy word gebore op 9 Mei 1828 en as tienjarige na Aberdeen, Skotland, gestuur vir skool- en universiteitsopleiding. Hier behaal hy die MA-graad.
In 1845 gaan hy en sy broer John na die Universiteit van Utrecht met die oog op die teologiese studie vir toelating tot die bediening. Hy was innig gelowig en sterk Puriteins georiënteer. Dus het die liberale rigting van die Teologie in Holland hom baie geskok. Met die stryd teen die liberalisme gedurende die Sinode in 1862 was hy moderator en het in die brandpunt van die bestryding daarvan gestaan.
TUSSEN JESUS SE HEMELVAART EN SY WEDERKOMS
Wat doen jy vir Jesus totdat Hy weer kom?
Ds A.E. van den Berg
“Sy heer sê: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer” (Mt. 25:23).
Jare gelede het ek ʼn meriete-prysuitdeling bygewoon toe ʼn swart leraar die opening waargeneem en die Gelykenis van die Talente gelees het. Hy het God vir die talente wat Hy aan die wenners gegee het, gedank. Die man het die bal misgeslaan, want dis nie waaroor die gelykenis gaan nie. Ek wil waag om te sê dat 99% van alle mense hierdie gelykenis heeltemal verkeerd verstaan. Dit het niks met verstandelike vermoëns en gawes te doen nie. Die gelykenis handel uitsluitlik oor diensbaarheid in belang van die koninkryk van God.