Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In plaas daarvan dat ons God vra watter planne en werk ons moet doen sodat Hy dit in alle geval sou seën, vra ons nou sy seën op ons planne wat ons self gemaak het en ons alleen-gekose werk. Geen wonder dit gaan so sleg met so baie Christene nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK - GEBROKE LAND (12)
083 444 7672)
Voordag het die SAPD en die SANW die afgebakende gebied afgesper, stoppergroepe uitgeplaas, padblokkades opgestel en die res beweeg weereens deur die gebied. Elke huis, buitekamer, motorhuis, sink-kaya, Wendy-huis; elke boom, boord, struik en geut word ondersoek. Dit vat lank, maar die forensiese deskundiges wat ingeroep is, kwyt hulle goed van hulle taak.
“Percy, staan op! Die poelieste is oppad hierheen, en ek dink hulle weet van jou.”
Jack hou ‘n ou skoolrugsak, gepak met water, kos en ‘n stel skoon klere, die skerpgevylde mes, ‘n stuk verweerde kombers en twee pare kouse vir Percy uit. Die geweertjie is uitmekaar geskroef, en die drie dele pas binne in. Sy oë is vol trane as hy sy seun ‘n drukkie gee.
VAN KP TOT AVF
Koos Bester
Geen enkele geskrif het dieper wonde in behoudende Afrikaner-geledere geslaan as die opsienbarende werk, VOLKSVERRAAD, van oud-Nasionale Intelligensie-agent, Piet Pretorius nie.
Dit het aanleiding gegee tot verskeie siviele gedinge. In een uitspraak ten gunste van die destydse KP-leier, dr Ferdi Hartzenberg gegee, in 'n ander teen die HNP, en in nog 'n geding teen genl Tienie Groenewald en ten gunste van die HNP en mnr Jaap Marais. Genl Groenewald het aangevoer dat mnr Marais die eintlike outeur van die boek is.
Dit is geen verrassing dat genl Groenewald met soveel wrewel teen die HNP en mnr Marais losgetrek het nie. In VOLKSVERRAAD is aangevoer dat genl Groenewald in diens van die Amerikaanse CIA sou wees; daarin is uitgewei oor genl Groenewald se broer Jan, op sy dag hoofsekretaris van die AWB en op 'n kritieke tydstip wegbreker van die AWB, se beweerde betrokkenheid by die inligtingsdienste. Die HNP het in sy lyfblad, Die Afrikaner, ook groot gewag gemaak van die bewering dat genl Groenewald die eintlike gees agter FW de Klerk se Rooi Vrydag-toespraak is, waarin die kommuniste en die ANC ontperk is.
BROKKIES UIT DIE BOEK - GEBROKE LAND (11)
083 444 7672)
Onder-korporaal Bokkie Setedi is net effens dronk. Drank raak al hoe skaarser en die bietjie wat hy vandag afgeneem het, is nie veel beter as die outydse skokiaan wat die mense van lankal gebrou het nie. Hy weet nie eens of dit giftig is nie, maar as die ou by wie hy dit afgevat het, daaraan kon drink, dan kan hy ook. Dis ook nie al rede nie. Die gevoel van mag maak hom eintlik dronker as die alkohol in die brousel.
Hy is deel van ‘n vier-man patrollie wat hier in die agterstrate van die Plein diens doen. Oor ‘n halfuur sal hulle omdraai en teruggaan basis toe, hulle “beat” verby. Bokkie Setedi het nie die gedempte knal gehoor nie, nie die skut gesien nie, en al wat hy ervaar is dat sy hele lyf soos ‘n sak stronke wat gelos word, grond toe val. Die sub-soniese vyf en veertig grein .22 koeëltjie het hom hoog op die brug van sy neus getref, sy brein binne gedring en alles afgeskakel.
OPGEWEK TER WILLE VAN ONS REGVERDIGMAKING
Hannes Ollewagen
Rom. 4:1-25
“En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie. En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het. Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken.” (:19-22).
“...wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.” (:25).
Wanneer ons kyk na die dood en opstanding van onse Here Jesus Christus kom die woorde uit Jesaja 55:8&9 spontaan in my gedagtes.
BROKKIES UIT DIE BOEK - GEBROKE LAND 10)
083 444 7672)
Percy Jackson is gewoond aan swaarkry. Niemand wat in Mitchel’s Plain grootword, het ‘n maklike lewe nie. Ja, miskien die manne wat vroeg al by een van die bendes aangesluit het, of iemand wat toevallig ‘n ietsie gekry het, maar dan sal so ‘n ou mos uit die plek padgee, of hoe? Nee, Percy ken swaarkry.
Die ou plekkie wat hulle vyf kinders met Ouma en die Ouvrou en Outoppie deel, is maar erg klein en slaapplek en kos maar baie effentjies. Percy is egter ‘n kerkkind en hy glo dinge sal die een of ander tyd beter word.
So tussen-in die werkies en takies wat die grootmense uitdeel, en die gebrek aan ‘n behoorlike plek waar hy kan leer, doen hy gereeld sy huiswerk, hou sy boeke skoon, leer sy somme en grammatika, sodat hy eendag, as die tyd kom, ‘n beter lewe vir homself kan maak.
BROKKIES UIT DIE BOEK - GEBROKE LAND (10)
083 444 7672)
Willemien Brummer skryf op 29 April in Netwerk 24 oor Covit-20 as ons volgende "virus".
Covit-20 is Suid-Afrika se grootste bedreiging. Diegene wat my ken weet ek is nie 'n pessimis nie. Dis eenvoudig realisme.
Covit-20: is werkloosheid, honger, geweld.
Covit-20: is die onkeerbare golf van woede en anargie waarvoor daar nasionaal hopeloos te min polisie en soldate is.
Covit-20: is die onvermoë van hierdie magte om skarebeheer toe te pas sonder teengeweld (onvoorstelbare hoeveelheid mense verloor hulle lewens).
Covit-20: is as die regering voorbeelde van ander lande, byvoorbeeld VSA volg.
DIE OPGEVOUDE GRAFDOEKE
Ds A.E. van den Berg
“En terwyl hy neerbuk, sien hy die doeke lê….” (Joh.20:5)
Ek het 'n paar jaar gelede op TV gesien hoe die lyk van ‘n gebalsemde man na 20 jaar opgegrawe is. Die liggaam het met klere en al goed bewaar. Dit laat my toe aan ’n ander graf dink wat nie deur mense oopgemaak is nie, maar deur God. In hierdie graf was daar geen liggaam nie, slegs grafklere; dié van Jesus wat Hy doelbewus as ’n getuienis van sy opstanding agtergelaat het.
Nadat Hy gesterf het, het Josef van Arimathéa en Nikodemus toestemming verkry om sy liggaam vir die graf wat aan Josef behoort het, voor te berei. Nadat Hy daarin neergelê is, het die Joodse leiers Pilatus gevra om dit te verseël en soldate rondom te plaas sodat die dissipels dit nie kon wegneem nie.
OPSKUDDING IN JERUSALEM
Ds A.E. van den Berg
“En toe Hy in Jerusalem inkom, het die hele stad in opskudding geraak en gesê: Wie is hierdie man? (Mat 21:10).
Beroemdes ontvang dikwels met hul aankoms in 'n land of stad groot verwelkominge. Dit het selfs 2000 jaar gelede ook in Jerusalem gebeur toe Jesus vanaf Jerigo in die stad van Dawid aangekom het. Dit was die einde van Jesus se aardse bediening. Hy sou Jerusalem nie voor sy kruisiging weer verlaat nie. Net voordat Hy die stad ingegaan het, het Hy eers op die Olyfberg verpoos en na die stad gekyk waar sy inhegtenisneming, kruisiging en opstanding sou plaasvind en het alles vooraf geweet.
Een van die dissipels het vir Jesus 'n jong esel gebring om die stad binne te ry omdat 'n koning nie 'n stad binnegestap het nie maar binnegery het. En tereg so want Hy was immers die Koning van alle konings!
BROKKIES UIT DIE BOEK - GEBROKE LAND (9)
083 444 7672)
In die toekoms mag historici terugkyk op die tyd waarin ons nou lewe en dit moontlik beskryf as die tyd van die groot leuen. Soos die gesegde loop: In tye van oorlog (en ons staan in hierdie tye) is die waarheid die eerste slagoffer. Meer en meer getuienis dui daarop dat COVID-19 verkeerd gelees en geinterpreteer is of dalk selfs van die begin af ‘n doelbewuste, fynbeplande oefening met verskuilde politieke motiewe was. Hoe ookal, die aard van die mens-gemaakte krisis is tans reeds beduidend groter as die slegte-saak-scenario ten opsigte van die uitspeel van die virus. Dit kan vorentoe nog slegter word. Selfs al was daar nie politieke beplanning ter sprake nie, word dit toenemend die gevegsterrein vir politici met uitkomstes wat ons almal tot ernstige kommer behoort te stem. In die omgewing van die internasionale politiek gaan dit ongetwyfeld bydra tot ‘n eskelasie van konflik en word daar selfs in kringe bespiegel oor die moontlike eskalasie tot die vlak van ‘n wêreld-oorlog.
BORDJIE BOKANT DIE KRUIS
Ds A.E. van den Berg
“Pilatus het geantwoord: Wat ek geskryf het, het ek geskrywe” (Joh.19:22)
Mense van die ou tyd was oor titels erg begaan. Die hoogste titel wat iemand kon hê, was ‘koning’ want so 'n mens was nie net die eerste burger van die land nie, maar ook die magtigste. Hy het selfs mag oor lewe en dood gehad. Daarom is konings is geëer en in die ou nabye Ooste met die uitdrukking “Mag die koning vir ewig lewe” begroet. Toe koning Darius die oggend leeukuil toe is om te sien of Daniel leef, roep Daniel uit: “Mag die koning vir ewig lewe” (Dan.6:22).
Jesus het ook 'n titel gehad – talle Jode het Hom Rabbi genoem en Hom as iemand wat onderrig kon gee, eerbiedig, maar Hom nooit as 'n koning geag nie. Dit het 'n heiden egter gedoen; nie as 'n verering nie, maar eerder as spottery.
JESUS IS NIE IN DIE HEL! (2)
Dit is weer Paastyd wanneer die media Jesus asook Maria so afskuwelik belaster dat geen Christen dit behoort te ignoreer nie.
Hier volg 'n reeks artikels deur Michael Hoffman, oor die omstrede verdediging van menseregte vir Christene wat begeer om vry te wees van die laster van hulle Here en Verlosser, Jesus Christus, en sy moeder, Maria. Waarom omstrede? Christene glo die Messias is Jesus van Nasaret en ons wag op sy wederkoms. Die Jode vandag, glo egter Jesus is in die hel en dat sy moeder Maria 'n prostituut was. Dit staan so opgeteken in hulle “bybel”, die Talmoed.
RITUELE LASTER: 'N PAAR VOORBEELDE
St. Crispin's Day, 25 Oktober 2009: Seisoen 7, episode 6 van die HBO-televisiereeks "Curb Your Enthusiasm": die ster, Larry David, het op 'n portret van Jesus Christus ge-urineer. David het die toneel geskryf. HBO het dit verdedig as deel van die program se "satiriese styl", en beweer dat David se "humor" dikwels almal teiken.
BROKKIES UIT DIE BOEK - GEBROKE LAND (8)
083 444 7672)
Korff Röhm se hart klop nog onstuimig as hy die Yaris agter die rye skeepsvraghouers trek. Hy is seker niemand het hom agtervolg nie, maar hy mors nie tyd nie.
Die vraghouers word uitverhuur aan mense wat bergingsplek soek vir goed waarvoor hulle nie plek tuis het nie. Hy sluit die een houer, die derde laaste een aan die linkerkant oop. Die Nissan Patrol – ook ‘n “Safari” in Suid-Afrika genoem – staan wyd genoeg dat hy nie by enige van die kantdeure kan inkom nie. Hy sluit die agterdeur oop, klim oor die agter binnekant en dan tussen die twee voorste sitplekke, tot op die bestuurder s’n.
Die voertuig het vir ‘n maand gestaan en hy is bekommerd dat die batterye dalk afgeloop het. Met die draai van die sleutel gaan al die liggies op die paneelbord aan en dan, na tien sekondes, draai hy die aansitter. Die enjin gee ‘n draai en ‘n half en dan brul die groot diesel. Hy trek uit die houer, en dan, terwyl die voertuig luier, ry hy die Yaris tot binne-in, sluit die deur.
BROKKIES UIT DIE BOEK - GEBROKE LAND (7)
083 444 7672)
Die winter is vroeg vanjaar, veral waar hulle hier, aan die voetheuwels van die Drakensberge sit. Na die skietvoorval meer as ‘n week gelede, is dit rustig. Boesman het die swaarloop R1 (eintlik ‘n FN) skoongemaak en al nege die magasyne gelaai. Die wapen is goed opgepas, ten spyte van Afrika se manier om maar hard met een om te gaan.
Onder die skut se toerusting is ‘n skoonmaakstel en ‘n rompdeksel gevind wat ‘n teleskoop kan vat, maar sonder die visier. Vanaand sit die groepie beskut in ‘n klein leegtetjie, onder ‘n groot rots. Die afgelope seisoen het reënwater laat opdam in ‘n diep rotspoel, net ‘n paar meter buite die kampie.
Die Land Cruiser het van die koeëlreën gate in die ruite en bakwerk, maar met blote geluk is dit nie meganies beskadig nie. Een van die rondtes het die klepdeksel aan die bokant gesny, maar hulle kon dit met ‘n ‘n dosis Q-Bond regmaak. Dit lek ‘n klein bietjie olie, maar nie te erg nie. Die stukkende ruite is uitgehaal en dis feitlik net so koud binne die voertuig as buite.
JESUS IS NIE IN DIE HEL! (1)
Dit is weer Paastyd wanneer die media Jesus asook Maria so afskuwelik belaster dat geen Christen dit behoort te ignoreer nie.
Hier volg 'n reeks artikels deur Michael Hoffman, oor die omstrede verdediging van menseregte vir Christene wat begeer om vry te wees van die laster van hulle Here en Verlosser, Jesus Christus, en sy moeder, Maria. Waarom omstrede? Christene glo die Messias is Jesus van Nasaret en ons wag op sy wederkoms. Die Jode vandag, glo egter Jesus is in die hel en dat sy moeder Maria 'n prostituut was. Dit staan so opgeteken in hulle “bybel”, die Talmoed. Omdat soveel haat teen ons tradisionele oortuigings en aanbidding gerig is dat mense daaraan gewoond geraak het is dit ‘n baie omstrede onderwerp. Die haat word verwag, en in soverre die indoktrinasie suksesvol was, word die vooroordeel teen ons in sommige kringe as welverdiend beskou. Ons beroep op respek vir ons geloof en ons reg om so vry te wees van haatlike aanvalle op ons as op enige ander godsdiens, is gegrond op die waarheid. Dit behoort nie oop seisoen oor Christus en Christene te wees nie, en tog is dit 'n betreurenswaardige feit dat die haatspraak nou openlik en alledaags is.
Hoffman is 'n voormalige verslaggewer vir die New Yorkse buro van die Associated Press en 'n voormalige betaalde konsultant by die nuusafdeling van die New York Times. Sy boeke is vertaal en in Japannees en Frans gepubliseer. Luister na sy uitsendings op die Revisionist History®-podcast, en vind hom op X (Twitter). Met die lees van hierdie reeks artikels sal u besef watter noukeurige navorsing hy oor hierdie onderwerp gedoen het en steeds mee voortgaan. Hier volg die eerste aflewering:
WIE HET JESUS DOODGEMAAK?
En wie doen dit steeds vandag?
“… die Jode, wat ook die Here Jesus en hulle eie profete gedood en ons vervolg het en God nie behaag nie en teen alle mense gekant is,…”
1 Thessalonicence 2:14-15
So dikwels lees mens in die Paastyd hoe sogenaamde geestelike leiers en andere verklaar dat die Romeine Jesus doodgemaak het. Wie moet ek dan glo? Het Paulus dan gelieg? En as die “kenners van vandag” dan reg is, moet die skrifgedeelte hierbo en die hele Skrif eenvoudig geïgnoreer word?
Kom ons gaan kyk weer mooi na die kruisgebeure.
Pontius Pilatus (die Romeinse goewerneur) was, soos baie proseliete vandag, in die finale instansie (toe hy gehoor aan die gepeupel gegee het) maar net ‘n pion in die hande van die Jode (en veral die hoëpriesters as die aanstigters!) in Jerusalem wat Jesus wou dood maak.
ONS IS AMPER WEER BY GOEIE VRYDAG...
...EN PAASSONDAG
Ons kan die belangrikheid van Goeie Vrydag en Paassondag nooit genoeg beklemtoon nie.
Jesus se aardse bediening het egter nie hier opgehou nie. Ná sy opstanding het Jesus vir 40 dae sy dissipels oor God se koninkryk onderrig en daarna na die hemel opgevaar. Die kruis en die leë graf was die hart van die Evangelie wat deur Jesus se volgelinge versprei is. Paulus skryf : “Broeders, ek maak julle die evangelie bekend ... dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte” (1 Kor.15:1-4).
Vir baie gelowiges is hemelvaart slegs ʼn nagedagtenis van Goeie Vrydag en Paassondag. Nee, die hemelvaart het wonderlike betekenis vir ons. Kom ons kyk na ʼn paar aspekte van die hemelvaart en verheerliking van Jesus.
BROKKIES UIT DIE BOEK - GEBROKE LAND (6)
083 444 7672)
Juda, wat nou voor ry, hou op elke bultjie stil en soek eers die pad voor hulle deur vir enige beweging. Natuurlik gebeur dit dat daar groepe mense voor hulle in die pad is, en dan moet hulle afdraai op sekondêre en selfs plaaspaaie, wye draaie moet ry en dan terugkeer na die hoofroete.
Hierdie ompaaie maak dat hulle dikwels meer op ander paaie moet ry as op die roete. Baie keer is daar nie ‘n afdraaipad nie en moet hulle omdraai, kilometers terugry voordat hulle so iets kry, en heel dikwels selfs deur die veld moet ry, as daar nie paaie is nie. Gelukkig het al die voertuie vierwieldryf. Daarsonder sou hulle moes uitklim en loop, soos die grootste persentasie mense in Suid-Afrika.
BROKKIES UIT DIE BOEK - GEBROKE LAND (5)
083 444 7672)
Twee van die uniformdraers, Job Mabue en Chris Martins het van die geleentheid gebruik gemaak om ‘n flankbeweging uit te voer. Hulle het deur aangrensende erwe gehardloop, oor die vérkante van die heinings gespring en agterom gehardloop, en uiteindelik by Karel se verlate huis aangekom. Hier wag hulle ‘n halfminuut om asem terug te kry, voordat hulle verder beweeg.
Beide die manne is vroeg-middeljarig, albei van hulle het opleiding ondergaan in die ou SAW, onder bevel van majoor Slabber. Hulle wapens is skoon, nagegaan en in goeie toestand. Behalwe vir die R4-gewere wat hulle dra, het hulle elkeen ook ‘n Z88 nege millimeter handwapen. Eintlik behoort hulle nie deel te wees van die ander manne wat in hierdie aanval is nie. Dis bloot maar toevallig dat hulle paaie gekruis het, en hulle doen mee, totdat iets beter oor hulle pad kom.
VERGIFNIS DEUR GELOOF
Hannes Ollewagen
Handelinge 15:1-34
“En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons. En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof.” (:8&9).
Duisende jare nadat ‘n belangrike vergadering in Jerusalem gehou is om ’n belangrike teologiese vraagstuk te bespreek, is hierdie vraagstuk egter steeds ’n werklikheid. Dit is nie omdat daar nie tot ’n duidelike slotsom in hierdie verband gekom kon word nie. Inteendeel, die saak is behoorlik bygelê en in geen onduidelike taal is ’n uitspraak in hierdie saak gemaak. Die vraagstuk wat bespreek is, het gehandel oor die belangrikheid van die besnydenis in die redding van bekeerlinge. Daar was diegene wat van mening was dat iemand nie gered kon word indien hulle nie besny is nie. En daarenteen het die apostels geleer dat die grondslag van ’n mens se redding ’n opregte geloof in Christus is.
BROKKIES UIT DIE BOEK - GEBROKE LAND (4)
083 444 7672)
Boesman het vroegoggend met die ou Gladiator vertrek. Dis een wat hy korter gemaak het, die verkorte laaibak aan die kajuit vasgesweis en die dak afgesny, sodat dit ‘n bonkige, oop voertuig is, breed, maar met groot bande op. Hy ry vinnig by die hek uit en is verby Badeleng voordat die mense van hom behoorlik bewus kon word.
Hy geniet die rit. Dis vir hom sleg om so lank ingeperk te bly en eintlik, as hy eerlik wil wees, het hy ‘n verskoning gesoek om uit te kom. Die klomp mense by die huis is vir eers veilig. Die ou groot vierspoedratkas sing rustig agter die vier punt een liter Chev enjin; dis nie vinnig nie, maar het baie wringkrag van lae rewolusies af.
Na vyf ure se ry is hy deur Grootvlei, deur Balfour en oppad Heidelberg toe, om sy neef en dìe se vrou te gaan soek. Hulle is al van skooldae af vriende en het ‘n pakt gemaak om mekaar te beskerm indien die ergste gebeur. Hy ry Heidelberg binne, is geskok oor die toestand van die terrein by die Leërgimnasium. Die geboue se vensters is selfs op ‘n afstand duidelik gebreek of uitgehaal, die slagboom is verwyder en die bossies groei uit die teerpad.