Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
“En Ek het vir julle gesê…..Ek is die Here julle God wat julle van die volke afgesonder het” (Lev.20:24).
BROKKIES GESKIEDENIS (13)
>
>> >
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
Kruger aan Leyds: "Ek het elke dag vir jou GEBID”
Die begin van die einde lê in 'n geskiedenis wat later deur Henriette Grove uitgebeeld is in 'n drama, Toe hulle die Vierkleur op Rooigrond gehys het (1975). DF du Toit het die Vierkleur gehys oor 'n betwiste gebied aan die grens. Die wêreld het dit as anneksasie gesien en die gevolg was groot verontwaardiging. Brittanje het in 1885 ingegryp en die gebied wes van Transvaal en suid van 22 grade Suiderbreedte tot Britse protektoraat geproklameer. Transvaal kon dus nie meer weswaarts uitbrei nie.
WIE EN WAT IS NATO NOU EINTLIK?
>
>
Dr Willem Jordaan
NATO, die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (in Afrikaans bekend as NAVO) is die wêreld se grootste militêre mag. Dit is saamgestel uit 29 Noord-Amerikaanse en Europese state en bestaan sedert 1949. Dit stel dus ‘n kollektiewe verdedigingsmag daar en vorm die VSA die kern daarvan. NAVO bestee jaarliks $1 triljoen wat 70% van die wêreld se besteding behels.
Aanvanklik het WARSKOU as teenvoeter vir NAVO gedien tydens die Koue Oorlog. Die USSR het die kern van die WARSKOU verdragslande gevorm. Met die ontbinding van die USSR in 1991 het state van die ou WARSKOU hulle by NAVO aangesluit.
Die VSA dra die grootste las van die NAVO-begroting en beheer ook die aksies van Navo al is NAVO in Europa gestig. NAVO het veral berugtheid verwerf vir die omstrede inval in Joegoeslawië in 1999.
BROKKIES GESKIEDENIS (12)
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
DIE DROOGTE VAN DRIE-EN-DERTIG
Nog dekades ná die 1932-1933-droogte is dikwels verklaar: die ergste sedert 1933; eers die 2015-2016-droogte was erger. Droogte was deel van die lewe in Suid-Afrika. Die "grote droogtevraagstuk", in 1922 so genoem in 'n verslag van 'n kommissie van ondersoek, was dan ook die tema van verskeie artikels, boeke en amptelike verslae.
In een daarvan, Dorre Suid-Afrika (1921) skryf 'n Brandfortse geneesheer, JD Schonken, dat droogte die grootste beletsel in die vooruitgang van Suid-Afrika genoem is. As die land elke jaar sy berekenbare vaste reënval gehad het, sou die ander moeilikhede en strawwe niks gewees het nie, "maar teen die droogtes staan ons magteloos".
ZIMBABWE WIL WEER SY EIE GELDEENHEID HÊ
Dr Pieter Swart
Kennis is geneem dat Zimbabwe nou weer sy eie geld gaan druk. In 2008 het Zimbabwe se ekonomie heeltemal in duie gestort nadat hiperinflasie die Zim-dollar tot by ‘n punt gebring het waar 10 triljoen Zim-dollars gelykstaande was aan een Amerikaanse dollar.
Nou ja, dit is waar dat Zimbabwe seder die Swart oorname in 1980 tot mislukking gedoem was maar wat buite rekening gelaat word is dat vir minstens 20 jaar die Zim-dollar tog ‘n mate van waarde behou het. Wat het dan skielik in 2008 gebeur?
Dit is in die buitelandse valutamark dat ‘n geldeenheid baie wankelrig word as gevolg van manipulering deur spekulante.
SONDER DIE LIEFDE ...
Hannes Ollewagen
1 Kor. 13:1-13
“AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.” (:1-3).
Ons as mense raak so maklik in gewoontes vasgevang. Ons doen dan naderhand dinge bloot uit roetine, uit gewoonte – sonder om te besin waarom ons dit dalk doen. Dink maar gerus hoeveel mense uit gewoonte in die oggend werk toe gaan eerder as met ‘n gesindheid dat hy/sy die voorreg sal hê om ‘n positiewe verskil in ander mense se lewens te gaan maak. ‘n Gesindheid dat ek met ‘n liefdevolle optrede ‘n ander persoon se lewe kan verbeter en/of se las kan ligter maak.‘n Gesindheid dat God my nog eens die kans gun om die gawe van ‘n nuwe dag te omarm en opnuut te poog om sy liefde aan diegene rondom my te bewys.
FW DE KLERK HÉT GRONDWET OORTREE
>
>>
Prof Hermann Giliomee, bekende skrywer en professor in politiek en politieke geskiedenis, vra in sy nuwe boek, The Rise and Demise of the Afrikaners, of mnr FW de Klerk die blanke kiesers van Suid-Afrika se toestemming gehad het om in 1994 die politieke mag aan die ANC te oorhandig.
Prof Giliomee se vraag is betekenisvol. Die vraag aan die blanke kiesers in die referendum op 17 Maart 1992 het gelui: Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling gemik is?
Die ja-stem het slegs toestemming gegee om met onderhandelings met die ANC voort te gaan.
KLEINDOOP OF GROOTDOOP?
(Daar was die afgelope tyd lesers wat die behoefte uitgespreek het om meer duidelikheid rondom die onderwerp van die kleindoop teenoor die grootdoop te kry. Ds Van den Berg het hier vir ons 'n uiters interessante en Skriftuurlik korrekte uiteensetting in hierdie verband gelewer. Baie dankie aan hom vir die suiwerheid en puik uiteensetting daarvan.)
DIE SKRIFTUURLIKE KORREKTHEID VAN DIE KLEINDOOP
Ds.A.E van den Berg
“Die probleem is dat mense die doop verkeerdelik tot ʼn geloofteken verhef.
Nòg die besnydenis, nòg die doop, was ooit veronderstel om
ʼn geloofteken te wees.
Dis ʼn verbondsteken, niks minder en niks meer nie!”
1. Wat is sakramente?
So anders as die Roomse Kerk (RK) wat sewe sakramente het, het ons Protestantse kerke net twee sakramente nl. die doop en die nagmaal. Wat is sakramente? Die Heidelbergse Kategismus (HK) leer ons dat dit “ … heilige, sigbare, waartekens en seëls deur God ingestel is om ons deur die gebruik daarvan die belofte van die Evangelie des te beter te laat verstaan…..”
BROKKIES GESKIEDENIS (11)
>
>>>
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
Paul Kruger en Bismarck gesels sondertolke
Ds. SJ du Toit is in 1882 na Transvaal as die nuwe superintendent van onderwys. Die driemanskap - Paul Kruger, Piet Joubert en MW Pretorius - het hom die pos aangebied. Sy pro-Transvaalse gevoelens was bekend, en sy ywer vir die onderwys ook.
Een van sy biograwe, DA Scholtz, noem die jare 1883 en 1884 die glorierykste in Du Toit se lewe. Hy is oorlaai met eerbewyse en het invloed besit soos nooit tevore en daarna nie. Dit het saamgehang daarmee dat hy saam met Kruger en genl. Nicolaas Smit deel was van 'n Transvaalse afvaardiging wat in 1883 na Londen is om met die Engelse regering oor 'n nuwe verdrag te onderhandel. Die verdrag wat na Majuba gesluit is, het die Transvalers nie tevrede gestel nie. Du Toit was tolk die dag toe Kruger vir sir Hercules Robinson, Britse Hoë Kommissaris, voor die bors gegryp het nadat dié aan lord Derby, minister van kolonies, gesê het dat Kruger lieg.
HOU VAS WAT JY HET
HOU VAS WAT JY HET
Ds AE vd Berg
“Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom” (Openb.2:25)
Vyf eeue voor die geboorte van Christus het die Perse die Babiloniërs verslaan en die nuwe wêreldheersers geword. Baie van die Babiloniese priesters het na Pergamus gevlug om hul afgodery daar voort te sit. Soos wat Jerusalem God se setel op die aarde was, het Pergamus dié van Satan geword. Hierdie priesters het ongekende mag oor hul onderdane verkry. Pergamus was ʼn Satans-hool met die stank van afgodsoffers in elke afgodstempel en op straat: “Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is...”(Openb.2:13).
WAT IS DIE GEVAARLIKSTE: OORLOË OF FOPNUUS?
Dr Willem Jordaan
In die VSA was daar vir meer as 2 jaar lank ‘n ondersoek aan die gaan om vas te stel of die Russe nie die presidentsverkiesing van 2016 gemanipuleer het nie. Mense wat nie geïndoktrineer is nie, het geweet dit is ‘n klomp leuens, maar die groot meerderheid het vas geglo dit was die geval – nog voor die uitslag bekend gemaak is. Nou is inderdaad bevind dit was nie so nie. Die media het vir almal gelieg –die geldmagte se media.
In 2003 is met hoëpriesterlike erns deur die massamedia verkondig dat Saddam Hoessein “wapens van massavernietiging” het. Ek het geweet dit is weer ‘n leuen. Irak is verwoes en sy president gehang. Toe moes ons hoor daar was geen wapens van massavernietiging nie.
In 2011 was dit Libië se beurt. Gaddafi het blykbaar “oorlog” teen sy eie mense gevoer. Sommer so skielik. Ek het geweet dis ook ‘n leuen. Libië is vernietig en Gaddafi is op brutale wyse vermoor. Hillary Clinton het die gebeure met passie gade geslaan en tot in haar tone lekker gekry. Dit is nooit bewys dat Gaddafi oorlog teen sy eie mense gevoer het nie.
BROKKIES GESKIEDENIS (10)
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
DAPPER VROUE VAN DIE LEIERS
Tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 – 1902 het talle vroue daarin geslaag om uit die hande van die Engelse te bly. Hulle het van plek tot plek gevlug, geskuil in grotte, soms tydelik weggekruip in erdvark- of ander gate wat hulle of hul mans groter uitgegrawe het en 'n hele paar op 'n eiland in die Vaalrivier.
Onder die vlugtendes was die eggenote van genl. Koos de la Rey. In die laaste agtien maande van die oorlog het sy saam met ses kinders en 'n paar swart mense met 'n wa van die een plek na die ander gevlug in die Lichtenburg-omgewing. Behalwe eetware, klere en komberse het sy aanvanklik 'n hok vol hoenders saamgeneem.
Mev. Nonnie de la Rey vertel:
AS FONDAMENTE OMGEKEER WORD
>
>> >
“Wat is sg. regstellende aksie anders as omgekeerde diskriminasie of swart bemagtiging as gewettigde onreg? God haat onreg!”
Ds Andrè vd Berg
“As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?.... die opregtes sal sy aangesig sien”(Ps.11:3,7)
Ons het vandag met ʼn reuse vertrouensprobleem te kampe jy weet nie meer wie om te vertrou nie. Kyk maar net hoeveel politici en kerklui het ons al verraai, onderkruip en benadeel - almal mense wat ons in die verlede vertrou het. Die beryming van Ps.146 is so waar: “Moet op prinse nie vertrou nie…”
Ps.11 vertel van ʼn man wat Iemand 100% vertrou het. Dawid het sy onbekende toekoms aan ʼn bekende God toevertrou nie. “Werp dan julle vertroue, wat ʼn groot beloning het, nie weg nie” (Heb.10:35). Geloof en vertroue is twee kante van dieselfde munt. Om in die geloof te leef, moet gelowiges soos Dawid God se sorg en almag vertrou soos uit Ps.11 duidelik blyk.
DIE GOD VAN JUDAÏSME
Dr Danie Theron
"En die Talmoed voer aan dat die wyse rabbyne meer weet as God en dat God hulle raadpleeg as Hy advies nodig het!"
Ek is oortuig, 99% en meer, dat alle predikante in die Afrikanervolk sal dink ek is versteurd as ek hulle vra om vir my al die gode op te noem van die Judaïsme. Hulle sal selfs dink ek belaster die Jode wat die Judaïsme aanhang en ook die één waaragtige God. Want sien, hulle dink dat die Judaïsme ‘n godsdiens is wat Jesus ontken, maar wel God (dus die Ou Testament) erken en aanbid.
Behalwe dat predikante hopeloos verkeerd is, getuig dit van ‘n skokkende gebrek aan kennis van die Bybel. En dit geld vir meeste professore ook. Dit was vir my skok, maar ook ‘n openbaring om dit agter te kom in die studie wat ek van die Judaïsme gedoen het en ook dit wat predikante oor die Jode en hulle geloof skryf.
Die “slegte” nuus wat ek vir hierdie leraars het en veral diegene wat so graag praat van “Joodse vervolging” – vandag nog!, is dat die Judaïsme self nie eers die Ou Testament as hulle gesaghebbende boek beskou nie. Die rabbyne leer in hulle skole (Yeshivas) dat die Ou Testament ‘n boek is van “myths and fairy tales”.
BROKKIES GESKIEDENIS (9)
>
>>>>
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
“ONS moet veg tot die bittere einde"
Genl. Smuts het destyds aan die Vrystaat laat weet dis beter om die oorlog te laat ophou en oor vyftien of twintig jaar die stryd te hervat. Steyn was, met sy eie woorde, "diep verontwaardigd en bitter teleurgesteld". Hy het op 15 Mei die Transvaalse bewering verwerp dat die regering en die offisiere die oorlog sou voortsit, maar dat die volk sou oorgee. In die Vrystaat kon die regering en die offisiere oorgee, maar die volk sou dit nie doen nie. Dit sou 'n ramp vir ons nasionale bestaan wees indien die Vrystaat wat sy goed en bloed, maar ook sy vryheid vir Transvaal opgeoffer het, in die steek gelaat word. Dit sou die einde meebring van alle vertroue of Afrikanersamewerking. Aan Smuts het Steyn geskryf dat hy nie saamstem dat die volk na oorgawe weer in opstand sal kom nie. "Indien ons ons onafhanklikheid wil behou, moet ons veg tot die bittere einde, want as daar eenmaal vrede is, sal die burgers nie weer oorlog wil maak nie." As die republieke die Kaapse rebelle in die steek laat, sal dit die nekslag vir die Afrikanervolk wees.
'N AFRIKAANSE VOLKSLIED
'n Ieder nasie het sy LAND!
Ons woon op Afrikaanse strand;
Vir ons is daar g'n beter grond
Op al die wye wêreld rond.
Trots is ons om die naam te dra
Van kinders van Suid-Afrika.
'n Ieder nasie het sy TAAL,
Ons praat van Kaap tot in Transvaal
Wat almal maklik kan verstaan,
Wat gaan die ander tale ons aan?
Ons praat soos Pa en Oupapa,
Die landtaal van Suid-Afrika.
'n Ieder nasie het sy WET,
Wat goed gebied en kwaad belet;
En elk se wet is na sy aard
En gaan met sy natuur gepaard:
So volg ons ook die sedes na,
Wat tuis hoort in Suid-Afrika.
HÝ SAL JOU DIE KOP VERMORSEL
Hannes Ollewagen
Génesis 3:1-24
“En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt.” (:15).
Ons hoor gereeld van sogenaamde wêreldvrede. Die vrede waarvan hier gepraat word, is heeltemal ‘n ander vrede as waarvan ons in God se Woord lees. Die sogenaamde wêreldvrede is ‘n vrede oor alle grense heen wat kwansuis tussen alle mense heen bewerkstellig moet word. Ten einde hierdie vrede te kan bereik, sal alle verskille uit die weg geruim moet word. En in besonder sou verskille o.g.v. geloofsoortuigings moet verdwyn. Dit is ‘n baie slim taktiek van Satan om hierdie vyandskap wat in die tyd van Adam en Eva reeds begin het te probeer verdoesel. Indien jy jou vyand kan laat glo dat julle vriende is, sal die oorwinning maklik volg.
DR VERWOERD
Die Verwoerd-figuur alleen was goed genoeg
om met alle mense se ryke wandenke te ploeg.
Op die kruin van sy betekenisvolle lewenspad
het hy geheers soos geen ander volksleier had.
'n Generaal wat sy leër deur 'n nou bergpas lei,
sonder weerga en uitermate wellewend was hy.
As volksleier het hy treffende strategie bepaal,
en die beste uit 'n kleinste besonderheid gehaal.
Sy besonderse groot intellek en oorredingskrag
het menige verras wat betref wysheid en gesag.
Altyd dieselfde, altyd gemoedelik, altyd briljant,
instrumentale ewewig tussen volke en verstand.
Die Verwoerd-tydperk was deurlopend gekenmerk
deur opbruisende ontwikkeling sonder paal of perk.
Breë denke en beslissings was aan hom toevertrou,
sy staatsmanskuns as 'n geniale hoogtepunt beskou.
Opperste leidsman en boumeester, draer van agting
met toenemende fyn aanvoeling vir die verwagting.
ROOMSE MISLEIDING ONTMASKER (SLOT)
Ds A E vd Berg
Lees reeks by Roomse misleiding ontmasker
Terugkruipery
Dis uiters verontrustend om te sien hoeveel hoofstroomkerke hul Protestantse erfenis versmaai en stadig maar seker na die RK terugkruip. Dis alles aan die vangstrik van die ekumene te wyte; ʼn internasionale strewe na een algemene geloof in een strukturele kerkeenheid.
Jesus se Hoëpriesterlike gebed word as Skriftuurlike bewysplaas gebruik: “...dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het” (Joh.17:21). Die teksuitleg is egter foutief.
BROKKIES GESKIEDENIS (8)
>
>> >
>
>> >
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
“Sewe duiwels"
"Jy doen nooit iets agter my rug nie." Die woorde van Kruger aan Leyds was kenmerkend van die president. In die presidentsverkiesing van 1893 het die verkiesingskomitee van sy teenstander, genl. Piet Joubert, hom beskinder. Toe hy dit hoor, sê Kruger dat hy ook heelwat weet van Joubert, wat teen hom gebruik sou kon word. Op'n vraag waarom hy dit dan nie doen nie, was sy antwoord: "Nee. Dit verbied ek elkeen, want dit weet ek uit die tyd toe ons nog vriende was."
Die president was dus 'n vyand van die Praatduiwel, soos Ou Oom Jan dit sou genoem het. Die Praatduiwel was een van die duiwels wat die skrywer Ou Oom Jan van 1882 af aan die lesers van die Patriot voorgestel het. Hulle was ook as klein boekies by D.F. du Toit & Co te koop. Dit was Di drankduiwel (1882), Di geldduiwel (1882), Di liegduiwel (1883), Di praatduiwel (1884), Di spogduiwel (1892). Later was daar ook Di afgunsduiwel (1897) en Di baasduiwel (1898). Die verhale is naderhand in een bundel uitgegee en het bekend geraak onder die titel Sewe duiwels en wat hulle gedoen het. Dit was een van die mees gelese vroeë boeke. Minstens een groot moderne roman sluit by Sewe duiwels aan. Dit is Kroniek van Perdepoort van Anna M Louw (1975).
GENERAAL CHRISTAAN DE WET...
...AFRIKANER SONDER WEERGA
Dr Pieter Swart
By die lees van die boek van professor MCE van Schoor oor generaal De Wet getiteld Christaan Rudolph de Wet: Krygsman en Volksman, ontbreek dit mens aan woorde om ‘n paslike kort artikel te skryf oor hierdie edel Afrikaner. Tog is dit nodig om, in hierdie tye van verwardheid en verslaentheid onder volksgenote, die een en ander op te merk oor hierdie onverskrokke volksheld.
Waar ons enkele jare gelede die liedjie gesing het oor daardie ander diep gelowige dapper generaal, De La Rey, wonder ek wanneer ons dieselfde hulde sal bring aan dalk die grootste militêre strateeg en leier wat ons volk ooit opgelewer het. Ja, mens sê dit met versigtigheid en sonder om engsins afbreuk te doen aan dit wat generaal De La Rey en Andries Pretorius vermag het.