Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die sondaar is nie 'n mens sonder liefde nie maar hy is die enigste een wat hy liefhet. Waar liefde ander mense in die middelpunt stel, stel selfsug die eie ék as die middelpunt. Daarom is selfsug 'n sonde voor God.
1605: VERLOOPTE AFRIKANERS, ARROGANTE BRITTE, EN 'GUY FAWKES' - DAG
KULTUURDAGBOEK 5 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Baie jare is die stuk Britse geskiedenis wat hom in 1605 afgespeel het, toe ene Guy Fawkes die Buskruitkomplot teen die Britse vors Jakobus I en sy parlement in werking wou stel, ook in Suid-Afrika en selfs deur Afrikaners wat niks begryp het van die oorsprong van hierdie dag nie, heel vrolik saamgevier.
Klappers is afgeskiet, geld is van huis tot huis deur vuilgesmeerde kinders ingesamel, en vreugdevure is aangesteek. Niemand het eintlik die foltering en verraad rondom die Guy Fawkes-voorval geken nie maar intussentyd is hierdie Britse episode ewe verraderlik in ons land lewend probeer hou.
Algaande het die Afrikaner se nasionale trots en selfkennis egter die oorhand begin behaal en was dit net die waarlik verlooptes en onkundiges wat hierdie dag nog met klappers herdenk het.
BROKKIES UIT DIE BOEK –OUMANSLAND (1)
)
Die damwal is maklik vyftien meter hoog. Dis sterk gebou, met steunstutte elke vyf meter. Altesaam is daar nege stutmure en in die middel loop ‘n stel steil trappe op tot bokant die wal, waar daar ‘n pypreling gebou is vir beskerming. Die wal is nie sigbaar vanwaar die ander wag nie, maar is anderkant twee uitstulpings van die berg. Hierdie voetstukke van die berg is sowat twee honderd meter uitmekaar, maar loop stadig en geleidelik na bo.
“Is julle twee fiks en vinnig?”
“Oom gaan nie doen wat ek dink jy gaan doen nie?”
“Ek weet nie wat jy dink ek gaan doen nie, maar ek weet wat ek gaan probeer. Dit hang alles af van die dikte van die wal, hoe sterk hy gebou is, hoeveel beton daar per vierkante meter is, hoeveel staalversterking binne is. Sit vir my die vier pyle hier langs my, en dan gaan staan jy en Daphne so halfpad teen die bult op. Sodra, en as dit werk, maak julle dat julle so vinnig moontlik wegkom – nie stroom-af nie, hy sal julle inhaal. Gaan berg-op”.
1939: ONTWERP- GRONDWET VIR REPUBLIEK WORD OPGESTEL
KULTUURDAGBOEK 4 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Afrikanereenheidskomitee (AEK) wat op 9 Junie 1940 saamgestel is om die breuke in Afrikanergeledere te heel, het 'n bykomende taak gehad: om 'n grondwet vir 'n toekomstige republiek op te stel.
Reeds op 4 November 1939 het 'n groep Afrikaners in dr HF Verwoerd se kantoor by Die Transvaler in Johannesburg byeengekom om 'n ontwerp-grondwet vir 'n moontlike republiek te bespreek. Die ontwerp sou na voltooiing ter beskikking van die Nasionale Party gestel word.
1910: 1e UNIE- PARLEMENT OPEN
KULTUURDAGBOEK 4 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Kaapstad was ryklik versier vir hierdie geleentheid. Dwarsoor Adderleystraat is talle boë opgerig met slagspreuke in Engels en Nederlands. Oor laasgenoemde was baie mense ontevrede want die Afrikaner moes hierdeur sy onderdanigheid aan veral Brittanje toon.
Verder was orkesuitvoerings, danspartye, uitstallings en historiese voorstellings aan die orde van die dag. Ironies genoeg, die embleem vir die feesverrigtinge was die later bekende Nazi-swastika.
Burggraaf Gladstone het as eerste goewerneur-generaal, die hertog van Connaught, sy vrou en hul dogter, prinses Patricia, ontmoet. Oud-president FW Reitz was die eerste President van die Senaat en James Molteno die eerste Speaker van die Volksraad.
Toe Molteno sy plek die eerste keer inneem het baie mense hande geklap en volgens Britse protokol was dit 'n ernstige fout.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DROOMLAND (9)
)
Ledigheid is die duiwel se oorkussing en Thomas Mans besef dit net so goed as enigiemand. Sy manne begin rusteloos raak en dit lei tot frustrasie, opgeboude irritasie en natuurlik gevegte onder mekaar. Hierdie bakleiery is ook nie beperk tot vuiste nie, maar sluit ook messe, bajonette en gebreekte bottels in. Hy is opnuut gewalg oor die tipe man wat hy as makkers in hierdie geveg moet aanvaar. Hy beskou homself natuurlik verhewe bo hulle almal en onder gewone omstandighede sou hy hulle vermy het.
Nou het hy egter geen ander keuse nie en die moeilikste om te aanvaar is dat hy weet dat hy nie ‘n beter tipe mens sou kon kry om hom te volg nie. Nadat hy ‘n hele aantal van hierdie gevegte moes opbreek en die kwaaddoeners straf, besef hy dat hy iets sal moet doen om die leeglêery te verbreek en die enigste ding is natuurlik om op te pak en ‘n nuwe stel slagoffers te gaan soek. Die probleem is dat die sagte teikens, soos die mense wat op reis is, nie veel het om te bied nie, behalwe ‘n paar intense minute van doodslag.
LAAT ONS ONSSELF REINING
Hannes Ollewagen
1 Joh. 3:1-24
“En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.” (:3).
Ons word in hierdie gelese gedeelte weer tot die besef gebring van die groot voorreg wat ons het om kinders van God te wees – ’n voorreg wat ons te beurt geval het sonder enige verdienste van ons kant. In God se liefde het Hy Hom oor ons ontferm en ons losgekoop uit die mag van sonde om ons as sy kinders aan te neem.
Dit is belangrik dat ons daarop let dat die genadegawe van God se redding – ons aanneming tot kinders – sonder verdienste was, maar nie sonder verantwoordelikheid nie. Ons sien dit duidelik in 2 Kor. 6:17&18 – 7:1. “Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige. TERWYL ons dan hierdie beloftes het, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring. Hy het ons in ons ellendige toestand van slawerny onder die sonde aangesien en Hom oor ons ontferm."
1906: ATV GESTIG
KULTUURDAGBOEK 3 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan Hendrik Hofmeyr de Waal het in 1903 redakteur van De Goede Hoop geword en sy lesers aangespoor om in Afrikaans te skryf. Ondanks teenstand uit verskeie oorde het hy met die hulp van manne soos drr A.I. Perold, D.F.Toit Malherbe, en D.F Malan, wie pas uit die buiteland teruggekeer het, die taalstryd voortgesit.
Op 3 November 1906 word die Afrikaanse Taalvereniging in Kaapland gestig. Die hoofdoel was om die gebruik van suiwer Afrikaans as spreek- en skryftaal aan te moedig en om meer liefde en waardering by die volk daarvoor op te wek.
DRIE AANSLAE VAN SATAN
Ds A.E. van den Berg
“Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie” (1 Pet 4:12).
Charismatiese groepe beskou die eerste Christen-kerk as die volmaakte voorbeeld waarheen alle kerke moet terugkeer om ware kerk van Jesus te wees en gee baie aandag aan die boek Handelinge. Gelowiges moet egter versigtig met Handelinge omgaan want wie die strekking daarvan nie verstaan nie, dwaal baie maklik.
Handelinge is die verhaal van die oorgang van die ou na die nuwe verbond en lê nie standaarde vir die kerk van alle tye neer nie. Paulus se briewe is meer normatief. Indien Handelinge normatief was, sou ons verplig gewees het om al ons se besittings te verkoop en die opbrengs vir arm gelowiges te gee.
1824: 1e SINODE IN KAAP
KULTUURDAGBOEK 2 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 1806 is die politieke bande tussen Nederland en die Kaap beëindig. Hierdie gebeurtenis het 'n diepgaande invloed op die Kaapse Nederduits Gereformeerde Kerk uitgeoefen, want benewens die opleiding en verkryging van predikante uit Nederland, het die Kaapse Kerk onder die toesig van die klassis van Amsterdam gestaan.
Die angliseringsbeleid van die Britse owerheid het die posisie van die Kerk verder beïnvloed. Die toestand kon nie voortduur nie, en dit was met die oog op die beëindiging daarvan dat die drie leraars van die gemeente Kaapstad op 19 Junie 1824 by lord Charles Somerset, op grond van artikel 46 van JA de Mist se Kerkorde van 1804, aansoek gedoen het om "eene Synode bijeen te roepen van alle de Leeraars der Hollandsche Gereformeerde Kerk".
In hulle versoekskrif aan Somerset beklemtoon hulle die feit dat die Kerk voor die oorname van die Kaap onder die toesig van die Amsterdamse klassis gestaan het, maar sedertdien aan hulleself oorgelaat is.
1965: SELFSTANDIG- WORDING VAN BYBEL- VERENIGING VAN SA
KULTUURDAGBOEK 1 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Van 1820 tot 1965, dit wil sê 145 jaar, is Bybelwerk in Suid-Afrika deur die 'British and Foreign Bible Society' georganiseer. Toe ds HPM Steyn, later bekend as Bybel Steyn, in 1922 as voltydse sekretaris diens aanvaar, is 'n nuwe era begin.
In 1924 reeds is op groter plaaslike seggenskap aangedring. Met die vertaling van die Bybel in Afrikaans is 'n nuwe hoofstuk in die geskiedenis van die Genootskap in Suidelike Afirka ingelei.
In 1935 is daarop gewys dat 'n Suid-Afrikaanse sekretariaat die werk doeltreffender kan doen.
1859: STIGTING VAN TEOLOGIESE SEMINARIUM STELLENBOSCH
KULTUURDAGBOEK 1 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Toe aan die bekende dr AJ van der Merwe by die Drie Eeuefees gevra is wat hy as die belangrikste gebeurtenis van die vaderlandse geskiedenis beskou, het hy sonder meer geantwoord: "Die oprigting van die Teologiese Seminarium op Stellenbosch.
Die Kweekskool, soos dit in die algemeen bekend gestaan het, is die gevolg van 'n historiese bewuswording en het 'n betekenisvolle gevolg. Plaaslike teologiese opleiding sou goedkoper wees en meer studente lewer om die baie vakante gemeentes van 'n snel groeiende kerk te vul.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DROOMLAND (8)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die meeste suksesvolle operasies waar wapens en geweld by betrokke is, hetsy in die weermag, of ‘n siviele een (gewoonlik sou die siviele of burgerlike een rondom misdaad geskoei wees), is afhanklik van goeie beplanning.
Daar word van Veldmaarskalk Sir Bernard Law Montgomery gesê dat hy baie noukeurig beplan het, elke fynste detail ontleed het en van elke moontlike haakplek voorsiening gemaak het. Hy sou sy vyand so ver moontlik ontleed, dit wil sê die man se sterk en swakpunte, sy aantal soldate, die voertuie, artillerie, ander logistieke steun, terrein - ja alle inligting tot sy beskikking gebruik om plan na plan, minuut na minuut voor te stel en daarvoor te begroot. Dan sou hy die aand voor die geveg op sy kampbed, binne in sy tent, met slaapklere aan, gaan slaap het. Hy het geglo as elke offisier, onderoffisier en manskap hulle werk doen soos hy dit uitgestippel het, is sukses onafwendbaar. (Hy het wel sy D-Dag plan op ‘n enkele foliovel papier uitegestippel). Hy was die meeste van die tyd reg.
1517: HERVORMINGS- DAG
KULTUURDAGBOEK 31 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hierdie dag word in die Protestantse Kerke as die begin van die Kerkhervorming beskou, en jaarliks word dit op die Sondag die naaste daaraan herdenk. Die datum is dié waarop Martin Luther 95 stellinge aan die deur van die slotkerk in Wittenberg aangebring het.
Die inhoud van die stellinge het gehandel oor die verwerplikheid van die aflaathandel en die aard van die ware boetedoening. Luther se daad het heelwat opsien verwek en uit verskeie oorde steun ontvang. Die Pous was verplig om te reageer, en toe Luther weier om sy stellinge terug te trek tensy met bewyse uit die Skrif aangetoon kan word dat hy verkeerd is, is hy in die ban gedoen.
In 1521 is hy voor die Ryksdag in Worms gedaag waar sy saak ondersoek is. Toe hy weer weier om sy geskrifte terug te trek is hy tot ketter verklaar en is die ryksban op hom toegepas. In Wartburg by Eisenach het hy skuiling gevind en daar die Bybel in Hoogduits vertaal. Toe hy in 1546 sterf was die Hervorming in Duitsland in volle gang.
1890: EERSTE TAALKONGRES IN SA
KULTUURDAGBOEK 31 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Met die opkoms van die Afrikaanse taal het die voorstanders van Hollands hulle tot 'n front saamgesnoer met die stigting van die Zuid-Afrikaanse Taalbond. In De Zuid-Afrikaan van 6-8 Mei 1890 verskyn 'n oproep van dr A Moorrees aan belangstellendes tot die bywoning van 'n taalkongres wat op 31 Oktober en 1 November 1890 in Kaapstad, veral op inisiatief van dr N Mansvelt, gehou sou word.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DROOMLAND (7)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Dis baie moeilik om spore te verberg, en nog moeiliker as dit deur ‘n hele aantal voertuie gemaak is. Thomas Mans en sy manne het die groep s’n maklik opgespoor, al het hulle dit met takkies probeer doodvee. Hulle wag tot dit amper dagbreek is, en jaag dan die bult op.
Die vier wagte het hulle betyds gesien aankom en die hoofgroep probeer waarsku, maar dit was te laat. Die vier van hulle, dit is die wagte, het vanuit hulle skuilings begin skiet sodra hulle besef het dat Thomas se spul onvriendelik is, maar dit was te laat en te min. Hulle is binne minute uitgehaal en die aanvallers het deurgejaag. Fred en Vaatjie Muller was al op, want die natuur wag nie vir ‘n man bo vyftig nie en hulle het, soos Vaatjie altyd sê:
“Gaan kyk of daardie boom nog groei.”
1899: SLAG BY MODDERSPRUIT
KULTUURDAGBOEK 30 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die Tweede Vryheidsoorlog het die Boere probeer om die Engelse garnisoen by Ladysmith te isoleer. Die Engelse aanvoerder, genl White, was bewus van die Boere wat rondom die dorp stelling ingeneem het, en in die nag van 29 Oktober het hy probeer om die Boere te omsingel ten einde 'n verrassingsaanval die volgende oggend uit te voer.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DROOMLAND (6)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Ledigheid is die duiwel se oorkussing en Thomas Mans besef dit net so goed as enigiemand. Sy manne begin rusteloos raak en dit lei tot frustrasie, opgeboude irritasie en natuurlik gevegte onder mekaar. Hierdie bakleiery is ook nie beperk tot vuiste nie, maar sluit ook messe, bajonette en gebreekte bottels in. Hy is opnuut gewalg oor die tipe man wat hy as makkers in hierdie geveg moet aanvaar. Hy beskou homself natuurlik verhewe bo hulle almal en onder gewone omstandighede sou hy hulle vermy het.
1914: PROTESSKRIF VAN CF BEYERS EN CR DE WET OOR DUITS-SUIDWES-OORLOG
KULTUURDAGBOEK 29 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Nadat genl Christiaan Beyers op 19 Oktober 1914 Pretoria verlaat en na Damhoek verskuif het is hy op 22 Oktober op 'n volksvergadering as leier van die protesterende burgers in Transvaal aangewys.
Op 27 Oktober het 'n regeringsmag sy manne by Commissiedrift uiteengejaag, en 'n dag later het hy genl JCG Kemp op Steenbokfontein ontmoet. Met die hulp van ds HD van Broekhuizen is 'n 'kennisgewing' opgestel waarin misnoeë uitgespreek word omdat die regering besluit het om Duits-Suidwes-Afrika te verower sonder raadpleging van die volk.
1899: SLAG BY NICHOLSONS- NEK
KULTUURDAGBOEK 30 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Na die neerlae wat die Boere in die Tweede Vryheidsoorlog by Talana en elandshoogte gely het, was hulle vasbeslote om die terugvallende Engelse by Ladysmith te verslaan. Die slag by Nicholsonsnek vind op hierdie dag plaas toe die Britte 'n aanval op die Boerelinie doen. Oppad na Nicholsonsnek bestyg lt. kol. Carleton se afdeling Cayingubokop, waar hy met die Boeremagte slaags raak. Ten spyte van die chaos wat dit veroorsaak slaag Carleton daarin om sy soldate in 'n boogverdediging op die kop op te stel.
1944: 1e PSALM- EN GESANGBOEK IN AFRIKAANS
KULTUURDAGBOEK 29 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Reeds vanaf die middel van die 19e eeu het daar stemme in die Hollandse Kerk in Suid-Afrika begin opgaan om vernuwing van die kerkliedere. Die Psalms was die Nederlandse beryming van 1775 met die Geneefse melodieë uit die 16e eeu, en die Gesange was die 192 Envangelische Gezangen, saamgestel vir die Hervormde Kerk in Nederland tussen 1803 en 1805, en hier by ons in gebruik geneem in 1814.
Aanvanklik het dit gegaan om die ou melodieë waarvan baie vreemd geval het op die oor en vir baie lidmate 'onsigbaar' geword het. Met die opkoms van Afrikaans, en veral sedert sy verowering van een vesting na die ander in ons volkslewe ná 1915, was dit onvermydelik dat die kerk ook aan die beurt sou kom.