Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Is jy dalk aan sonde gewoond? Miskien praat God al lank met jou om vir Hom iets in belang van sy Koninkryk te doen, maar jy minag sy Stem. Hoe verder jy uitstel, hoe swakker word sy Stem. Gevolglik brand jou geestelike vuur baie laag brand en is dit winter in jou gees.
1839: SLAG BY KAPAIN
KULTUURDAGBOEK 12 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die uitgeweke veggeneraal van Tsjaka, Silkaats, het die Matebelestam langs die Groot-Maricorivier gevestig en 'n voortdurende gevaar vir die Voortrekkers en ander swart stamme geblyk te wees.
In 'n strafekspedisie onder leiding van Hendrik Potgieter en Gerrit Maritz, is op 17 Januarie 1837 in die sogenaamde slag by Mosega die Matebeles 'n vernietigende nederlaag toegedien.
Potgieter wou dit opvolg met 'n tweede ekspedisie teen Silkaats, wie by Kapain was met die slag by Mosega.
12 NOVEMBER 1780: PIET RETIEF
KULTUURDAGBOEK 12 NOVEMBER
Piet Retief is op hierdie dag in die Wakmakersvallei by Wellington gebore waar hy skoolonderrig ontvang en die skryfkuns besonder goed bemeester het. As jeugdige aan die Kaap het hy die politieke en maatskaplike ontwrigting ervaar wat met die Britse politieke en maatskaplike ontwrigting tydens die Britse oorname gepaard gegaan het.
Ondanks mislukte grondtransaksies en ander onderneminge wat hom finansieel ten gronde gebring het, het sy intelligensie, ondernemingsgees en persoonlikheid hom vroeg reeds as gerespekteerde leier na vore laat tree.
Op Stellenbosch is hy in 1812 as 'n kommandant aangestel, en na sy verhuising na die Oos-Kaap beklee hy van 1822 af die regeringspos van veldkommandant.
Aan die Oosgrens het Retief die probleme met die regering se grensbeleid en die gevolglike verslegting van die grenstoestand intens ervaar en het hy as voorspraak vir die geteisterde grensboere opgetree.
DOBBEL: HOOR WAT SÊ DIE BYBEL
Anita Joubert
ʼn Baie groot persentasie van Suid-Afrika se bevolking noem hulleself Christene. ʼn Christen is, volgens enige verklarende woordeboek, iemand wat in die Drie-enige God: Vader, Seun en Heilige Gees, glo. ʼn Christen glo dus ook dat God die Skepper van hemel en aarde en die Onderhouer van alle goeie dinge is; dat die Bybel die waarheid is en dat ons deur dit te lees, die karakter van God kan leer ken.
Dit wat ons in die Bybel lees, is nie ʼn klomp verhale wat handel oor volmaakte mense nie. Nee, dit is die ware vertelling van ʼn volmaakte God se handeling met ʼn klomp sondige, wederstrewige mense, vanaf die sondeval tot vandag toe, dwarsdeur ses duisend jaar.
Die Here sê vir ons dat Hy nie verander het nie.(Mal. 3:6). Die skrywer van die brief aan die Hebreërs sê dat Jesus Christus gister en vandag dieselfde is tot in ewigheid (Heb. 13:8). Met ander woorde, dít wat vir God reg van die begin af ʼn gruwel en afskuwelik was, is dit vandag nog steeds.
ONS LIEFDE TOT GOD
Hannes Ollewagen
1 Joh. 5:1-21
“Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie.” (:3).
Ek wonder of daar al ’n tyd in ons volk se geskiedenis was waar ’n mens so baie van mense se liefde vir God gehoor het en terselfdertyd so min daarvan gesien het? Daar is gedurig video’s en allerhande saamtrekke en dergelike dinge waarin mense nie skroom om van God te praat nie en tog gaan ons samelewing mank aan ’n lewende getuienis waarin God deur ons verheerlik word. Die woorde uit Matt. 15:8 laat ons nie alleen besef dat hierdie geen nuwe verskynsel is nie, maar onderstreep ook die oorsaak van die probleem. “Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.” Die oorsaak van hierdie simptoom is ’n gebrek aan liefde vir God.
1880: BEZUIDENHOUT SE WA OPGEVEIL
KULTUURDAGBOEK 11 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die geskiedenis van die mensdom het dit dikwels gebeur dat 'n geringe insident as vonk gedien het om die oorlogskruit te laat ontplof. So 'n insident het op hierdie dag in Potchefstroom plaasgevind, wat uiteindelik aanleiding tot die Transvaalse Vryheidsoorlog van 1880 tot 1881 gegee het.
Die burgers van Potchefstroom en omgewing het beswaard gevoel oor die belasting wat hulle aan die Britse gesag moes betaal. Op 7 Oktober 1880 het genl PA Cronjé en 130 burgers van die Schoonspruit-omgewing by die landdros op Potchefstroom beswaar aangeteken oor die belasting en onder meer verklaar dat hulle bereid is om aan hulle wettige regering belasting te betaal, maar dat die Britse regering "op een onwettige wijze" en teen hulle wil, hulle land geannekseer het en derhalwe weier hulle om belasting te betaal. Hulle het dit ook duidelik gemaak dat hulle alleen voor oorweldigende geweld buig.
DEPRESSIE – DIS TOE SEROTONIEN SE SKULD!
...EN NATUURLIK ONS MODERNE DIËTE WAT OORMAAT SEROTONIEN VEROORSAAK
Depressie is een van die mees algemene geestesgesondheidsuitdagings vandag, wat sowat 332 miljoen mense wêreldwyd raak. In die Verenigde State alleen ervaar meer as 21 miljoen volwassenes elke jaar ten minste een ernstige depressiewe episode. Vir dekades was die heersende teorie dat depressie voortspruit uit 'n gebrek aan serotonien, die brein se sogenaamde "gelukschemikalie", en behandelings het grootliks gefokus op die verhoging van serotonienvlakke deur middel van selektiewe serotonienheropname-inhibeerders (SSRI's), tot nuutste navorsing nou bewys het dat serotonien eintlik die toestand totaal vererger.
• Navorsing toon dat poli-onversadigde en mono-onversadigde vette (PUF's en MUF's) direk plaatjie-aggregasie en serotonienvrystelling veroorsaak, terwyl versadigde vette dit nie doen nie, wat moderne diëte aan 'n oormaat serotonien koppel.
1919: AFRIKAANS EERSTE KEER IN KERK
KULTUURDAGBOEK 10 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
By die Sinodesitting van die Kaapse NG Kerk in 1919 is op voorstel van dr BB Keet besluit dat Afrikaans naas Hollands op die kansel gebruik kan word. Daar is ook besluit om met die medewerking van ander NG Kerke en die twee susterskerke, naamlik die Gereformeerde Kerk en die Nederduitsch Hervormde Kerk, daadwerklik aandag te gee aan die vertaling van die Bybel in Afrikaans.
Dit was egter nie die eerste besluit wat in dié verband geneem is nie; die Vrystaatse Sinode van die NG Kerk het reeds in Mei 1916 op voorstel van dr NJ van der Merwe 'n derglike besluit geneem.
1917: 1e VIERING VAN AFRIKANERDAG
KULTUURDAGBOEK 10 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ná die Rebellie van 1914 het hoë bedrae aan eise, boetes en hofkostes teen die rebelle opgebou, veral in die Vrystaat waar ook genl CR de Wet onder diegene was wat verhoor en swaar boetes en tronkstraf opgelê is. Vrystaters het groot bedrae ingesamel om vir die genoemde doel te gebruik maar teen Julie 1917 was daar in dié provinsie en in Transvaal nog R220 000 nodig.
Hierna is die insamelingsveldtog landwyd verder gevoer in 'n grootse Helpmekaar-inspanning om Afrikaners van verarming te red.
1483: MARTIN LUTHER
KULTUURDAGBOEK 10 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Martin Luther is op hierdie dag in Eisleben gebore en op 18 Februarie 1546 oorlede. Die magtige protes van "die monnik wat die wêreld geskud het" teen die dwaalleringe en misbruike van die Kerk van sy tyd het op die groot Kerkhervorming van die sestiende eeu in Europa, met sy verreikende gevolge op kerklike, maatskaplike en staatkundige gebied oor die wêreld heen uitgeloop.
IN SAND GESKRYF
Ds A.E. van den Berg
“..... En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie” (Joh 8:11)..
Wat het Jesus in die sand geskryf? Die Bybel brei nie daarop uit nie. Dis nie belangrik nie. Johannes is die enigste Evangelie-skrywer wat oor hierdie voorval skryf en dis belangrik omdat Jesus mense 'n belangrike les in Christenskap wou leer.
Waarom het die kerklui die vrou na Jesus gebring? Hulle het nie sy toestemming vir 'n vonnis-voltrekking nodig gehad nie, maar self die volmag gehad om haar te stenig. Hulle het nie raad kom soek nie, maar eerder 'n aanklag teen Hom probeer kry, Die kerklui wou hê dat Hy teen die wet van Moses moes praat wat steniging voorgeskryf het en Hom dan aankla.
1900: WH COETZER – ONTWERPER VAN KUNS IN VOORTREKKER- MONUMENT
KULTUURDAGBOEK 9 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Willem Hermanus Coetzer is op hierdie dag in Tarkastad gebore. Vanaf sy 17e jaar is hy in Johannesburg ook as koetsbouer opgelei. Sy kunsopleiding het hy veral in Londen gehad. Ná verskeie oorsese reise waartydens hy meesal per fiets gereis het, keer hy in 1930 na Suid-Afrika terug. Hier het hy bekendheid begin verwerf met sy kuns en ontwerpe van historiese aard. Hy doen eers historiese navorsing, veral oor die Voortrekkers, versamel Africana en bring al hierdie elemente in sy kuns tot uiting.
Die Simboliese Ossewatrek van 1938 bied vir Coetzer uitstekende geleentheid in hierdie verband; hy ontwerp talle voorwerpe wat tydens die feesjaar gebruik is soos gedenkseëls, eetgerei en boeke. Maar veel belangriker in dié tyd is ontwerpe vir die marmerfriese en sogenaamde tapisserieë (eintlik is dit wolborduurwerk) vir die Voortrekkermonument in Pretoria.
VOLKSVERRAAIERS WAS DAAR ALTYD (2)
BRAM FISCHER
...KOMMUNIS, ATEÏS, OPPORTUNIS, BOMPLANTER EN VOLKSVERRAAIER
Verdere blootlegging van ondermynende bedrywighede
Tydens die Rivonia-verhoor en die polisieondersoek wat dit voorafgegaan het, is 'n menigte aanknopingspunte gevind wat gelei het tot die verdere blootlegging van ondermynende bedrywighede in Suid-Afrika.
Ooreenkomstig 'n praktyk gevolg in ander Westerse lande, het die veiligheidspolisie ook gebruik gemaak van 'n metode wat veel vrugte afgewerp het, naamlik die plant van polisieagente ("spioene") tussen linksgesindes, wat die polisie dan gereeld op hoogte gehou het van ondergrondse aktiwiteite. Een so 'n agent was Gerald Ludi. Hy was besonder suksesvol en daarvoor verantwoordelik dat Kommuniste 'n gevoelige knou toegedien is.1938: DR DF MALAN SE BOODSKAP VIR BLANKE VOORTBESTAAN
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die Voortrekkereeufeesjaar het dr DF Malan op die tweede Uniale kongres van die Nasionale Party in Bloemfontein gesê: "Die Eeufeesjaar waarin ons lewe is vir ons 'n Godgegewe geleentheid. Hy is dit, omdat elke volk magteloos is sonder idealisme, en dit die jaar is waarin ons weer uit die doodslaap van materialisme ontwaak tot nuwe lewe en nuwe besielende vergesigte."
Dr Malan het sy boodskap gerig in 'n tyd toe die Afrikanervolk in armoede verval was en juis in daardie omstandighede die groot taak op sy skouers moes neem om te beur teen die magte wat die blankedom bedreig het.
Die Afrikaner het in die Eeufeesjaar as volk weer opgestaan en voortgebeur tot nuwe politieke, ekonomiese en kulturele hoogtepunte.
1679: STELLENBOSCH GESTIG
KULTUURDAGBOEK 8 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Minder as drie weke nadat Simon van der Stel in 1679 as kommandeur van die nedersetting by die Kaap aangekom het, het hy en 'n paar amptenare te perd 'n inspeksietog na Hottentots-Holland (later Somerset-Wes en omgewing) onderneem. 'n Paar vryburgers het daar geboer. Nadat hulle werk in die Hottentots-Holland afgehandel was, het hulle met 'n ompad teruggegaan.
Op 8 November het hulle by 'n landstreek uitgekom wat in die Dagregister beskryf word as 'n "vlacke valeij, in sich begrijpende attelijcke duysent morgen schoon weijlant,mede seer treffelijcke afwaterende verse rivier, ter wedersijde met schoone hooge boomen versiert, beguam tot tuijnen en brandhout."
Hulle het op 'n eiland in die rivier (wat later Eersterivier genoem is) oornag. Op hierdie eiland was baie pragtige hoë bome.
VOLKSVERRAAIERS WAS DAAR ALTYD (1)
In die volgende 5 aflewerings wil ons u graag meer van nog 'n volksverraaier vertel sodat u beter sal begryp hoe hierdie swak karakters meegewerk het om die ANC aan bewind te bring. Was dit nie vir hulle nie sou dit baie moeilik gegaan het om ons dierbare Suid-Afrika aan die ANC te verloor. Vandag sit ons met meer as ooit sulke swak karakters in ons midde - soos u ook onlangs weer in die nuus verneem het van die verraaiersbrief wat die 44 aan die VSA gestuur het. So was Bram Fischer destyds ook 'n :
...KOMMUNIS, ATEÏS, OPPORTUNIS, BOMPLANTER EN VOLKSVERRAAIER
BRAM FISCHER
In die hele proses van die ANC se militante poging om Suid-Afrika oor te neem, was Fischer een van die min wit Suid- Afrikaners wat gedurende die onderhawige tydperk in alle opsigte 'n oortuigde en toegewyde Kommunis was – die ANC is bloot as instrument deur die Kremlin gebruik om sy einddoel hier te bereik.
BROKKIES UIT DIE BOEK –OUMANSLAND (3)
)
“Nee, boet, ek werk vir my geld. Kry vir julle ‘n offisier.”
“Jy is die afgelope jare ons leier. Jy was die reaksiemag se sammajoor. Al wat ons jou nou vra, is wees dan ons bevelvoerder.”
“Bevelvoerder vir wat? Ons is nie in ‘n oorlog nie. Wel, ons is eintlik. Ons is in die pot besig om te kook in hierdie koue oorlog, maar ons kan nie openlik ‘n weermag wees nie. Ons is net ou manne wat ‘n bietjie gesonder word en leer om weer te kan skiet. Nee, die regte leier en bevelvoerder sal nog kom, ‘watch’ net. Intussen kan ons niks doen nie, anders is die veiligheidspolisie op ons en vat hulle ons wapens.”
‘Dawie, dan is daar nog ‘n ander ding.”
“Sê maar.”
1901: 'NATIONAL SCOUTS CORPS' SKANDNAAM IN VOLKSMOND
KULTUURDAGBOEK 7 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Aanvanklik het die Britse militêre owerheid Boere wat in die Tweede Vryheidsoorlog oorgegee het, as spioene en verkenners gebruik maar dan op 'n nie-amptelike basis. Die geringe uitwerking van die Britse proklamasie van 7 Augustus 1901, waarvolgens burgers wat ná 15 September nog met die stryd voortgegaan het, vir altyd uit die land verban sou word of al hulle eiendom sou verloor, het die Britse owerheid egter laat besluit om voortaan meer georganiseerd van hierdie mense wat so moeg vir oorlog was, gebruik te maak.
Invloedryke Boere wat reeds die eed van trou aan die Britse kroon afgelê het soos onder andere generaals APJ Cronjé en Piet de Wet, het in Desember 1900 die sogenaamde Burgervredeskomitees gestig omdat hulle die guerilla-oorlogvoering as sinloos en selfvernietigend beskou het.
BROKKIES UIT DIE BOEK –OUMANSLAND (2)
)
Net soos vissermanne die grootte van ‘n vis (wat natuurlik weggekom het) kan oordryf, so oordryf jagters die afstand waarop ‘n bok geskiet is. ‘n Mens kan sê hulle gaan informeel met die waarheid om, of is oor-optimisties oor hulle skietvermoë. In werklikheid kan meeste mense net nie afstand skat nie. As jy op ‘n honderd meter gaan lê en skiet, voel dit soos twee honderd. Twee honderd voel soos ‘n halfmyl en driehonderd is ‘n ewigheid ver.
Dis waar dat daar veral in die VSA mense is wat tesame met fabrieke en toegespitse geweersmede, kalibers ontwikkel (en natuurlik gewere wat ‘n paar honderd duisend dollar kos) op baie lang afstande skiet, selfs sover as oor vier kilometer. Maar dis die absolute uitsondering. Die meeste mense skiet nie maklik raak verder as twee honderd meter nie, en dan ook net ‘n groterige teiken.
1900: SLAG BY BOTHAVILLE – BOER SWAK VERTOON
KULTUURDAGBOEK 6 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Genl Christiaan de Wet het teen hierdie tyd van die oorlog met sy besondere en suksesvolle wyse van oorlogvoering by die Engelse magte 'n onuitwisbare begeerte laat ontstaan om die vermaarde generaal vas te keer. In die laaste drie maande van die jaar 1900 het hulle twee keer byna daarin geslaag en het genl De Wet ernstige teenslae gely.
Aan die begin van Oktober het genl De Wet se kommando Frederickstadstasie beset en genl Barton vyf dae daar vasgekeer. Vanweë ernstige versuim van die kant van sommige offisiere het Engelse versterkings hulle ongesiens bereik en moes die burgers terugtrek met 'n lewensverlies van 30. Van daar het hulle na Bothaville beweeg. Langs die pad het pres MT Steyn, op weg terug van Transvaal, hom by hulle aangesluit.
Op 5 November het hulle Bothaville bereik, voor die aanrukkende Engelse kolonnes.
1940: HNP IN VRYSTAAT GESTIG
KULTUURDAGBOEK 6 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het Vrystaatse verteenwoordigers van dr DF Malan se Nasionale Party en ondersteuners van genl JBM Hertzog, wat by die oorlogverklaring van September 1939 van die Verenigde Party afgeskei het, in 'n kongres in Bloemfontein vergader om die Herenigde Nasionale Party of Volksparty te stig (die woord 'hereniging' hier dui op die byeenkom van Nasionaliste wie se paaie by Samesmelting in 1934 geskei het toe die Nasionale Party onder leiding van dr DF Malan voortgesit is, maar die grootste deel daarvan in die toé gestigte Verenigde Party opgegaan het.)
Onderhandelinge vir die hereniging is onmiddellik na September begin, en dr Malan het aangekondig dat hy genl Hertzog as leier van die nuwe party sou aanvaar.