Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die Here gee ons krag na kruis. Moenie jou kruis sleep sodat almal jou kan bejammer nie. Moenie ‘n smartvraat wees nie! Aan die manier waarop ons hierdie kruis dra, kan mense sien of Jesus in jou leef of nie. As ons die kruis met geloof en volharding dra, sal dit ons aan die einde van ons lewe na ‘n ewige heerlikheid deurdra.
EK HET GESTERF (1)
Hierdie ware naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf deur
Anita Joubert
“Ek het gesterf, en toe ek voor Jesus staan, het Hy vir my gevra: ‘Het jy werklik gedink dat Ek jou nie sien wanneer jy pornografie in die geheim kyk nie?’ ”
Ek het soos ʼn man van God gelyk. As jy vir iemand in my kerk sou vra, sou hy of sy vir jou gesê het dat ek werklik ʼn gelowige is, betroubaar, met ʼn salwing van die Heilige Gees. Sondae het ek die aanbidding voor die kerkdiens gelei – met my hande in die lug en met trane van aandoening wat oor my wange geloop het, verlore in die mooi melodieë waarmee ons God geloof het. Ek kon Skrifgedeeltes aanhaal, met welsprekendheid vir ander bid en hulle bemoedig.
Tog het nie ʼn enkele mens die waarheid oor my geweet nie. Agter toe deure, was ek ʼn ander mens. Ek het ʼn geheim gehad wat ek jare lank gedra het. Een wat geen mens ooit sou verwag nie. Die enkeles wat dit dalk soms vermoed het, het die moontlikheid vinnig laat vaar. Ek is nooit uitgevang nie en ek het gedink dat ek dit reggekry het om dit selfs vir God weg te steek.
1792: AH POTGIETER
KULTUURDAGBOEK 19 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Kmdt-genl Andries Hendrik Potgieter is op hierdie dag in die distrik Graaff-Reinett gebore. Deur hardwerkendheid het hy mettertyd die plaas Kommandodrif aan die Tarkarivier in die distrik Cradock bekom. Hoofsaaklik vanweë die verydeling en verbittering wat deur die Britse Oosgrensbeleid gewek is, het Potgieter, wat eintlik by sy tweede naam Hendrik bekend was, die Kaapkolonie teen die einde van 1835 verlaat. Aanvanklik het sy trek uit familielede bestaan maar later aansienlik aangegroei onder meer deur die aansluiting van Sarel Cilliers se groep.
Teen die middel van 1836 het die laer by Bloudrif aan die Sandrivier gestaan. Van daar het Potgieter 'n besoek aan Louis Tregardt in die Soutpansberg gebring.
LAAT ONS VOLKSTROTS HERLEEF!
Ds A.E. van den Berg
Ons volk leef op die snypunt van twee kulture wat mekaar grootliks uitsny. Daarom het daar toe nie 'n beter toekoms op die puinhope van apartheid verrys soos verkondig is nie maar eerder 'n treurspel van onstabiliteit, wanbestuur en 'n toename in misdaad wat ons land eerder na 'n skrikbewind as 'n demokrasie laat lyk.
Dinge het begin skeefloop toe Suid-Afrika in 1996 haar Christengrondwet prysgegee het en formeel 'n grondwetlike wêreldstaat geword het. Daarna het ons land die spoor so byster geraak dat dit tot op hede nie weer op die hooflyn kon kom nie. Wat het dit veroorsaak? Die misplaaste optredes van verraderlike blanke politici en kerkleiers, mense wie se gevoelens in die hoogste versnelling beland het sonder dat hul verstand in rat gekom het.
1929: STIGTING FAK
KULTUURDAGBOEK 18 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die rede vir die stigting van die FAK kan teruggevoer word tot 1925 toe Afrikaanse naas Engels as amptelike taal deur die Hertzog-regering erken is. Hierdie erkenning het deels bygedra tot 'n nuwe bewuswording onder die Afrikaanssprekendes van sy taal en eiesoortige kultuur.
Ná 1925 was daar ook 'n sterk en groeiende behoefte om die kulturele erfenis van die Afrikaner sterker te beskerm teen die indringing van die Engelse taal en kultuur op alle terreine van die samelewing. Op 24 Augustus 1929 word daar onder die beskerming van die SA Akademie vir Taal, Lettere en Kuns eenparig besluit om 'n Uniale konferensie op te roep onder die naam:
GELOFTEFEES 2025 – VILJOENSKROON (SLOT)
Dewald Schoeman
In die een hand het ons God se belofte aan die Afrikanervolk, soos in Josua: "Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; niemand van hulle sal voor jou standhou nie.”
In die ander hand het ons Satan se belofte aan die Zoeloes. Doen vir my ‘n duiwelse ritueel van 3dae, eer my wat Satan is en ek gee vir julle medisyne wat julle in staat sal stel om die veldslag te wen.
Vriende, hier kan ons baie duidelik die twee koningkryke sien bots, die Koningkryk van die Lig en die koningkryk van duisternis.
Die aanvalstaktiek van die Zoeloes het gewoonlik ‘n oskop, bors en horings uitgebeeld. Die twee horings, links en regs, was jonger en meer gevegslustige krygers. Hierdie horings sou dan die vyand vleuel en probeer omsingel. Hulle was ook met werpassegaaie bewapen en kon so ‘n assegaai dan akkuraat oor ‘n afstand van 50m gooi.
GEKNAK
Geloftevolk,
GEKNAK
Ons lamppit rook, geknak ons riet,
maar sag in smeking pleit ons lied...
Net soos ons vad're op hul dag,
beleef ons almeer Oosgrens-nag,
sien Moordspruit, Weenen, Bloukrans wag.
Wéér nader Bloedrivier se Slag.
Wéér drom die swarte hordes wyd.
Wéér wag hul wreed op weerloosheid
- om bloed te slaan wie velskoen dra -
buite die laer... téén elke wa.
Wéér sak 'n uitsiglose wolk
oor ons klein ras-verskrikte volk...
Ons lamppit rook, geknak ons riet,
maar sag in smeking pleit ons lied:
U is ons toevlug in die nood,
U is ons hulp oneindig groot.
Ons skuil by U, U 's ons naby,
Heer, maak ons van die vyand vry...
©Stienie
"'n Geknakte riet sal hy nie verbreek nie,
en 'n lamppit wat rook sal hy nie uitblus nie,
totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring.
(Matt 12: 20)
(Nav Ps 37: 25 berymd)
1890: OOPSTEL VAN SPOORLYN KAAPSTAD NA BLOEMFONTEIN
KULTUURDAGBOEK 17 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In Mei 1884 het die Zuid-Afrikaansche Republiek met Portugal 'n soort finale reëling oor 'n spoorlyn van Delagoabaai af na Pretoria bereik. Die ontdekking van goud aan die Rand in 1886 het so 'n spoorlyn gebiedend gemaak. Maar Natal wou 'n spoorlyn verder van Kimberley af na Johannesburg verleng. Spoorverbindings het dus 'n ekonomiese en politieke magsfaktor geword.
Paul Kruger het verkies om met die Portugese saam te werk omdat hulle los was van Brittanje en omdat so 'n spoorlyn vir Transvaal groter voordele ingehou het. 'n Roete oor die Vrystaatse gebied het natuurlik vir mede-Afrikaners voordeel in gehou maar was nog altyd 'n Britse-Kaapse spoorlyn.
1856: DE REPUBLIEK LIJDENBURG IN ZA
KULTUURDAGBOEK 17 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
De Republiek Lijdenburg in Zuid-Afrika is op hierdie dag uitgeroep as die Oos-Transvaalse pioniers se reaksie op die konstitusionele, administratiewe, kerklike twispunte en leiersbotsings binne die drie Oorvaalse regionaal-politieke groepe, wat uiteindelik op 4 April 1860 verenig het tot die Zuid-Afrikaansche Republiek.
GELOFTEFEES 2025 - VILJOENSKROON
Dewald Schoeman
Vandag, 187 jaar gelede, het een van die mees betekenisvolle veldslae op Suid-Afrikaanse grondbodem plaasgevind.
Hierdie veldslag het ‘n direkte invloed gehad op ons volk se voortbestaan. Dit kan vandag gesê word dat van ons, selfs almal van ons, nie vanoggend hier sou sit indien ons voorsate nie deur die genade van God hierdie roemryke oorwinning behaal het nie.
Vriende, volksgenote, kom ons kyk ‘n bietjie na die Slag van Bloedrivier.
Om beter te begryp hoe enorm die wonderwerk van Bloedrivier was, moet ons ‘n oorsig oor die gebeure kry wat in daardie tyd afgespeel het.
In November 1837, ongeveer 13 maande voor die slag van Bloedrivier, het Piet Retief, ‘n Voortrekker leier in Natal, met Dingaan, koning van die Zoeloes, begin onderhandel vir ‘n grondgedeelte. ‘n Stukkie grond wat, alhoewel verlate was op daardie stadium, onder Zoeloe-beheer was. Retief wou graag grond bekom waar die Trekkers onafhanklikheid kon verklaar van die Engelse in die Kaapse Kolonie. Dit was juis die einddoel van die bekende Groot Trek, Vryheid en onafhanklikheid.
GELOFTEDAG 2025
Ds A.E. van den Berg
“Ons staan in die gees by ons eie Ebenhaeser stil – Bloedrivier. Baie volksgenote het dit vergeet. Ander het dit tot ’n knievallige versoeningsdag afgegradeer. Ons volk is soos oud-Israel aan heidense magte onderworpe. Baie van ons volksgenote lek soos tjankende honde die hande van hul kastyders. Wat het met ons volk gebeur dat ons so verval het?”
“Toe het Samuel ’n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen en dit Ebenhaeser genoem en gesê: Tot hiertoe het die Here ons gehelp” (1 Sam.7:12).
Mense leer uit hul foute; ook volke. Wie nie daaruit leer nie, misluk. Want wat is 'n mislukking anders as 'n fout wat begaan maar nie reggestel is nie? Israel het so ’n fout gemaak maar dit eers 20 jaar later na talle ontberings tydens ’n keerpunt in hul volkslewe reggestel. 1 Sam.17 is die verhaal van dié keerpunt. Nadat die Filistyne die ark van die verbond tydens ’n oorlog van Israel afgeneem het, was Israel gebroke: “...die hele huis van Israel het agter die Here aan geweeklaag” (:2).
INSTRUMENT TOT SY VERHEERLIKING
Hannes Ollewagen
“Was daar nie by Bloedrivier hierdie klein groepie mense van 464 in getal wat ’n ervare Zulu-leër van ongeveer 15 000 moes trotseer nie alleen ’n vaste geloofsvertroue nie, maar ook ’n merkbare gehoorsaamheid, ootmoed en nederigheid aanwesig nie?”
2 Kon. 1:1-18
“Maar die Engel van die HERE het vir Elía, die Tisbiet, gesê: Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samaría tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom dan, so sê die HERE: Van die bed waar jy op geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. En Elía het gegaan.” (:3&4).
God stuur Elía om die boodskappers van Ahásia onderweg na die god van Ekron voor te lê. En hy stuur hierdie boodskappers terug na Ahásia met die boodskap van God se ontevredenheid met hierdie optrede van die koning. Hierdie optrede van Ahásia wat God tot oneer strek. Waarom sou hy nodig hê om ander volke se vreemde gode te raadpleeg – asof Israel geen God het nie?
DIE BLOEDRIVIER- GELOFTE
16 DESEMBER 1838
Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n Sabbat sal deurbring, en dat ons 'n huis tot sy Eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte.
Want die eer van sy Naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.
Ons is die opkomende geslagte van wie die Gelofte spreek. Daarom verbind ons ons jaarliks opnuut tot die nakoming van die Gelofte, met gebed en smeking dat God ons sal bystaan en help om dit te volbring. Dit doen ons met dankbare erkenning van die uitkoms van die Slag van Bloedrivier wat vir die voortbestaan van die Afrikanervolk deurslaggewend was. Ons herdenk dit as 'n groot daad van God in ons geskiedenis, 'n daad wat ons nie mag vergeet nie en aan óns opkomende geslagte moet oordra. Daarby gedenk ons dit as 'n groot daad in die geskiedenis van die Kerk van die HERE in ons land en oor die hele wêreld.
Hier volg ook 'n nuwe gelofte uit die pen van ds Andrè van den Berg, een van ons gereelde skrywers hier op Gelofteland. Lesers sal sien dat dit slegs aanvullend tot die ou gelofte is om die huidige toestand waarin ons volk verkeer te reflekteer. U word vriendelik genooi om u siening en moontlike voorstelle daaroor te stuur aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
DIE NUWE GELOFTE
Ons staan hier voor die Heilige, Drie-enige God, Beskikker van volke en nasies, aan Wie alle mag in die hemel en op die aarde behoort,
Om aan Hom ‘n nuwe gelofte te doen en te pleit dat Hy ons volk van ‘n gewisse uitwissing sal red en ons vyande, soos die Mideaniete van ouds, sal verskrik en verdelg.
Ons onderneem om uit dankbaarheid hierdie dag elke jaar soos ‘n Sabbat deur te bring en ons nageslag daartoe op te roep.
Ons onderneem om hulle van God se reddende ingryping te vertel en hulle gedurig te vermaan om tot sy Eer te leef.
Verder onderneem ons om ons geliefde vaderland van alle afgodsdienste en onheilige gebruike te reinig sodat ons as volk heilig en opreg voor God kan wandel.
Die eer en die verheerliking van sy Naam sal ons eer en hoogste strewe wees.
Mag die almagtige, barmhartige God ons genadig wees!
GELOFTEDIENS DS ADRIAAN SWART
https://www.youtube.com/watch?v=xQwA3xcoQdM
GELOFTEDIENS 2025 deur ds Adriaan Swart
KYK ONS NA HOM?
Hannes Ollewagen
Jes. 22:1-14
“...en julle sien die skeure van die stad van Dawid, dat hulle baie is, en julle vang die waters van die Onderste Dam op. En julle tel die huise van Jerusalem, en die huise breek julle af om die muur te versterk. En julle maak 'n dam tussen die twee mure vir die water van die Ou Dam; maar julle kyk nie na Hom wat dit gedoen het nie, en Hom wat dit lankal beskik het, sien julle nie. En in dié dag roep die Here, die Here van die leërskare, tot geween en tot rouklag en tot kaalskering en tot omgording van die roukleed;maar kyk, daar is vreugde en vrolikheid, beeste word doodgemaak en skape geslag, vleis geëet en wyn gedrink, met die woorde: Laat ons eet en drink, want môre sterf ons.” (:9-13).
Ons is weer op die vooraand van 16 Desember wanneer ons DV die Gelofte van Bloedrivier herdenk. ’n Dag van groot historiese waarde vir ons volk, maar myns insiens ’n dag van veel groter geestelike waarde.
DIT IS DIE HERE!
Ds A.E. van den Berg
“Daarop sê die dissipel — die een vir wie Jesus liefgehad het — aan Petrus: Dit is die Here! .......“(Joh.21:7).
Al leef gelowiges as kinders van die lig, word dit soms so donker in hul lewe dat dit voel asof hulle nooit weer die lig sal sien nie. Dan gebeur iets wat die krisis omkeer, die lig weer laat skyn en hulle laat besef dat God ingegryp het.
In die tyd van die Rigters het Israel van God afvallig geraak en Hy het hulle gestraf. “Maar toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here, het die Here hulle oorgegee in die hand van die Mideaniete, sewe jaar lank” (Rigt.6:1).
Na sewe jaar het, het God vir Gideon geroep om Israel te verlos. Hy kon slegs 32,000 teenoor die Mideaniete se 135,000 man monster. Die verhaal eindig met Gideon wat met slegs 300 man die oorwinning behaal het. Vir elke Israeliet was daar 450 vyande en Israel het geweet dat dit die hand van God was!
Uit ʼn militêre oogpunt was die situasie hopeloos, maar nie met God se ingryping nie. Wat by die mens onmoontlik blyk te wees, is vir God moontlik. Die mens wik maar God beskik want Hy het die hele wêreld in sy hande.
GEBEURE BY BLOEDRIVIER
Opgestel deur die Geloftevolk Koördineringskomitee
Dit is 15 Desember 1838, Saterdag namiddag laat.
Teen die skuins helling van die Ntibane berg wat afloop na die Ncomo-rivier, beweeg 64 kakebeenwaens, in rye van vier langs mekaar, getrek deur 10 osse elk, af na die rivier.
Op en langs die waens, te voet en te perd, beweeg 464 Boere, hul voorlaaiers op hul skouers, gelaai en gereed vir gebruik.
Dit is die Boere- strafkommando op pad na Umgungundlovu, die Plek van die Groot Olifant, om die Zoeloe-koning, Dingaan, te gaan straf vir al die wreedhede teenoor die Trekkers sedert hulle intog in Natal in Januarie daardie jaar.
Aan die spits van hierdie optog, fier en regop op sy perd, ry Andries Pretorius, leier en kommandant.
Sy gedagtes gaan terug na die lotgevalle van sy mede-landgenote sedert Januarie 1838...
DIE PAARDEKRAAL- GELOFTE
Ons plaas dit vir vandag sodat u dit weer kan lees:
13 DESEMBER 1880
Die Paardekraalgelofte lees soos volg:
In de tegenwoordigheid van den Almachtigen God, die kenner aller harten onder bidden opsien om sijn genadige hulp en ontferming, sijn wij Burgers van de Zuid-Afrikaansche Republiek plegtig overeengekomem, gelijk wij dezen overeenkomen om voor ons en onze kinderen een heilige verbond op te rigten, het welk wij met plegtigen eed beyweren. Ruim veertig jare is, het geleden, dat onze vadere die Kaapkolonie ontvlugt zijn, om vrij en onafhanklijk Volk te worden. Deze veertig jaren waren veertig jaren van smart en lijden. Wij hebben Natal, den Oranje-Vrijstaat en de Zuid-Afrikaansche Republike gesticht en driemalen heeft die Engelsche Regering onze vrijheid vertracht en onze vlag, die onze vaderen met hun bloed en tranen gedoopt hebben, maar den neergehaald. Als door een dief in de nacht is onze vrije Republiek weggestolen. Wij kunnen en sij magen dat nie dragen. God wil, dat de eerbied onzer vaderen en de liefde jegens onze kinderen ons voorschrijft, het erfpand der vaderen ongeschonden aan onze kinderen over te leveren. Daarom is het dat wij hier bij elkander de hand geval en Volk en met het oog op God samen te werken, tot den dood toe, voor de herstelling van de vrijheid onzer Republiek. Zoo waarlijk helpe ons God Almachtig. Amen.
MORE IS GELOFTEDAG - DAG VAN DIE HERE
Hoe kom ons die Gelofte van 1838 na?
Jaar na jaar kom duisende volksgenote oor die lengte en breedte van ons land op verskillende plekke byeen om die gelofte van 1838 te herdenk, en om deur die gesamentlike herhaling daarvan of die stilswyende nasê van ’n voorganger, dit weer af te lê. Daarmee verbind ook ons geslag ons telkens tot die gelofte en aanvaar ons die verpligting om dit wat ons daarmee belowe, na te kom.
Die gelofte bevat vier ondernemings:
• Dat ons die dag en datum elke jaar as ’n dankdag, soos ’n Sabbat sal deurbring,
• en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zal, waar het Hem zou behagen (die standaard Afrikaanse vertaling hiervan laat te veel aan betekenis verlore gaan),
• en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte; en
• dat die roem en die eer van die oorwinning aan Hom gegee sal word.
GELOFTE VAN JAN VAN RIEBEECK
Ook hierdie Gelofte wat so maklik vergeet word plaas ons hier sodat die erns van geloftes aan God ons kan bybly:
6 APRIL 1654
Waar dit vandag die tweede verjaarsdag is van die dag waarop ons deur die Here gelei met die skepe Drommedaris, die Reyger en die Goede Hoop hier ter plaatse behoue aangeland het om hierdie vesting en kolonie na die bevel van ons here en meesters (Here XVII) te bou en te bestendig, en opgelet het dat God die Here alle sake tot vandag toe met vele seëninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag het, het ons besluit, en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die 6e April, tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot 'n vasblywende dank- en biddag in te stel, sodat daarby die weldade van die Here wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word.
1912: GENL LOUIS BOTHA BEDANK
KULTUURDAGBOEK 14 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Genl Hertzog se De Wildt-toespraak het heftige reaksie van Unioniste en ander Brits-gesindes tot gevolg gehad. In die Kabinet het die ergste reaksie gekom van kol George Leuchars, Minister van Openbare Werke, 'n Nataller wat homself 'n imperialis genoem het. Hy was so kwaad oor genl Hertzog se woorde oor die belange van die Ryk teenoor dié van die Unie dat hy gedreig het om uit die Kabinet te bedank.
Dit lei tot 'n kabinetskrisis en die Premier, genl Louis Botha en sy regterhand, genl JC Smuts, vra Hertzog om in die openbaar sy spyt oor sekere van sy uitlatings uit te spreek.