Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
‘n Mens kan oor die hoogste berg loop indien jy een treë op ‘n keer gee. Jy moet net aanhou en sorg dat jou rigting reg is – altyd vorentoe. Leer van die man wat die berg verskuif het. Hy het die klippe een-vir-een weggedra!
1899: SLAG BY WILLOWGRANGE
KULTUURDAGBOEK 23 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die aanleiding tot die slag by Willowgrange in Natal was 'n poging wat die Britse bevelvoerder, genl-maj HPT Hildyard, aangewend het om 'n ongeveer 260 meter hoë kop, Brynbella-heuwel, te verower om daardeur die Republikeinse magte by Mooirivier vas te keer. Gevolglik het Hildyard aan lord Kitchener opdrag gegee om die heuwel wat met Boere-artillerie beset was, gedurende die nag te verower.
Die stormloop was ondanks gure weersomstandighede vir die Britte suksesvol, en die Boeremagte is verdryf.
1853: NED HERVORMDE KERK IN SITTING MET VOLKSRAAD
KULTUURDAGBOEK 22 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die rol van die Kerk was deur alle tye heen so 'n integrale deel van die volk en sy politiek dat dit die logiese hoofinstrument was wat deur die Geldmag gebruik is om die Afrikanervolk later jare op sy knieë te dwing. Vandag is die rol van die Kerk in die vernietiging van die Afrikanervolk meer deursigtig as ooit en het talle Afrikaners reeds hulle kerke verlaat.
Op hierdie dag het die Algemene Kerkvergadering van die Ned Hervormde Kerk saam met die Volksraad van die ou ZAR op Potchefstroom vergader. Dit was 'n besondere gebeurtenis en het daarna nooit weer plaasgevind nie.
Hierdie vergadering het weer gegaan oor die vraag of die selfstandige Transvaalse Kerk deel van die Kaapse kerklike organisasie moet word. Met hierdie vergadering was die kerkraadslede en die Volksraadslid vir Lydenburg, wat nie die Algemene Vergadering op Rustenburg op 3 Augustus 1853 bygewoon het nie, ook nou teenwoordig.
GELD, MAG EN SEKS…
…ONS VOLK SE DRIE-ENIGE AFGOD?
Timothy Keller se publikasie 'Counterfeit Gods: The Empty Promises of Money, Sex and Power, and the Only Hope that Matters' ontbloot die dwaling waar mense die goeie dinge in die lewe neem en dit die heel belangrikste dinge in hulle lewens maak.
Die meeste van ons is op hierdie dwaalpad; en die uiteinde daarvan is presies dít wat ons as volk in 1994 gekry het – die straf op ons afgodediens. En ons kan maar voortgaan om die Swartes en die Kommuniste te skel – die meeste daarvan verdien hulle – maar dit gaan geen snars verander aan ons situasie voordat ons die werklike oorsake van ons knegskap erken, en dit met oortuiging beveg nie.
Waarom sukkel die Afrikanervolk so om na die kern van die waarheid in die Woord van God terug te keer? Natuurlik is herkenning en erkenning van die dwaalpaaie waarop ons stap nooit maklik nie, nog minder die terugkeer na gehoorsaamheid, veral wanneer Satan die waarheid oor ons afgode so versluier dat ons dink ons doen die regte ding; daar is mos niks mee verkeerd nie want ons moet geld hê om van te leef, en ons moet mag uitoefen oor baie dinge in ons lewe, en 'n seksuele verhouding met my huweliksmaat is dan 'n wonderlike geskenk van God self – hoe kan hierdie dinge afgode word?
1968: ONS VIER VOORTREKKER- MONUMENTE
KULTUURDAGBOEK 21 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Afrikaner het vroeg reeds die behoefte gevoel om 'n waardige monument ter ere van die Voortrekkers op te rig, maar hierdie strewe het eers sy finale beslag gekry toe die Sentrale Volksmonumentekomitee (SVK) op 4 April 1931 in Bloemfontein gestig is. Die hoofdoel van die SVK was om hom vir die oprigting van 'n nasionale Voortrekkergedenkteken vir die Voortrekkereeufees in 1938 te beywer. Daarna sou hy ook die oprigting van ander goedgekeurde volksmonumente onderneem.
Die SVK se eerste taak was die oprigting van die Voortrekkermonument by Pretoria, maar die komitee het ook verantwoordelikheid vir die oprigting van drie ander Voortrekkermonumente aanvaar. Die hoogpunte van die SVK se werksaamhede was dus die onthulling van die Bloedriviermonument op 16 Desember 1947, die inwyding van die Voortrekkermonument by Pretoria op 16 Desember 1949, die onthulling van die Voortrekkermonument in Pietermaritzburg op 6 April 1962 en dié van die Voortrekkermonument by Winburg op 19 Oktober 1968.
1930: FAK KONDIG HANDHAAF- EN-BOU-REEKS AAN
KULTUURDAGBOEK 20 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die FAK het van sy stigting af voortdurend by die Afrikaner aangedring op die suiwer gebruik van Afrikaans, maar het besef dat van baie Engelse woorde, die Afrikaanse ekwivalent nie bekend is nie.
Die noodsaaklikheid van woordelyste is besef en daar is aan die werk gespring om woordelyste, wat geen wetenskaplike vakwoordeboeke moes wees nie, saam te stel.
Op 20 November 1930 is aangekondig dat die eerste woordelys in die Handhaaf-en-Bou-reeks, soos dit bekend gestaan het, beskikbaar is. Dit was die Woordelys van Motor-terme.
BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND (6)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Ten spyte van voorbereiding, kennis van die landsomstandighde, gesprekke daaroor, objektiewe waarneming van die situasie en alles wat daarmee gepaard gaan, het die aanslag heeltemal onverwags gekom.
Hoe dikwels het hy nie die moontlike scenario in sy kop laat afspeel nie, hoe hy homself en sy vrou en kinders sou beskerm met vaardigheid en paraatheid. Hoe hy sy wapen outomaties en instinktief sou laat geld. Waar hy sal staan, hoe sy waarneming van die situasie sou wees en hoe hy sy pad daaruit kon losveg. Hy kon homself sien omring deur lyke van die vyand, terwyl die nege millimeter skoot na skoot tussen hulle instuur; hoe hy magasyne ruil en koel en kalm baklei.
1926: BALFOUR- VERSLAG AANVAAR
KULTUURDAGBOEK 19 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die aanvaarding van die Balfourverslag deur die Britse Rykskonferensie van 1926 is 'n reusebaken in die staats- en volkeregtelike onafhanklikwording van Suid-Afrika. Die argitek was genl JBM Hertzog, wat as Premier na Londen gegaan het met die doel om enige sprake van Suid-Afrika se onderhorigheid aan Brittanje uit die weg geruim te kry.
Nadat hy die saak aangeroer het, is dit na 'n komitee verwys wat op 27 Oktober onder voorsitterskap van lord Balfour met sy werk begin het. Hertzog se pleidooi om die uitreik van 'n gesaghebbende verklaring oor die vryheid en onafhanklikheid van die Britse Dominiums is dadelik teengestaan. LS Amery, Britse minister van dominiale sake, was van oordeel dat die Rykskonferensie nie bevoeg was om 'n "deklarasie van regte" uit te reik nie.
VOLKSVERRAAIERS WAS DAAR ALTYD (3)
BRAM FISCHER
...KOMMUNIS, ATEÏS, OPPORTUNIS, BOMPLANTER EN VOLKSVERRAAIER
Fischer se verdere lotgevalle
Fischer se besluit om tydens sy verhoor te verdwyn en ondergronds te gaan, was nog 'n bewys van die ongelooflike mate van fanatisme wat die Kommunistiese ideologie by sommige Kommuniste gewek het. Fischer se kamerade was op daardie tydstip of in die tronk, sommige in die buiteland waarheen hulle gevlug en in veiligheid weggekruip het. Bowendien het die veiligheidspolisie en die ander instrumente wat deur die staat ontwikkel is om ondermyners op te spoor so formidabel geword dat dit bykans onmoontlik geraak het vir Kommuniste in Suid-Afrika om die regering omver te werp. Niemand met Fischer se verstand en insig sou dan ook in hierdie omstandighede gereken het dat hy daarin sou slaag om die SAKP spoedig weer lewensvatbaar te maak nie. Tog het Fischer gemeen hy kon dit doen — en dit kan net toegeskryf word aan die onverklaarbare houvas wat Kommunisme op party van sy aanhangers gehad het.
BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND (5)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Broers, ons moet van hierdie dominee ontslae raak!”
Die kerkraadsvergadering hou reeds drie ure aan en by die punt: “Diensverhoudinge-kommissie” het ouderling Harry Barends opgestaan en die leraar beskuldig van leuens, pligsversuim en veral inmenging in die politiek.
“Ons kan nie hierdie prediker toelaat om langer mense te mislei nie. Ons weet dat hy besig is om rassespanning te veroorsaak met sy uitsprake en dis heeltemal onbybels. Ek, vir een, kan nie verder na sy preke luister nie.”
Harry is ‘n afgetrede onderwyser. Hy is daarvoor bekend dat hy en die leraar nie dinge op dieselfde manier sien nie en het al vantevore gedreig om te bedank. Hy, die leier-ouderling, die voorstitter van die diensverhoudinge, die voorsitter van die fondsebediening en nog nege ander kerkraadslede is ook lid van die Broederbond.
1876: JOHANNA BRANDT
KULTUURDAGBOEK 18 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Johanna Brandt, die jongste dogter van ds NJ van Warmelo, is op hierdie dag op Heidelberg gebore waar sy ook haar kinderjare deurgebring het. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het sy en haar moeder hulle in Pretoria bevind waar hulle ná die besetting van die Hoofstad deur die vyandelike magte, gehelp het om die Boerespioenasiediens aan die gang te hou.
Van haar ondervindings in hierdie tyd het Johanna 'n dagboek gehou wat sy later verwerk het in haar bekende boek, Die Kappiekommando, wat in 1913 verskyn het.
Tydens die oorlog was sy ook verpleegster in die Irene-konsentrasiekamp.
1497: DA GAMA SEIL OM KAAP
KULTUURDAGBOEK 18 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Manoël I, Koning van Portugal, het Vasco da Gama aangestel as die opperbevelhebber van die ekspedisie wat Dias se werk moes voltooi, naamlik die ontdekking van die seeroete na Indië.
Die eskader van vier skepe het in Julie 1497 uit Portugal vertrek, op 18 November is Tafelberg gewaar, en in Mei 1498 het hulle Kalikoet aan die Malbarkus van Indië bereik.
Na baie wedervaringe word Da Gama teen die einde van Augustus 1499 as held in Lissabon terugverwelkom. Vanweë hierdie epiese ontdekkingsvaart is die Islamitiese monopolie van die speseryhandel van die Ooste verbreek. Vir die Portugese vorstehuis het dit groter rykdom en mag beteken, en dit sou ook aanleiding gee tot Europese oorheersing in die Ooste.
BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND (4)
)
Dis asof die afgelope dertig jaar van hom afgegly het. Maans Bredell is weer ‘n spesmagte-lid. Hy is ‘n operateur, wat in die geheim beweeg, min of geen spore laat nie, van die veld leef en vir die owerhede hoofbrekens besorg.
Die stewels wat hy van Dawie gekry het, het hy sporadies ingeloop en die eerste twee weke dit afgewissel met sy ou, ingeloopte tekkies. Hy het na die tweede dag ‘n waterblaas ontwikkel op sy linker hakskeen en het laag gelê totdat dit gesond was. Nou beweeg hy met beide stelle skoene vinnig en amper geluidloos. Hy het in die berg ingesmelt, die omgewing so ver as vyftien kilometer na alle rigtings verken en skuilplekke gaan uitsoek. Hy is verbaas oor die hoeveelheid bosbokke, bosvarke, tarentale en ander kleinwild wat in die berg bly.
1939: FAK EKONOMIE INSTITUUT GESTIG
KULTUURDAGBOEK 17 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die FAK is op sy eerste Ekonomie Volkskongres, wat van 3 tot 5 Oktober 1939 in Bloemfontein gehou is, versoek om 'n Ekonomie Instituut in die lewe te roep om uitvoering te gee aan die kongresbesluite en om sodanige verdere stappe te doen as wat hy bevorderlik ag vir die ekonomiese opheffing van die Afrikaner – 'n benarde ekonomiese toestand waarin die Afrikaner daardie tyd verkeer het.
In die Instituut is verteenwoordiging gebied aan die FAK se Uitvoerende Komitee en sy Ekonomiese Kommissie, en aan Afrikaanse finansiers, nyweraars, handelaars, boere, arbeidersorganisasies, universiteite en handelsopleidingskolleges en die Armesorg-organisasies van die Afrikaanse kerke.
SATAN EN MAGSLUS
Ds A.E. van den Berg
“En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!” (Jes.14:13,14).
Die begeerte om mag oor mense te bekom, is 'n sonde wat so ver terug as die val van Satan uit die hemel dateer. Satan se eertydse aansien as hoof-engel in die hemel het in 'n trots by hom ontaard waarna hy en 'n derde van die engele-ryk teen God in opstand gekom en God hulle op die aarde uitgewerp het.
1855: AANLEG VAN PRETORIA
KULTUURDAGBOEK 16 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Pretoria, genoem na kmdt-genl Andries Pretorius, het sy aanleg as hoofstad van die ZAR te danke aan die feit dat Potchefstroom en Lydenburg nie sentraal genoeg geleë was vir die vergaderings van die Volksraad nie. Die kommandante-genenaal MW Pretorius en Piet Potgieter het die Volksraad, wat in September 1853 in Lydenburg sitting gehad het, versoek om 'n sentraal geleë hoofstad vir die Republiek te stig.
MW Pretorius het in 'n bygaande brief die Volksraad ook versoek om vir die doel van die voorgestelde dorp twee plase aan die Apiesrivier naamlik Elandspoort en Daspoort, van Andries van der Walt en JJP Prinsloo aan te koop. Omdat die Volksraad sy versoek geweier het, het Pretorius vervolgens self hierdie twee plase gekoop.
VERTROU OP HOM MET ‘N VOLKOME HART
Hannes Ollewagen
2 Kron. 16:
“...want die Here — sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees.”
Ons sien hier in die lewe van koning Asa ’n verskynsel wat in ons lewens seker ook dikwels sy verskyning maak. Hy word koning en met ’n opregte en ootmoedige hart soek Asa na God, vra na sy insettinge en streef dit na. Hy stel ook sy vertroue op God en in hierdie toestand van afhanklikheid teenoor en diensbaarheid aan God is hy ’n kragtige instrument in God se Hand waardeur God se Naam verheerlik word.
Ons lees in 2 Kron. 14 waar Serag, die Kusiet, met ’n leërmag van ’n miljoen teen koning Asa optrek. “En Serag, die Kusiet, het teen hulle uitgetrek met 'n leër van 'n miljoen met driehonderd strydwaens; en hy het gekom tot by Marésa.” (2 Kron. 14:9). Dit moes inderdaad ’n groot bedreiging en benoudheid gewees het. En hoe hanteer Asa hierdie bedreiging? Hy stel sy vertroue volkome op God:
1911: UNIE-STAAL- KORPORASIE GESTIG
KULTUURDAGBOEK 15 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Unie-Staalkorporasie van Suid-Afrika is gestig om staal uit skroot te vervaardig. Binne twee jaar na die stigting is die eerste staal in Suid-Afirka vervaardig en baan USCO sodoende die weg vir 'n gevestigde staalbedryf wat in die jare wat sou kom, vir Suid-Afrika groot aansien in die oë van die wêreld verwerf het.
1855: MW PRETORIUS PRESIDENT VAN ZAR
KULTUURDAGBOEK 15 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Transvaalse leiers het geglo dat 'n nuwe grondwet die verdeeldheid wat gedurende die vroeë vyftigerjare van die vorige eeu in die Oorvaalse gebied geheers het, sou beëindig, en daarom is 'n grondwetkommissie, onder voorsitterskap van Jacobus Stuart (1803 – 1878), benoem.
Hierdie kommissie, wat in Oktober 1855 op Potchefstroom vergader het, het hoofsaaklik die Bataafse konstitusie van 1798, die Vrystaatse grondwet en die grondwet van die Verenigde State van Amerika as modelle geneem en 'n konsepgrondwet opgestel waarin die beginsel van skeiding van wetgewende en uitvoerende magte ingevoer is.
As opsteller van hierdie grondwet, wat later byna onveranderd aanvaar is, het Stuart 'n blywende diens aan die Zuid-Afrikaansche Republiek gelewer.
1837: DOBBEL DEUR TVL VOLKSRAAD VERBIED
KULTUURDAGBOEK 14 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
President Thomas Burgers vaardig 'n proklamasie uit "met advies en konsent" van die Uitvoerende Raad van die ZAR, waardeur dobbelary in die land, en veral op die goudvelde, verbied word.
13 NOVEMBER 1833: "NAG VAN DIE STERRE-VAL"
KULTUURDAGBOEK
Al het hierdie toneel in Noord-Amerika afgespeel, het dit tog op ons betrekking en kan ons in verwondering daarna kyk. Op hierdie dag in 1833 het die bewoners van Noord-Amerika die voorreg gehad om een van die grootste “sterre-val” ooit, te aanskou.
In daardie jare was daar nog nie elektriese straatligte nie en was die nagte besonder donker. Daarom was dit ‘n ongelooflike gesig toe ongeveer 72 000 meteore per uur grond toe val. Die omgewing was so helder verlig dat inwoners wat wakker was gedink het hulle huise is aan die brand.
Die volgende oggend toe die son opkom het die “sterre” steeds geval. Wanneer dit op die grond land het dit gebars en weggespat. Die gebeure is beskryf as die grootste meteore-val en die mees aanskoulike toneel in die geskiedenis. Daarom het dit die naam gekry “nag van die sterre-val”.