Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Voordat ek getroud is het ek twee teorieë gehad oor hoe om kinders groot te maak; nou het ek twee kinders en geen teorie meer nie...
"JULLE VADER IS DIE DUIWEL"
“Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan dra.”
Mattheüs 21:43
“… Maar die toorn (van God) het oor hulle gekom tot die einde toe.”
1 Thessalonicence 2:16
Christene wat onkrities die optredes van die moderne staat Israel ondersteun en dikwels Bybelse profesieë aanhaal, het hul morele kompas verloor.
Deur 'n blinde oog te draai vir die lyding van Palestyne, insluitend Christene wat in Gasa en die Wesoewer woon, verraai hierdie Christene die boodskap van die Evangelie.
Jesus Christus het liefde, geregtigheid en barmhartigheid geleer—waardes wat nie met die gewelddadige onderdrukking van enige volk versoen kan word nie.
1903: MIKRO, DIE SKRYWER
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 8 OKTOBER
Christoffel Hermanus Kühn wat op hierdie dag gebore is, het onder die skuilnaam Mikro geskryf. Sy bekende trilogie, Toiings in 1934, Pelgrims in 1035, en Vreemdelinge in 1944, word beskou as die kern van sy werk. Hy was skrywer van novelles, romans, speurverhale, jeugverhale en toneelstukke. Vir eersgenoemde twee werke is hy bekroon met die Hertzogprys en vir Die Porseleinkat is die Hofmeyrprys aan hom toegeken.
In sy werke was hy die skepper van die vereenvoudigde struktuur, van die gemoedelike, gemeensame formule vir lewenswaardes en lewenswaarhede.
7 OKTOBER 1854: GENL C DE WET
"Toe die oorlog in 1914 tussen Engeland en Duitsland uitbreek kon ons ons verlore onafhanklikheid teruggekry het - hoe maklik sou ons nie daarin geslaag het nie, maar min het ons geweet dat ons toe nie meer bondgenote gehad het in die persone van ons Eerste Minister en sy Minister van Verdediging nie. Generaals Louis Botha en Jan Smuts het hulle Boereharte vir Engelse harte verruil en Suid-Afrika as bondgenoot van Engeland in die stryd laat toetree. Die rebellie was feitlik uit die staanspoor tot mislukking gedoem. Ek moes uiteindelik, met nog net ses man by my, aan Botha se troepe oorgee. Gedurende die ses maande wat ek as gevangene aangehou is, het ek dikwels daaraan gedink hoe anders die verloop van ons vryheidstrewe sou gewees het indien daar in alle lae van ons Afrikanervolk nie die menigvuldige dade van verraad in eie geledere ons in ons stryd teen die vyand lam gelê het en verhinder het om ons einddoel te bereik nie. "
In die boek 'My Vaderland Suid-Afrika' sê die skrywer onder andere van genl Christiaan de Wet: "Op 7 Oktober 1854 is die grootste krygsman van Suid-Afrika, Christiaan Rudolph de Wet, in 'n eenvoudige hartbeeshuisie op die plaas Leeukop in die distrik Smithfield, Oranje-Vrystaat gebore." Die onderskeiding om die grootste krygsman van Suid-Afrika te wees, het hy waarskynlik gedurende die Tweede Vryheidsoorlog verwerf.
ONS SAL NIE GEHEEL EN AL STERF NIE!
CHRISTAAN DE WET:
Non omnis moriar!
"Alhoewel ons vandag onder 'n vreemde vlag verkeer wat ons nie kan liefkry nie, moet ons altyd daaraan dink hoeveel jare Israel 'n verdrukte volk was. God het vir hulle 'n Rooi See gehad, en dit was hulle redding. Ons volk is vandag ook opweg na 'n Rooi See... wat ook in twee sal oopgaan om ons in staat te stel om daardie vryheid tegemoet te gaan." - Christiaan Rudolph de Wet, 7 Oktober 1854, sy geboortedag.
Hierdie woorde van genl De Wet kan net sowel vandag weer aan dieselfde volk gesê word want daar is reuse storms aan die opwel binne die see waar hierdie volk tans verkeer en dit kan sy einde beteken, maar daar waai ook 'n bries oor ons wat verklik van die Genade wat hierdie volk sal ontvang midde in die nood wanneer ook sý Rooi See in twee sal skei om vir hom 'n pad na vryheid te baan.
KULTUUR- DAGBOEK 7 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 7 OKTOBER 1854: CHRISTIAAN RUDOLP DE WET -lees meer in hoofartikel.
2. 7 OKTOBER 1999: Dimitrio Tsafendas, tydelike bode in die Volksraad wat op 6 September 1966 die Suid-Afrikaanse premier, dr Hendrik Frensch Verwoerd met 'n dolk doodgesteek het, is op hierdie dag in 1999 op 81-jarige leeftyd in die Sterkfonteininrigting vir sielsiekes by Krugersdorp in Transvaal oorlede.
1955: INSTELLING VAN FAK-EREPENNING
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 6 OKTOBER
Die Erepenning vir Volksdiens, die FAK se hoogste eretoekenning , is op hierdie dag ingestel op grond van 'n besluit van die Afrikaanse Nasionale Kultuurraad, wat in daardie jare in die FAK-struktuur besluite van die aard kon neem.
Met die Erepenning het die FAK op waardige wyse waardering en erkentlikheid teenoor mense of liggame wat "verdienstelike werk op die gebied van kultuurorganisasise en praktiese volksdiens gelewer het" betoon.
STAAN VAS ! DIE VERDRUKKING IS NABY
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
“En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei” - Mt.24:11
’n Mens raak al meer bewus van ’n wêreld wat einde toe spoed en die wederkoms van Jesus wat al hoe nader kom. Sekere tekens moet egter eers in vervulling gaan voordat Hy op die wolke terugkeer. Een daarvan is ’n wêreldwye godsdiensherlewing waarvan Jesus in die teksvers melding maak; ’n gebeure wat miljoene mense gaan begeester.
In die verlede was godsdiensherlewing altyd goed, maar nie die laaste een nie. Hierdie een sal mense nie na Jesus lei nie, maar van Hom vervreem. Dis Satan se laaste misleiding voor die oordeelsdag. Gevolglik staan hierdie herlewing nie in die teken van die waarheid nie, maar van die leuen.
1844: PRES FW REITZ
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 5 OKTOBER
Dit was hierdie talentvolle Swellendammer, op hierdie dag gebore, beskore om sy volk in 'n groter verskeidenheid van hoë ampte in die openbare lewe te dien as enige ander Suid-Afrikaner: regsgeleerde in die Kaapkolonie in 1868 – 1874; eerste hoofregter in 1874 – 1888; en vyfde Staatspresident in 1889 – 1895 van die OVS Republiek; regter en staatsekretaris van die ZAR in 1998 – 1902, en President van die eerste Senaat in 1910 – 1920 na die Uniewording.
Ook as kultuurleier het hy onskatbare dienste gelewer. Reeds in 1870 begin hy met "Kaapsch-Hollandsch" eksperimenteer en lewer hy sy eerste bydraes in 'n taal wat tydens sy eie lewe tot volkstaal sou ontwikkel. In 1888 verskyn sy Twee en Sestig uitgesogte Afrikaanse gedigte wat sterk weerklank by die volk gevind het as gevolg van die gemoedelike volkshumor wat daarin weergegee word.
1960: REFERENDUM OOR REPUBLIEK- WORDING
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 5 OKTOBER
"Kort daarna op 9 April 1960, is 'n sluipmoordaanval op dr Verwoerd gedoen maar hy het wonderbaarlik herstel en die stryd om 'n republiek voortgesit."
Die Naionale Party het in 1936 vir die eerste keer in sy program van beginsels voorsiening gemaak vir die beliggaming van die republikeinse ideaal en daardeur 'n republikeinse party geword. Hierdie party het in 1948 aan bewind gekom.
Die status van die Unie het onder die agtereenvolgende leiding van dr DF Malan, adv JG Strijdom en dr HF Verwoerd tussen 1948 en 1960 stelselmatig in die rigting van 'n republiek verander. Teen 1960 was al die belangrikste simbole van 'n komende republiek reeds ingevoer, en is die grondslag gelê vir één trou aan Suid-Afrika, één burgerskap, één vlag en één volkslied.
Op 20 Januarie 1960 het dr Verwoerd in die Volksraad aangekondig dat daar 'n referendum oor die verkryging van die Republiek van Suid-Afrika gehou sal word.
VALSE PROFESIE
Hannes Ollewagen
Deut. 13:1-18
“AS ‘n profeet of een wat as dromer optree, by jou opstaan en jou ’n teken of wonder aankondig, en die teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde: Laat ons agter ander gode aan loop – wat jy nie geken het nie – en hulle dien, dan moet jy nie luister na die woorde van dié profeet of na dié man wat as dromer optree nie; want die HERE julle God beproef julle om te weet of julle werklik die HERE julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel. Julle moet die HERE julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang. Maar dié profeet of dié man wat as dromer optree, moet gedood word, want hy het afval verkondig van die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei en jou uit die slawehuis verlos het, deur jou af te drywe van die weg wat die HERE jou God jou beveel het om daarop te wandel. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.” (:1-5).
1875: GUSTAV PRELLER, GESKIED- SKRYWER VAN AFRIKANER
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 4 OKTOBER
Gustav Schoeman Preller kan met reg die nasionale geskiedskrywer van die Afrikaner genoem word alhoewel hy geen wetenskaplike geskiedskrywer was nie maar hom as uitmuntende taalgebruiker en stilis in sy historiese werke openbaar het. Hy het op patriotiese wyse sy volk bewus gemaak van hulle geskiedenis.
Hy is op hierdie dag in Pretoria gebore en was van moederskant 'n agterkleinkind van die Voortrekker, kmdt-genl Stephanus Schoeman. Hy was getroud met Johanna Christina Pretorius, agterkleindogter van Piet Retief.
KULTUUR- DAGBOEK 3 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1953: DIE INTERNASIONALE TERMINUS VAN DIE JAN SMUTS-LUGHAWE IN JOHANNESBURG IS DEUR BEN SCHOEMAN, MINISTER VAN VERVOER, GEOPEN.
2.1939: AANVANG VAN EKONOMIESE VOLKSKONGRES
1939: AANVANG VAN EKONOMIESE VOLKSKONGRES
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 3 OKTOBER
Een van die eerste en dringendste vraagstukke waarmee die FAK sedert sy stigting gekonfronteer is, was die betreurenswaardige ekonomiese toestand waarin die Afrikanervolk sedert die vroegste depressietyd verkeer het. Weer kan ons 'n regverdigbare vergelyking maak tussen ons huidige haglike ekonomiese situasie en 1939. Net soos nou was in daardie jare die ekonomiese opheffing van die Afirkaner nie slegs van wesenlike politieke belang nie maar het ook direk met armblanke-vraagstukke verband gehou.
1934: VOLKSKONGRES OOR ARMBLANKE- VRAAGSTUK
KULTUURDAGBOEK 2 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Vandag is die blanke nie meer in die posisie om beheer te neem oor volksvernietigende toestande nie te midde daarvan dat die armblanke-situasie erger is as wat dit in daardie jare was, ook met die verskil dat die vyandige regime die armoede van die blanke bewerk het met die doel om die witman te elimineer en dit daarom nie aan die groot klok hang nie – daar bestaan dus nie 'n nasionale bewustheid van die omvang van hierdie grootse blanke-armoede wat tans in Suid-Afrika heers nie.
Die gedagte aan 'n volkskongres oor die armblanke-vraagstuk was die direkte gevolg van die Carnegie-verslag van 1932, wat hierdie omvangryke en dringende landsvraagstuk ondersoek het.
KULTUUR- DAGBOEK 2 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1934: VOLKSKONGRES OOR ARMBLANKE- VRAAGSTUK
2. 1925: 1e UITGAWE VAN 'DIE VOLKSBLAD'
3. 1857: PRES MARTHINUS THEUNIS STEYN, BOER, ADVOKAAT, EN LAASTE STAATSPRESIDENT VAN DIE REPUBLIEK VAN DIE ORANJE-VRIJSTAAT, IS OP DIE PLAAS RIETFONTEIN IN DIE WINBURG-DISTRIK GEBORE
1925: 1e UITGAWE VAN 'DIE VOLKSBLAD'
KULTUURDAGBOEK 2 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Volksblad is die oudste onder ons Afrikaanse koerante. Glo dit as u wil, dit was op 'n tyd 'n suiwer Afrikanerblad wat die volk op alle terreine gedien het.
Sy geskiedenis strek terug to 18 November 1904 toe 'n weekblad Hes Westen op Potchefstroom verskyn het. Die eienaar en stigter was 'n banneling van St Helena, Hendrik de Graaff. Hy het daarna gestreef om 'n verarmde en ontredderde volk tot "politieke aktiwiteite en nasionale bewussyn" aan te spoor.
DAAR IS NET EEN RAS – DIE MENSLIKE RAS...?
Hendrik Pretorius
Daar is net een ras, die menslike ras, en huwelike oor die rasgrens is niks mee verkeerd nie, of so hoor mens al hoe meer vanuit Christelike kringe. Selfs van Christene wat eintlik vandag nog beskou word as behoudend en konserwatief in baie opsigte. Sekere Christelike organisasies wat baie goeie werk doen om die valse evolusie leer te weerlê, is veral groot voorstaanders van hierdie standpunt. Enige standpunt wat die een-ras ideologie opponeer word eenvoudig gekanselleer met die bewering dat dit afkomstig is van die evolusieleer. Dit word as't ware as troefkaart gebruik teen enige bewyse wat die "net een ras ideologie" moontlik verkeerd kan bewys. Net soos wat die woord rassisme gebruik word om alle teenargumente mee ongeldig te verklaar en mense te intimideer tot oorgawe en aanvaarding van dit waarteen hulle gekant is.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DROOMLAND (4)
“Die ANC is ‘n kriminele organisasie en is nie geskik om Suid-Afrika te regeer nie”.
-Hoofregter Zondo.
*
Die onafhanklike polisie-vakbond, IPUSA, beweer dat die polisie ‘n senior aanstelling gedoen het sonder om die offisier se verwysings na te gaan.
‘n Beampte wat na haarself verwys as “dr DJ prof Thotsejane” is glo as die hoof van die polisie se inligtingsdienste in die rang van luitenant-generaal aangestel, sonder dat haar kwalifikasies op die personeelstelsel van die polisie opgeneem is.
Boonop het luitenant-generaal Thotsejane glo verdwyn nadat daar amptelike navrae oor haar kwalifikasies en verwysings gerig is, en sy het die werkgewer se nuwe ampsmotor, selfoon en kantoorsleutels saamgeneem. Volgens die vakbond moet die polisie verduidelik hoe dit gebeur het dat sy ook ongeveer twee-miljoen-rand in vergoeding kon kry sonder dat die korrekte prosedure gevolg is.
1937: 'DIE TRANSVALER' VERSKYN
KULTUURDAGBOEK 1 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het die eerste uitgawe van Die Transvaler in sy eie gebou in Hoekstraat 18, Johannesburg, verskyn.
Die stigting van die maatskappy Voortrekkerpers op 23 April 1936 en die koerant was 'n nuwe onderneming met die doel om 'n spreekbuis vir die Nasionale Afrikaners en meer bepaald vir die Nasionale Party van Transvaal te verskaf. Die politieke samesmelting van 1934 het die voortgesette Nasionale Party van Transvaal baie verswak, en dit moes feitlik van nuuts af herbou word. Daarvoor was 'n dagblad nodig.
KULTUUR- DAGBOEK 1 OKTOBER
1829: DIE SA-KOLLEGE, VOORLOPER VAN DIE UNIVERSITEIT KAAPSTAD OPEN
1937: 'DIE TRANSVALER' VERSKYN