Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Moenie van jou geleenthede probleme maak nie, maak eerder van jou probleme geleenthede. En daarvoor moet jy miskien nie te ver vorentoe kyk nie. Dit kan jou straks neerslagtig maak. Kyk liewers boontoe en onthou dat die toekoms so helder soos God se beloftes is.
DIE INHERENTE DINAMIKA VAN JUDAÏSME
Dr Danie Theron
Alle onderrig is gebaseer op nuuskierigheid. Nuuskierigheid weer het tot gevolg dat ‘n soeke gedoen word na dit wat interessant is. En geen nasie of geloof is immuun teen so ‘n ondersoek nie. Om dit te wil voorgee, byvoorbeeld dat die Jode se doen en late nie ondersoek mag word nie is ‘n totalitêre skudpunt –onverdraagsaam.
Die sogenaamde immuniteit van die Jode lê in hoofsaaklik twee redes:
1 Hulle is die ‘uitverkore’ volk;
2 Hulle mag nie weer aan ‘n Holocaust onderwerp word nie.
Deur volgehoue propaganda en die beheer van die vernaamste propaganda-middele sedert die Tweede Wêreldoorlog het hierdie immunisering van die Jode sodanige afmetings aangeneem dat dit nou al ‘n misdryf is om hulle te kritiseer. Dit terwyl die Jode die Christendom elke dag kritiseer en Christelike waardes belaglik probeer maak, afbreek en selfs uit die samelewing wil verban. Min Christene besef dat wat die Jode teen hulle doen, ‘n geestelike oorlog is wat dikwels baie meer effektief is as ‘n fisiese oorlog.
BROKKIES GESKIEDENIS (2)
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
‘N LlEFDESDRIEHOEK VAN DIE GROOT TREK
Te midde van al die ellende van 1838 was daar soms kans vir 'n bietjie skinder oor 'n liefdesgeskiedenis waarby die heldhaftige Marthinus Oosthuizen betrokke was. Dit is een van Suid-Afrika se groot liefdesverhale, soos oorvertel deur Theo Gerdener.
Oosthuizen was afkomstig uit die distrik Uitenhage. Sy ouers was veeboere en het ook rasegte honde en perde geteel. Toe hy vyftien was, het hy by 'n kerkdiens kennis gemaak met die veertienjarige Aletta Rudolph. Teen die tyd dat die Trek begin het, was hulle kêrel en nooi. Die Oosthuizens is in 1836 saam met die Maritz-trek, maar die Rudolphs het nog geen trekplanne gehad nie. Toe die twee jong mense afskeid neem, was dit blykbaar vir goed.
OPENBARING VIR BEGINNERS
>
>>>
Dr JJ Snyman
Ek het die boek Openbaring altyd vermy omdat ek nie veel daarvan verstaan het nie. Die simboliek en getalle het vir my nie veel sin gemaak nie. Dit was, sonder enige hulpmiddels, net eenvoudig vir my ‘n onverstaanbare boek.
Nadat ek professor HG van der Westhuizen se Preekbundel by Openbaring deurgewerk het, het ek tot die besef gekom dat ‘n deeglike kennis van beide die Ou en Nuwe Testament nodig is om Openbaring te verstaan. Openbaring is ‘n profeties-apokaliptiese geskrif. Apokaliptiek dui op ‘n besondere soort profesie.
Profesie kan beskryf word as ‘n prediking of vertolking van die raad van God met die oog op eie tydsomstandighede, omgewing en volk en dit sien uit na die voleinding van die wêreld as die heerlike eindpunt waartoe die heilsgeskiedenis ontwikkel. Apokaliptiek kondig die wêreldvoleinding aan as ‘n katastrofiese of gewelddadige ingryping in die geskiedenis deur God.
WAT IS DIE DOEL VAN DIE VERENIGDE NASIES?
Dr JJ Snyman
Indien na die vergrype van Israel teen die Palestyne en die VSA teen omtrent elke staat wat hulle teëkom gekyk word, ontstaan die vraag of die Verenigde Nasies (VN) nog bestaan.
Die antwoord is ja, maar dit is ‘n totaal nuttelose liggaam wat nie een van die aanvanklike doelstellings waarvoor dit gestig is, verwesenlik nie. Gevolglik het dit geen doel meer nie en dien dit hoofsaaklik om ‘n rubberstempel te wees vir Amerikaanse aggressie en om te keer dat optrede teen Israel geneem word aangesien die VSA telkens sy vetoreg uitoefen as die Veiligheidsraad optrede teen Israel voorstel.
Die VN moes vrede en goeie betrekkinge tussen state bevorder. Dit gebeur nie. Artikel 1 van sy handves sê:
to maintain international peace and security.
AMERIKA SE BREINDOOD POLITICI
Dr Danie Theron
Die VSA is tans besig om ‘n stuk wetgewing oor die Midde-Ooste deur te voer wat verreikende gevolge vir Amerikaners en die wêreld inhou.
Die wetgewing het meer met Israel te doen as die Midde-Ooste. Hierdie besluit sluit in ‘n gewaarborgde $33 biljoen aan Israel jaarliks vir 10 jaar as “hulp”. Maar daarby kom die verbod op kritiek teen Israel wat, indien aanvaar word, ‘n kriminele oortreding daar sal stel.
Mens wonder soms of die VSA se hoofstad nie dalk Jerusalem is nie...
ROOMSE MISLEIDING ONTMASKER (8)
>
Ds A E vd Berg
Lees reeks by Roomse misleiding ontmasker
Die bieg en selibaat
Die Roomse bieg is onteenseglik Babilonies van oorsprong en verskil van die Bybelse voorskrif: “Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar” (Jak.5:16). Min dinge het die Babiloniese priesters soveel mag oor mense besorg as die ‘bieg’. Met hierdie gedwonge onthullings het priesters feitlik alles van almal geweet. Inligting is mag; iets wat die RK goed verstaan en gebruik!
Lidmate word in ʼn bieghokkie tot bekendmaking aangemoedig. Tydens die bieg sê die lidmaat:
”Ek bely teenoor die almagtige God, die geseënde Maagd Maria, die geseënde aartsengel Michail, die geseënde Johannes die Doper, die heilige apostels Petrus en Paulus, al die heiliges, en aan u vader, dat ek gruwelik gesondig het”.
OM EENSGESIND TE WEES
Hannes Ollewagen
Rom. 15:1-13
“En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus,” (:5).
Die Here stel dit vir ons duidelik in sy Woord dat Hy van ons verwag om eensgesind onder mekaar te wees. Die brief wat Paulus aan die Romeine skryf, bevat telkens hierdie vermaning. “...wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie;” (Rom. 6:16). Eweneens skryf hy sy brief aan die Filippense wat hulle in hoofstukke 2 en 3 tot eensgesindheid maan. “Maar wat ons reeds bereik het — laat ons volgens dieselfde reël wandel, laat ons eensgesind wees.” (Fil. 3:16).
BROKKIES GESKIEDENIS (1)
>
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
BARBAARSE METODES
Onder die Britte wat die "verskroeide aarde-beleid" veroordeel het, was daar sir Henry Campbell Bannerman, leier van die Liberale Party. Hy het op 14 Junie 1901 in 'n toespraak enkele woorde gebruik wat histories geword het: "A phrase often used is that 'war is war', but when one comes to ask about it one is told that no war is going on, that it is not war. When is a war not a war? When it is carried on by methods of barbarism in South Africa."
Behalwe deur verwoesting het die Britte 'n tweede maatreël toegepas - dié keer teen die vegtendes. Hulle het begin met groot dryfjagte of drives (die Boere het dit soms "krale" genoem) om al die kommando's te probeer vang.
PAUL KAGAME: DIE SLAGTER VAN RWANDA
Dr JJ Snyman
Die artikel op Maroelamedia se webwerf “Afrika-pessimisme en ‘n piesang republiek” geskryf deur Nico Stegmann het baie belofte getoon by die aanvanklike lees daarvan. Maar dan verwys hy na Rwanda as ‘n uitsondering op die reël, ‘n land wat “merkwaardig herstel” het volgens hom. Hy maak melding van ‘n “burgeroorlog” wat daar gewoed het, dat Paul Kagame ‘n “goeie leier” is, en dies meer. Wel, wel...
Wat is die waarheid oor Paul Kagame? In die eerste plek dat hy waarskynlik die grootste mensemoordenaar is wat Afrika ooit gesien het. Ja, hy stel selfs vir Idi Amin in die skadu. Hoe so?
Kagame het meer as vyf keer soveel mense vermoor as Idi Amin. Hy het Rwanda in 1990 ingeval en ‘n oorlog van verowering gevoer wat in 1994 geëindig het; 800 000 lewens later word beweer. In 1996 het hy die Demokratiese Republiek van die Kongo ingeval en dit het vier miljoen slagoffers geëis.
DIE DWAASHEID VAN DIE KRUIS...
... IS ‘N KRAG VAN GOD
Dr Willem Jordaan
Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie? – 1 Kor 1:20
Paulus noem die evangelie “die krag van God” – 1 Kor 1:18. Die kruisdood van Jesus het die spot van teenstanders verwerk. Die “krag van God” lê daarin dat dit die hoogste aktiwiteit openbaar van die steeds werkende, handelende God tot saligheid van die mens. Die krag word sigbaar omdat dit ‘n skeiding veroorsaak tussen dié wat verlore gaan en dié wat gered word.
“Wyses, skrifgeleerders en redetwisters” verwys na Jode en Grieke wat weens hulle ongelowige lewens – en wêreldbeskouing, onaangeroer is deur die Heilige Gees en oorgegee is aan oordeel en ondergang.
Deur middel van sy eie wysheid sal die wêreld God nie ken nie. Nie deur verligting van die verstand sal jy gered word nie, maar verligting van die hart – ja, deur geloof.
Die Jode verlang deurgaans na ‘n teken ( ‘n wonder vanuit die hemel wat sal bevestig dat Jesus die Here is) en die Grieke as denkers, iets wat hulle verstand sal aanspreek. Paulus steur hom nie hieraan nie maar verkondig ‘n gekruisigde Christus. Meeste het dit verwerp maar tog gryp (roep) God hulle wat dit aanvaar:
Want wat dwaas is by God, is wyser as die mense; en wat swak is by God, is sterker as die mense – 1 Kor 1:24
‘n Gekruisigde Messias was vir die Griek ‘n toonbeeld van dwaasheid en vir die Jood ‘n teken van swakheid. En tog is die gekruisigde die oorwinnaar oor alle vermeende wysheid en krag van mense.
Om deur God net verkies (geroep) te word, is nie ‘n prestasie nie; dit is ‘n wonderwerk van genade. As christen word jy dus opgeneem in die gemeenskap met Christus. Dit beteken ook ‘n herskepping en word jy deel van die geestelike rykdom van Christus.
Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom; die vryspraak, die heiliging en die verlossing – 1 Kor 1:30.
Geloof bestaan nie in die wysheid van mense nie maar in die krag van God – 1 Kor 2:5.
Paulus het te kort geskiet in oorredingskrag van menslike wysheid (volgens die Grieke )maar hy is gedra deur die Heilige Gees en die krag van God. Vir diegene wat wou hoor het sy prediking wel ‘n kragdadige uitwerking gehad.
Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid. – 1 Kor 2:7.
Die wysheid van God bestaan in die heilsgeheim wat vir die mens se verstand verborge is, en wat daarom alle menslike wysheid oortref. Diegene wat glo sal die heilsgeheim ken( Efesiërs 3:3).
Hoe sal ons die goddelike wysheid ken? Alleenlik as die Heilige Gees in jou woon. Hy lei jou in alle waarheid en maak die betekenis van God se optrede jou bekend.
Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.
Wie dus die Gees van God besit, is ook bekend met die heilsgedagtes van God. In die gees van die wêreld is daar geen krag nie. Dit is ontoereikend. Dit is leeg. Dit is nutteloos. Dit kan die dinge van God nie beoordeel nie.
Ja, vestig jou oë op die kruis – en die krag wat alle krag te bowe gaan sal in jou vaardig word.
ROOMSE MISLEIDING ONTMASKER (7)
Ds A E vd Berg
Lees reeks by Roomse misleiding ontmasker
Die misoffer
Die Roomse misoffer is nie bloot ʼn ander manier van Nagmaalsviering nie. Dis geen Nagmaal nie! Nagmaal is ʼn gedagtenis maaltyd (Luk.22:19) waartydens gelowiges hul die lyde en sterwe van Christus voor die gees roep. Die RK beskou dit verkeerdelik as ʼn offer soos wat die eertydse OT priesters gebring het en staan so sentraal, dat selfs die prediking daaraan ondergeskik is.
Hierdie misoffer is Babilonies van oorsprong. Die afgodspriesters se hooffunksie was om tot eer van Semiramis te offer waartoe ʼn hoëpriester hulle georden het. Alle ander funksies was daaraan ondergeskik. Dis presies dieselfde in die RK. Priesters word georden om tot eer van Maria te offer. Tydens dié ordening sê die biskop:
DIE JOODSE REVOLUSIONÊRE GEES
Dr Danie Theron
The Jews having rejected Logos (Christ), were inevitable rendered revolutionaries.
Daar het al baie boeke oor die Jode verskyn. Self het ek baie boeke oor die Jode gelees. As ek ‘n paar mag uitsonder wat beslis gelees moet word is dit The Zionist Factor van Ivor Benson, Judaïsm Discovered van Michael Hoffman, Controversy of Zion van Douglas Reed ea. Dit is uitstaande werke en ‘n absolute moet vir enigeen wat iets van die Joodse gees wil verstaan.
Maar sover dit mag gaan, sal mens steeds op werke afkom wat uitstaande is. So het ek afgekom op die werk van Michael Jones, The Jewish Revolutionary Spirit and the Impact on World Humanity. Wat ‘n uitstaande werk! Terloops, Amazon, die maatskappy van die rykste man op aarde, Jeff Bezos, verkoop die boek tweedehands vir $150, sowat R2 100!
ROOMSE MISLEIDING ONTMASKER (6)
Ds A E vd Berg
Lees reeks by Roomse misleiding ontmasker
ʼn Uitgediende amp
As die hoof siek is, is die res van die liggaam ook siek. Van die pous tot die priesters vertolk alle Roomse kerklui ʼnrol wat skerp van die NT se oorskrifte vir kerklike opsieners verskil (1Tim.3). So is die priesterskap bv. ʼn uitgediende amp.
In die OT het priesters ʼn waardige amp bedien deur vir sondaars by God in te tree om versoening vir hul sondes te verkry. Hulle was egter net ʼn voorafskaduwing van Christus, die eintlike Hoëpriester, wat sou kom. Daarom is die priesteramp na die kruisiging van Christus afgesluit. Sondaars moes God voortaan sonder tussengangers nader.
Die OT priesterskap is met ʼn nuwe amp vervang – die amp van die gelowige. Elke gelowige is ʼn priester met Jesus as Hoëpriester.
DIE JODE EN SWARTES
Dr Danie Theron
Goyim (non-Jews) were born only to serve us. Without that, they have no place in the world... Rabbi Ovadia Yosef
Voormalige hoofrabbi van Israel - 18 Oktober 2010
Die Azkenazi Jode het as groep die hoogste gemiddelde IK van enige groep. Dit is aangewend om aan hulle ‘n invloed te gee ver buite die verhouding van hulle getalle tot die res van die bevolking. Veral in Amerika. In die VSA is byvoorbeeld bevind dat Jode daar ‘n gemiddelde IK van 115 het, terwyl dié van die Negers 85 is.
Toe die Jode boonop toegetree het tot die uitbou van die Swart bewussynsbeweging in die VSA, was dit ‘n formaliteit dat hulle ook dié beweging sou beheer.
LET OP SY KRAG
Hannes Ollewagen
Exodus 9:13-35
“...maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, en dat hulle my Naam op die hele aarde kan verkondig.” (:16).
Ons wonder dikwels oor God se benadering tot en hantering van sake. Ons kan byvoorbeeld wonder waarom Hy nie opslag die satan vernietig het toe hy teen God in opstand gekom het nie. Waarom hom uit die hemel werp en daarna selfs toelaat dat hy die mensekinders versoek? Ons wonder dalk waarom God nie sommer met die plaag van die dood van die eersgeborenes begin het en sodoende die volk Israel soveel vroeër uit Egipte laat trek het nie.
God verklaar vir ons sy optrede teenoor Farao in Exodus 9:14-16. Hy stel aan Farao in vers 13 dat Hy wat God is aan hom ‘n bevel gee. God beveel aan Farao dat hy die volk Israel moet laat trek. God ken egter die hart van hierdie heiden en weet dat dieselfde opstandigheid daarin seëvier as wat in die satan is om God se bevele te verontagsaam.
WOEKERY: VERDERE BETOOG
>
>>>
Dr Pieter Swart
Woekery is in effek ‘n oorlog wat teen die individue en teen die mense van ‘n land gevoer word. Die hef van rente deur banke op geld wat hulle uit niks geskep het nie deur bloot ‘n bankinskrywing te maak, verplig die lener om na daardie geld te gaan “soek” in die “vryer markte”.
Baie Christene sal vandag geskok wees as hulle moet hoor dat hulle ‘n heilige oorlog moet voer teen sonde of vyande van ons geloof. Waarom is hulle nie geskok oor die oorlog wat die woekeraars teen ons voer nie?
Om rente op ‘n lening te hef maak almal vreemdelinge van mekaar, soos vandag die geval is en wat Thomas Hobbes genoem het Bellum omnium contra omnes, of te wel, ‘n oorlog van almal teen almal.
RENTE ‘N SONDE?
Dr Pieter Swart
Psalm 15:
Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here?
... hy wat sy geld nie op rente uitleen nie.
Daar word beweer dat hierdie voorskrif, soos baie ander voorskrifte in die Ou Testament, nie meer geldig is nie. Of dan dat dit bloot na die ideale persoon verwys.
Tog vind mens dieselfde verbod in Esegiël 5:8:
...hy sal nie op rente uitleen nie en nie woekerwins vat nie.
Geld is ‘n ruilmiddel en indien geld self gebruik word om geld te maak, in teenstelling met geld wat verdien is deur werk, word geld uit niks gemaak nie.
Die persoon wat rente vra het dus nie daarvoor gewerk nie. Dit word dus ten koste van iemand anders gemaak.
DIE 911 POLIS
Ds A E vd Berg
“Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige (Ps.91:1).
Wanneer ʼn mens aan terrorisme dink, onthou jy 11 Sept. 2001 toe terroriste twee wolkekrabbers in New York met vliegtuie in puin gelê het. Die beeldmateriaal daarvan sal ʼn mens altyd bybly. Suid-Afrika ken ook terrorisme. Die ANC se Kerkstraat-bomontploffing in die 80er jare is een voorbeeld. Wat goed is vir ʼn terroris, is altyd baie sleg vir ʼn land!
Waar kom terrorisme vandaan? Van die Satan. Daarmee verwoes hy lewens, gesinne, kerke, gemeenskappe en lande. Kyk wat ná April 1994 in Suid-Afrika gebeur het toe die Christelike bestel m.b.v. kerke afgebreek is om aan Satan beheer te gee. Suid-Afrika het die gevaarlikste land ter wêreld geword. Dit gebeur as mag aan die grootste terroris oorhandig word –Satan! Jesus sê van hom:
“...Hy was ʼn mense moordenaar van die begin af....” (Joh.8:44).
Wat kan gelowiges teen hierdie terroris doen? ʼn Beskermingsplan uitneem; die 911 beskermingsplan (Ps.91:1).
“Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige”.
Vernag beteken beskerm. Gelowige sal die Almagtige se beskerming verkry. Ons durf nie sonder hierdie geestelike dekkingsplan leef nie; dis te gevaarlik! Wanneer Satan, die geestelike terroris, ons aanval, maak ons die Bybel by Ps.91:1 oop – ons eie 911 polis met drie wonderlike voordele. Kyk daarna :
- (i)Ons kan na God hardloop.
- (ii)Persoonlike verhouding.
- (iii)Vertrou op God se beloftes .
- (i)Ons kan na God hardloop.
Nood laat ʼn mens hardloop; òf na òf weg van God. In die teksvers doen die skrywer die regte ding en hardloop na God toe. Ps.91:1 is nie vir almal nie; dis slegs vir hulle wat God deur die bekering tot Jesus leer ken het. Dis vir die kinders van God wat in die Vaderhuis bly, bedoel. Hierdie polis maak nie vir mense wat so af en toe kom kuier voorsiening nie; dis alleenlik vir permanente inwoners bedoel en nie vir die gaste nie!
Dawid praat ook van hierdie geestelike verblyf in die Vaderhuis:
“Een ding het ek van die Here begeer, dit sal ek soek, dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die Here...” (Ps.27:4).
Watter voordeel het hierdie vaderhuis vir God se kinders? Die teksvers sê dat dit ʼn skuilplek is – ʼn plek van heilige en veilige verkeer met die Vader.
“Want U, Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak” (:9).
Salomo sê:
“Die Naam van die Here is ʼn sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskerm” (Spr.18:10).
Hierdie vaderhuis is ʼn geestelike fort.
Luther skryf die woorde van ons Ges.265:
“ ʼn Vaste burg is onse God, ons skuil in Hom, die sterke...”
ʼn Burg is ʼn ondeurdringbare verdedigingsvesting. So is God vir sy kinders. Niemand is teen Hom bestand nie, selfs nie Satan nie.
Hoe lyk hierdie sterke God? In die Bybelse tyd het ʼn naam ʼn karakter beskryf So ook God s’n. Ps. 91 gebruik vier name vir Hom wat sê waarom gelowiges in ons nood na Hom kan hardloop. Verse 1 en 9 noem Hom die ALLERHOOGSTE (El Eljon); die hoogste God is in beheer van alles daarom hardloop sy kinders na Hom vir beskerming.
Verder noem vers 1 Hom die ALMAGTIGE (El Shaddai). Hierdie benaming is van ʼn woord afgelei wat berg beteken en dui op God se beskermende genoegsaamheid.
Verse 2 en 9 noem Hom HERE (Jahwe) wat beteken om te wees. God sê aan Moses: “EK IS WAT EK IS” (Ex.3:14) en beskryf daarmee sy onveranderlike karakter. In ʼn wêreld van veranderlikes is God die enigste vasstaande Onveranderlike. Daarom soek gelowiges beskerming by Hom.
Vers 2 praat ook van Hom as God (Elohim). Dit beteken dat Hy bo alle ander sg. gode verhewe is. Hy is die sterk Een, die magtige Leier en die hoogste God waarheen gelowiges kan hardloop!
Jare gelede het ʼn reuse veldbrand in die Yellowstone Nasionale Park (VSA) gewoed. Nadat dit geblus is, het ʼn veldwagter by ʼn boomstam ʼn voël gevind wat byna tot kaiing verbrand het. Toe hy met ʼn stok aan haar krap, het drie kuikens onder haar dooie moeder se vlerke uitgedop. Sy het geweet wat kom, haar kuikens uit die nes geneem en op die grond met haar vlerke toegemaak. Sy kon hulle gelos en na veiligheid gevlieg het. Sy het nie haar kinders verlaat nie en gewillig gewees om te sterf sodat hulle onder haar vlerke kon bly lewe.
“Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil....” (Ps.91:4).
Elke mens hardloop in tye van nood hetsy fisies of psigies; niks fout daarmee nie, solank as wat hy in die regte rigting hardloop. Moet nooit van God af weghardloop nie; hardloop eerder na Hom toe en gebruik die beskerming wat Hy voorsien. God is bo ons benarde situasies verhewe met alle mag in die hemel en op die aarde. Woorde soos skuilplek, toevlug en bergvesting spreek van behoud. God wil jou nie verdelg nie, maar eerder bewaar!
(ii) Persoonlike verhouding
Dit bring ons by die tweede voordeel van die 911 polis. Die eerste voordeel is dat ek na God toe kan hardloop. Die tweede is dat dit ons in ʼn PERSOONLIKE VERHOUDING MET GOD bring. Vers 2:
“Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou” .
Drie maal hoor ons die woord my. Dit spreek van ʼn persoonlike verhouding. Ek ken God en Hy vir my.
Watter voordeel het hierdie persoonlike verhouding vir gelowiges? Vers 3 antwoord: God red hulle uit die net van die voëlvanger en van die verderflike pes. Voëlvanger dui op gevaar wat ons van buite bedreig en die verderflike pes van gevaar wat ons van binne bedreig. God bewaar ons onder alle omstandighede:
“U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my” (Ps.139:5).
Ps.91 praat van baie bedreigings - skrik, pyle, peste, boosheid ens. Ja, dit voel soms asof die lewe so buite beheer raak, dat ons slagoffers van ons omstandighede geword het. Ons beantwoord dikwels ʼn groet met: Dit gaan goed onder omstandighede”. Waarom onder? Wat doen ons onder ons omstandighede? Die lewe is soos ʼn matras; as ons bo-op is, slaap ons rustig. As ons onder dit beland, versmoor ons! God wil dat ons bo-op ons omstandighede kom en daar bly. Die 911 polis maak daarvoor voorsiening.
(iii) Vertrou op God se beloftes
Dit bring ons by die derde voordeel van die 911 polis: DIT LEER ONS OM OP GOD SE BELOFTES TE VERTROU.
“Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken. Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee. Met lente van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien” (:14-16).
Wat sê dit vir my as gelowige? Dat God in beheer is al gaan dit ook hoe rof met my. In vers 11 sê die Psalmdigter dat God selfs sy engele opdrag gee om ons te beskerm! In Ps.91 sê God sewe maal Ek sal.
- (i)Ek sal hom red.
- (ii)Ek sal hom beskerm.
- (iii)Ek sal hom verhoor.
- (iv)Ek sal by hom wees.
- (v)Ek sal hom uitred.
- (vi)Ek sal hom versadig.
- (vii)Ek sal hom My heil laat sien.
Wat het ons meer as dit nodig? Die ramp van 9 Sept. 2001 was ʼn groot tragedie. Die grootste tragedie is en bly egter mense wat die 911 polis van God nie wil hê nie!
WAT MAAK ONS VANDAG VAN DIE VOORSKRIF IN 1 TIM 6:10? (93)
Dr Pieter Swart
“Want die geldgierigheid is die wortel van alle euwels” – 1933/1953-vertaling.
“Geldgierigheid is ‘n wortel van allerlei kwaad” – 1983-vertaling.
Daar is myns insiens ‘n groot verskil in die betekenis van die Skrifgedeeltes in die twee vertalings. “Die” teenoor “’n” impliseer dat daar ander wortels is en geldgierigheid bloot een daarvan is.
Daarbenewens word van “alle” euwels in die ‘33/’53-vertaling gepraat, terwyl die ’83-vertaling weer die saak versag.
In Engels word die saak eintlik veel duideliker gestel in die King James Version (KJV) waar geskryf staan:
“Money is the root of all evil”.
ROOMSE MISLEIDING ONTMASKER (5)
Ds A E vd Berg
Lees reeks by Roomse misleiding ontmasker
Die pous
Die RK is so van die heidendom deurtrek, dat gelowiges beswaarlik iets eg Bybels daarin kan vind. Haar hele kerkstelsel is heidens. Die Kollege van Kardinale met die pous aan die hoof is ʼn nabootsing van die ou Romeinse Kollege van Hoëpriesters met sy Pontifex Maximus (heerserpriester) aan die hoof.
Die woord pous kom van die Latynse papa wat vader beteken. Roomse priesters word in stryd met Christus se uitdruklike bevel as vader aangespreek: