Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God het die verborgenhede wat Hy aan ons bekend wou maak, in sy Woord geopenbaar. En Hy het besluit wat belangrik is en wat tot ons heil sal strek, en dit aan ons bekend gemaak. Om dus op hierdie spoor te kom moet ons terugkeer na die Woord van die Here.
MENSEREGTE EN DIE AFRIKANER SE TOEKOMS
Dr Danie Theron
Ek het al dikwels daarna verwys dat die Grondwet van die RSA die Afrikanervolk se grootste vyand is. Vandag wil ek verder oor die saak gesels. En dit is nie ter wille van blote akademiese debatering nie, maar sal myns insiens aantoon dat ons in ‘n benoude situasie vasgevang is.
‘n Grondwet van ‘n staat is die grondslag waarop ‘n staat gebou word. Dit is bepalend vir die gehalte van die hele staatshuishouding. Indien dit Christelik gefundeerd is, gee dit die toon aan vir Christelike waardes wat voorop gestel sal word. Indien dit egter gebaseer is op die liberale menseregte-kernstuk, mag geen godsdiens voorrang geniet nie omdat almal “gelyk” behandel moet word.
Die sogenaamde “neutraliteit” van so ‘n grondwet is dus niks anders nie as anti-Christelik. Het Jesus nie self gesê dat wie nie vir Hom is, teen Hom is nie?
MOENIE HALFPAD OPHOU NIE
Ds Andrè vd Berg
“…En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon” (Gen.11:31).
Daar is min dinge in die lewe so droewig as drome wat versaak word; dinge wat gesterf het omdat dit net by drome gebly het. Drome is spotgoedkoop maar mense wat werk daarvan maak, is egter baie skaars. Die meeste mense het ideale en drome maar doen niks daaraan nie; veral nie geestelike drome nie.
Daar is niks so treurig as mense wat lewenslank droom, maar niks daaraan doen nie.
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (13)
Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener
Nasionaliste
Geïnspireer deur die Gees van God, is die Nasionaliste die uiterlike werktuig waaroor die bevryding van Suid-Afrika sal geskied.
By die eerste stigting (van die jong Nasionale Party) wat gevorm en opgebou is deur die Wil en Krag van die Bestuurder van volkslotgevalle, is die Nasionaliste bestem om die eerste stoot te gee aan die onafhanklikheidsbeweging. (Presies dertig jaar later (1948) is dit toe ook bewaarheid).
As beskermer van Vrede is die Nasionaliste as’t ware die enigste liggaam in die wêreld wat werklik beskou kan word as ’n baanbreker van die Millennium.
MASKER AF, ANC (6)
Lauritz Strydom
lees reeks by MASKER AF, ANC
Die dokumente verdoem
“ ‘Operasie Mayibuye’ dui vir die toekomstige opstandelinge die basiese stelreël van die guerrillavegter aan: ‘Val die swakke skaamteloos aan en vlug van die sterke! ‘ ... onderwyl die kommunistiese slang sy slagtande van chaos, guerrilla-oorlog, verwoesting en bloedvergieting in sy slagoffer se skene slaan...”
Hierdie plan van die ANC is net uitgestel omdat Mandela en sy terroristebende gevang is. Suid-Afrikaners in 2019 moet vir geen oomblik dink dat hiervan vergeet is nie; talle swartes sing daagliks oor daardie “great day” wat voorlê wanneer hulle die blankes uitgemoor en die land vir hulself het. Dit is dan ook wat die woord Mayibuye beteken: ‘Kom terug’ – die land na die swartes. ‘Operasie Mayibuye’ is nou meer as ooit ter tafel en sal ons in 2019 begin sien hoe blankes se grond en eiendom met geweld gevat word. Die ANC se ideaal stop ook nie by die oorname van die regeermag en die vat van blanke eiendom nie, maar by die totale uitwissing van die blankedom in Suid-Afrika en eindelik die hele Afrika, vandaar hulle slagspreuk “Afrika Mayibuye” .
NUWEJAARSWENSE
Ons hier by Gelofteland wens elkeen van ons lesers 'n baie veilige, Godsbeskermde en vreugdevolle 2019 toe.
Ons boodskap aan u is dat u God se verbond nie moet vergeet in hierdie nuwe jaar nie, dan sal Hy ons nie onbeskermd laat in 'n land waar daar tans baie woelinge en misdaad is nie.
Ons vyande is besig om die Afrikaner in hierdie land te probeer vernietig en die aanslae sal in 2019 verskerp.
LAAT STAAN EN WEET DAT EK GOD IS...
OUJAARSBOODSKAP
Ds Andrè van den Berg
"Wat die nuwe jaar vir ons inhou, weet ons nie. Al sal ons God se weë in hierdie jaar nie verstaan nie, moet ons aanhou glo..."
Baie mense weet nie dat Moses ook ʼn Psalm geskryf het nie - Ps.90. In hierdie oudste van al die Psalms betreur Moses die kortstondigheid van die lewe. In vers 9 skryf hy: “ ... ons bring ons jare deur soos ʼn gedagte”. Hoe waar is dit nie! Die grootste probleem met die lewe is dat daar soveel mooi dinge is om te doen, maar so min tyd.
Elke jaar loop vinniger as die vorige, veral as jy ouer word. In hierdie opsig laat die lewe ʼn mens baie aan ʼn rolletjie papier dink – hoe nader aan die einde, hoe vinniger loop dit. God gee die lewe eenmalig aan ons. Ons glo nie soos die Hindoes aan reïnkarnasie nie. Nee, ons leef net een maal. Gevolglik is die lewe soos ʼn valskermsprong, jy moet dit die eerste keer regkry. Daar is nie ʼn tweede kans nie.
HARDLOOP VIR JOU REDDINGSBOOT!
Ds Andrè vd Berg
“...sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Joh.3:15).
Sy was die skip van drome – 300 meter lank en ʼn anker van 16 ton. Dit het 14,000 mense geneem om haar te bou en die binneruim ʼn volle 10 maande om te voltooi. Net voor die tewaterlating het ʼn Britse koerant berig: “Neither God nor man can sink her”. Sy is die Titanic genoem.
Op Sondagaand 12 April 1912 het sy op haar nooiensvaart na Amerika binne twee ure na ʼn botsing met ʼn ysberg in Kanadese waters gesink. Meer as 1500 mense het hul lewens verloor; ʼn gebeure wat mense vandag nog aangryp!
Waarom het so baie mense omgekom? Daar was te min reddingsbote! Die eersteklas mense is eerste op reddingsbote gelaai waarna die kaptein net plek vir vrouens met kindertjies toegelaat het. Vir ʼn sekere vrou wat derdeklas gereis en nie ʼn kind by haar gehad het nie, was die aankondiging ʼn doodsvonnis. Toe hardloop ʼn man met ʼn baba in sy arms verby haar en sê: “Hier, vat hom en hardloop vir ʼn plek op die reddingsboot”. Die baba in haar arms het haar lewe gered!
BUITELANDSE BELEGGERS-OË GAAN OOP
Jeanette Koekemoer
Op 27 Desember 2018 berig buitelandse media dat die ANC se konsep van swart welvaartskepping slegs beteken om te buit en roof aangesien dit duidelik word dat geen winsgewende boerdery deur swartes bereik of in stand gehou kan word nie.
Hierdie berig volg nadat dit aan die lig gekom het dat die toé 46 jaar-oue welvarende Lipton Teeplaas naby Tzaneen wat sedert 1960 deur die Lipton Tee-groep bestuur is, in 2006 deur die ANC oorgeneem is as deel van hul grondverdelingsprogram. Daarby het die ANC R65 miljoen as lenings aan swartes toegestaan wat beweer het hulle is boere in dié gebied.
Nou het ‘n forensiese ondersoek getoon dat R121 miljoen se bates daar vernietig is as gevolg van swartes se onvermoë om ‘n welvarende boerdery te bestuur. Die tee-bosse is deur onkruid verdring en alle geboue is gestroop sodat daar basies niks anders oor is as wildernis nie. Die gevolg van hierdie inligting in die buiteland is dat beleggers se oë bietjie vir bietjie begin oopgaan.
DIE LEUEN OOR KORRUPSIE
Misdaadstatistieke toon dat Suid-Afrika een van die gewelddadigste lande ter wêreld is. Jare gelede was dit een van die veiligste en beleggingvriendelikste lande in die wêreld. Wat het hierdie verval veroorsaak? Dwase politieke besluite en grootskaalse korrupsie.
Korrupsie is een van die grootste, vernietigende magte want alles wat daardeur aangeraak word, verval onvermydelik. As korrupsie by ʼn land se voordeur inkom, loop voorspoed by die agterdeur uit. Die geskiedenis van Afrika is ʼn eindelose tablo van die tragiese gevolge van korrupsie. Laasgenoemde en onafhanklikheid is ʼn resep vir die dood!
ONS ONHERROEPELIKE VOLKSPAD IN 2019
Jeanette Koekemoer
Dit was Richard Weaver wat gesê het dat daar nie iets soos internasionale "wortels" met betrekking tot kultuur bestaan nie. Hy het hom sterk uitgespreek oor die verskansing, die beskerming van 'n volk se eie kultuurwaardes wat soos 'n heiligdom bewaar moet bly indien die volk nie verdring en vertrap, vermoor en totaal uitgewis wil word nie. Wanneer die reg van 'n volk se voorkeure in sy kultuurlewe van hom ontneem word soos dit nou met die Afrikanervolk gesteld is sodat daar nie meer een voorkeur vir 'n bepaalde beginsel bestaan nie, dan word dit 'n lewe sonder beginsels en dán verval 'n volk in 'n beginsellose pad na selfvernietiging. Geen wonder daar is onder ons volksgenote soveel gevalle van depressie, selfmoord, en veral volksverraad nie want 'net dalk is daar uitkoms aan die anderkant' van die spreekwoordelike draad!
OM TE LEEF IS 'N KUNS
Ons gaan oor drie dae die nuwe jaar binne; 'n jaar wat vele dinge kan meebring. Dalk is dit die jaar waarin die Blanke volk in Suid-Afrika die geleentheid sal kry om sy doodse volksgees af te skud, sy regmatige plek in hierdie land terug te neem terwyl daar nog iets is om terug te neem. Hoe langer die herstelproses uitgestel word, hoe minder sal daar oorbly om terug te neem.
"Daar is ’n vrede wat die dood is en daar is ’n oorlog wat die lewe is. Die volk wat nie waardes het nie, wat geen geloof het nie, so ’n volk gee oor, want hy het niks om voor te veg nie en niks om te verdedig nie. So ’n volk word in oneer van die aarde afgevee."
Hierdie diepdeurdenkte woorde van Jaap Marais moet 'n keer goed deur reggeaarde volksgenote oordink word: dan sal ons dalk die erns van ons huidige toestand begin besef en ophou om die doodsheid waarin ons volksgees verkeer as 'n vredestoestand te sien, en ons sal begin besef dat ons uit hierdie doodsheid moet uitbeur juis nie om sogenaamde vrede nie, maar om 'n weerstandsoorlog te voer wat weer vir ons lewe in hierdie land sal bring. Dan sal ons begin verstaan; en dan sal ons glo dat as ons dit nié doen nie, het ons reeds oorgegee, en het ons niks meer om voor te veg nie. En dán moet ons weet dat ons in geheel as 'n volk van hierdie aardbol afgevee gaan word – ons sal onthou word as die volk wat die kortste bestaan van alle volkere gehad het voordat hy verdwyn het.
BYBEL EN VOLKSTRYD (14)
Ds C R Kotze
Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd
DIE HERE IS MET JOU, DAPPER HELD!
(Rigters 6 :12)
TERWILLE van die nodige kastyding laat die Here toe dat Israel deur die Midianiete verower word. En dit bly nie net by verowering nie. Daar kom verdrukking. Die Israeliete se besittings word met geweld geneem. Selfs hul oeste word deur die Midianiete geneem. Dit lei tot armoede.
Ons weet in Suid-Afrika wat verowering, veronregting, verdrukking en verarming is. Hier is nie van die veroweraar se mense by die armblankes nie. Dis die verowerdes en verdruktes wat gedrywe word tot die geledere van die armblankes.
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (11)
>
>>>
Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener
Suid-Afrika
Land van die toekoms
"Maar julle is 'n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige volk, ’n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duistemis gewerp het tot sy wonderbare lig, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is”. (1 Petrus 2:9-10)
In aansluiting by hierdie teksgedeelte het die Boodskapper aan my gesê: “So spreek die Here God tot die volk van Suid-Afrika: Julle wat eertyds geen volk was nie, het nou my volk geword; julle wat vroeër nie ontferming geken het nie, oor julle sal Ek my nou ontferm”.
LEEF JOU GELOOF
Hannes Ollewagen
2 Pet. 1:3-21
“En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde. Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie;” (:5-8).
Suid-Afrika word oor die algemeen beskou as ‘n “Christelike land”. In 2001 het bykans 80% van die bevolking verklaar dat hulle Christene is. As hierdie opname dan korrek is – waarom lyk hierdie land soos wat dit vandag lyk? Die bevolking is negatief. Die ekonomie is op die randjie van ‘n ineenstorting. Die infrastruktuur stort in duie. Die regering van die dag en hoë sakelui is korrup. Die mediese- en ander dienste is in ‘n chaotiese toestand. Daar is soveel kerke wat dwaalleer verkondig en talle mense vind nie meer ‘n geestelike heenkome nie. Dit lyk veel eerder na die slagveld van Satan as die eiendom van God.
DIE GOEIE TYDING
Ds Andrè vd Berg
“En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is, die Saligmaker wat Christus, die Here is” (Luk.2:10,11)
Hy is uit ’n onbeduidende jongmeisie in ’n klein dorpie gebore en het in ’n ander dorpie grootgeword waar hy as timmerman vir sy pa gewerk het. Toe Hy 30 jaar oud was, het Hy vir drie jaar as prediker gereis, nooit ’n boek geskryf, ’n huis gekoop of ’n gesin gehad nie. Hy het ook nie ver gereis of geloofsbriewe verkry soos baie van die reisigers van sy tyd nie.
Op 33 jaar het sy eie volksgenote teen Hom in opstand gekom en sy vriende weggehardloop. Een het Hom selfs vir geld verraai. Daarna is Hy aan die gereg oorgelewer, aan ’n spotverhoor onderwerp, ter dood veroordeel en tussen twee misdadigers gekruisig. Terwyl Hy doodgebloei het, het sy laksmanne die lot oor sy enigste aardse besitting gewerp - sy klere. Ná sy dood is Hy in ’n geleende graf ter ruste gelê omdat iemand Hom jammer gekry het.
KERSFEES IN DIE VREEMDE
Dr JJ Snyman
Dis Kersfees, dis Kersfees
die Heer daal tot ons neer
Kersdag het sedert kleintyd vir my ‘n bekoring ingehou. Soos seker vir meeste mense. Dit is ‘n dag so gans anders as enige ander dag. En ‘n mens aanvaar later alles so vanselfsprekend!
Wat is dit dan wat hierdie dag so spesiaal maak? Wel, baie faktore speel ‘n rol. Die feit dat dit in die Desembervakansie val is natuurlik ook een van die redes. As dit nog boonop by die see is, soveel te meer. Die pragtige musiek van Kerstyd met klem op dié wat gevind word in die Christelike liedboeke. Die samesyn met geliefdes. Vriendskappe. Geskenke. Dit is ‘n besonderse, anderse meelewing tussen Christene. En dan die woorde wat mekaar toegewens word: “Geseënde Kersfees!”. Ja, selfs vir vreemdelinge wat jy raakloop hierdie dag.
Daar is ‘n gemoedelikheid en ‘n meelewendheid op hierdie dag wat nie op ander dae van die jaar ervaar word nie. Nie eers op ‘n verjaarsdag nie. Ek onthou nog hoe my pa op sy sterfbed op Kersdag heerlik saamgesing het aan Stille Nag, Heilige Nag. Hartroerend!
KERSFEES – JA OF NEE?
Ds Andrè vd Berg
“En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar” (Luk.2:6).
Is 25 Desember werklik die geboortedag van ons Here Jesus of was dit ʼn heiden-fees wat van ʼn Christen baadjie voorsien is soos wat sommige mense beweer? Die antwoord op beide vrae is nee; 25 Desember is nie die werklike geboortedag van Jesus nie en dis ook nie van die heidendom verkry nie.
Wat wel waar is, is dat 25 Desember sedert die vierde eeu n.C. die Christenkerk se feesdag is waarop Jesus se geboorte gevier word. Let wel: sy geboorte en nie sy geboortedag nie.
SAAMBLY
Saamblyery is ʼn euwel wat onrusbarend toeneem. In 1990 is die getal mense wat in Suid-Afrika saambly op 10% bereken. Dis tans 43% en styg steeds! Saamblyery is ’n verhouding wat nooit as ’n amptelike huwelik voltrek word nie, maar nogtans al die wesenlike kenmerke van ’n huwelik dra. In 1970 het die NG Kerk so sterk teen hierdie sonde gevoel, dat sy die regering gevra het om alle saamblyverhoudings buite die huwelik strafbaar te maak.
In 2009 het dieselfde kerk opslae in die media gemaak toe sy besluit het om die moontlikheid van groter verdraagsaamheid jeens saamblyery te ondersoek. Dit het gebeur nadat verskeie lidmate navraag oor die kwessie gedoen en die kerk besluit het om oor die sonde na te dink en besmoontlik te ontsondig.
HOMOSEKUELE HUWELIKE
Homoseksuele huwelike neem skrikwekkend toe. Dit getuig van opstand teen God se heilige instelling en ’n toename in die heidendom. Op 14 November 2006 is huwelike van dieselfde geslag ook in Suid-Afrika goedgekeur. Wie homoseksualisme goedpraat, het uiteraard geen morele reg om huwelike van dieselfde geslag te veroordeel nie. Dis dieselfde gruwel! Homoseksualisme en VIGS neem wêreldwyd toe. In 2000 is die Pienk Loerie fees vir die eerste keer in Suid-Afrika gehou. Dit was die eerste homoseksuele fees op Afrika-bodem en is sedertdien jaarliks herhaal. Hierdie skande-fees word deur duisende volwassenes asook kinders bygewoon.
’n Onlangse opname oor die aanvaarding van homoseksualiteit het skokkende statistiek aan die lig gebring.
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (10)
Duitsland het die oorlog nie verloor nie
Hy is deur die Bondgenote verraai.
Hy is verraai, maar dit is nie al nie, hy het lets groots tot stand gebring met ’n revolusie wat betreklik vry was van bloed en geweld. “Die omverwerping van die Duitse Keiserryk was onvermydelik want alle vorste moet onttroon word”. En wat ‘n omwenteling en riviere bloed sal kos, het in Duitsland geskied op ’n ordentlike wyse en byna sonder om nuwe skeunng onder die volk te bring. Duitsland het gely en hy ly nog vir sy ongeregtighede van die verlede, maar sy vredemakers het goed gehandel, al het hul waarskynlik die onderspit gedelf, en die regverdige minderheid het die eerste keer in ons tyd die oorhand gekry.