Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Is jy dalk aan sonde gewoond? Miskien praat God al lank met jou om vir Hom iets in belang van sy Koninkryk te doen, maar jy minag sy Stem. Hoe verder jy uitstel, hoe swakker word sy Stem. Gevolglik brand jou geestelike vuur baie laag brand en is dit winter in jou gees.
VALS PROFETE IN ONS MIDDE
Dr JJ Snyman
In die Bybel en veral die Nuwe Testament word die gelowige telkens gewaarsku teen die vals profete wat die geloofsgemeenskap sal teister.
‘n Vals profeet is een wat skewe propaganda preek (Jer 6:13) – ‘n profeet wat binnevolks optree.
Reeds in Jesus se tyd op aarde sien ons hoe ‘n duiwelse mag werksaam was onder die Fariseërs. Die seemonster, die Antichris, het vervolging teen Christene aangeblaas met ‘n godsdienstige ywer wat van die vals profeet, die landmonster, gekom het. Die vals profeet is ‘n parasiet wat teer op die Antichris en bewerkstellig die aanbidding van die Antichris. Albei is in diens van Satan.
Om dus as ‘n vals profeet getipeer te word is ‘n ernstige aanklag en indien dit boonop meriete het, plaas dit jou in die vyand se laer.
DIE HERE ONSE GOD...
HOM MOET ONS AANBID EN HOM ALLEEN DIEN
Hannes Ollewagen
Luk. 4:1-13
“En Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” (:8).
Die derde maal dat die satan vir Jesus versoek, merk ons dat hy basies dieselfde taktiek aanwend as met die versoeking van Adam en Eva in die Paradys. (“Is dit ook so dat God gesê het . . .”–Gén. 3:1). Hy gebruik woorde uit God se mond as aanhaling om die versoeking in toe te draai sodat dit heel aanneemlik voorkom. (“Want daar is geskrywe . . .”– Luk. 4:10). Die doel van sy oefening bly egter onveranderd – hy wil die mens oorhaal om ook te doen wat hy as satan gedoen het. Hy wil die mens oorhaal om sy eie wil hoër te ag as die bevel en wil van God om dit dan ook uiteindelik te verontagsaam.
MY GEBED
LC de Villiers
Ek bid vir my nasie;
Ek bid vir my volk;
Gekniel voor U, ons Almagtige God.
Miskien u straf vir 'n gebroke gebod?
Genoeg het ons moeders en kinders gely;
Here, ons smeek U, maak ons plase weer vry!
Swaar soos 'n ossewa loop ons met trane in ons hart;
Was asseblief weg die hartseer en smart
want U alleen het die mag om die vyand te verslaan
en ons volk weer kragdadig op te laat staan.
Here, kweek weer u liefde in ons hart en verstand;
Laat weer u Lig in ons nageslag brand
en ons vra dat U elke plaashuis sal seën,
ons droogtes sal wegneem met u Hemelse reën.
O Here ons God, ons kniel skamend voor U neer;
Tot U kom toe al die heerlikheid en eer.
Amen
WAT VAN RAS? (3)
Dr Willem Jordaan
DIE REALITEIT VAN RAS
Let us make clear what is and what is not arbitrary about races. Race differences are facts of nature which can, given sufficient study, be ascertained objectively
Theodosius Dobehansky
Ek dink selfs die mees geharde liberalis sal nie sukkel om ‘n Sotho van ‘n Rus te onderskei nie. Ook nie ‘n Japanees van ‘n Duitser nie. Tog het die links-liberales groot moeite in die twintigste eeu gedoen om rasverskille te ontken.
Verder het geleenthede na rasse nie as ‘n geskenk gekom nie. Geleenthede is gesoek en indien dit gevind is, ontgin. Deur harde werk is beskawings geskep. So kan vandag gesien word wat die produk of resultaat was van Blanke beskawings en Swart beskawings.
ROOMSE MISLEIDING ONTMASKER (2)
Ds A E vd Berg
Lees reeks by Roomse misleiding ontmasker
Beheer deur misleiding
Die Romeine het aanvanklik nie eie gode gehad nie. Almal is van Griekeland af ingevoer. Hulle was uiters bygelowig en het in tye van oorlog baie van die gode verwag. Oorwinnings is met offergawes aan die gode gevier. Die grootste teleurstelling was egter in 218v.C. toe Rome deur Hannibal beleër en die gode ten spyte van duisende offers die vyand nie kon verdryf nie. Dit het die burgers byna onregeerbaar gemaak.
Daarom het die keiser van strategie verander en sy onderdane met godsdiens begin mislei om die gepeupel te bedwing. Net ʼn vrees vir die onbekende het hulle in bedwang gehou. Rome het hierdie “geloof” gereeld met allerlei verhale, leuens en legendes versterk ten einde beheer te bly behou. Die RK het later dieselfde strategie gevolg – beheer deur misleiding.
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (14)
Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener
‘n Wonderwerk
’n Groot volksleier of leiers sal uit die verborgenheid verrys om in hierdie amper bowemenslike stryd, die voortou te neem, groter persoonlikhede, magtiger helde as wat ons nog ooit in die verlede gehad het.
Uit die verborgenheid, waar God hulle in die geheim vir hulle reusagtige taak voorberei het, sal hulle, op sy tyd, te voorskyn kom. Ja, die wonderwerk sal dan geskied deur die wil van God, maar menslike werktuie sal daartoe gewillig, bekwaam en gehoorsaam, gebruik word.
Leser, is u dalk een van hulle?
Vroue van Suid-Afrika, watter aandeel gaan u hê in die komende stryd? Watter wapen gaan u gebruik? Weet u dat die beslissing van u sal afhang? Besef u dat die Ryk van Vrede op aarde afhanklik sal wees van u, as die vroue nasionaliste?
ROOMSE MISLEIDING ONTMASKER (1)
Ds A E vd Berg
Lees reeks by Roomse misleiding ontmasker
Bose samesmelting
Van al die gawes waarmee God die mensdom geseën het, is Evangeliebediening een van die grootstes. Die kerk het dit as ’n opdrag van Christus ontvang om sy koninkryk mee uit te brei:
“Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei” (Joh.21:15).
Satan het die kerk egter van meet af aan teengestaan en gemeentes probeer vernietig. Daarom waarsku Paulus:
“Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efes.6:1,12).
NET SOOS IN DIE DAE VAN NOAG
Ds A.E.vd Berg
“En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees” (Mt.24:37).
Mt.24 is deel van Jesus se Profetiese Rede wat oor iets baie ver in die toekoms gelê het. Die boodskap was duidelik: Die aarde sal, soos in die dae van Noag, weer vergaan, maar daarna nie weer herstel word nie. Dit begin met die wederkoms van Christus, iets waaraan baie mense nie glo nie. Hulle glo dat die aarde maar net sal aangaan soos altyd. Dis die ongeloof waarvan Jesus in die Skriflesing praat.
Met die Gelykenis van die Tien Maagde, waarsku Jesus dat min mense vir sy tweede koms na die aarde gereed sal wees. Die lewe sal tot op ʼn vooraf bepaalde dag normaal verloop. Mense sal koop en verkoop, plant en oes, trou en kinders grootmaak totdat die Groot Verdrukking aanbreek.
WAT VAN RAS? (2)
Dr Willem Jordaan
Rasseverskille en die gevolge daarvan
Die eerste persoon wat gepoog het om rasseverskille te kwantifiseer was sir Francis Galton in Heredetory Genius (1869). Volgens hom was die Grieke van die klassieke tydperk die intelligentste ras wat daar ooit was. Ook hy het nie veel gedink van Swartes se intelligensie nie.
Sedert 1905 is verskeie toetse ontwerp om die intelligensie van rasegroepe te bepaal. Dit het almal een en dieselfde resultaat opgelewer.
Mongoloïede 105
Europeërs 97
Noord-Afrika Swartes 84
Sub-Sahara Swartes 70
Australië Aboriginies 62
Suid-Asiërs 84
GEHOORSAAM AAN GODLOSE OWERHEID?
Johannes Uys
Dr Danie Theron het in ‘n artikel die tradisionele standpunt gehandhaaf wat teoloë en Afrikaners oor jare voorhou oor die betekenis van Romeine 13.
Ek wil egter ‘n paar klippe in die spreekwoordelike bos gooi oor dié belangrike saak. Miskien kan mens dan opnuut ‘n nuwe benadering oorweeg, eerder as die tradisionele.
Ons sien in Suid-Afrika, en ook in baie ander lande hoe outoritêr regerings hand oor hand toeneem. Dit groei inderwaarheid uit ons midde!
Waarom is dit so? Ek is van oordeel dat dit juis vanweë die waninterpretasie van Romeine 13 is.
Onderdanigheid het in die praktyk swyg beteken. ‘n Godlose owerheid en Gods-miskende grondwet het die Afrikaner tot stommiteit geslaan. In dié proses het die owerheid al hoe meer vyandiger geword. Wat die Afrikaner nie besef nie, is dat hy as vyand gereken word van die bestel.
DIE VERAGTING VIR EIE RAS...
...ETNOMASOCHISME
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Etnomasochisme is ʼn betreklik nuwe begrip wat in die 20ste eeu ideologiese vorm verkry het toe sekere vrysinnige blankes hul eie ras begin verag en nie-blanke rasse begin ophemel het. Dit wat as ʼn klein stroompie op die politieke akker begin het, is tans ʼn sterk stroom wat blankes toenemend met skuldgevoelens besoedel. Omstrede kerklui, akademici en opvoedkundiges verdrink in die proses om vir swartes ʼn anker te wees.
Etnomasochisme is egter nie tot Suid-Afrika beperk nie maar neem ook ernstig in die VSA toe. Sekere blanke komediante maak gereeld haatlike grappe oor rasgenote en musikante skryf haatlirieke teen hulle. Dis alles aan ʼn vrees vir moontlike swart vergelding te wyte. Hulle wil die beeld skep dat hulle baie anders as die gemiddelde blanke is en pleeg in der waarheid selfbeeldmoord.
WAT VAN RAS? (1)
Dr Willem Jordaan
There is a kingdom which does not yet exist, but can be realized through our actions
Kant
In die twintigste eeu is daarin geslaag om ras as onderwerp feitlik verbode te verklaar. Dit was te wyte aan die Joodse invloed en Blanke Joodse proseliete.
Vandag in die een en twintigste eeu kan oor pornografie en aborsie gepraat word, maar nie oor ras nie. Liberaliste glo en verkondig dat ras nie bestaan nie, of dan dat die verskille kunsmatig is en in elk geval betekenisloos is en slegs deur rassiste opgedis word om rassehaat aan te wakker.
Wel, hierdie siening van die liberalis is ver van die waarheid verwyder. Word dit egter gehandhaaf sal die Blanke nie in staat wees om homself te handhaaf nie.
DIE JODE VAN ISRAEL
Dr Danie Theron
What need we fear who knows it, when no one can call our power to account?
Macbeth (Shakespeare)
Meeste Afrikaners verkeer onder die indruk dat die “Jode” wat in Israel woon, afstammelinge is van die Jode van die Bybelse tyd. Niks kan egter verder van die waarheid wees nie. Hoe dan so?
Die Jode van die Bybelse tyd was afstammelinge van een van die twaalf stamme, naamlik Juda. Hulle is Jode genoem. Paulus self was ‘n Jood en het diwels melding daarvan gemaak. Hy is ‘n Jood wat nadruk op sy nasionalitieit en afkoms gelê het, ‘n Israelse verwysing na die verbondsvolk en ‘n Hebreër, met verwysing na sy taal en tradisie. Sien bv Rom 12:1.
‘N GESONDE LEWENSWANDEL
Hannes Ollewagen
Spr. 19:1-29
“’n Mens se sotheid bederwe sy weg, maar sy hart is vertoorn op die HERE.” (:3).
Ons het seker al dikwels mense hoor praat van ‘n persoon wat ‘n gemors van sy/haar lewe gemaak het. Anders gestel sou ons sê dat die persoon sy lewe bederf het – hy het dit sleg gemaak.
Ons is ook bewus van die feit dat ons net een maal die gawe van lewe ontvang. En juis daarom is die meeste mense baie bang dat hulle nie die meeste van hierdie lewe sal maak nie. Dit bring ongelukkig mee dat sommige mense ‘n oordrewe ywer het om die lewe te geniet sodat hulle juis met hierdie ywer sonder diepere kennis hul lewensweg bederf. So ‘n ongesonde ywer om die lewe te geniet is gewoonlik maats met kortsigtigheid. Die fokus daarvan is net op dit wat in hierdie oomblik vir my genot sal bring terwyl dit die gevolge oor die langtermyn heeltemal buite rekening laat.
DIE AANHEF VAN “ONS” GRONDWET
Dr JJ Snyman
Mens hoor dikwels hoe mense en veral geleerdes, praat van “ons” grondwet. Ek wil in hierdie artikel bietjie stilstaan by die aanhef van hierdie veelbeprese grondwet waarna ons die vraag moet vra of dit daardie lofsange waardig is.
In die saak van J v Mhlungu het die Konstitusionele Hof gestel dat die aanhef van die grondwet nie net ‘n “throat clearing exercise” is nie, maar dat dit alles saambind, bekragtig en onderlê wat daarna in die teks volg. In die daaropvolgende teks is dan ook gestel dat dié grondwet verbind is tot sosiale transformasie.
Word gekyk na die bewoording van die aanhef is veral die volgende van belang:
- “We, the people...”
- “Recognise the injustices of the past.”
- “Honour those who have suffered for justice and freedom in our land.”
WEES GEESTELIK WEERBAAR IN 2019
Ds A.E van den Berg
Dis maklik om oor die geloof in God te praat as die son in ʼn mens se lewe skyn. Ongelukkig bestaan die lewe nie net uit mooi sonskyndae nie. Daar is ook onweersdaeen beproewings wat ʼn mens kan laat sukkel om oor geloof te praat. Beproewing is egter nie noodwendig sleg vir ʼn mens nie. God beproef ook sy kinders se geloof ten einde hul geestelik weerbaarte maak:
“En Hy sal sit: ’n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die HERE in geregtigheid ’n offer sal bring” (Mal.3:3).
Geestelike weerbaarheid laat gelowiges in die aangesig van die dood staande bly soos die Boerekrygers tydens die Slag Bloedrivier. As hulle nie geestelikweerbaar was nie, het ons nooit die Slag van Bloedrivier jaarliks herdenk nie.
Jare gelede was jongmans verplig om militêre opleiding te ondergaan. Dit was nodig om ons land teen volksvyandige magtete beskerm. Hierdie militêre opleiding was van wêreldgehalte en ons jongmans het ingeoefen geraak.
Die klem val op die woord inoefen. Inoefening is onontbeerlik vir sukses.
DEUR POLITICI UITGELEWER
Dr Danie Theron
Regoor die wêreld word gesien hoe volke deur hulle politieke leiers uitgelewer word. Of dit nou aan die banke is of aan vreemde oorheersing, die resultaat is dieselfde: verslawing.
In Griekeland het daardie regering die Grieke uitgelewer aan die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) met die gevolg dat armoede die grootste deel van daardie land in die gesig staar.
In Suid-Afrika het die NP-regering in die vroeë 90’s die land op ‘n skinkbord aan die ANC oorhandig. Die gevolg? Slawerny vir die Blanke.
Die gevolgtrekking wat gemaak kan word is dat die persone wat in hierdie regerings is en was, òf onverskillig staan teenoor die volke wat hulle verteenwoordig, òf inderdaad ten gunste is van vreemde oorheersing.
KULTUUR, GRONDSLAG VAN ONS VOLKSKAP
Ons reg op verskeidenheid is die reg op beskerming van ons eie identiteit. En dit is waar ons moet stuit teen die huidige kultus van menseregte en die sogenaamde Menseregte-akte, wat 'n instrument is waardeur gepoog word om kulture te integreer met die skyn van juridiese geregtigheid. Om die slim Franse intellektueel, Alain te kwoteer: "Die ideologie van menseregte, die nuwe godsdiens van die sterwende moderniteit, funksioneer as 'n skuilplek waar die ontgogelde stryders van weleer ná hulle aftog nou rou oor hulle illusies". Dit klink wel bietjie ingewikkeld, maar die strekking kan gevolg word.
GELOOF, MOED EN VERSET TOT OORWINNING
Ds Andrè vd Berg
“Verlos ons dan nou tog uit sy hand, Here onse God, dat al die koninkryke van die aarde kan weet dat U, Here, alleen God is” (2 Kon.19:19).
Wyle Ronnie Belcher skryf in een van sy gedigte: “Die lewe is soos ʼn een ster hotel, kry nie altyd wat jy bestel”. Elke mens ervaar dit. Soms skyn die son in jou lewe en dan word dit ewe skielik donker. Soms is daar rus en vrede in jou lewe en eensklaps word dit versteur en jy wonder of die lig ooit weer in jou lewe gaan skyn? Is dit die einde? Juda het by geleentheid ook gewonder of dit dalk klaar is met kees!
Die gelese gedeelte speel teen ongeveer 700vC in Juda af. Die volk is in so ʼn benarde situasie, dat hulle algehele uitwissing in die gesig staar. Koning Agas is dood. Met sy diplomasie het daarin geslaag om in vrede met Assirië te leef al was dit teen ʼn duur prys. Assirië was sterk en magtig en het oor swakker lande gestoomroller, van hul vasaal-state gemaak en onmenslike belastings op hulle afgedwing. Na Agas se dood was Juda bang om gestoomroller en tot volle onderdanig aan die Assiriese koning gedwing te word.
ONS WAS NOG NOOIT SO VERWARD EN VERDEELD
Prof JJ Pienaar
Die Afrikanervolk was nog nooit so verward, so onseker van homself, so koersloos, so oningelig, so verdeeld en so roepingsverduister as vandag nie. (Ons gaan nie hier 'n nuttelose debat voer oor die begrippe 'Afrikaner, Boere-Afrikaner of Boer nie). So 'n verwarde en verdeelde huis (huis beteken ook volk, vgl Eségiël 43:10) kan nie stand hou nie en dit is presies wat vandag met ons volk gebeur. Die toestand van verdeeldheid gaan van kwaad tot erger en ons volk wil nie hoor wat die Woord van die Here vir ons sê nie:
"Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie."