Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die geheim van mooi oudword is om van jouself af weg te kyk deur jouself vir God en jou geliefdes te gee terwyl jy baie liefde uitdeel. Wie só liefhet, word in werklikheid nooit oud nie. Al takel die ouderdom sy lewe af, sterf hy jonk.
ONS VRYHEID – DIE GEVAAR VAN VERRAAD
Leon Schoeman
Ons is almal deeglik bewus van die redes waarom ons vandag ‘n verknegte volk is. U weet almal van die verraad wat deur FW de Klerk gepleeg is en dat ons as gevolg daarvan in 1994 sonder slag of skoot oorgelewer is aan ‘n terroristebende.
Maar ons is ook bewus van die grondliggende redes agter hierdie gebeure wat die eintlike redes is waarom die verraad plaasgevind het.
Ten eerste die geldsug van die Internasionale geldmag wat nie kon wag om hul lang vingers op ons land se mineralerykdomme te lê nie;
En tweedens, die feit dat die Afrikanervolk met sy sterk godsdiensoortuiging en vaste vertroue in die Almagtige God, vierkantig gestaan het in die pad van diegene wat strewe na ‘n eenwêreldregering. ‘n Volk wat in sy Volkslied verklaar: “Knegte van die Allerhoogste – teen die hele wêreld vry”.
STRAAT- EN PLEKNAME VAN OU-PRETORIA (3)
>
>>>>
Lees reeks by Straat- en Plekname van Ou-Pretoria
JAN PLOEGER
Bourkestraat: Sunnyside
Bourkestraat se oorspronklike naam was Buitenstraat omdat dit die laaste of "buitenste" straat van hierdie deel van Sunnyside was toe dit uitgelê is.
Edmund Francis Bourke is in 1852 in Pietermaritzburg gebore. Hy het hom in die jare net voor 1880 in Pretoria kom vestig waar hy 'n algemene handelaarsaak met twee takke begin het wat later deur John Jack oorgeneem is. Die oostelike tak was op die noord-oostelike hoek van Van der Walt- en Kerkstraat, waar Garlicks tans is. Hy is in 1926 dood en sy graf is in die Kerkstraatbegraafplaas.
WAAROM HET ONS GISTER GELOFTEDAG HERDENK?
Hannes Ollewagen
Josua24:1-33
“Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien die HERE. Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.” (:14&15).
“Daarop sê die volk aan Josua: Ons sal die HERE onse God dien en na sy stem luister.: (:24).
Mag ek begin deur aan u die vraag te stel : waarom het ons gister Geloftedag herdenk?
GELOFTEFEES 2018
Leon Schoeman
Geagte Volksgenoot, dit is vandag presies 180 jaar gelede dat die Slag van Bloedrivier plaasgevind het. Op daardie dag in 1838 het die Voortrekkers wat by die Slag betrokke was, nie kon droom watter belangrike stuk geskiedenis hulle besig was om te skryf nie.
Ja, die Slag van Bloedrivier was ‘n bepalende oorlog, dit het die voortbestaan van ‘n volk bepaal. En die gebeure van daardie dag speel vandag nog ‘n rol in die lewe van die Afrikanervolk. Dit het die ontluikende jong Afrikanervolk wat toe reeds gekenmerk is deur hul diepe geloof in en afhanklikheid van ons Hemelse Vader, bevestig as ‘n verbondsvolk wat in noue verbintenis tot God staan.
DEUR ‘N STERKE HAND UITGELEI
Hannes Ollewagen
Exodus 13:1-16
“Verder het Moses aan die volk gesê: Dink aan hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgegaan het; want die HERE het julle deur ‘n sterke hand hiervandaan uitgelei; daarom mag geen gesuurde brood geëet word nie.” (:3).
Die ooreenkoms tussen die geskiedenis van die volk Israel en diévan ons eie Afrikanervolk is net heeltemal te duidelik om dit mis te kyk. Hoe is dit dat daar steeds diegene is wat hierdie boodskap wat die HERE vir ons hierdeur gee en wat ook ons geroepenheid as volk duidelik uitstip, wil ignoreer?
Ons leer uit geskiedenisboeke van ‘n volk in die 1900’s aan die Oosgrens wat in baie slegte omstandighede verkeer het. Hierdie omstandighede waarin hulle eiendom geplunder en geroof is, waarin hulle aangeval en vermoor is en waarin die owerhede onwillig was om vir hulle in die bres te tree, het tot gevolg gehad dat hierdie burgers koers gekies het. Waar hulle uiteindelik rus sou vind was vir hulle verborge, maar dat hulle die omstandighede van ongeregtigheid rondom hulle nie meer kon of wou verduur nie was ‘n uitgemaakte saak.
STRAAT- EN PLEKNAME VAN OU-PRETORIA (2)
Lees reeks by Straat- en Plekname van Ou-Pretoria
JAN PLOEGER
Die name
Allcockstraat: colbyn
Allcockstraat roep eerwaarde William Botteril Allcock, 'n Metodistepredikant, in herinnering wat in 1873 in Engeland gebore is. In 1903 het eerwaarde Amos Burnet, eerwaarde Weavind se opvolger in die destydse Andriesstraat-kerk en later algemene superintendent van die Wesleyaanse Kerk in Transvaal en Swaziland, 'n oproep gedoen vir vrywilligers van oorsee om in Transvaal te kom diens doen. Allcock het daarop gereageer en is in 1904 in die gemeente Berea, Johannesburg, geplaas waarvan Pretoria ook 'n wyk was.
Allcock het in gemeentes in Oos-Londen, Bloemfontein en Durban gedien en was in 1941 president van die Wesleyaanse Konfe- rensie. Hy het in 1946 afgetree maar het steeds gepreek. Hy is in 1950 in die ouderdom van 77 oorlede.
Burnettstraat (meer korrek Burnet) in Hatfield herinner aan eerwaarde Amos Burnet. Amosstraat in Colbyn is ook na hom vernoem.
NASIONALISME LEEF
Nasionalisme is dood, lank leef nasionalisme!
E. van Nantes
Die waarheid het maar net ‘n manier om altyd aan die lig te kom. Neem as voorbeeld Guy Verhofstadt van die EU wie onlangs in sy toespraak die ware kleure van die EU blootgelê het deur te eis dat lidstate hulle soewereiniteit aan die EU moet oordra.[1] Netso het die Franse President, Emmanuel Macron, die stelling gemaak dat ‘n EU weermag in die lewe geroep moet word. Nie lank daarna nie of Kansellier Angela Merkel van Duitsland skaar haar aan die kant van Macron deur te reken dat so ‘n weermag NAVO kan ondersteun.
LERINGE VAN DUIWELS
>
Die rooi ligte brand!
Ds. A.E van den Berg
“Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en .....leringe van duiwels sal aanhang....” (1 Tim 4:1,2).
Inleiding
1 Tim.4 is ʼn profetiese skrywe wat oor die eindtyd handel. Dit vertel van ʼn grootskaalse verval van die ware geloof in Christus en leringe van duiwels wat in kerke gevestig raak. Hierdie leringe is nie deur mense bedink is nie maar deur die Satan self ten einde die heidendom in die kerk te vestig. Daarvoor maak die Satan van dienaars en Bybelterminologie gebruik.
“Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. Want as iemand kom en ’n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ’n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ’n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval” (2 Kor.11:3,4).
DAG VAN DANKBARE VEROOTMOEDIGING
>
>>>
Dr Pieter van der Dussen
Ons staan soos die HERE wil binnekort op Geloftedag voor Hom. Geloftedag – die Afrikanervolk, óns volk se aangewese dag van verootmoediging. 'n Volk wat volgens die Raadsplan van God met 'n besondere roeping aan die suidpunt van Donker Afrika geplant is. Deur God bekwaam gemaak is om hierdie barre, wilde, dorre, harde landstreek ooreenkomstig Genesis 1-2 te onderwerp, te heers oor alles wat op en in en om hom bestaan, sy grond te bewerk sodat ook hierdie landstreek tot bloei kon kom tot lof van die HERE. Geroepe uit die Reformasie om die Woord hier te saai en tot vrug te laat kom.
GELOFTEDAG IN DIE NUWE SA
IS DAAR NOG PLEK VIR GELOFTEDAG IN DIE NUWE SUID-AFRIKA?
Dr Pieter Swart
Die Afrikaner moet altyd bereid wees om te stry vir sy lewe en behoud.
Dr HF Verwoerd
Soos alle ander dinge wat vir die Afrikaner kosbaar is, het Geloftedag ook in die spervuur gekom. Ook uit eie geledere. Vandag is dit ‘n vraag, gegewe die realiteite van ‘n rasgemengde Suid-Afrika waar die Afrikaner tot ‘n regeerbare minderheid verdoem is en sy ganse geskiedenis as een stuk onreg uitgebeeld word, of daar nog ruimte is om Geloftedag te vier.
Op die oog af lyk dit onsinnig indien die diepere betekenis van dié dag oppervlakkig beskou word. Ja, laat ons maar terugdink aan wat was. Maar die situasie het onomkeerbaar verander, dan nie? Ons sal tog nooit weer as ‘n vrye volk in ‘n eie land kan leef nie. Dis tog realiteit? Of nie?
ONS MOET BETAAL WAT ONS BELOWE
Hannes Ollewwagen
Deut. 23:15-24
“As jy aan die HERE jou God ‘n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.” (:21).
“Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die HERE jou God vrywillig beloof het – wat jy met jou mond gespreek het.” (:23).
Ons staan weer op die vooraand van die herdenking van een van die grootste gebeure in ons volk se geskiedenis – Geloftedag. Daardie dag wat ons onthou as ‘n dag waarop die Almagtige God van hemel en aarde Hom oor ons ontferm het. Hy het met ‘n wonderwerkende krag ons voorsate uit lewensgevaar gered. Dit is daardie dag wat ons voorsate onderneem het om ewigdurend in ons volksbestaan as ‘n blywende dank- en biddag te herdenk.
BIDDAE, VEROOTMOEDIGING EN GELOFTEDAG (1)
Dr PE van der Dussen
Lees reeks by Biddae, Verootmoediging, Geloftedag
" ...kleitrappery van die derde opeenvolgende polisiekommissaris en die bekendmaking van die groot aantal polisiemanne, sommige selfs met hoë range. Wat 'n misdaadgeskiedenis het. Die toppunt tot dusver was die Godslastering van Mantashe toe hy die ANC-SAKP-COSATU met die Drie-enige God gelykgestel het."
Biddae en dae van verootmoediging is maar dikwels ter sprake wanneer daar algemene nood opduik. Soos Totius gesê het: As rampe ons tref, gaan ons nie na die wysgere om ons te help nie. Ja, dan besef ons skielik dat die menslike denke en plannetjies en strategieë maar nie juis iets kan uitrig nie.
Die Woord leer ons dan ook dat daar net een weg is en dit is om ons voor God te verootmoedig en Hom om genade te smeek. En daardie genade kom welseker en sal welseker kom tot op die laaste dag.
DOEN SLEGS U WIL HEER
Dr JJ Snyman
En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Romeine 12:2
Wat is God se wil met my? Ja, met my spesifiek? Dit is ‘n vraag wat by baie van ons spook. Dalk net by tye, dalk jou lewe lank.
Die antwoord op hierdie vraag word in die algemeen gegee in die Bybel, nie in die besonder nie. Die dissipel kry ‘n duidelike opdrag en Paulus kry ‘n duidelike opdrag wanneer Jesus vir Paulus op die pad na Damaskus sê hy moet ophou om teen die prikkels te skop. (Joh 5:39) en dit is hulle tragedie. Hulle ken die Skrif, maar verwerp Jesus.
STRAAT- EN PLEKNAME VAN OU-PRETORIA (1)
Lees reeks by Straat- en Plekname van Ou-Pretoria
JAN PLOEGER
Nadat die leser deur 'n kort inleiding vlugtig met 'n deel van ons hedendaagse stad se voor- en vroeë geskiedenis kennis maak, kom die straat- en plekname in die omgewing van Kerkstraat alfabeties aan die beurt. Dit geld ook die name van strate in die oudste voorstede, te wete Sunnyside (1887), Arcadia (1890) en Muckleneuk (ook in die jare 1890), en die naaste omgewing van hierdie dele van ons stad. Nietemin word die leser daarop gewys dat die boek nie op volledigheid aanspraak maak nie.
In die stadsgedeeltes lê die oorsprong van die uitbreidingsdrang wat Pretoria, die huidige administratiewe hoofstad van die Republiek van Suid-Afrika, tot vandag toe kenmerk.
ADVENT
Kinderoordenking
Ds Andrè vd Berg
“Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde in die mense ʼn welbehae!”(Luk.2:14)
My naam is Nicolaas. Ek is 280 jaar na die geboorte van ons Here Jesus in ʼn klein dorpie in Klein-Asië (vandag se Turkye) gebore. My ouers was redelik ryk sodat ek aan niks stoflik gebrek gehad het nie. Hulle was egter ook baie gelowige mense en het my van jongs af van Jesus geleer. Daarom het ek as ʼn jong seuntjie my hart vir Hom gegee.Dit was vir my ʼn baie groot vreugde om Hom saam met my ouers lief te hê en te eer
Toe breek daar ʼn dodelike pessiekte in ons dorpie uit waaraan baie mense dood is; ook beide my ouers. Ek het dit oorleef.In daardie dae was daar nog nie boeke soos julle dit vandag ken nie. Al wat ek van die Bybel geweet het, was dit wat my ouers my van kindsbeen af vertel het.
VRYHEID VAN SPRAAK EN HAATSPRAAK
Dr Danie Theron
Vryheid van spraak word as een van die basiese menseregte beskou volgens die menseregteleerstuk. Maar is daar regtig so-iets soos vryheid van spraak? Wel, nie as mens kyk na wat as haatspraak beskou word en watter veldtog gevoer word om dit te verbied nie.
Wat ter aanvang gekonstateer moet word is dat die links-liberales, die voorstanders van vryheid van spraak, eintlik totaal en al onverdraagsaam is. So gesien is vryheid van spraak nie ‘n waarde of begrip wat tot sy reg kom in hulle denkwêreld en woordeskat nie.
Die land wat tans nog die grootste beskerming aan vryheid van spraak gee is die VSA. Daardie beskerming is ingebou in wat bekendstaan as die Eerste Amendament. Slegs spraak wat geweld aanmoedig word daar verbied.
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (9)
Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener
Suid-Afrika
(Land van die toekoms)
"Maar julle is 'n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige volk, ’n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis gewerp het tot sy wonderbare lig, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is”. (1 Petrus 2:9-10)
In aansluiting by hierdie teksgedeelte het die Boodskapper aan my gesê: “So spreek die Here God tot die volk van Suid-Afrika: Julle wat eertyds geen volk was nie, het nou my volk geword; julle wat vroeër nie ontferming geken het nie, oor julle sal Ek my nou ontferm”. Die vyand het ons nie as volk getrek nie.
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (8)
Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener
Amerika se nag van smarte
Iemand skryf vir ons uit Amerika dat ‘die nag van smart nou in Amerika ook neergedaal het’ (the night of sorrow has now settled on America too).
Amerika sal in ’n staat van revolusie verval. Terselfdertyd sal Groot stakings aan die orde van die dag wees, ’n bittere gees van verdeeldheid en verontwaardiging sal in die sogenaamde ‘ Verenig- de State’ van Amerika losbars.
Die regverdige minderheid kry tog daar ook die oorhand, want terwyl ons skryf, bereik talle berigte ons dat Amerika geweier het om die Vredestraktaat te onderteken, en ook dat Amerika sy oorlogsverklaring teen Duitsland herroep het.
WAT DIE AFRIKANER VAN DIE JEUG VERWAG?
Dr JJ Snyman
Daar is al baie artikels geskryf oor wat die jeug van hulle ouers verwag. In hierdie artikel wil ek die prentjie omdraai sodat gekyk kan word na die jeug (of dan die jonger geslag) se rol en spesifiek met betrekking tot die voortbestaan van die Afrikaner.
Ter aanvang moet dit gestel word dat hoofsaaklik vanweë ‘n liberale aanslag, daar ‘n groot mate van vervreemding tussen die Afrikaner-ouer, en jonger geslag ontstaan het.
Dit is amper of die jonger geslag vandag verwytend staan teenoor die ouer geslag. Dit het ‘n historiese breuk veroorsaak wat uiters nadelig is vir die Afrikaner se voortbestaan. As ‘n geslag verwytend teen die vorige geslag staan ontstaan daar skeptisisme en verwydering. Wat dit vererger is wanneer die ouer geslag boonop (onder druk) erken dat hulle verkeerd was.
WAARDERING VAN 'N LESER
Baie dankie vir die artikels wat daagliks gepubliseer word op julle webwerf.
Ek het op die oggend van 3 Desember tydens stiltetyd gelees in Numeri, hoe die volk nie na Moses, Josua en Kaleb wou luister nie en selfs n nuwe leier wou kies en hoe Moses tot God moes bid om nie die volk te verdelg nie.
Groot was my opgewondenheid toe ek later die preek lees van Ds C R Kotze wat op dieselfde dag geplaas is.
Ons God het waarlik n plan met ons.
Dit is tyd vir die Josua’s en Kaleb’s van vandag om op te staan.
Dankie
Johan