Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Kinders is nog nie in staat om 'n akkurate beeld van hulself te vorm nie; hulle vorming is afhanklik van die ouers se leiding en opvoeding wat 'n groot en verantwoordelike taak is, sekerlik die heel belangrikste en mees voltydse taak van hulle lewens – waarom keer ouers dan feitlik elke klip om en krap dit nog skoon ook om rykdom bymekaar te maak maar gee so min aandag aan hulle kinders aan wie daardie rykdom in alle geval eendag nagelaat moet word, aan 'n geslag wat nie verantwoordelik daarmee sal kan werk nie?
ROOMSE MISLEIDING ONTMASKER (4)
Ds A E vd Berg
Lees reeks by Roomse misleiding ontmasker
Godin-verering
Babilon het in die Bybel altyd ʼn ongunstige betekenis. Vanaf die bou van die toring (Gen.11) tot in Openb.18 staan dit in die teken van opstand teen God. Babel was ʼn stad aan die benedelope van die Eufraat- en Tigrisriviere (tans Irak). Die Grieke het dit Babilon genoem omdat Babel die hoofstad daarvan was. Babel beteken godspoort. Ironies genoeg was dit nie ʼn poort na God toe nie, maar eerder na die Satan toe.
Die Babiloniërs was almal afgodsdienaars wie se godsdiens om die as van verborgenheid gedraai het. Slegs priesters kon mense in dié geheimsinnigheid onderrig. Wie dit te wete wou kom, moes vooraf eers ʼn geheime drank drink wat hulle bedwelm en in die mag van die priesters geplaas het.
SONDER JESUS OPPAD?
Dr Willem Jordaan
As U nie meegaan nie, laat ons nie hiervandaan verder gaan nie. – Exodus 33:15
In Johannes 6 lees ons van die dissipels wat sonder Jesus per boot na Kapernaïm gevaar het. Die see was onstuimig en ‘n storm was in die vooruitsig. Skielik het hulle Jesus op die see (van Galilea) sien loop en bang geword. Jesus het vir hulle gesê:
Dit is Ek, moenie vrees nie (Joh 6:20)
Hoe dikwels pak ons ‘n taak of selfs net ‘n dag aan sonder Jesus! Sonder om die Bybel te lees, sonder om kerktoe te gaan, sonder geloof. Dis dan wanneer Moses se woorde in Exodus 33:15 ons weer moet herinner wat ons behoort te doen.
NOGEENS: AARDVERWARMING
Dr J J Snyman
Daar is dalk heelwat lesers wat gefrons het oor die artikel oor globale verwarming en die feit dat twyfel oor die saak gewerp word.
Wat eerstens besef moet word, is dat nie globale verwarming nie, maar die redes wat daarvoor aangevoer word, in twyfel getrek word.
‘n Bietjie agtergrond sal die agenda wat gevolg word, duidelik maak. Al Gore, voormalige Visie-President onder Bill Clinton word as die “redder van nasies” beskou met sy kruisvaart teen aardverwarming. Sy 2006 dokumentêre film, An Inconvenient Truth oor die saak het ‘n Oscar gewen en hy is selfs vir die Nobelprys benoem.
HY IS TOT SEËN NA ONS GESTUUR
Hannes Ollewagen
Hand. 3:1-26
“God het, nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer.” (:26).
God het sy Seun, Jesus Christus, gestuur om ons tot seën te wees. Ons dink so ook aan Jesus se handeling net voordat Hy na die hemel opgevaar het. “EN Hy het hulle uitgelei tot by Betánië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.” (Luk. 24:50&51).
Dit is ongelukkig so dat die samelewing van ons tyd baie oppervlakkig geword het. Wanneer daar van seën in ons tyd gepraat word, is mense se eerste (en dalk enigste) gedagte een van materiële welvaart, gemak en voorspoed.
WAT IS DIE WAARHEID OOR GLOBALE VERWARMING?
Dr J J Snyman
In 2017 het die Verenigde Nasies ‘n konferensie oor globale verwarming gehou onder die vaandel van die International Panel on Climate Change (IPCC) in Suid-Korea. Die groot vraagstuk was hoe om die globale temperatuurstyging stop te sit. Die media blaas natuurlik paniek aan met berigte in hierdie verband.
So word aangevoer dat ons ‘n katastrofe tegemoet gaan indien CO2 (koolstofdioksied) uitlate nie dringend verminder en selfs stopgesit word nie. Biljoene is reeds bestee aan konferensies, ondersoek en modelle om hierdie vraagstuk op te los. Maar wat is die waarheid?
Sekere “kundiges” het aangevoer dat globale verwarming met minstens 1,5 grade Celcius verminder sal moet word in die volgende 12 jaar. Teen 2050 mag daar geen CO2 uitlate meer wees nie. Dit beteken geen voertuie wat met brandstof-enjin aangedrewe is nie, geen steenkool-aanlegte nie, ensovoorts.
EINDE VAN DONALD TRUMP?
Dr Danie Theron
Die aanduidings is daar dat die einde van Donald Trump in sig is. Reeds sedert die aanvang van sy ampstermyn het die Joodsbeheerde magte in die VSA alles in werking gestel om van hom ontslae te raak. Dis eintlik ‘n wonderwerk, of dan wel verbasend dat hy steeds in die tuig is.
Persoonlik het ek alle vertroue in Trump verloor dat hy merkbare verandering aan die politieke landskap van die VSA sou bring. Alles het baie belowend gelyk by sy ampsaanvaarding, veral omdat hy op die oog af nie deur Joodse geld beheer is nie. Ook die beloftes wat hy gemaak het was indrukwekkend.
Maar reeds met sy eerste aanstellings kon gesien word dat niks sou verander nie. En toe het hy boonop verder gegaan as enige vorige VSA-president in sy verhouding met Israel. So is Jerusalem nou as die eksklusiewe hoofstad van Israel erken ter negering van alle en enige regte van die Palestyne.
POLITIEKE KORREKTHEID
Dr Willem Jordaan
Veral sedert 1994 lewe baie Blankes in ons land in ‘n staat van ontkenning. Ontkenning van die waarheid. Dit is aangebring deur politieke korrektheid. In plaas daarvan om uiting te gee aan hulle ware gevoelens, word hulle deur hulle werk, omgewing, sosiale stand en wat nog, geforseer om die teenoorgestelde standpunt te handhaaf.
‘n Britse psigiater het die toestand van politieke korrektheid baie raak soos volg beskryf:
Political correctness is communist propaganda writ small. In my studies of communist societies, I came to the conclusion that the purpose of communist propaganda was to persuade or convince , not to inform, not to humiliate; and therefore, the less it correspond to reality, the better.
When people are forced to remain silent when they are being told the most obvious lies, or even worse, when they are forced to repeat the lies themselves, they lose once and for all their sense of probity. To assent to obvious lies is to co-operate with evil, and in some small way to become evil oneself. One’s standing to resist anything is thus eroded, and even destroyed.
A society of emasculted liers is easy to control. I think if you exmine Political Correctness, it has the same effect and is intended to.
Politieke korrektheid is dus nie net ‘n manier om die debat te beheer en om die waarheid te onderdruk nie, maar word die slagoffer geboelie om onwaarhede te aanvaar soos die fiksie van gelykheid en dat diversiteit ‘n “brug” is.
FRANKRYK STAAN OP
Dr Pieter Swart
Hoe verblydend was dit nie om te sien dat Frankryk herrys het uit sy doodslaap nie. Die sogenaamde Geel Hemde-beweging (Yellow Vests) het Frankryk behoorlik geskud met ‘n landwye betoging waarin onder meer teen die verhoogde prys in brandstof betoog is. Ontevredenheid behels ‘n verskeidenheid van onderwerpe en kom dit op een ding neer: Hulle het genoeg van die globaliste gehad!
Die president, Emmanuel Macron, is ‘n voormalige Rothchild bankier en daarom ‘n globalis deur en deur. Hy het geen simpatie met hierdie Gilets Jaunes (geel hemde) nie en die polisie opdrag gegee om gewelddadig op te tree.
WIE MAAK ONS GELD? (2)
>
>>>>
FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER
Lees reeks by Wie maak ons geld?
W.G. Simpson (op. bladsy p.622/23) skryf A.N. Field in “All These Things” (Omni Publications, 1963, bl. 218/9) soos volg: “Drie en dertig jaar nadat Cromwelll die Jode in Brittanje toegelaat het, het ’n Hollandse prins uit Amsterdam aangekom omring van ’n hele swetterjoel Jode uit daardie Joodse mekka. Nadal hy sy skoonvader uit die koninkryk verjaag het, het hy goedgunstiglik ingestem om die Britse troepe te betyg. ’n Baie natuurlike gevolg hiervan was die instelling van Nasionale Skuld ses jaar later toe die Bank van Engeland in die lewe geroep is om geld aan die Kroon leen. Brittanje het sy eie pot gekrap tot die Jood verskyn het. Toe is die pandjieswinkel geopen . . . Die geskiedenis van die tweede Joodse vestiging in Engeland is een lang spoor papierverbande wat die volke in skuld verkneg het. Elke opwaartse stap van die Jood in die volk se sake is gekenmerk deur die vermeerdering en vermenigvuldiging van skuld.
GESKENK VAN GOD
Hannes Ollewagen
Gén. 24:1-67
“Die HERE, die God van die hemel, wat my uit my vader se huis en uit my geboorteland weggeneem het, en wat met my gespreek en vir my gesweer het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee – Hy sal sy engel voor jou uit stuur, en jy moet vir my seun daar ‘n vrou gaan haal.” (:7).
“En die man het haar stilswyend betrag om te weet of die HERE sy weg voorspoedig gemaak het of nie.” (:21).
Daar is vir ons veel te leer uit Abraham se benadering tot hierdie belangrike saak – die keuse van ‘n lewensmaat vir sy seun, Isak. Abraham stuur sy mees betroubare dienskneg met die opdrag om ‘n vrou vir sy seun te gaan haal. Hy verbied hierdie dienskneg uitdruklik dat hy vir sy seun geen vrou moet neem uit die dogters van die Kanaäniete nie. Terwyl die wet van God aan Moses eers baie later gegee is, is Abraham reeds getrou in hierdie saak voor God deurdat hy die gebod eerbiedig.
SO OOK VIR SUID-AFRIKA
Stuart Cloete se woorde in sy gesprek met die Goewerneur-Generaal van die eertydse Belgiese Kongo in sy boek "The African Giant":
" 'Your Excellency, what would happen if the white man left the Congo? How long would it last?'
'A few years' he said, 'because we have built well. The buildings will stand'.
'And then?' I said.
'Then, monsieur, the forest will return'.
This is the classic reply all over the continent. There is no other answer".
Ja, daar is nie 'n ander antwoord nie.
DIE BELANG VAN DIE UKRAÏNE VIR RUSLAND... EN DIE VSA
Dr JJ Snyman
Die Ukraïne was sedert 2014 pal in die nuus. Die VSA het ‘n staatsgreep beplan en uitgevoer waar die wettig verkose Viktor Yanukovych eenvoudig uit die kussing gelig en deur ‘n VSA-pion Petro Porochenko vervang is.
Dit was ‘n reuse slag vir Rusland. Waarom? Wel, die Ukraïne was nie net Rusland se buurman en ook deel van die USSR en die Russiese federasie nie, maar ook weens sy grootte, hulpbronne en ligging strategies van uiterste belang vir Rusland met ‘n bevolking van 43 miljoen mense; dit is die 2e grootste staat in Europa en 17% van die inwoners is Russe.
ROOMSE MISLEIDING ONTMASKER (3)
Ds A E vd Berg
Lees reeks by Roomse misleiding ontmasker
Heidense nabootsings
Die RKK is ʼn vermenging van Babiloniese en Roomse afgodery wat na 300nC in die vroeë kerk vastrapplek gekry het. Daarna word Sataniese bedrywighede mettertyd teelaarde in die kerk. Talle kloosters was berug vir hul heksery, towery, beswerings en swart mis-offers. Laasgenoemde is al selfs in die Vatikaan gevier!
Die RKK is Satan se nabootsing van die ware kerk ten einde die Evangeliese leer van verlossing teen te staan. Hul kerksisteem, aanbiddingsvoorwerpe, feeste, rituele, seremonies en priesterskap is Babilonies van oorsprong. Selfs die pous is ʼn replika van die eertydse Babiloniese koning.
Indien koning Belsasar (Dan.5) uit die dood sou opstaan en die fabelagtige Petruskerk in die Vatikaanstad betree, sou hy kon dink dat hy in sy eie paleis ontwaak en niks verander het nie. Katedrale is so met afgodsbeelde besmet, dat dit niks van die eertydse Babiloniese paleise verskil nie.
AFGHANISTAN SE OPBRENGSTE...
Dr Willem Jordaan
Die teenwoordigheid van die VSA in Afghanistan het baie min met die Taliban te doen. Veel meer gaan dit oor die opbrengste wat uit hierdie land gemaak word. En dit uit heroïen!
In 2001 was daar 189 000 heroïengebruikers in die VSA. Nadat die VSA Afghanistan ingeval het, het hierdie getal aangegroei tot waar dit in 2016 op 4.5 miljoen staan! Duidelik maak iemand geld uit hierdie “oorlog”.
Wat dus eintlik gebeur is dat groot finansiële belange ter sprake is en dit baie duidelik beskerm moet word. Dit is dus te betwyfel of die VSA se magte uit Afghanistan sal onttrek.
SO HET DIE ROOMS-KATOLIEKE KERK VOOR DIE JODE GESWIG
Dr Danie Theron
Die Rooms-Katolieke Kerk het, soos talle ander organisasies en ook state, ook voor Joodse druk geswig. In wat volg sal u sien waarom daar geen twyfel oor kan wees nie.
Een van die sogenaamde Goeie Vrydag rituele was ‘n gebed wat sy oorsprong het in die 4e eeu n.C. Dit sluit die woorde in:
Oramus et pro perfidis Judaeis.
Vertaald beteken dit:
Laat ons ook bid vir die bekering van die ongelowige Jode.
WAAROM WIL DIE LIBERALISTE DIE “REKORD” OOR TSAFENDAS “REGSTEL”?...
...EN WAAROM DIT WARE NASIONALISTE SAL PAS!
Dr Pieter Swart
Die boek oor Tsafendas, The Man who killed Apartheid, deur Harris Dousemetzis, is deel van voorlegging aan die Departement van Justisie om die rekord oor Tsafendas reg te stel, naamlik dat hy nie mal was nie maar presies geweet het wat hy doen.
Dit word ondersteun deur ‘n petisie van George Bizos, John Dugard, Zak Yacoob, Dumisa Ntsiboga en Kish Govender, almal bekende links-liberales.
Die argument is skynbaar dat Tsafendas ‘n man was met ‘n “diep, sosiale gewete” wat hewig gekant was teen apartheid en dat sy doel dus polities was. So gesien was hy dus eintlik ‘n held en moet skool- en ander kurrikulums ook gewysig word om Tsafendas se ware (edele) motief weer te gee.
DIE GASA-STROOK: ‘N HEDENDAAGSE KONSENTRASIEKAMP
Dr JJ Snyman
‘n Mens hoef net na die toestand in Gasa, waar 1,8 miljoen Palestyne onder beleg geplaas is vir die afgelope 11 jaar, te kyk om te besef waartoe die Israeli’s in staat is en hoe die Jode daarin slaag om die wêreld die swye op te lê om niks oor hierdie volksmoord te berig nie.
Volgens ‘n verslag van die Verenigde Nasies sal toestande in Gasa in 2020 heeltemal onleefbaar wees. Gasa se kuslyn, landsgrense en lugruim word deur Israel blokkeer. Israel besluit wat in die gebied mag ingaan en wat nie.
46% van die bevolking is werkloos en 65% lewe op minder as R30 per dag. Daar is sowat 4 ure elektrisiteitstoevoer per dag. 95% van die water is ondrinkbaar.
ONBETWISBARE FEITE OOR 11 SEPTEMBER 2001
Dr Danie Theron
Meer as 17 jaar na die gebeure van 11/9/2001, beter bekend as “9/11”, word die wêreld steeds die “amptelike” weergawe voorgehou oor wat op daardie veelbewoë dag gebeur het. En dit is ‘n leuen. Laat ek dit herhaal: Die amptelike weergawe is ‘n leuen uit die hel!
Om te wil glo dat amateurs wat skaars ‘n Cessna kan vlieg, vliegtuie kan kaap en met absolute akkuraatheid in geboue soos die Twin Towers en die Pentagon te kan vasvlieg en daarby dat die mees parate nasie (en weermag) in die wêreld (die VSA) aan die slaap gevang is, is om van Rooikappie die mees betroubare verhaal in die geskiedenis te maak. Dat mense sulke onsin kan glo getuig van die greep wat die Joodsbeheerde geldmag op die mense gekry het.
DIE VSA SE AANSLAG OP DIE MIDDE-OOSTE
Dr Danie Theron
War is peace
Freedom is slavery
Ignorance is strength
1984
George Orwell
Daar is seker min boeke wat, alhoewel dit fiksie was, die toekoms so reg kon voorspel soos 1984. Die totalitêre staat Oceania het volledige beheer oor sy burgers en veral oor hulle denke. Deur gebruik te maak van ‘n program bekend as Double Think, waar mense onderwerp is aan twee opponerende konsepte en om beide te aanvaar as korrek, is hulle volledig beheer. So kan oorlog bv woed maar mense kan glo dit is eintlik vrede wat heers. Dit staan ook bekend as kognitiewe dissonansie.
Vandag, meer as 70 jaar nadat Orwell die boek in 1945 geskryf het, is die prentjie in die wêreld verstommend in ooreenstemming met dié deur Orwell geskets.
‘N VARS BRIES UIT HONGARYE
Dr Willem Jordaan
Terwyl talle Europese state meegesleur word deur die globalistiese aanslag, veral wat betref die homogeniteit van hulle bevolkings, is daar tog die verblydende nuus dat daar in verskeie state stemme opgaan teen hierdie verswelgingsproses.
Een so ‘n persoon is die Hongaarse Eerste Minister, Viktor Orban. Trouens, hoe meer hy praat hoe meer is ek beïndruk. In hierdie artikel word gekyk na sy antrope “Staat van die Nasie” –toespraak. Waar ander leiers oor sake soos die ekonomie sal praat of menseregte en dies meer, het Orban klem gelê op die nasionale soewereiniteit van Hongarye, multikulturalisme verwerp en klem gelê op “biological survival and continuance”. Hy dring aan op ‘n “siviele” Hongarye wat Christelik-demokraties is en ook konserwatief.
Orban se standpunt oor immigrasie?