Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die beste wapen teen hartseer is dankbaarheid. Dankbaarheid bring blydskap. Blydskap is weer ‘n vrug van die Heilige Gees. As jy God dus wil behaag, moet jy leer om verdriet uit jou lewe te weer.
KULTUUR- DAGBOEK 1 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1859: Oos-Londen in die Kaap word op hierdie dag as die hawe van Brits-Kaffraria verklaar.
2. 1931: Lees in hoofartikel oor die eerste uitgawe van Die Handhawer, tweeweeklikse blad van Die Handhawersbond, 'n Afrikanerorganisasie vir Afrikaner-volksvereniging.
3. 1936: Lees in hoofartikel oor die Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) wat op hierdie dag by wyse van die Uitsaaiwet (Wet 22 van 1936) ingestel word. Dit het beslag gegee aan die instelling van die SAUK se televisiediens in Mei 1975.
4. 1959: Die Nasionale Bouvereniging, die tweede Afrikaanse bouvereniging, was die resultaat van Volkskas en Sanlam om die Afrikaner se aandeel ook op ekonomiese gebied te versterk. Op 1 April 1970 het dit met Saambou (Permanente) Bouvereniging ge-amalgeer om Saambou-Nasionale Bouvereniging te vorm, 'n Afrikaanse vereniging wat in 1979 meer as 550 takkantore en agentskappe gehad het.
1931: DIE HANDHAWER VERSKYN
KULTUURDAGBOEK 1 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Handhawersbond is in 1929 in Johannesburg met die leuse "Opsaal" gestig en was op die patroon van die kommandostelsel georganiseer.
Vanaf 1 Augustus 1931 het die afdeling Rand-Sentraal van die Bond 'n eie tweeweeklikse blad, Die Handhawer, gepubliseer. Die doelstellings van die Handhawersbond was om deur georganiseerde optrede "die Hollands-Afrikaanssprekende Afrikaner op te wek tot sterker self- en volksbewussyn; die gees van oppervlakkigheid ten opsigte van staatkundige en kultuurvraagstukke te bestry; besieling op te wek in belang van die handhawing van die Afrikaner-eiegoed;
DIE DUISENDJARIGE VREDERYK
Ds A.E. van den Berg
Openb.20
In Openbaring gaan dit oor twee basiese waarhede - God se oordeel oor die goddelose en sy bewaring en latere verhoging van sy getroue gelowiges. God straf, maar bewaar ook; ’n tema wat soos ’n hoogspanningsdraad dwarsdeur Openbaring loop. God se oordeel begin, soos Petrus skryf, by die kerk: “Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God…” (1 Pet.4:7). Daarom loop Jesus in hoofstuk een tussen sewe kandelaars (:13) terwyl ’n skerp tweesnydende swaard uit sy mond gaan (:16).
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (4)
Ek sien vir baie dinge kans wanneer ek versigtig by die gebou uit beweeg met die Mauser in my arms. Natuurlik kyk ek nog skerp uit vir sluipskutters, maar nou kan ek hulle amper op gelyke voet aanvat. Ek het nie vreeslik baie ervaring met hierdie geweer se kaliber nie, maar as ek reg onthou, was dit vir baie jare gebruik as ʼn swaarkaliber spesiaal vir groot en gevaarlike wild in Afrika. Die meeste mense van Europese afkoms, wat aan begin van die twintigste eeu in Afrika gaan boer het, het ‘n goedkoper geweer as die Holland&Holland of Westley Richards dubbels in 450 Nitro of swaarder benodig en duisende Mausers in 9,3X62 is aan hulle verskaf teen ‘n baie kleiner bedrag as die Engelse gewere.
1885: DS ML DE VILLIERS, KOMPONIS VAN DIE STEM VAN SA
KULTUURDAGBOEK 31 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Marthinus Lourens de Villiers is op hierdie dag in die Paarl gebore. Hy was die oudste seun van Dirk de Villiers, wat self 45 jaar lank orrelis op Wellington was en saam met sy vrou Tina, aan die hoof van hulle eie Musiekinstituut gestaan het.
Marthinus het min formele onderrig van sy ouers ontvang maar het gou in 'n bruikbare pianis, violis, orrelis en klarinetspeler ontwikkel.
Na matriek studeer hy drie jaar lank aan die Hugenote Kollege in Wellington, en behaal die BA-graad in 1904, 'n jaar na die eerste publikasie van een van sy komposisies: ' 'n Mars vir klavier'.
Van 1905 tot 1907 gee hy onderwys op Wepener, waar hy die spil word waarom die dorp se musieklewe draai – hy stig 'n blaasorkes, gee les in verskeie musiekinstrumente, word orrelis van die NG Gemeente en bring 'n kerkkoor op die been vir wie hy koorstukke komponeer.
DIE AARDE BEHOORT AAN DIE HERE!
Hannes Ollewagen
Ps. 24:1-10
“... Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon; want Hý het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.” (:1&2).
Die kwessie van eienaarskap – iets wat universeel bekend is. Ja, selfs ’n kleuter het bykans uit die staanspoor die idee van hierdie of daardie is “myne”. Die mens hanteer dan gewoonlik ook iets waaroor hy eienaarskap het met groter sorg om dit te beskerm en behoue te laat bly. Die mens wil graag sy eienaarskap oor sy eiendom behou aangesien die eiendom nie alleen waardevol is nie, maar eienaarskap gee ook aan die eienaar die voorreg om te besluit hoe daar met die eiendom gehandel kan word.
Ons sien nie alleen in die lewe van die eerste mense al hierdie kwessie van eienaarskap nie. Ons sien ook dat Satan van die vroegste tye al werksaam is om die mens se gedagte rondom eienaarskap en reg probeer versteur. ’n Versteuring hiervan baan die weg vir vergrype teen God – die Eienaar van alle dinge. Nadat God die aarde en ook die Paradys geskape het, het Hy die mense (Adam en Eva wat ook deur Hom geskape is) die voorreg gegun om hierdie eiendom van Hom te bewoon. Hy het as Eienaar hiervan aan hulle die voorreg gebied om van al die bome in die tuin vryelik te eet met uitsondering van die boom van kennis van goed en kwaad. Satan kom dan na die mens en vertroebel hierdie reg van God se Eienaarskap sonder om eers na eienaarskap te verwys – dit word gewoon hanteer asof dit nie bestaan nie. Hy kom met ’n baie slu en uitgeslape plan na die mens en wek by Adam en Eva die indruk of oortuiging dat hulle geregtig is om van hierdie boom van kennis van goed en kwaad te eet ten spyte van die Eienaar se verbod om dit te doen.
1903: AFRIKAANS-NEDERLANDSE LITERATUUR AGV OORLOG 1899-1902
KULTUURDAGBOEK 30 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ditt is besonder opmerklik hoeveel literatuur in Afrikaans-Nederlands kort na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog verskyn het. Terwyl sommige boeke hoofsaaklik die klem op die gebeure van die oorlog laat val het, het andere weer die leiers van die oorlog beskryf. 'n Derde groep skrywers het weer die wyse waarop die oorlog die menslike lewe ontwrig het, aangetoon.
In De Zuid-Afrikaan van 30 Julie 1903 verskyn 'n aankondiging van boeke wat verteenwoordigend is van wat in die Afrikaans-Nederlands in daardie tyd verskyn het.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (3)
“Hoeveel ammo het jy vir daardie vier-vyf?”
“Genoeg om mee te begin.”
“Dit antwoord my nie werklik nie.”
Madel reik agtertoe, kry haar sak in die hande, haal ‘n paar stukke klere uit en sit dit by haar voete neer. Die ou, groot en swaar 230 grein, .45 ACP rondtes lê los in die sak, en sy tel dit een-een.
“Een honderd ses en vyftig. Plus vier vol magasyne, van sewe elk. En die een in my wapen, en nog ‘n enkele patroon in die loop. Een honderd twee en negentig, as my somme reg is.”
“Honderd vyf en tagtig.”
“Dankie, Slimjan. Amper maak ek ‘n fout.”
1845: OHRIGSTAD AANGELÊ
KULTUURDAGBOEK 29 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Toe Natal op 12 Mei 1843 deur Brittanje geannekseer is, was nie alleen die gebied vir die Trekkers verlore nie maar ook die seehawe en die moontlikheid om 'n geestelike en handelsverbinding met Holland aan te knoop.
Vir Andries Hendrik Potgieter was dit genoegsame motivering om in die rigting van Oos-Transvaal te trek, hoewel daardie streek ongesond en nie so geskik was vir boerdery as die omstreke van Potchefstroom nie. Maar daar sou hy immers buite die grense van die Britse invloedsfeer leef en in staat wees om lewensnoodsaaklike kontak met die Portugese hawens te maak.
KULTUUR- DAGBOEK 29 JULIE
> >>
1. 1845: Lees in hoofartikel oor die aanlê van Ohrigstad. > >U kan ook heelwat meer te wete kom hieroor in die reeks Voortrekker-pioniers >
2. 1869: Die verdrag wat die grens tussen Transvaal en Mosambiek vasstel het uiteindelik na onderhandeling van etlike jare tussen Portugal en die Zuid-Afrikaansche Republliek op 29 Julie 1869 tot stand gekom. In hoofsaak was dit die erkenning van die kant van Transvaal van Delagoabaai as Portugese gebied in ruil vir handelskonsessies van Portugese kant.
U kan heelwat meer te wete kom hieroor in die reeks Voortrekker-pioniers
>>1902: DR JAN BOUWS
KULTUURDAGBOEK 28 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan Bouws, Nederlands-Afrikaanse musiekwetenskaplike, musiekpedagoog, skrywer en komponis (onder andere 'Op my ou ramkietjie') is op hierdie dag in Purmerend, Nederland gebore. Na opleiding as onderwyser en gedurende sy lang onderwysloopbaan studeer hy in Amsterdam musiekwetenskap onder proff. Bernet Kempers, Smits van Waesberghe en andere, en begin vroeg reeds intens belangstel in die Afrikaner en veral sy musiekkultuur.
In 1946 verskyn in Brugge uit sy pen in Afrikaans, die eerste en tot nog toe enigste poging tot 'n omvattende musiekgeskiedenis van Suid-Afrika 'Musiek in Suid-Afrika'. Die huis van Jan en Juliana Bouws in Amsterdam was 'n toevlug en tuiste vir baie Afrikaanse studente in Nederland.
DIE ANTICHRIS (1/3)
Ds A.E. van die Berg
“En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?” (Open.13:4).
Gelowiges verskil soms oor geloofsake van mekaar. Een saak waaroor almal wel saamstem, is dat Jesus aan die einde van die tyd weer kom: “En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh.14:3). Net voordat dit gebeur, gaan 'n geweldenaar verskyn nl. die Antichris as die sigbare gestalte van Satan op aarde.
1904: SA LANDBOU-UNIE
KULTUURDAGBOEK 27 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Suid-Afrikaanse Landbou-unie, ofte wel die Interkoloniale Landbou-unie van Suid-Afrika soos dit destyds geheet het, en waaroor ons ook gister berig het aangesien die stigting or die dae 25-29 Julie gestrek het, is tydens 'n konferensie in Pretoria gestig. Die besluit om 'n sentrale Suid-Afrikaanse Landbou-unie te stig wat verteenwoordigend van alle landbou-organisasies dwarsoor Suid-Afrika sou wees, sowel as 'n besluit in verband met die verteenwoordiging wat die verskillende destydse kolonies in die nasionale organisasie sou hê, is op 26 Julie geneem.
Die volgende oggend is die reëls vir die fuksionering van die organisasie oorweeg en goedgekeur, sodat die Suid-Afrikaanse Landbou-unie formeel op 27 Julie 1904 tot stand gekom het.
1863: SUSANNA SMIT (MARITZ)
KULTUURDAGBOEK 27 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Susanna Catharina Maritz, suster van die Voortrekkerleier Gerrit Maritz, is op 28 Augustus 1799 in Uitenhage gebore. Teen haar sin is sy op 13-jarige leeftyd met Erasmus Smit in die huwelik bevestig. Twee seuns is uit hierdie huwelik gebore naamlik Salomon (genoem na genl Manie Maritz) en Hermanus Samuel George.
Sy het besondere deursettingsvermoë, heldemoed en onverskrokkenheid aan die dag gelê. Susanna was 'n belangrike kampvegter vir die regte van die Voortrekkers en het by die vrouedeputasie se konfrontasie met adv Henry Cloete, Britse Kommissaris in Natal, sterk gevoel dat die Voortrekkers eerder kaalvoet oor die Drakensberge sou terugkeer as om onder die Britse Magte te staan.
1649: OORHANDIGING VAN DIE REMONSTRANTIE AAN DIE KAMER VAN AMSTERDAM
KULTUURDAGBOEK 26 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
L Janszen en M Proot het hulle Remonstrantie, wat gebaseer was op die ervarings van die skipbreukeling van die Haarlem, aan die Kamer van Amsterdam oorhandig. Leendert Janszen is te Tongeren in die Suidelike Nederlande gebore. Ten tye van die stranding van die Haarlem was hy 'n onderkoopman. In 1651 is hy as 'n 'tweede persoon' aangestel in Wingurla aan die weskus van Voor-Indië, en in 1864 het hy gesagvoerder van die gebied geword. In dieselfde jaar is hy tot koopman bevorder.
SKRIFTUURLIKE STAWING VAN ‘N KERNOORLOG
Hoeveel bewys is daar in die Skrif dat kernwapens moontlik gebruik sal word?
Geleerdes het al daarop gewys dat die Griekse woord ouranoi die woord is waarvan ons moderne woord, Liman, afgelei is. Hierdie wit, radio-aktiewe metaalelement beskik oor die uraan-isotoop 0235 wat die eienskap het om 'n kettingreaksie aan die gang te hou. Dit is die basis vir kernontploffings, of hulle nou op die oppervlakte van die son of hier op ons eie planeet voorkom.
As 'n mens dus weer daardie woorde van Jesus lees dat met sy terugkeer "die kragte van die hemele (ouranoi) geskud sal word" (1Mattheus 24:29), is dit moontlik om 'n ander vertolking daaraan te gee as die een wat ons 'n geslag gelede sou gebruik het. Word daar miskien na kernontploffings verwys? Die moontlikheid word sterker as ons na 2 Petrus 37 blaai en lees dat "die teenswoordige hemele (ouranoi) en die aarde vir die vuur bewaar word". Hieruit kan ons aflei dat dit dieselfde soort vuur sal wees wat die hemele en die aarde sal vernietig. Die opvatting word nog verder versterk deur vers tien waarin ons lees "die elemente sal brand en vergaan".
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (2)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
‘n Stuk van die trapreling is afgebreek en ek struikel half daaroor. Op my hakke is ‘n hele aantal van die manne en ek kan hulle al letterlik ruik. Sodra ek oor die stuk reling is, druk ek die pistool voor by my belt in, tel die staalreling op, draai om en storm op die spul af.
Ek het nie tyd gehad om aan die gevolge te dink nie, maar dit het in elk geval ‘n gewensde uitwerking. Ek val half oor die spul as hulle instinktief stuit en die voorste manne hulle voorarms en hande opbring om hulleself te beskerm. Hulle is effens van balans af as ek hulle tref en val agteroor, op hulle opkomende makkers. Vir ‘n oomblik is daar net die staalreling tussen my en hulle as ek bo-op die ding – en die manne – lê.
1915: EERSTE UITGAWE VAN 'DIE BURGER'
KULTUURDAGBOEK 26 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die eerste uitgawe van Die Burger, oudste Afrikaanse dagblad, verskyn. Dit het gevolg op 'n vergadering van sestien vooraanstaande Afrikaners op 18 Desember 1914 op Stellenbosch, waar besluit is "dat het wenselik is een Hollands nieusblad uit te geven." Daarop is die Nasionale Pers gestig om die koerant uit te gee wat, op voorstel van mnr HJ Bergh, De Burger sou heet.
Bergh, sowel as mnr Jannie Marais, wat die onderneming moontlik gemaak het deur aandele op te neem vir meer as sestig persent van die aanvanklike nodige bedrag en later geld voor te skiet vir die aankoop van 'n rolpers, is oorlede voor die eerste koerant verskyn het.
1876: GENL MANIE MARITZ
KULTUURDAGBOEK 26 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Salomon Gerhardus Maritz is op hierdie dag in Kimberley gebore. Hy was 'n polisieman in Johannesburg toe hy in Oktober 1899 saam met die Boksburgkommando na die oorlogsfront in Natal gegaan het. Hy het lid van Danie Theron se dapper Verkennerskorps geword.
In Februarie 1901 gaan veg hy in die Kaapkolonie en word tot veggeneraal bevorder. Hy weier om die wapen met die vredesluiting op 31 Mei 1902 neer te lê en gaan deur Duits-Suidwes na Europa.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (1)
Die groot Cooper Discoverer-bande van Herrie se Jeep grom-fluit eentonig waar daar nog teerpad is, maar wanneer die slaggate te veel raak, ry hy op die grondoppervlak van die pad se skouer langsaan en hy is dankbaar vir diep groewe en hoë sywande. Van die gate is vol water van die onlangse swaar reën en hy kan nie die diepte bepaal nie, sonder om stil te hou en dit met ‘n stok te toets nie en daarvoor het hy nie tyd nie.
Skeer, Max en die ander het hom laat begaan net anderkant Sannieshof, waar hulle noorde toe, na die Soutpansberge gedraai het. Hulle verwag baie moeilikheid, nie net as gevolg van die ineenstorting van alle stelsels in die land nie, maar ook omdat hulle die hele valse narratief aangaande Mandela, Gibson Makhanda, Chris Hani en Samora Machel ontbloot het en natuurlik is Cornelle Maritz en haar waterstofenjin vir die oliekartelle ‘n steen des aanstoots, wat hulle so gou moontlik moet verbrokkel en uit die pad kry.