Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Debatteer jy maar, ek sal glo. Redeneer jy maar, ek sal soos Paulus bewonder en berus.
KULTUUR- DAGBOEK 19 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1786: Graaff-Reinet word deur landdros Mauritz Woeke gestig. Dit is vernoem na Cornelis Jacob van de Graaff (Graeff) die twintigste goewerneur van die Kaapkolonie en sy vrou Cornelia Reynet (Reinet).
2 1965: Ingrid Jonker was 'n bekroonde Afrikaanse Sestigers-digter van gedigte soos Ontvlugting, Rook en Oker, Kantelson en talle ander. Sy was ook dramaturg van Seun na my Hart. Heelwat van haar werk is in verskeie tale oorvertaal en deur kontemporêre Suid-Afrikaanse sangers getoonset. Sy sterf op 'n tragiese jong ouderdom van 31 jaar op hierdie dag by Drieankerbaai, Seepunt in die Wes-Kaap.
3. 1906: Lees in hoofartikel oor H.A. Mulder as digter, kritikus, lektor en mede-oprigter van die tydskrif Standpunte.
Ú ONDERHOU MY LOT
Hannes Ollewagen
Ps. 16:1-11
“Die HERE is die deel van my erfenis en van my beker; Ú onderhou my lot. Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.” (:5&6).
Dawid herinner ons in hierdie gedig van hom aan ’n baie belangrike werklikheid, naamlik dat God in beheer van ons lot in die lewe is. Hierdie werklikheid word myns insiens deesdae verdof in die verstikkende stof van die humanisme wat die lewenslig van ons tyd besoedel. In die donker van humanisme sukkel mense om ’n toekoms te sien omdat hul visie van die toekoms deur hul eie beperking aan bande gelê word. Eweneens neem mense ’n swaar las van die toekoms op hul skouers wat hulle glo hulle alleen moet dra omdat hulle alleen vir hul eie toekoms verantwoordelik is.
BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (16)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Vanaf Vioolsdrif tot by Kleinzee is net minder as 200 kilometer en sou onder normale omstandighede so rondom twee ure geneem het, indien hulle by die snelheidsgrens gehou het. Nou is dit egter nie normale omstandighede nie, hulle bly van die bestaande paaie af en ry presies in ‘n suid-westelike rigting, deur die Richtersveld, soos hulle raad gelui het.
Die bekoring van die semi-woestyn – sommige sou dit as werklike woestyn beskryf – dring tot elkeen deur. Hulle hou van die rustigheid, die vrede van die natuur en natuurlik is die begeerte daar om te speel in die sand, veral met die twee ligter voertuie, die veselglas Jeep en die “Jeep” van Herrie. Dit veroorsaak onvermydelik dat die swaarder voertuie, wat nog swaarder gelaai is met die ekstra brandstof, kosvoorraad en water, maklik in die sand sal ingrawe.
SÓ PATETIES IS INTER- NASIONALE GEREGSHOF
1966: UITSPRAAK VAN INTERNASIONALE GEREGSHOF OOR SWA
KULTUURDAGBOEK 18 JULIE
'n Belangrike baken in die hele stryd tussen Suid-Afrika en die Verenigde Volke is Ethiopieë en Liberië se aanklag teen Suid-Afrika in 1960 in die Internasionale Geregshof oor sy mandaat oor Suidwes-Afrika.
Suid-Afrika het hom suksesvol verweer, soos bewys deur die feit dat die applikante hul hoofklag gewysig het, en dat die uitspraak van die hof ten gunste van Suid-Afrika was. Die hof kom naamlik tot die bevinding dat individuele lede van die Volkebond nie die bevoegdheid gehad het om 'n mandataris in die hof aan te spreek oor die uitvoering van sy mandaatverpligtings nie. Toesighouding het by die Volkebondsraad berus en is deur sy organe uitgeoefen – die wil van die mandataris moes ook telkens in ag geneem word.
TRUMP EN SY GODKOMPLEKS
Trump en sy base in Tel Aviv het een stap nader aan die Derde Wêreldoorlog geneem. Alhoewel Trump 'n wapenstilstand met Teheran onderhandel het, is dit slegs 'n tydelike oplossing, nie 'n einde aan die oorlog wat die VSA en Israel self begin het nie.
Die doel van die wapenstilstand tussen Iran en Israel is om die Sionistiese staat weer te bewapen vir nog 'n groot aanval in die komende weke en maande, en Iran weet dit natuurlik. Die Iraniërs vertrou niks wat van die Trump-regime kom nie. Hoekom sou hulle? Veral nadat Israel Iran aangeval het terwyl Trump beweer het dat hy 'n nuwe ooreenkoms oor Iran se kernprogram soek, al het hy die VSA uit die vorige ooreenkoms, bekend as die Gesamentlike Omvattende Aksieplan (JCPOA), ook bekend as die Iran-kernooreenkoms, onttrek wat in 2015 deur die Obama-regime uitgevoer is.
1828: AFSKAFFING VAN HOTTENTOT- WETGEWING
KULTUURDAGBOEK 17 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die uitvaardiging van Ordonnansie 50 deur die waarnemende goewerneur, sir Richard Bourke, was die resultaat van 'n jarelange veldtog veral van dr John Philip, superintendent van die Londense Sendinggenootskap, om die bestaande Hottentotwetgewing afgeskaf te kry.
Daarvolgens is die bestaande wetgewing grotendeels ongedaan gemaak, mag geen vrye bewoner van die Kaapkolonie op grond van kleur in sy bewegingsvryheid, woonreg lewenswyse of werk beperk of tot arbeid gedwing word nie, en het vrye gekleurdes die reg verkry om grond te besit.
1916: SLAG BY DELVILLEBOS
KULTUURDAGBOEK 17 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Slag by Delvillebos het ses dae en vyf nagte geduur, van 15 Julie tot 20 Julie 1916, maar dit was waarskynlik die nag van 17-18 Julie wat die Suid-Afrikaners die hardste getref het.
Op 15 Julie het die Suid-Afrikaanse Brigade onder bevel van genl-maj HT Lukin bevel gekry om Delvillebos en omgewing tot elke prys teen die vyand te verdedig. Die Duitse magte moes uit Devillebos verdryf word om sodoende te kan verseker dat 'n flank van die 'United Kingdom Brigade' beskerm kon word.
1950: WET OP ONDER- DRUKKING VAN KOMMUNISME
KULTUURDAGBOEK 17 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Nasionale Regering van dr DF Malan het na 1948 te kampe gehad met toenemende ontevredenheid en onrus in die geledere van die swart bevolking.
In die lig hiervan het die Regering die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme, Wet No 44 van 1950, aangeneem. Hierdie wet is op 26 Junie 1950 goedgekeur en op 17 Julie in 'n Buitengewone Staatskoerant gepubliseer.
Hiervolgens is die Kommunistiese Party van Suid-Afrika tot onwettige organisasie verklaar. Die Regering het nou wye magte gekry wat optrede betref teen Kommuniste, die verbied van publikasies, die belet van openbare byeenkomste en die uitsetting uit die land van ongewenste ingesetenes.
1685: OPDRAGTE AANGAANDE SLAWE- BEHANDELING
KULTUURDAGBOEK 16 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het die besoekende Nederlandse kommissaris, Hendrik Adriaan van Reede, aan goewerneur Simon van der Stel verskillende opdragte aangaande slawe aan die Kaap gegee.
Volgens hom moes die slawe meer produktief gebruik en beter versorg word. Hoe meer hulle gehelp word om vooruit te kom en gesond te bly, hoe beter sou hulle die kompanjie kon dien en sou hulle teenoor hulle eienaars lojaal kon bly. Daarom het hy die administrasie van die slawe laat opknap, wette met betrekking tot hulle nagagaan en nuwes opgestel en ook huwelike tussen vrygestelde vroueslawe en vryburgers verbied.
Mense in gevangenisdiens moes harder as slawe werk. Slawe moes in die Christelike beginsels onderrig en in die Nederlandse taal geleer word. Slaweseuns onder 12 jaar oud moes skoolgaan,
KULTUUR- DAGBOEK 16 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1982: Pres CR Swart het as vyfjarige tydens die Tweede Vryheidsoorlog die smarte van die konsentrasiekamp in Winburg beleef. Later het hy as advokaat in die Bloemfonteinse Hooggeregshof (1919-1948) opgetree. Hy was ook 'n joernalis en as politikus het hy die eerste staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika geword (1961-1968). Hy was ook lid van die stigtingskomitee van die FAK, erelid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, kansellier van die Universiteit van die OVS en kinderverhaalskrywer. Die hoërskool, Staatspresident CR Swart in Pretoria, is na hom vernoem en hy het daarom talle kere vir die kinders gaan "kuier" wanneer die leerlinge dan sommer 'n hele klompie vakperiodes oorgeslaan het, almal na die saal gegaan het en vasgenael gesit en luister het na sy baie interessante vertellinge.
BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (15)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Vertel my weer waarom gaan julle Weskus toe?”
Wynand se mense het aan hulle ontbyt verskaf, die voertuie nagegaan en vol brandstof gemaak.
“Ons het al jare gelede begin voorberei vir ‘n dag soos hierdie. Ek het geweet dat Eskom nie volhoubaar bedryf kan word nie en dat die domino’s eendag sal begin val, vanaf Eskom, deur SASSA se nie-uitbetalings, die ekonomie wat heeltemal ineenstort, gevolglik met honger, plundery, desperaatheid, verset, bendes en uiteindelik oorlog. Maar julle is op soek na inligting?”
Arno en Skeer maak beurte om vir Wynand en sy leierskap in te lig oor die feite wat hulle het, maar ook die leemtes.
“’n Vriend van my, Charl Scheepers, het vir ons iets. Of dit die kolletjies aan mekaar gaan verbind of nie, en ‘n duideliker prentjie gaan maak, sal ons eers moet sien as ons daar kom.”
1932: HULDEBLYK AAN CJ LANGENHOVEN
KULTUURDAGBOEK 15 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hierdie dag, 15 Julie, was in 1932 'n Vrydag, toe Langenhoven die oggend, drie weke voor sy 59e verjaardag, oorlede is in sy kamer in Arbeidsgenot, sy woning in Oudtshoorn. Hierdie woning is deur mev Langenhoven in haar testament beskikbaar gestel as 'Volkshuis' en is vir openbare besoek oopgestel sedert 21 April 1955 tydens 'n formele geleentheid deur Sy Eksellensie dr EG Jansen, destydse Goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika.
Cornelis Jakob (Zetuin) Langenhoven is op die middernag van 12-13 Augustus 1873 gebore in Hoeko, Ladismith, Kaap. 'n Paar dae na sy geboorte is sy moeder oorlede. Sy vader se broer was getroud met sy moeder se suster; hulle het hom aangeneem en as hulle eie kind grootgemaak. Vir sy eie vader het hy gesê "Anderpa"; sy oom en tante was "Pappie" en "Mammie".
1914: VERSKYNING VAN 'ONS MOEDERTAAL'
KULTUURDAGBOEK 15 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
'Ons Moedertaal' was 'n suiwer Afrikaanse maandblad wat die Stellenbosch se tak van die Afrikaanse Taalvereniging (ATV) gepubliseer het.
Jong geleerdes, soos dr BB Keet, dr Tobie Muller en prof JJ Smith, het dit gebruik om die Afrikaanste taal en kultuur te bevorder, soos om te pleit vir 'n Afrikaanse Bybelvertaling en die erkenning van Afrikaans naas Nederlands as amptelike taal.
In Mei 1916 verenig 'Ons Moedertaal' met 'De Huisgenoot'.
Later word dit 'Die Huisgenoot', 'n weekblad wat vandag nog gelees word. Ongelukkig het dit reeds vanaf die negentigerjare 'n tydskrif geword wat nie meer die Afrikanervolk se belange dien nie maar die kommunistiese regime net so terwille is as wat die meeste dagblaaie en weekblaaie in daardie tyd geword het.
1867: ONTRUIMING VAN SCHOEMANSDAL
KULTUURDAGBOEK 15 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Schoemansdal was die noordlikste dorpie in die ou ZAR, geleë langs die Soutpansberge, ongeveer 15 km wes van die teenswoordige Louis Trichardt. Dit is in 1848 deur kommandant AH Potgieter aangelê, wat ook daar oorlede en begrawe is.
Die dorp wat in 1855 reeds deur byna 2 000 blanke inwoners in 278 huise bewoon is, het ook 'n kerkgebou, 'n skool en 'n pastorie gehad.
Schoemansdal, so in 1855 genoem na kmdt.-genl. S Schoeman, het spoedig 'n welvarende sentrum geword vanweë die ivoorhandel en die handelsverbinding wat deur Joao Albasini met Mosambiek onderhou is.
BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (14)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Danny is weerloos. Hy probeer regop kom, deur met sy hakskene in die modder te grawe en sodoende agteruit te kan kom en daarna regop. Die deurweekte kleigrond is egter te glad en al probeer hy met sy hande onder reguit arms help, besef hy dadelik dat hy nie betyds gaan regkom nie. Hy besef ook dat hy nie aanstaltes moet maak om sy rewolwers te probeer bykom nie. Soos ‘n man wat sy kar rol en wag dat dit tot stilstand kom om die skade en seerplekke te ervaar en bepaal, wag hy vir sy onsekere, maar definitief onaangename lot.
Een van die swartmans kom nader. Die ou is baie donker van velkleur, met tande wat nie die loop van tyd goed hanteer het nie, met een van die voorstes weg, die ander donker gekleur, soos net die gebruik van ‘n oormaat tabak en min borsel kan doen. Hy het ‘n lang litteken wat vanaf die onderkant van sy linker oog se hoek afloop tot by sy mondhoek. Was hy in ‘n rolprent, soos in “Trader Horn”, sou Danny kon sweer dis ‘n mensvreter.
KULTUUR- DAGBOEK 14 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1893: Lees in hoofartikel oor Adv JG Strijdom;
2. 1904: Pres Stephanus Johannes Paulus Kruger, krygsman, staatsman, volksleier en laaste staatspresident (1883 – 1902) van die Zuid-Afrikaansche Republiek, is op hierdie dag in Clarens in Switserland oorlede. Twee weke voor sy dood skryf hy: "Gebore onder de Engelsche vlag, wens ik niet daaronder te sterven". Hy is op 16 Desember 1904 in die Heldeakker in Pretoria te ruste gelê.
3. 1888: Pres Jan Brand (Johannes Henricus), advokaat, professor in die Regte by die Suid-Afrikaanse Kollege, en vyf maal herkose vierde staatspresident (1863 – 1888) van die Oranje- Vrijstaat, is op hierdie dag oorlede. Uit sy huwelik met Johanna Sibella Zastron is agt seuns en drie dogters gebore.
4. 1934: Dr PG du Plessis, (Pieter Georg), dosent, lektor in Afrikaans en Nederlands (Universiteit Witwatersrand), redakteur (Standpunt, Die Transvaler, Hoofstad), skrywer, draaiboekskrywer, dramaturg en bekende TV-persoonlikheid, is op hierdie dag op Boshof in die Vrystaat gebore. Hy is twee maal met die Hertzogprys bekroon vir sy eerste twee dramas, Die nag van Legio, en Siener in die Suburbs.
1893: ADV JG STRYDOM
KULTUURDAGBOEK 14 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die datum 14 Julie is in die geskiedenis van Suid-Afrika van diep insnydende betekenis. Op 14 Julie 1888 is pres Jan Brand van die Vrystaatse republiek oorlede. Op 14 Julie 1904 is pres Paul Kruger van die Transvaalse republiek oorlede as balling in Switersland toe dit gelyk het of daar vir die Afrikanervolk geen toekoms meer is nie. In daardie stadium was daar in die Klein-Karoo egter reeds 'n jong seun wat voortbestem was om een van die vernaamste politieke leiers van die Afrikaanse volk te word.
Hy was Johannes Gerhardus Strijdom, gebore in hierdie dag op Klipfontein in die distrik Willowmore. Hy het reeds op die laerskool geopenbaar dat hy met groot talente geseën is, en daarom het sy ouers hom na die hoërskool op Franschoek gestuur waar hy gematrikuleer het. Van daar is hy na die Victoria-kollege in Stellenbosch waar hy die BA-graad behaal het.
DIE GROOT VERVAL (2/3)
Ds A.E. van den Berg
“Jou profete, o Israel, is soos jakkalse in puinhope” (Esegiël.13:4).
Een van die duidelikste tekens waaraan die naderende wederkoms van Jesus gekenmerk word, is 'n wêreldwye godsdiensverval. En dis die gevolg van ontspoorde kerke en valse leraars. Valse leraars was van meet af aan 'n probleem in kerke. Die profeet Esegiël noem hulle prontuit jakkalse.
In hoofstuk 13 wys hy op hul kenmerke. Hierdie jakkalse het nie God se Woord gepreek nie, maar hul eie dwaling op God oorprojekteer. God se naam is slegs gebruik om skyngesag daaraan te verleen. Esegiël vergelyk hulle met jakkalse wat op die stedelike buitewyke na maklike kos gesoek het.
In vers 6 noem Esegiël die hoofrede vir die godsdiensverval van sy tyd – leraars wat nie vir die waarheid opgestaan het nie. As 'n stadsmuur destyds op 'n plek gebreek het, het die inwoners die bres sorgvuldig bewaak totdat dit herstel is. Die valse leraars het nie die bres in die godsdiensmuur bewaak nie en groter laat word.
KULTUUR- DAGBOEK 13 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1974: Die Britse Setlaarsfamiliegroep-monument is in 1969 geskep deur die beeldhouer Ivan M Barberton, en maak deel uit van die sg 'lewendige monument' in Grahamstad wat op hierdie dag in 1974 ingewy is. Die standbeeld herdenk die 3 500 Britte wat hulle in Maart 1830 en Mei 1821 hier kom vestig het asook die ongeveer 2 000 wat daarna gevolg het. Setlaars met vanne soos o.a. Collins, Jackson, Brown, Morris, Austin, White, Duncan, Green, Wright en Smith het hul hoofsaaklik in die Oos-Kaapse omgewings van Bathurst, Port Elizabeth, Somerset, Cathcart, Cradock, Alice, Caledon en George gevestig.
BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (13)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Ons kan ‘n dag of wat hier bly, naby die baken, as jy wil. Dis gevaarlik, want ‘n mens is veiliger as jy aan die beweeg bly, maar ek kan ook doen met ‘n bietjie rus vir ‘n tydjie.”
Cornelle kyk verbaas na Max. Sy het nie gedink hy kan ooit moeg word nie. Tog is hy ook maar net mens en mense is feilbaar, psigies, sowel as fisies. Nie dat hy enige simptome getoon het van geestelike uitputting nie, nie woede teenoor haar, irritasie, frustrasie of iets dergliks nie.
Hulle het die afgelope tyd in nie-konsentriese sirkels geloop om naby die baken te bly, maar nie op een plek nie. Soms sou hulle in ‘n soort ovaal noord en suid loop, ander kere meer wes, maar nooit op hulle eie spore nie.
“Ek sal baie bly wees. Ek is regtig baie moeg en my voete is seer.”