Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Geen rykdom het nog iemand uit die hemel gehou net omdat hy volop besit nie, maar dit sal hom uit die hemel hou as die rykdom hóm besit. Oordrewe najaag van rykdom benewel jou sin vir reg en verkeerd.
1939: FAK KONGRES OOR CNO
KULTUURDAGBOEK 6 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Sedert die stigting van die FAK in 1929 het die vereniging hom uitdruklik uitgespreek vir moedertaalonderwys. Op 'n FAK-kongres wat in Desember 1934 plaasgevind het, het die kultuurvereniging van Hartbeesfontein 'n beskrywingspunt ingedien met die versoek dat die FAK 'n kongres oor Christelik-nasionale onderwys moet hou.
Die Afrikaanse Nasionale Kultuurraad (ANK) het op sy vergadering in 1938 in Bloemfontein besluit om in 1939 'n volkskongres oor die toekoms van die Afrikaner in die handel te hou. Een van die hooftemas sou ook oor Christelik-nasionale onderwys gaan.
BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (10)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Max besef skielik hulle is omring deur mense wat blyk hulle nie goedgesind te wees nie. Hy weet nie of dit almal huurmoordenaars is, soos die spul wat op hulle spoor was nie, en of dit bloot mense is wat toevallig daar is. Dit maak nie saak nie – daar is geen uitkomkans vorentoe of agtertoe, links of regs nie.
‘n Ligte reënbui sak uit en dit gee Max kans om die omgewing goed deur te kyk. Hy besluit op ‘n vlak, smal, kort skeur onderkant ‘n groterige rots. Met die gekamoefleerde seil oor die sloot getrek en aan die onderkant van die rots ingewig, laat hy vir Cornelle onder die seil inkruip en, seker dat niemand hom sien nie, klim hy ook in, sodat hy langs en teenaan haar lê. Die beperkte ruimte na die kante toe laat hom geen opsie nie. Hy probeer vir haar wys om stil te bly, maar dit is te donker daarvoor en hy druk sy wysvinger sag oor haar lippe. Teen haar oor sê hy sag genoeg dat net sy kan hoor.
KULTUUR- DAGBOEK 5 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1.1822: Lees in hoofartikel toe Engels die enigste amptelike taal geword het.
2. 1836: Lang Hans van Rensburg (Johannes Jacobus), leier van een van die twee groepe van die Groot Trek, asook sy trekgeselskap word by die Djindispruit (Mosambiek) deur 'n impi van Manukozi oorval en vermoor.
3. 1945: Meer in hoofartikel oor die FAK se Volkskongres oor maatskaplike beleid.
1945: FAK HOU VOLKSKONGRES OOR MAATSKAPLIKE BELEID
KULTUURDAGBOEK 5 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op maatskaplike vlak was daar vir die Afrikaner ná 1929 nog baie probleme om te oorbrug. Verwarring en onvermoë op hierdie sosio-ekonomiese terrein het immers ook kultuurarmoede beteken. Daarom het die FAK dit nodig geag om 'n volkskongres daaroor te reël – met die oog daarop om 'n maatskaplike beleid vir die Afrikaner te bepspreek.
Die betrokkenheid van Suid-Afrika by die Tweede Wêreldoorlog en die gevolglike uitwerking daarvan op die volk op vele terreine het dit soveel te meer noodsaaklik gemaak.
1822: ENGELS WORD ENIGSTE AMPTELIKE TAAL
KULTUURDAGBOEK 5 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Brittanje het die Kaap in Januarie 1806 vir die tweede keer beset. In April 1814 het lord Charles Somerset goewerneur van die Kaap geword, en in Augustus 1814 is die Kaap formeel aan Engeland afgestaan.
Die Britse bewindhebbers het van meet af aan 'n verengelsingsbeleid teenoor die Afrikaners gevolg omdat hulle die Kaap 'n suiwer Britse kolonie wou maak. Daarom het Somerset sedert 1818 die tekort aan predikante in die gemeentes van die NG Kerk aangevul deur die aanstelling van predikante van die Skotse Presbiteriaanse Kerk.
Op onderwysgebied het Somerset 'n stelsel van vrye Engelse skole in die lewe geroep waar ingevoerde Engelse en Skotse onderwysers aan die Afrikaanse kind onderwys sou gee. Die uiteindelike oogmerk was die invoering van Engels as enigste amptelike taal van die Kolonie.
ANTISEMITISME
Die woord antisemitisme is deur die Jode uitgedink op 'n stadium toe daar van biologiese afstammelinge van die Jode van Palestina kwalik sprake kon wees. Soos iemand so kostelik opgemerk het kon die woord abracadabra netsowel gebruik word en sou dit meer betekenis gehad het. Vandag is antisemitisme 'n internasionale misdryf.
Intussen het die revolusie voortgestu en verdere momentum gekry met die Sionisme wat amptelik na vore getree het. Leon Pinsker publiseer Auto-Emacipation en verklaar dat die Jode self sal emansipeer en nie sal toelaat dat ander volke vir hulle voorskryf nie. Hierdie emansipasie sou bewerkstellig word deur ""irresistable pressure"" in die internasionale politiek uit te oefen. Hy stel ook dat:
There is an inexorable and inescapable conflict between humans known as Jews and other humans.
Verbasend genoeg het al hierdie vooraanstaande Jode, dr Chaim Weizmann inkluis, die woord sameswering gebruik; iets wat vandag ontken word.
BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (9)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Danny het die hou net betyds gesien kom en laat sak sy kop instinktief, sodat die stuk hout die helm tref en nie sy neus nie. Hy pluk aan die voorste rem, die wiel gly op die grondpaadjie en hy val saam met die fiets. ‘n Skop tref hom skrams teen die ribbes en nog een teen die linker skouer. Nie een van die aanvallers sê iets nie, maar begin om in sy rigting te skop en slaan. Die motorfiets, wat steeds gedeeltelik op hom lê, weer baie van die houe af en een van die manne ruk die fiets van hom af.
Sodra sy regterhand en arm vry kan beweeg, is die Ruger Speed Six in sy hand en die knal van die .357 Magnumrondte weergalm deur die oopte. Die man met die stuk boomtak in sy hand is ‘n oomblik verdwaas en dan vou sy bene onwillekeurig onder hom in. Die swaar projektiel uit die kort, 70mm loop, het sy maag, diafragma en ruggraat stukkend geskiet.
1845: JAN HENDRIK HOFMEYR, 'ONZE JAN...'
KULTUURDAGBOEK 4 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan Hendrik Hofmeyr, (Onze Jan) is op hierdie dag in Kaasptad gebore. Hy word om gesondheidsredes deur sy grootouers grootgemaak.
Sy skoolopleiding ontvang hy in Nederlands. Op 17-jarige ouderdom neem hy die redakteurskap van 'De Volksvriend' oor en verenig dit later met De Zuid-Afrikaan onder laasgenoemde se naam.
In 1892 help hy 'Ons Land' stig. Hoewel hy nie 'n voorstander van Afrikaans was nie veg hy in sy artikels vir die kweek van kultuurtrots en patriotisme by die Afrikaners en vir die handhawing van die Hollands-Afrikaanse kultuurbande in die kerk en skool.
In 1878 stig hy 'Het Zuid-Afrikaansche Tijdschrift' om belangstelling vir die Nederlandse taal te wek.
Na sy toetrede tot die Parlement beywer hy hom vir die gelykte regte van Hollands en Engels.
KULTUUR- DAGBOEK 3 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1967: Die FAK hou hulle eerste kongres oor skoolmusiek- en sang. Ná uitgebreide onderhandeling veral met die Transvaalse Onderwysdepartement en die Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste oor musiekonderrig hou die FAK deur middel van sy Musiekkomitee sy eerste Kongres oor Skoolmusiek- en sang van 3 – 5 Julie 1967 in Johannesburg. Onder groot belangstelling geniet die onderwerpe Doelstellings met Musiekbevordering; Musiekwaardering; Sang op hoërskoolvlak; Operettes, kunswedstryde en sangfeeste; en Instrumentale Musiek op skool, groot aandag. Die 2e kongres is gehou in Julie 1969 op Kroonstad, die derde in April 1972 op Stellenbosch en die vierde in April 1974 in Port Elizabeth. Hierdie kongresse het ongetwyfeld rigtinggewende invloed op Afrikaanse musiek en sang in Afrikaanse onderwysinrigtings uitgeoefen.
BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (8)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Suid-Afrika... het 'n aktiewe en invloedryke Moslemsektor wat Hamas en Palestynse grondeise ondersteun. Gekombineer met sy patetiese intelligensiedienste en sy betreurenswaardige militêre en polisiemagte, is Suid-Afrika swak toegerus om Islamitiese infiltrasie uit naburige streke of sy groeiende interne ekstremistiese bewegings teen te werk.
Behalwe dat hulle suksesvol apartheid oorkom het, eindig alles wat die ANC en bondgenote sedertdien aangepak het, in 'n jammerlike mislukking. Elke staatsonderneming is bankrot en/of disfunksioneel. Dieselfde geld vir regeringsdepartemente.
As 'n mineraalryke land... is Suid-Afrika 'n primêre teiken vir 'n vyandige oorname deur opportunistiese outoritêre staatspelers. Rusland, China en Iran is reeds sterk geposisioneer...
OOTMOEDIGE VERTROUE
Hannes Ollewagen
1 Sam. 26:1-25
“En Abísai sê vir Dawid: Vandag het God u vyand in u hand oorgelewer; laat ek hom tog nou met sy spies in een slag teen die grond vassteek sonder om dit ’n tweede keer te doen. Maar Dawid sê vir Abísai: Bring hom nie om nie, want wie slaan sy hand aan die gesalfde van die HERE en bly ongestraf? Verder sê Dawid: So waar as die HERE leef, sekerlik sal die HERE hom slaan, òf sy dag sal kom dat hy sterwe, òf hy sal aftrek in die geveg en omkom! Mag die HERE my bewaar dat ek my hand aan die gesalfde van die HERE sou slaan! ...” (:8-11).
1909: SA AKADEMIE VIR WETENSKAP EN KUNS GESTIG
KULTUURDAGBOEK 2 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 1908 is die vereniging Onze Taal in Bloemfontein gestig om te waak oor die belange van Hollands in die Vrystaat. Ds Willem Postma (dr O'kulis) het 'n leidende rol in hierdie vereniging gespeel en het dit sterk bepleit dat 'n sentrale organisasie daargestel behoort te word om samewerking tussen die twee strydende taalpartye – Hollands en Afrikaans – te bewerkstellig. 'n Taalkongres wat later tot April 1909 uitgestel is, was 'n noodsaaklikheid.
1888: OPENING VAN VOLKS- HOSPITAAL, PRETORIA
KULTUURDAGBOEK 2 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die tagtigerjare van die vorige eeu het dokters in Pretoria begin aandring op hospitaalgeriewe. In Februarie 1887 het 'n kommissie onder leiding van genl PJ Joubert met die regering oor 'n terrein onderhandel.
'n Ou huis naby die militêre kaserne in die huidige Potgieterstraat asook twaalf aangrensende erwe is afgestaan. Onder voorsitterskap van hoofregter JG Kotze is 'n permanente hospitaalkomitee in die lewe geroep.
In 1887 samel 'n aantal dames in Pretoria met 'n basaar 1 500 pond in vir die oprigting van die hospitaal. 'nTydelike hospitaal met vyftien beddens is op die aangewese terrein opgerig.
1936: DIE VADERLAND, EERSTE AFRIKAANSE DAGBLAD, VERSKYN
KULTUURDAGBOEK 2 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Vaderland verskyn op hierdie dag as die heel eerste Afrikaanse dagblad in Johannesburg. Daarmee word finaal die fondament gelê vir die verrysing van die Afrikaanse Pers in Transvaal ná al die moeisame en mislukte pogings in meer as twee dekades wat dit voorafgegaan het.
Dit het begin met Die Week op 23 Februarie 1912. Dit is opgevolg deur Het Volk, en toe Ons Vaderland, onderskeidelik 'n halfweeklikse blad, en 'n dagblad.
KULTUUR- DAGBOEK 2 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Lees in hoofartikels:
1. 1888: Opening van die Volkshospitaal in Pretoria;
2. 1901: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns word gestig;
3. 1936: Die Vaderland as eerste Afrikaanse dagblad verskyn.
WAT NAGEMAAKTE VLEIS AAN JOU DOEN
Die bemarking van nagemaakte vleis as “gesondheidsvoedsel” is nog ‘n foefie van die Geldmagte om die wêreldbevolking te verminder. Nagemaakte kos is die globaliste se jongste poging om die voedselvoorraad te beheer – al hierdie jongste "innovasies" soos laboratoriumgekweekte vleis en diervrye suiwelprodukte baan die weg vir private maatskappye om die hele voedselvoorraad effektief te beheer. Soos die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake en nasionale veiligheidsadviseur Henry Kissinger eens gesê het: "Beheer olie en jy beheer nasies; beheer kos en jy beheer mense." Om mense te beheer is hul hele agenda.
Vals vleisprodukte is gelaai met die onkruiddoder glifosaat — baie bestanddele in vals vleisprodukte word van geneties gemodifiseerde soja gemaak; daarom is hulle ook besmet met glifosaat soos ook deur ‘n onafhanklike toetsing bevestig.
GEVAARLIKE POLITIEKE KEUSES
Dr Gideon van Rensburg
In elke revolusie het terreur 'n deurslaggewende rol gespeel om die gepeupel in 'n staat van vrees en paniek te plaas. Die basiese beginsel van terreur is naamlik dat die slagoffer moet glo dat hy niemand kan vertrou nie – wat tot gevolg het dat hy in 'n staat van uiterste desperaatheid verkeer en homself onderwerp aan die persone wat aan die hoof van hierdie terreur staan.
Benjamin Disraeli, voormalige eerste minister van Brittanje, het deurgaans gewaarsku teen die wêreldrevolusie. Disraeli was 'n bekeerde Jood en het geweet dat die Jode agter hierdie revolusie sit. In 1852 verklaar hy in die Britse Parelement:
The influence of the Jews may be found in the last outbreak of the disruptive principle in Europe. An insurrection takes place against tradition and aristocracy, against religion and property...
Hy het gewaarsku dat hierdie geheime organisasies dit doen in die naam van gelykheid en dat Jode aan die hoof van elkeen was. Hy het openlik gestel dat:
the world is governed by different personages from what is imagined by those who are not behind the scenes.
1948: SA ORRELBOUERS (EDMS) BPK GESTIG
KULTUURDAGBOEK 1 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Van selfstandige orrelbou in Suid-Afrika was daar tot 1948 haas geen sprake nie en was ons op kerklike en sekulêre gebied aangewese op ingevoerde Engelse en Amerikaanse orrels.
In 1948, die jaar toe daar ook duidelike belangstelling van die Afrikaanse kerke vir die orrelkultuur in Suid-Afrika uitgegaan het, het die groot orrelkultuurbloei in die geskiedenis van Suid-Afrika begin toe mnr W van Loon die Suid-Afrikaanse Orrelbouers (Edms) Beperk, (SAOB) gestig het.
Aanvanklik was dit slegs 'n klein, nederige onderneming in Strubenstraat, Pretoria.
1936: EERSTE BYEENKOMS VAN ANK
KULTUURDAGBOEK 1 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daar was 'n dringende behoef om alle Afrikaanse volksbedrywighede in een kragtige en oorkoepelende liggaam saam te snoer. Indien daar so 'n organisasie sou wees, kon die Afrikanerbelange op 'n veel beter en geordende wyse gedien word. Met hierdie doel voor oë het verteenwoordigers van landwye Afrikaanse organisasies onder beskerming van die FAK in Bloemfontein vergader.
1914: JL VAN SCHAIK (EDMS) BPK GESTIG
KULTUURDAGBOEK 1 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die firma JL van Schaik (Edms) Beperk is op hierdie dag deur mnr JL van Schaik in Pretoria opgerig. Aanvanklik slegs 'n boekhandelaar, besef hy gou die groot behoefte aan goeie Afrikaanse boeke en word hy 'n uitgewer, en voor 1920 verskyn die eerste boeke.
Jong Afrikaanse skrywers is deur hierdie organisasie aangemoedig om hulle manuskripte voor te lê.
Ook op die gebied van die opvoedkunde verskyn 'n reeks boeke in Afrikaans vir die laer- en hoërskole. Woordeboeke word uitgegee, wat die voorlopers word van standaardwerke op die gebied.
In 1960 ontvang mnr Van Schaik 'n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir die waardevolle diens wat hy aan Afrikaans bewys het.