Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om as kind van die HERE jou selfbeeld in perspektief te kry moet jy van jouself wegkyk en jou liefde vir jou naaste gee. Dit bring bevryding van jouself en jy word só 'n spieëlbeeld van Christus – geen beter beeld kan jy vra nie!
1938: BEGIN VAN SIMBOLIESE OSSEWATREK
KULTUURDAGBOEK 8 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 24 Mei 1934 het die Uitvoerende Raad van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) besluit om 'n spesiale aandeel te neem in die totstandkoming van die Voortrekkermonument. Op 3 Augustus 1936 is in beginsel besluit dat 'n Voortrekkerwa vir die ATKV gebou word om aan 'n simboliese trek in 1938 deel te neem. Uiteindelik het tien waens amptelik deelgeneem en die ATKV het later besluit om die waens soos volg te versprei: Die Johanna van der Merwe staan in die Voortrekkermonument by Pretoria; die Andries Pretorius in sy eie museum op Hartenbos; die Louis Trichardt (Tregardt) by die Universiteit van Pretoria; die Vrou en Moeder by die Meisieskool Oranje in Bloemfontein; Magrietha Prinsloo by die Hoërskool Cillié in Port Elizabeth; die Piet Retief aanvanklik aan die Natalse Voortrekkerbeweging in Durban – later ook na Hartenbos; die Sarel Cilliers aan die Vrystaatse Voortrekkerbeweging en gehuisves op Ciliers se plaas naby Kroonstad; die Dirkie Uys in besit van die Krygsmuseum. die Hendrik Potgieter en die Magdalena de Wet aan die Potchefstroomse en Stellenbosch se Universiteite onderskeidelik.
BEWAAR SY WOORD
Hannes Ollewagen
Joh. 14:1-31
“Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien. Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.”
Die tyd van “vrye denke” – hierdie konsep is met ope arms verwelkom, veral op politieke- en teologiese gebied. En ongelukkig het soveel mense op teologiese gebied in hul vrysinnige denke heeltemal verdwaal. ’n Mens sien dit vandag wanneer besluite in sogenaamde kerke geneem word wat lynreg teen die Woord van God indruis. Baie kerke in ons samelewing het daarom vandag ontaard in napraters van wat ookal die heersende kwessie in die samelewing mag wees en ’n plek waar mense darem ’n ritueel van godsdiens kan beoefen. Dit het geestelike begraafplase geword eerder as die huis van God waar die Evangelie van lewe verkondig word. En die vertrekpunt van hierdie dwalinge sal altyd die afdwaal van die suiwere leer van die Woord van God wees.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (10)
Tersia en Jessica het weerskante van May gaan lê. Tersia met haar bors en maag teen May s‘n en Jessica agter haar rug. Sy het net haar onderklere aan en sy ruik glad nie lekker nie, maar daar is niks wat hulle nou daaraan kan doen nie. Na ‘n driekwartier begin May se tande opmekaar klap, soos iemand met koue koors.
Twintig minute later maak sy sagte kreungeluidjies. Hulle draai haar op haar rug en was haar gesig met ‘n waslap wat effens warm gemaak is met water op die gasstofie. Tussen haar gebarste lippe kom haar tong uit en sy wil die water van die waslap aflek. Versigtig, sonder om haar te laat verstik, plaas Tersia ‘n teelepelvol warm, soet tee teen haar lippe, uiteindelik gaan haar mond effens oop en sy kan die bietjie tee in haar mond sit. Met die derde teelepelvol begin May verstik as sy dit gulsig afsluk.
KULTUUR- DAGBOEK 7 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1795: Die Slag by Muizenberg: 'n Britse oormag verslaan op hierdie dag die Bataafsche Republiek (VOC). Die Kaap word hierdeur 'n Britse kolonie.
2. 1884: Walvisbaai word formeel by die Kaapkolonie ingelyf maar Lüderitz en die gebied suid daarvan word deur Duitsland tot protektoraat verklaar.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (9)
Die gemiddelde IK van swart Suid-Afrikaners wissel tussen studies, maar hier is 'n algemene oorsig:
- *Gemiddelde IK-reeks*: Studies dui daarop dat die gemiddelde IK van swart Suid-Afrikaners tussen 65 en 75 val, met sommige studies wat effens hoër of laer tellings rapporteer.
- *Spesifieke studies*: Een studie het 'n gemiddelde IK van 68 vir Suid-Afrikaanse studente gerapporteer, terwyl 'n ander 'n gemiddelde IK van 71 vir kinders van 6-12 jaar gevind het. Universiteitstudente in Suid-Afrika is geneig om hoër te punte te behaal, met gemiddelde IK's wat wissel van 72 tot 100.
'n Paar noemenswaardige studies sluit in ¹:
- *Lynn en Holmshaw (1990)*: Het 'n gemiddelde IK van 67 vir 9-jarige Suid-Afrikaanse kinders gerapporteer.
RAMAPHOSA SE OPVOLGER?
Daar word al hoe meer gespekuleer dat die magstryd tussen Cyril Ramaphosa en sy adjunk, Paul Mashatile, binnekort op die spits gedryf kan word. Mashatile het politieke aspirasies, en Ramaphosa wil nie graag die pad stap van sy voorgangers, Thabo Mbeki en Jacob Zuma nie, wat “herroep” is toe die aspirerende opvolger hulle uitgewerk het.
Mashatile het ‘n redelike lang CV. Hy is in 1961 gebore, en was betrokke by die UDF en ANC Jeugliga in die 1980s en 'n veteraan van anti-apartheidsaktivisme. Hy het ʼn sterk magsbasis in Gauteng opgebou, veral binne die provinsiale tak van die ANC. Hy het ‘n geleidelike maar strategiese pad tot die topposisies in die ANC gevolg:
1883: STIGTING VAN DIE REPUBLIEK STELLALAND
KULTUURDAGBOEK 6 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
As gevolg van inboorlingonrus by die Transvaalse suidwestelike en weslike grens het Paul Kruger, en Rhodes in Kaapland namens Brittanje, bekommerd geraak dat sake sodanig kan vertroebel dat groot ellende kan uitbreek.
Die burgers het egter geweier om NIE by die stryd betrokke te raak nie omdat bepaalde swart kapteins aan hulle grond beloof het as hulle hul inmeng. Van Massouw het hulle dan ook inderdaad 'n grondstreek ontvang en onder Gerrit van Niekerk 'n eie republiek, Stellaland, gestig. Rhodes, toe 'n Kaaplandse LWV, sir Hercules Robinson, die Britse hoë kommissaris, en sendeling John Mackenzie, was erg ontsteld; veral omdat Kruger spoedig die staat by sy Transvaalse gebied wou inlyf.
1863: SEEGEVEG IN TAFELBAAI – DAAR KOM DIE ALABAMA!
KULTUURDAGBOEK 6 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 5 Augustus 1863, die derde jaar van die Amerikaanse Burgeroorlog, het die kruiser Alabama van die Suidelike Konfederasie, Tafelbaai vanuit die noordweste binnegevaar.
Hierdie oorlogskip, onder kaptein R Semmers, het tot in daardie stadium 55 skepe van die Noordelike Federasie gekelder.
'n Federale bark, Sea Bride, onder kaptein C White, wat op 'n handelstog was, het toevallig op dieselfde tydstip as die Alabama Tafelbaai uit die suidooste binnegevaar. Nog voor White se bemanning hul penarie besef, het die Albama net na die middaguur op die vyandelike bark losgebrand.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (8)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
“Hoe kon dit so vinnig gebeur, Herrie?”
“Hoe bedoel jy nou?”
“Die een dag was ons nog aan die gang, met die krag wat steeds aangebly het, al was dit soms onbetroubaar, om dit saggies te stel, maar die OTM’s van die banke het steeds gewerk, daar was water en brandstof in die pompe, kos en drinkgoed op die winkelrakke, mense het steeds werk toe gegaan, die politieke grapmakers het nog hulle manewales op TV en sosiale media kwytgeraak en ons gewone siwwies het aangegaan met ons lewens, en toe skielik: Boem! Is alles in chaos.”
“Dis nie heeltemal so nie. Die aanloop was al vir dekades sigbaar, jy moes net hard en diep genoeg kyk. Ek het ‘n neef wat ‘n ‘blaster’ is. Jy weet wat dit is?”
“Nee?”
1915: DE KLEMENTIE BEWEGING
KULTUURDAGBOEK 5 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag berig De Burger dat die vroue-optog die vorige middag in Pretoria, om by die Goewerneur-generaal om begenadiging vir die Rebelle-gevangenis, te pleit, "ruim vierduizend vroue sterk" was. "De twee mijlen lange tocht naar het Uniegebouw kenmerkte zich door diepe ernst, kalmte, waardigheid en beslistheid. Vele bejaarde dames waren er onder."
Die Afrikanervroue van regoor die land het in die amfiteater van die Uniegebou vergader. Vooraf is 'n welkomswoord deur die Betogingskomitee uitgespreek. 'n Besielende boodskap van mev Steyn, eggenote van president Steyn, is deur mev Helgaard Steyn voorgelees. Die versoekskrif aan die Goewerneur-generaal is deur mev J Roos van die ACVV in Kaapland voorgelees, eenparige goedgekeur en aan die afvaardiging na die Goewerneur-generaal oorhandig.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (7)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
DIE STILTE NA DIE STORM – EN WANNEER DIE HEL LOS BREEK
’n Week het verbygegaan. Nie ’n woord nie. Maar die stilte spreek harder as enige bedreiging. Iets het verskuif. Nie net op sosiale media nie. Nie net in privaat boodskappe nie. Maar op die geopolitieke skaakbord. ’n Subtiele maar seismiese aankondiging het na vore gekom: die Verenigde State hou Suid-Afrika dop – noukeurig en doelbewus. Die waarskuwing het vinnig gekom. En toe… stilte. Geen opvolgverklaring nie. Geen perskonferensie nie. Nie ’n enkele woord van Donald J. Trump nie. Net stilte. Maar in globale sake is stilte nie oorgawe nie – dis strategie. En hierdie stilte is die soort wat kom net voordat die hemele oopskeur.
Agter die Geslote Deur
PALESTINA NIE GENOEG VIR ISRAEL, NOU OOK SIPRUS
Die AKP se neo-Ottomanistiese "Magnificent" Sirië-beleid het Turkye op die rand van oorlog met Israel gebring. Ironies genoeg het elke aksie wat geneem is, Israel se belange gedien.
Die omverwerping van Assad deur terroriste wat van oor die hele wêreld gebring is, die installering van Al-Sharah, 'n CIA-MI6-Mossad-produk, wat die weg baan vir die PKK [Kudistan se Werkersparty] om 'n staat in Sirië te vestig, net soos dit in Irak gedoen is, ens.
Daar is geen nodigheid vir 'n lang verduideliking nie.
Vandag is Amerikaners bure met Israel. Dieselfde Israel gelei deur Netanyahu, daardie volksmoorddadige, babamoordenaar en vyand van die mensdom. En dit ten spyte van die feit dat die VSA nie die Kürecik-radarstasie, wat Israel steeds van intelligensie-inligting oor Iran voorsien, of die Baku-Ceyhan-pyplyn, waardeur Azerbeidjanse olie na Tel Aviv vloei, gesluit het nie.
1914: EERSTE WêRELDOORLOG BREEK UIT
KULTUURDAGBOEK 4 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Reeds sedert die sestiende eeu word die verhouding tussen die Europese moondhede deur die beginsel van die magsewewig beïnvloed. Daarvolgens sluit twee of meer moondhede 'n militêre verbond wat ten doel het om 'n moondheid wat so sterk word dat hy vir die veiligheid van die ander 'n gevaar word, teen te gaan.
Aan die einde van die negentiende eeu was dit reeds duidelik dat Duitsland, wat ekonomies en industrieel geweldige opgang gemaak het, so sterk geword het dat hy in staat was om in die politiek 'n oorheersende rol te speel. Dit was met die oog op die groeiende Duitse mag, dat Frankryk en Rusland in 1893 'n verbond gesluit het wat teen Duitsland gerig was.
Brittanje het hom aanvanklik nog in "splendid isolation" teruggetrek,
DIE ANTICHRIS (2/3)
Ds A.E. van den Berg
“...hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan” (2 Thess.2:9).
Die ander dier wat Johannes in Open.13:11 sien, beteken een van dieselfde soort. Beide is handlangers van die Satan. Die eerste een is die Antichris en die tweede een die valse profeet. Hy is 'n kerkleier – 'n lam met twee horings. Sy taak is om die mensdom te oorreed om die Antichris te aanbid. Hy werk dus baie nou met die Antichris saam. Hy gaan selfs 'n beeld van die Antichris laat oprig en mense dwing om die beeld te aanbid. Daarna sal alle formele godsdiens afgodediens wees. Dag verander in nag!
1853: EERSTE ALGEMENE KERK- VERGADERING OP RUSTENBURG
KULTUURDAGBOEK 3 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag is die eerste Algemene Kerkvergadering van die onafhanklike Voortrekkerkerk op Rustenburg geopen. Hierdie vergadering met ouderling FG Wolmarans as voorsitter en ds Dirk van der Hoff as skriba, is gevorm deur al die kerkraadslede van die gemeentes Potchefstroom, Rustenburg en Soutpansberg. Lydenburg was nie teenwoordig nie. Byeengeroep deur die gesamentlike Krygsraad, moes die vergadering sy verhouding tot die NG Kerk van die Kaapkolonie bepaal. Met die koms van ds Van der Hoff na Transvaal, was dit 'n saak van dringende belang.
In Oktober 1852 het die Kaapse Sinode 'n voorstel om die Transvaalse gemeentes in sy kerklike organisasie op te neem, goedgekeur.
1881: KONVENSIE VAN PRETORIA ONDERTEKEN
KULTUURDAGBOEK 3 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Zuid-Afrikaanche Republiek is in April 1877 deur Brittanje geannekseer. Verskeie samesprekings is tussen die Boere en die Britte gehou om die saak te besleg – juis ook in Engeland, maar dit het niks opgelewer nie. Daarna het die Transvaalse Vryheidsoorlog van 1880 tot 1881, gevolg.
Hieruit het talle verdere onderhandlings gespruit wat tot die Konvensie van Pretoria in 1881 gelei het. Dit het bepaal dat van 8 Augustus af die ZAR weer in elke opsig selfbestuur sal geniet maar nie volle onafhanklikheid nie, want hy was aan die Britse soewereiniteit en sekere ander voorwaardes onderworpe.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (6)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
“Kan ek saam ry, dan wys ek julle waar hulle bly?”
“Jy kan. Daar is nie baie plek nie, maar dis seker nie ver nie, of hoe? Maar vertel ons eers wie jy is.”
“Nee. Miskien een of twee kilometer. My naam is Sus Jansen. Julle?”
“Ek is Herrie Maritz en hierdie is Madel van Wyk. Klim op, dan ry ons.”
KULTUUR- DAGBOEK 2 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
1889: Lees in hoofartikel van die legendariese Ivan Lombard, onder andere eerste hoofsekretaris van die FAK toe hy reeds dieselfde pos in die Afrikaner-Broederbond beklee het (in die tyd toe die Broederbond nog werklik vir Afrikanerskap gestaan het).
IVAN LOMBARD
KULTUURDAGBOEK 2 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ivanhoe Makepeace Lombard is op hierdie dag in die Kimberley-distrik gebore. As kind het hy die smaad en ellende van 'n Britse Konsentrasiekamp deurleef. As jong man en jong onderwyser (wat hom in Heidelberg as onderwyser bekwaam het) het hy die vernedering van Afrikaner-wees – in daardie jare aan die Rand – deurworstel toe hy die werkerstryd van 1913 en 1922 beleef het, die Afrikaner-armblankedom van die dertigerjare meegemaak het, die minagting van sy taal en kultuur ondervind het, die politieke verdeeldheid en onmag gesien het.
Alles saam het daartoe bygedra dat hy en ander Afrikaners die voortou geneem het om saam te bind wat uit eie oortuiging bymekaar hoort, om daardeur die knegskap van die Afrikaner te oorwin.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (5)
Die knal wat feitlik onmiddellik op die klap van die koeël langs my volg, sê vir my twee dinge. Die eerste is dat die skut nie baie ver weg is nie, want ‘n koeël trek baie vinniger as die klank van die skoot en die twee was bymekaar.
Tweedens is die knal plat en venynig, wat beteken dat die kaliber klein en vinnig is. Miskien ‘n ding soos ‘n .243 Winchester, of 5,56 millimeter NATO. Ek dink nie dis ‘n R4 of R5 nie, want dan sou meer as een skoot geklap het, maar ek kan verkeerd wees. So, miskien ‘n slot-aksie geweer?