Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Slegs die wysste van mense ken hierdie geheim – en hulle is gewoonlik nie ryk aan materiële dinge nie: As jy gelukkig wil wees, geniet dit wat jy reeds besit, hoe min ook al.
1979: FAK HALFEEUFEES- KONGRES
KULTUURDAGBOEK 12 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Tussen 10 en 12 Julie het die FAK sy vyftigjarige bestaan luisterryk in Bloemfontein herdenk. Vroeër en later in die jaar is natuurlik ook allerlei ander programme en publikasies as deel van die halfeeufeesverrigtinge aangebied. So was daar 'n sakeleiersdinee en landwyd is plaaslike verjaardagfeeste van uiteenlopende inslag gereël.
'n Gedenkuitgawe van Handhaaf, 'n nuwe FAK-Sangbundel, en 'n geskiedeniswerk met die titel Vyftig Jaar Volksdiens, is gepubliseer.
BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (12)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Wat is dit?”
Langs ‘n grondpad, lanklaas geskraap en duidelik die afgelope tyd in onbruik, maak Max ‘n tydelike kamp, tussen ‘n paar doringbome, lae struike en ‘n paar nabome aan die Noordekant. Die wolke het weer saamgepak en is donker en dreigend.
“Dit is ‘n elektroniese baken. Dis vir ‘n absolute noodgeval, maar dit lyk my ons het nou een. ‘n Noodgeval, bedoel ek.”
“Wat doen dit?”
“Dit gaan ons presiese ligging aan my mense deurgee. Die probleem is dat dit dalk ook deur ander mense opgspoor kan word, maar ons gaan nou in elk geval dit nodig hê.”
BESKAWING GAAN TOT NIET
‘n Beskawing kom nie tot stand deur ‘n blote strewe na eendersheid nie. Dit kom tot stand deur gedeelde waardes, gedeelde agtergrond, gedeelde toekomsverwagting en deur vorm en struktuur. Dit vereis grense, geheue, orde en rang. Dit vereis die vermoë om te onderskei tussen hoër en laer, vriend en vreemdeling, heilig en godslasterlik.
Richard Weaver skryf in sy boek ‘Ideas have Consequences’ dat hy bevooroordeeld (“prejudiced”) is want dit is ‘n natuurlike uiting van die mens – hy onderskei, hy kies, hy gee voorkeur aan sekere dinge bo ander. Weaver sê hy sou skaam gevoel het as hy nie bevooroordeeld was nie.
Die antieke wêreld het onderskeid verstaan. Gedurende die Middeleeuse is dit bewaar. Selfs die vroeë moderne wêreld, voor dit die bande van tradisie die rug begin keer het, het steeds die idee behou dat orde die natuur moet weerspieël.
Wat ons nou in die gesig staar – in hierdie land en ook in baie ander - is nie bloot 'n afwyking van die verlede nie. Dit is 'n bewuste omkering van die beginsel van die beskawing. ‘n Verwerping van juis dit wat orde daargestel het.
Ja, maak jou gretig los van jou eie en staan dan verbaas dat die vreemde wat jy wil omhels jou nie met ope arms ontvang nie!
1917: KONGRES VAN HELPMEKAAR OP MIDDELBURG, KAAP
KULTUURDAGBOEK 11 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ná die Rebellie van 1914 moes die rebellieskuld en –boetes, wat in Transvaal en veral in die Vrystaat enorme bedrae beloop het, terugbetaal word. Aanvanklik het elke kommando sy eie skuld probeer betaal maar selfs ná duisende onselfsugtige bydraes was die skuld nog meer as honderd duisend pond. By 'n bespreking tussen JH van Barneveld, dr DF Malan en adv HS van Zijl is daar besef dat 'n groot poging aangewend moet word om die agterstallige bedrae te verhaal.
Die Helpmekaarvereniging, wat gestig is om rebelleskuld te help vereffen, het hierin 'n groot rol gespeel. Op 11 en 12 Julie 1917 is 'n Helpmekaarkongres op Middelburg in die Kaap onder voorsitterskap van adv HS van Zijl gehou, waarop die toenmalige stand van geldsake blootgelê is.
Die feite was skokkend. Al die geld wat reeds in Kaapland ingesamel is was nie eers genoeg om die rente op die verskuldigde bedrae te betaal nie.
KULTUUR- DAGBOEK 11 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1899: Die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek neem die besluit dat immigrante ná sewe jaar stemgeregtig is.
2. 1900: De la Rey en sy burgers verslaan op hierdie dag die Britse magte by Die Slag van Silkaatsnek naby Hartebeespoort en Brits.
3. 1901: Die regering van die OVS wyk uit na Reitz in die Vrystaat waar die Britse magte onder bevel van genl Broadbent hul in die vroeë oggendure van hierdie nag in 1901 verras en gevangeneem. Pres Steyn slaag daarin om met behulp van sy agterryer, Ruiter, te ontsnap.
4. 1917: Lees in hoofartikel oor die Kongres van die Helpmekaar op Middelburg in die Kaap.
BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (11)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Wetende dat hulle spore reëndeurdrenk en vaag sou word binne ‘n uur of twee, loop Max en Cornelle grootpad se kant toe. Na drie ure se loop en sloeg deur die dik modder en gietende reën, sien hulle ‘n klompie geboue aan hulle voorkant, nou nog vaag en onduidelik. Na ‘n volle minuut waarin hulle die plekkie dophou, is daar geen beweging nie, wat uiteraard nie vreemd is nie. Hulle sluip versigtig nader en hurk agter een van die geboutjies, ‘n geelgeverfde een, met ‘n “MTN” binne ‘n blou ovaal weerskante en voorop geverf.
Indien Max gewonder het hoe hulle die deur, wat sekerlik met ‘n veiligheidshek versper sou wees, kon oopkry, is dit nie nodig nie. Die hele deur, raam en al is uitgeruk en lê verwronge eenkant. Glasstukke lê voor, op en anderkant die drempel, waaroor hulle versigtig klim.
“Waarna soek ons?”
“’n Tipe USB-kabel. Ek sal weet as ek die regte en sien.”
1509: JOHANNES CALVYN
KULTUURDAGBOEK 10 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jean Cauvin, of dan Johannes Calvyn, is op hierdie dag in Noyon in Frankryk gebore. Hy studeer vanaf 1525 teologie in Parys, maar word in 1528 regstudent in Orleans en later in Bourges waar hy onder invloed van die Protestantisme en Franse Humanisme kom.
In 1533 word hy Protestants merendeels deur die lees van Luther se werk. Hy sien hierna sy roeping om die kerk te hervorm na die suiwer Bybelse model.
KULTUUR- DAGBOEK 10 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1509: Lees in hoofartikels oor Johannes Calvyn en meer oor Calvinisme.
2. 1797: Piet Uys (Petrus Lafras) is op hierdie dag op die plaas Potteberg, distrik Swellendam in die Wes-Kaap gebore. Hy en sy seun Dirkie, het saam in 1838 aan die hand van Zoeloes by die Slag van Italeni in Natal gesneuwel.
KULTUUR- DAGBOEK 9 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1856: Die Voortrekkerrepubliek Natalia word op hierdie dag tot 'n Britse kroonkolonie verklaar en kry 'n parlement.
2. 1915: Lees in hoofartikel oor die Duitse magte op Khorab wat hulself in Duits-Suidwes-Afrika oorgegee het aan die Suid-Afrikaanse magte onder bevel van genl Louis Botha tydens die Eerste Wêreldoorlog.
3. 1991: Suid-Afrika word op hierdie dag tot die Olimpiese beweging hertoegelaat. Dit kom ná 30 jaar van sport-isolasie as gevolg van die Suid-Afrikaanse apartheidsbeleid – ons was toé reeds, nog drie jaar vóór die ANC as terroristiese regime die land heeltemal oorgeneem het, so diep verraai en oorgelewer...
1915: OORGAWE VAN KOL VON FRANKE IN DUITS-SUIDWES- AFRIKA
KULTUURDAGBOEK 9 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Nadat Groot-Brittanje in 1914 oorlog teen Duitsland verklaar het, is die Unie van Suid-Afrika direk by die Eerste Wêreldoorlog betrek. Dit was die Unie-verdedigingsmag se taak om Duits-Suidwes-Afrika aan te val. Vier invalsmagte sou die inval onderneem: 'n suidelike mag onder kol JL van Deventer om Keetmanshoop te beset, 'n sentrale mag onder brig-genl Duncan McKenzie, wat van Lüderitzbucht na Aus en ooswaarts sou trek; 'n oostelike mag onder kol CAL Berrangé, wat van Kuruman na Keetmanshoop sou opruk, en 'n noordelike mag onder bevel van genl Louis Botha, wat van Swakopmund na Windhoek sou beweeg.
Windhoek vál op 12 Mei 1915, en die Duitse bevelvoerder, lt-kol Von Franke, wyk na Tsumeb uit. Nogtans word hy deur knyptangbewegings van die Unie-magte vasgetrek en tot oorgawe gedwing.
WÊRELDOORLOË
Noudat ons aan die begin van nog ‘n wêreldoorlog staan, weereens die werk van die Jode soos met al die voriges, is dit goed om die geheue te verfris oor wat dit behels het. Merkwaardig as gedink word dat dit ook die Jode was wat agter die Anglo-Boereoorlog 1899 – 1901 (wat eintlik die oorlog van die Sionistiese geldmagte was om beheer van Suid-Afrika se minerale bronne te verkry) gesit het en Smuts dit (met sy intellek) baie goed besef het. Hoe gou het hy vergeet van die lyding van meer as 27 000 vroue en kinders!
Na afloop van die Eerste Wêreldoorlog sien twee dokumente die lig waarvan die Sioniste die outeurs was; die Verdrag van die Volkerebond en die Britse Mandaat oor Palestina. Albei was daarop gerig om die Sioniste se beheer oor die wêreld te verseker. Generaal Jan Smuts (Sionistiese lakei van Suid-Afrika en baie goeie vriend van dr Chaim Weizman) het die realisering van die Sionistiese droom as "the justification of his life" beskou!
1957: CM VAN DEN HEEVER
KULTUURDAGBOEK 8 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Christiaan Maurits van den Heever is op 27 Februarie 1902 in die Konsentrasiekamp by Norvalspont gebore – hy was van die min babas wat hierdie traumatiese omstandighede gedurende die Tweede Vryheidsoorlog oorleef het. Hy is op hierdie dag in 1957 oorlede.
In 1924 verwerf hy sy MA-graad in Nederlands met lof aan die Grey-Universiteitskollege.
In 1929 slaag hy in sy doktorale eksamen aan Utrecht waarna hy in 1932 sy doktorsgraad aan Unisa behaal met 'n proefskrif oor Totius.
1908: VAN RENSBURGTREK NA MOMBASSA
KULTUURDAGBOEK 8 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het waarskynlik die grootste georganiseerde trek na Oos-Afrika, bestaande uit ongeveer 70 gesinne met 47 waens en 70 perde onder die leiding van Jan van Rensburg in Mombassa op die Duitse skip Windhuk geland.
Die groep is 400 myl per spoor vervoer na die binneland van Nakuru, waar hulle deur Frans Arnoldi ontmoet is en op sy plaas Pampoenkraal gekampeer het.
Die laaste deel van die reis is per ossewa onderneem. Dit het die trekkers meer as drie weke gekos om die afstand van 160 km met die swaar gelaaide waens deur die oerwoud, bamboes en moerasse af te lê.
Die trekkers het land op die hoogland van Uasin Gishu gekry, onder kontrak met die regering van Kenia. Spoedig het 'n gevestigde gemeenskap daar ontstaan.
R41 KWADRILJOEN GESTEEL
WAT GAAN AAN IN SUID-AFRIKA?
R41 KWADRILJOEN — R41 380 513 104 000 000 – DIE MEES OBSENE DIEFSTAL IN DIE GESKIEDENIS, EN DIE WÊRELD IS STIL?
Dis nie 'n grap nie. Dis nie satire nie. En dis nie fiksie nie. Dit is 'n land waar diefstal nie meer in miljoene, of selfs miljarde, plaasvind nie — maar in kwadriljoene. Ja, kwadriljoene. En die beweerde skuldiges? Dieselfde parasitiese politieke masjinerie wat Suid-Afrika in ekonomiese, morele en institusionele ineenstorting gedryf het: die ANC.
Hierdie artikel is gebaseer op publiek beskikbare verslae, insluitend verklarings van die Valke, die Suid-Afrikaanse Reserwebank en openbare onderhoude met senior amptenare. Die bedrae waarna verwys word, is amptelik aangehaal, maar word steeds ondersoek. Hierdie artikel eis dringendheid, aanspreeklikheid en volle deursigtigheid van diegene in magsposisies.
1940: FEDERALE VOLKS- BELEGGINGS BPK (FVB) GEREGISTREER
KULTUURDAGBOEK 7 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
"'n Volk red homself" was die wekroep wat wyle Vader Kestell laat in die dertigerjare tot die Afrikaanssprekendes gerig het. Hierdie wekroep is gebore uit die nood van die Afrikaner, voorspruitende uit droogtes en die depressie-jare.
Daar is tot in daardie stadium in 'n groot mate aanvaar dat die Afrikaner nie geskik is vir die handel en nywerheid nie. Toe kom die eerste Ekonomiese Volkskongres van 1939, wat deur die FAK georganiseer is, waar die toetrede van die Afrikaner tot die handel en nywerheid bepleit is. Ingevolge 'n besluit van die kongres word Federale Volksbeleggings Beperk op 8 Julie 1940 finaal geregistreer.
KULTUUR- DAGBOEK 7 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1501: Joas da Nova, Portugese seevaarder, vind 'n skoen met briewe daarin wat 'n ander Portugese seevaarder in 1500 aan 'n melkhoutboom (later bekend as die Poskantoorboom) by Mosselbaai in die Suid-Kaap gehang het. Meer hieroor in hoofartikel.
2. 1901: Pres MT Steyn en die regering van die Republiek van die Oranje-Vrijstaat kom in Fouriesburg, die laaste hoofsetel van die Republiek, aan.
3. 1940: Federale Volksbeleggings Bpk word geregistreer. Lees daaroor in hoofartikel.
1501: OUDSTE "POSKANTOOR" IN SA
KULTUURDAGBOEK 7 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Joas da Nova was 'n Portugese seevaarder oppad na Indië toe hy op hierdie dag in 1501 briewe en dokumente in 'n skoen wat aan 'n groot melkhoutboom naby die huidige Mosselbaai gehang het, gevind het. Die briewe is deur een van die bevelvoerders van die boot van Pedro Alvares Gabral in die jaar 1500 in daardie skoen aan die historiese boom geplaas om daardeur boodskappe en inligting aan verbygaande skepe oor te dra.
Die Portugese het toe reeds om die suidpunt van Afrika geseil nadat Bartholomeu Dias en Vasco da Gama die seeweg na die Ooste vasgestel het.
Die melkhoutboom moet derhalwe as die oudste poskantoor in Suid-Afrika beskou word. Dit staan klaarblyklik vandag nog daar en is seker meer as 'n duisend jaar oud want dit was toe reeds 'n groot boom.
DIE GROOT VERVAL (1/3)
Ds A. E. van den Berg
“Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom, om nie gou julle verstand te verloor, asof die dag van Christus al daar is. Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word (2 Thess.2:1-3).
Net na die ontstaan van die Christenkerk het Satan dit deur middel van vyandige Jode en Romeine probeer dooddruk. Toe hy nie slaag nie het hy sy strategie verander en met dwaalleer in die kerk self opgeduik. Die Bybel sê dat dieselfde ding net voor die wederkoms van Jesus weer gaan gebeur, hierdie keer net andersom; eers 'n algehele verval in godsdiens en geestelike sake en daarna 'n fisiese vervolging.
Hierdie verval (afval) sal aan kerke se minagting van die Bybelse waarheid gekenmerk word. Satan haat die waarheid en gebruik selfs kerke om gruwels soos bv. homoseksualisme, wat lynreg in stryd met die Bybel is, goed te praat.
1865: PRETORIA RIFLE CORPS GESTIG
KULTUURDAGBOEK 6 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Pretoria Rifle Corps onder leiding van Stephanus Schoeman, wat met die rang van kaptein die eerste hoof daarvan was, is as 'n vrywilligerkorps gestig.
Die woord Rifle dui nie op die Engelse begrip van 'n geweer nie maar op die Westley-Richards-doppie-agterlaaier van 1858 – 'n geweer wat gou in Transvaal bekend geword het en spoedig graag gebruik is.
Die doel met die Rifle Corps was om Pretoria en omgewing en ook die staat in die algemeen te beskerm. Daarby sou die lede aan kommando's en noodlydendes voorrade help voorsien.
1976: EERSTE KONFERENSIE VIR KULTUURRADE
KULTUURDAGBOEK 6 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Hoofbestuur van die FAK besluit op 7 November 1975 dat aangesien daar 'n sterk behoefte bestaan om verteenwoordigers van kultuurrade/skakelkomitees as groep saam te trek en om kultuurrade tot groter doeltreffendheid te lei, daar van 1976 af jaarlik 'n Konferensie vir Kultuurrade ten tye van die Algemene Vergadering gehou word.
Die aanvoeling van die Hoofbestuur het geblyk korrek te wees want die belangstelling van kultuurrade het van toe af met rasse skrede van jaar tot jaar toegeneem. Benewens praktiese aangeleenthede van gemeenskaplike belang, is daar jaarliks besin oor 'n gesamentlike jaartaak, byvoorbeeld die behoefte aan Afrikaanse kleuterskole, die werkende vrou en talle volks- en sosiale aangeleenthede wat by hierdie besprekings en beplannings gebaat het.