Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe moeilik moet die dood nie wees vir diegene wat niks tot stand gebring het, en Hom dan tegemoet gaan...
1874: DR DF MALAN
KULTUURDAGBOEK 22 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daniël Francois Malan is op Riebeeck-Wes gebore op 22 Mei 1874. Nadat hy sy studie aan die Stellenbosch Kweekskool voltooi het, gaan hy na die Universiteit van Utrecht waar hy in 1905 promoveer met 'n proefskrif 'Het Idealisme van Berkeley'. Hy word predikant op Heidelberg in Transvaal, later Montagu en ook Graaff-Reinet, waar hy aandag trek as kultuur- en kerkleier en bevorderaar van onderwyssake.
In 1908 en 1911 lewer dr Malan sy beroemde redes, 'Het is ons Ernst', en 'Taal en Nationaliteit'. In 1909 is hy mede-stigter van De Zuid-Afrikaanse Akademie.
KULTUUR- DAGBOEK 22 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Graaf Du Pré Alexander, graaf van Caledon, word in 1807 aangestel as goewerneur aan die Kaap de Goede Hoop.
2. Die Kamer van Koophandel word in 1861 in die Kaapkolonie gestig.
3. Dr DF Malan is op hierdie dag in 1874 gebore. Lees sy lewensverhaal in hoofartikel.
MANDELA SING ONDER EED OM BLANKES VAN SA UIT TE MOOR
"We, the members of MK, have pledged ourselves to kill them, the Ama Bhulu" (die Blankes)
(Geskryf toe Mandela nog geleef het)
Wat is fout met die Blankes in Suid-Afrika dat hulle nie die waarheid kan sien nie? Selfs Amerikaners berig oor die moordenaar Mandela en sy bomplantende terroriste wat net een strewe gehad het wat deur hulle opvolgers uitgevoer moet word, naamlik om die Blankes van Suid-Afrika uit te wis.
Is die witman in hierdie land doof, blind, totaal gebreinspoel of breindood? Gaan kyk na hierdie video waar Mandela hom voor die hele wêreld verbind om die Blankes in Suid-Afrika uit te moor - gaan kyk voordat dit ook van YouTube afgehaal word soos alle 'sensitiewe' materiaal wanneer dit deur die ANC ontdek word:
http://www.youtube.com/watch?v=fcOXqFQw2hc&feature=share
"We the members of MK, have pledged ourselves to kill them, the Ama Bhulu (die Blankes)".
Hierdie gesang word uit die diepte van die hart gesing deur die terroris Mandela en sy bomplanters. Lyk dit na dieselfde persoon wat so verafgod word vir sy wonderlike landsbydrae en sy sogenaamde vrede en versoening in Suid-Afrika ?
As jy nie 'n kommunis is nie, en jy is nie swart nie, en jy is nie 'n liberalis nie, en jy word nie deur geldmagte betaal om die Groot Mandela-Leuen te verkondig nie, wat op aarde is met jou fout om deel te wil wees van een van die heel grootste sataniese bedrogstukke ter wêreld?!
SO HET ANC BLANKES GETEIKEN...
...En hulle doen dit steeds, net op ander wyses as destyds toe hulle as terroriste-organisasie verban was.
DIE KERKSTRAATBOM 20 MEI 1983
Hier volg die ervaring van 'n afgetrede kolonel wat presies onthou wat op Vrydag, 20 Mei 1983, gister 42 jaar gelede, gebeur het toe ‘n terroristebende met Mandela as leier besluit het hy wil soveel as moontlik Blankes in nog ‘n terreuraanval na hulle dood stuur - ja, dieselfde Mandela wat deur die geldmagte en media as 'n engel uit die hemel voorgehou is; hy was 'n terroristeleier en moordenaar - lees gerus elders op Gelofteland meer oor die ANC se dade en verbanning.
DIE KOLONEL SE VERKLARING:
Ek werk op daardie stadium in die Finansies-afdeling van Lugmaghoofkwartier, in die Nedbankgebou, op die hoek van Kerk- en Schubartstrate in Pretoria. Dis die jare voor oopplan-geboue; daar is ‘n ry kantore aan die straat se kant, ‘n breë gang, en nog ‘n ry kantore aan die agterkant van die gebou. Lugmag Finansies beset op daardie stadium sowat die helfte van die kantore op die 7de vloer. My kantoor is aan die agterkant van die gebou, en my goeie vriend, Buks Schnepel, is in die kantoor oorkant my (aan die straat se kant, dus).
±16h20 – Zirk Jansen kom vra my of hy ‘n paar minute vroeg kan loop, hy wil weggaan vir die naweek. Ek sê “ja”.
±16h24 – Buks kom uit sy kantoor, trek die deur toe en sluit dit.
±16h25 – Buks het nie meer as ‘n enkele tree in die gang af gegee nie, toe kom sy kantoordeur, deur die kosyn, oor die gang, by my kantoor ingevlieg, en kom tot rus teen die verste muur. Bykans onmiddellik daarna is daar ‘n geweldige slag, onmiskenbaar dié van ‘n ontploffing.
ROTHSCHILD SE GASA-GRONDGRYP
Dit was teleurstellend genoeg dat president Trump se eerste ontmoeting met 'n buitelandse leier dié met die Israeliese oorlogsmisdadiger Bibi Netanyahu was. Maar nog erger: Tydens hul gesamentlike perskonferensie het Trump die wêreld geskok deur aan te kondig dat die VSA Gasa wil oorneem om dit in 'n "riviera" te verander vir Trump se miljardêr-vriende, vir wie hy baie geld skuld...
Dit was Rothschild Inc.-effektehandelaar Wilbur Ross wat Donald Trump se bankrotskap hanteer het. In ruil daarvoor dat die Rothschilds vir Trump borg gereël het, het Trump ingestem om sy naam 'n winsgewende handelsmerk vir sy bankkrediteure te laat word. Ross is deur Trump beloon deur sy Eerste Minister van Handel te word.
En die Rothschilds het die Taj Mahal-casino en ander Atlantic City-eiendomme goedkoop bekom...
KULTUUR- DAGBOEK 21 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Landbouweekblad, gewilde weeklikse tydskrif vir die boer, word deur die Nasionale Pers uitgegee met die hoofkantoor in Kaapstad. Die tydskrif het tot stand gekom in 'n tyd toe die Suid-Afrikaanse boer as gevolg van droogte feitlik op sy knieë was en is ten volle aan die landbou toegewy. Dit was so ingeklee dat hy 'n wye spektrum van lesers van verskeie geslagte en alle ouderdomme sowel op die platteland as in die stedelike gebiede bedien het.
1837: ERASMUS SMIT AS PREDIKANT AANGESTEL
KULTUURDAGBOEK 21 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Gebore op 2 Augustus 1778 in Buiksloot, Nederland, is hy van 1786 af in die Aalmoeseniersweeshuis opgevoed. In 1801 het die Nederlandse Sendinggenootskap hom as sendeling opgelei en ingeseën; dit was nie 'n amptelike ordening nie, dus het hy nie die bevoegdheid verkry om die sakramente te bedien nie.
In Oktober 1804 het hy in Kaapstad aangekom en op Bethelsdorp begin arbei.
In Junie 1813 het hy met die dertienjarige Susanna Catharina Maritz, oudste suster van Gert Maritz, in die huwelik getree en 'n sendinginstituut by Torenberg (later Colesberg) aangelê.
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (5)
Op Twitter het Anele nie teruggehou nie en ouers wat dit in hul huise moontlik gemaak het, gekap. Die mediapersoonlikheid het gesê ouers wie se kinders agter die voorval sit, moet oppak en Mzansi verlaat.
"Dit is maklik Hoërskool Jan Viljoen, as jou kinders nie met swart kinders skool toe wil gaan nie, pak jou k*k en verlaat SA. Ons gaan nie meer met rassiste onderhandel nie. P**s off".
*
Bheki Cele, minister van onderdrukking, sê Julius Malema, EFF-leier, het 'n komplot met Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, probeer beraam om hom uit sy pos te laat verwyder.
Cele het dié bom laat val aan die begin van sy bydrae tot die debat oor president Cyril Ramaphosa se staatsrede (SONA) Maandag. Dit was nie deel van sy voorbereide toespraak nie.
1916: DIE HUISGENOOT VERSKYN
KULTUURDAGBOEK 20 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ter inleiding: Die Huisgenoot is aanvanklik begin om die Afrikaner te dien, nie te verraai in die bedeling waarin ons nou leef nie; daarom is dit gepas om sy ontstaan en edel motiewe ten gunste van die Afrikanervolk waarvoor hy deur 'n lang tyd aangewend is voordat NASPERS homself en al sy 'kinders' aan die Afrikaner se volksvyande verkoop het, in ons kultuurdagboek aan te teken.
Die eerste uitgawe van Die Huisgenoot, die oudste Afrikaanse weekblad, verskyn op 20 Mei 1916. Dit was die tweede onderneming van die Nasionale Pers wat in 1915 as maatskappy geregistreer is.
KULTUUR- DAGBOEK 20 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
In hul opmars deur Natal, nadat Ladysmith op 1 Maart 1900 ontset is, sou die meeste Boere na Transvaal terugval maar 'n aantal burgers onder bevel van genl Chris Botha sou na die ooste uitwyk en Buller se magte in die flank lastig val. Lol EC Bethyne se magte is toe gelas om die Boer in die Omgewing van Nqutu, wes van Vryheid, te verdryf.
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (4)
In 'n staatsrede wat swaar op die ekonomie was, was president Cyril Ramaphosa meer presies oor hervorming van reguleerders as oor veiligheids- en teenkorrupsiemaatreëls wat flou beloftes gebly het. Dit dui op 'n ver van die verenigde front regoor die regering.
*
"Uiteindelik sou die winste van die demokratiese era verlore gaan. Die wye hek gaan oop na 'n pad van bankrotskap. 'n Soewereine skuldkrisis is wanneer 'n land nie meer die rente of hoofsom op sy lenings kan terugbetaal nie. Ons is nog 'n entjie daarvan af. Maar as ons nie nou optree nie, sal ons binnekort daar uitkom."
*
“Daar is nie geld nie, maar die president is die staatshoof en sy plig is om die rigting te skets wat ons vanjaar gaan inslaan. Daarom sal ons hulpbronne in ooreenstemming met daardie rigting moet vind,” het hy gesê.
1849: ANTI-BANDIETE- BETOGING IN KAAPSTAD
TOE ONS NOG KULTUURTROTS GEHAD HET
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Britse gevangenes het veral vanweë die Ierse onrus drasties toegeneem. Lord Grey, minister van kolonies, het toe besluit dat ook Suid-Afrika voortaan as strafkolonie soos Australië gebruik sal word. Die hele Kaap was in verset toe die besluit bekend geword het. Goewerneur Harry Smith moes net lelik bontstaan maar hy was aan die Kapenaars se kant. Ongeag protesnotas en agitasies het Grey hom doof gehou. Die openbare byeenkoms van 19 Mei 1849 op die Parade wat deur 5 000 mense bygewoon is, het hom eweneens koud gelaat.
Hier is 'n Anti-Bandietebeweging gestig, en die gemoedere het opgevlam. Pamflette is geskryf en talle lede van die Wetgewende Raad, veldkornette en ander burgerlike ampsdraers het uit hulle poste bedank.
Middel 1849 het Grey die Neptune met 288 van hierdie bandiete aan boord na die Kaap gestuur.
KULTUUR- DAGBOEK 19 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Marthinus Wessel Pretorius, Staatspresident van die Oranje-Vrijstaat (1859-1863) en die ZAR (1860-1871), oudste seun van die Voortrekkerleier Andries Pretorius (teenwoordig tydens die Slag by Bloedrivier) en geskiedskrywer, is in 1901 op 81-jarige ouderdom op Potchefstroom in Transvaal oorlede nadat hy erge koue vir twee uur lank verduur het tydens 'ondervraging' deur Britse soldate in die nag op sy huis se stoep.
2. 1849: Lees in hoofartikel oor die anti-bandietebetoging op hierdie dag in Kaapstad.
NA GOD SE BEELD
Ds A.E. van den Berg
“En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis..... En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape” (Gen1:26,27).
Die Bybel leer ons dat God Adam en Eva na sy Beeld geskep het. Wat beteken dit? Voordat God hulle op die sesde skeppingsdag gemaak het, het Hy eers die aarde vir hul woonplek voorberei. Al sy skeppings het direk deur sy bevel geskied. So ook die mens. “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis.... En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape” (Gen1:26,27).
Let op die woord ‘Ons’ wat klink asof God met iemand by Hom praat. Was dit miskien met 'n hemelse raad? Nee, God het geen raad nodig om sy besluite deur te voer nie. Hierdie ‘Ons’ was 'n gesprek binne die Drie-eenheid: Vader, Seun en Heilige Gees.
KULTUUR- DAGBOEK 18 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1774: Van Plettenberg word as Goewerneur van die beëdig - Joachim Ammema van Plettenberg is op 8 Maart 1739 gebore. In 1767 word hy aan die Kaap as fiskaal aangestel, en na die dood van Tulbach word hy goewerneur aan die Kaap. Op 18 Mei 1774 is hy as goewerneur beëdig. Na 'n versoek van die Oosgrensboere dat 'n magistraatkantoor en 'n kerk aan die oosgrens opgerig word, vertrek hy op 'n uitgebreide reis noord- en ooswaarts om die versoek te oorweeg.
1901: MEV BETSIE VERWOERD
KULTUURDAGBOEK 17 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Elizabeth (Schoombee) Verwoerd is op 17 Mei op Middelburg in die Kaap gebore. Aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy die graad MA in Afrikaans verwerf het, het sy dr HF Verwoerd leer ken. Hulle is in 1927 getroud. Ondanks haar huislike pligte as moeder van 'n groot gesin, het sy tyd gevind om haar man in sy politieke loopbaan by te staan, veral in verkiesingstye. Sy was ook lid van die Vroueraad van die Nasionale Party in Johannesburg.
Nadat dr Verwoerd verkies is tot Eerste Minister in 1958 het sy hom op sy reise deur die land vergesel en kon sy saam met hom die heuglike Republiekwording op 31 Mei 1961 beleef – die hoogtepunt van 'n veelbewoë lewe.
Ná die moord op dr Verwoerd op 6 September 1966, wat vir haar 'n ontsettende skok was, het sy dapperheid aan die dag gelê wat by alle lae van die Suid-Afrikaanse bevolking bewondering afgedwing het.
KULTUUR- DAGBOEK 17 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1901: Elizabeth Verwoerd (Betsie, gebore Schoombee), eggenote van die Eerste Minister dr HF Verwoerd (1958-1966), is op hierdie dag op Middelburg in die Oos-Kaapse Karoo gebore.
2. 1938: Koopkrag (Edms) Bpk, die bekende Koopvereniging, is in Pretoria gestig, wat in die uitbouing van sy sakebetrekkinge Pretoria-Bank in 1955 gestig het om sodoende 'n waardevolle bydrae te lewer tot die uitbouing van Afrikanersakebelange.
3. 1900: Mafeking word ontset. Lees hieroor in hoofartikel.
1745: ADRIAAN VAN JAARSVELD
KULTUURDAGBOEK 16 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Oos-Kaapse versetfiguur, Adriaan van Jaarsveld, is op die plaas De Kromme Rivier in die huidige distrik Piketberg gebore. Hy onderskei hom sedert 1771 as 'n dapper krygsoffisier in die lang stryd teen die Boesmans en die Kôsas en tree na vore as 'n leiersfiguur in die grensdistrikte.
Van Jaarsveld vestig hom in 1758 in die nuwe distrik Graaff-Reinet, en in Februarie 1795 dwing hy en ander leidende burgers vir Maynier, wat as landdros ongewild was omdat hy 'n beleid van swakheid teenoor die Kôsas volg, om te bedank.
KULTUUR- DAGBOEK 16 MEI
1. 'n Inskrywing in Jan van Riebeeck se dagboek by hierdie dag in 1655 lui: "Het vandag sewe skape en 'n kalf van vreemde swart mense geruil."
2. 1842: Melt Jacobus Brink is in Kaapstad gebore en sterf daar op 3 September 1925. Hierdie gewilde Afrikaanse Vader Cats wat 'n kultuurfaktor van groot betekenis in sy eie tyd was en 'n skakel vorm tussen die Hooghollands waaruit hy spruit en die Afrikaans waartoe hy geleidelik oorgaan, se letterkundige werksaamhede bestaan uit 'n groot aantal toneelstukke en digbundels.
3. 1745: Adriaan van Jaarsveld, 'n Oos-Kaapse versetfiguur, word gebore. Lees hieroor in hoofartikel.
SOUT VAN DIE AARDE
Hannes Ollewagen
Matt. 5:13-48
“JULLE is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie. Julle is die lig van die wêreld. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en ’n mens steek ook nie ’n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.” (:13-16).
Daar is seker nie ’n beskaafde mens wat nie weet wat sout is nie. ’n Mens maak van kindsbeen af kennis met hierdie kosbare bestanddeel. ’n Kommoditeit wat dalk vryelik beskikbaar is, maar waarsonder ons nie sal kan klaarkom nie – die waarde daarvan heeltemal onderskat. Hierdie kosbare bestanddeel wat ons gebruik om te preserveer en geur aan die geregte te gee wat ons voorsit. Hierdie kosbare bestanddeel wat onse Here Jesus Christus gebruik om ’n vergelyking te tref met sy kinders. Hierin stel Hy tog duidelik wat sy verwagting teenoor ons as sy kinders is.