Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wanneer dit moeilik raak om iemand anders onvoorwaardelik lief te hê, bid opreg vir hulle. Voor jy jou kom kry sal jy met God se oë na hulle kan kyk en sy liefde sal jou hart in oorvloed vul.
VANDAG IS DIT WEER HEMELVAART
...WAT SOOS 'N SONDAG DEURGEBRING MOET WORD
Dr Johan Celliers
Vandag is dit weer Hemelvaart en herdenk ons Christus se opvaar na die hemel ná sy kruisiging en opstanding. Vir ons beteken Hemelvaart die terugkeer van Jesus na Vader in die hemel. Lees gerus die Lukas-evangelie asook Handelinge waar die gebeure vertel word hoe Jesus ná die Opstanding verskeie kere aan sy apostels en volgelinge verskyn het, en ná veertig dae na die hemel opvaar terwyl sy volgelinge toekyk hoe Hy in die wolke onsigbaar word.
Dat Hemelvaart vir ons as Christene soos 'n Sondag deurgebring moet word, is ongelukkig iets waaroor nie genoeg gepraat word nie. Ons ouer lesers sal onthou dat ons wel vroeër jare hierdie dag as 'n Christelike dag deurgebring het. Dit is tyd dat ons weer ons besighede sluit en aan ons Vader die dank en eer vir hierdie groot gebeure bring.
Kom ons bring Hemelvaart hierdie jaar só deur dat ons voorbeeld vir die talle ongelowiges daar buite as hoeksteen van die Christelike geloof vas en duidelik staan. Ons kan ons besighede sluit en op hierdie wyse aan diegene rondom ons toon dat ons te midde van 'n ekonomiese krisis steeds op God vertrou deur gehoorsaam aan sy Gebooie te wees en Hom die eer en respek wat Hom toekom daardeur betoon.
Met Hemelvaart keer die Seun terug na die Vader wat Hom gestuur het, en word sy Gees uitgestort op alle mense (Hand. 2:17) wat ons in 'n nuwe samelewing inbind waar ons deur die Goddelike 'Ons' herskep word as 'ons'. Maar dit was nie so eenvoudig nie – vóór die hereniging met die Vader was Jesus van mens en God verlate sodat ons van ons verlatenheid verlos kon word deur 'n ewige lewe saam met God-Drie-enig.
Met Jesus se kruisdood is die mensverlatenheid oortref deur die Godverlatenheid wanneer Jesus uitroep: "My God, my God, waarom het U My verlaat?" (Mark. 15:34).
Ons kan ons nie indink wat hierdie uitroep alles ingehou het nie maar ons weet Jesus kom uit die volmaakste gemeenskap naamlik die Drie-eenheid waarin daar géén ruimte vir eensaamheid is nie; waar daar 'n ewige vloei, 'n stroom van liefde is, altyd Een is wat liefde gee en Een wat liefde ontvang.
Wat het gebeur toe Jesus aan die kruis – as't ware mens én God – van God verlate was? In hoe 'n mate het dit die 'Ons' van die Drie-eenheid aangetas? Mag ons glo dat God, in wie daar die ewige gemeenskap is, daarmee self tog 'n stuk eensaamheid ondervind het? Martin Luther het op 'n keer uitgeroep: "Gott von Gott verlassen – Wer kann das Fassen?" Dit beteken God van God verlaat – wie kan dit verstaan? Ons kan nie, maar ons weet dit was vir ons, sodat ons nie in die hel van eensaamheid hoef weg te sink nie; nie ons roeping as beelddraers van die Drie-enige God hoef mis te loop nie; nie as eensames wantrouig van 'n afstand na ander eensames hoef te loer nie maar eerder in die vreugde van die gemeenskap met my medemens mag deel. Jesus was verlate om ons te verlos – van die sonde ja, maar daarom juis ook vir mekaar.
Binne die Drie-Eenheid lê ook die geheim van menswees – menswees na die beeld van God. Eensaamheid tussen en in mense skree teen hierdie wese van Drie-eenheid, teen die Skepper wat mense as medemense gemaak het. God is die oorspronklike 'Ons' wat ons as 'ons' gemaak het, soos in die Genesisverhaal: "Kom... Ons maak die mens as verteenwoordiger, ons beeld..." Durf ons enigiets anders wees as 'ons'?
Intussen vier eensaamheid hoogty! Oral rondom ons is gebroke gemeenskappe, selfliefde, hoogmoed. En in dit alles probeer ons om God se plek in te neem – hierin lê ook die wese van sonde. Maar ons misgis ons totaal want God is nie die soort God wat ons wil wees nie; Hy ly nie aan hoogmoed nie; sy selfliefde is nooit selfsugtig nie.
'n Samelewing is veronderstel om presies dit te wees: 'n samelewing. Hierin word diegene wat in die Drie-enige God glo, dit wil sê wat deel van sy kerk uitmaak, op 'n besondere manier geroep om voorgangers te wees, om in 'n eensame wêreld te demonstreer dat ware gemeenskaplikheid moontlik is, 'n werklikheid is omdat God dit skenk. Die tragiese is egter dat ons dikwels die egoïstiese karakter van die wêreld aanneem, selfs op die voorpunt van selfsug met ons eiesinnige motiewe en strewes is.
Waarom kla so baie mense dat die kerk "onpersoonlik" is? Waarom kan jy soms in 'n kerk sit, omring deur honderde ander gelowiges, en jy bly die eensaamste onder die eensames? Niemand kyk na jou nie. Niemand weet van jou nie. Niemand wil by jou en jou probleme betrokke raak nie. Trouens, jy kon net so goed uit die kerk weggebly het, en geen enkele mens sou daarvan geweet het nie.
Waarom is dit so? Omdat ons hoogmoedig is. Omdat ons "God" wil speel. Omdat ons die ware God en sy evangelie nie verstaan of wil verstaan nie.
1619: SINODE VAN DORDRECHT AFGESLUIT
KULTUURDAGBOEK 29 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Verskeie sinodes is gedurende die 16e eeu in Dordtrecht, Nederland , gehou, maar die bekendste is ongetwyfeld die groot sitting van 13 November 1618-1619. Dit was van grondliggende betekenis vir die kerke van die Reformasie. Direkte aanleiding was die beroeringe oor die invloed van afwykende beskouinge ivm die leer van die uitverkiesing – bekend as die Remonstrantse standpunt, of die Armeense leer.
Hierdie Sinode het ook die Dordtse Kerkorde sy teenswoordige vorm gegee om as rigsnoer te geld vir 'n gesonde gereformeerde kerkregering.
KULTUUR- DAGBOEK 29 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1807: 'n Appèlhof vir siviele eise word in die Kaap ingestel.
1900: Die veldslae by Kliprivierberg (ZAR) waarin die Boere die aftog moes blaas, en Biddulphberg naby Senekal (OVS) waar Macleod se Britse magte verslaan is, asook by Lindley (OVS) tussen 27 en 31 Mei waar kol Spragge met 441 offisiere en manskappe aan die Boere onder bevel van genl PD de Wet oorgegee het, vind plaas.
2. 1933: Die eerste 10 000 Afrikaanse Bybels kom in Suid-Afrika aan. Met gretigheid is na hierdie koms uitgesien en uiteindelik het dit met die Carnarvon Casle uit Londen in Kaapstad aangekom. Op verskeie plekke in die land sou die ontvangs van hierdie Bybel op feestelike wyse geskied.
3. 1619: Die Sinode van Dordrecht 1618-1619 sluit af. Lees hieroor in hoofartikel.
KEN ONS HOM?
Hannes Ollewagen
Hos. 6:1-11
“Want Ek het ‘n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.” (:6).
In Paulus se brief aan die Korinthiërs spreek hy hulle oor ’n saak aan wat vandag ook ’n algemene gesig onder mense is. Hy spreek hulle aan oor hul gebrek aan kennis van God. “Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.” (1 Kor. 15:34). En hoe hartseer is dit nie dat hierdie ook vandag met reg van die samelewing en van ons volk in die breë gesê kan word nie – selfs van diegene wat veronderstel is om as herders en leraars vir mense ’n kennis van God te leer. Laasgenoemde is immers ’n leraar se verantwoordelikheid eerder as om saam met lidmate na verskonings te help soek of hulle te troos dat hulle onder “die liefde van Jesus” in ’n lewe van sonde kan volhard. “Want die lippe van 'n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is 'n boodskapper van die Here van die leërskare.” (Mal. 2:7).
KULTUUR- DAGBOEK 28 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1911: Totius se pa, ds Stephanus Jacobus du Toit, was 'n skrywer, digter, stigterslid van die Genootschap van Regte Afrikaanders, en is oorlede op hierdie dag op Kleinbosch in die Kaap. Hy is tereg genoem die vader van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging. Hy was ook stigterslid van Di Patriot en die Afrikanerbond, asook redakteur van Ons Klyntji en Dit Patriot. Hy word ook onthou as vroeëre Bybelvertaler.
2. 1856: Nonnie de la Rey (Jacoba Elizabeth), vrou van genl Koos de la Rey, is op hierdie dag gebore in die distrik Tulbach in die Kaap.
3. 1881: Prof DF Malherbe is op hierdie dag gebore. Lees meer oor hom in hoofartikel.
1881: PROF DF MALHERBE
KULTUURDAGBOEK 28 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daniël Francois Malherbe is op hierdie dag in Daljosafat naby Paarl in die Kaap gebore. Hy het grootgeword in 'n sfeer wat gedrenk was in liefde vir land, volk en taal. Sy vader, PJ Malherbe, was 'n wynboer wat op 14 Augustus 1875 een van die stigterslede van die Genootskap van Regte Afrikaners was. In die Gedenkschool der Hugenoten waar hy saam met AG Visser en Totius gestudeer het, is sterk nadruk gelê op vaderlandsgeskiedenis en Bybelkunde. Die pleganker van sy lewe en sy werke was godsdienssin en volksliefde.
Nadat hy die BA-graad aan die Victoria College op Stellenbosch verwerf het, is hy sonder enige voorkennis van Duits na Duitsland, waar hy na 'n aantal jare die D Litt-graad magna cum laude aan die Universiteit van Freiburg behaal het.
DIE WAARHEID SAL ONS VRY MAAK
In 'n tyd soos hierdie waar verwarring, verduistering, misleiding, identiteitsvertroebeling en koersloosheid hoogty vier, sou dit verstaanbaar wees as ons die volkswortels wat deur Willem de Klerk en ander liberaliste afgesny is, begin soek. Maar die uittog na Amerika wat Trump met die Afikanervolk beoog gaan nie hierdie volk red nie, inteendeel, dit sny die heel laaste volkswortel af en is een van die grootste aanslae van ons volksvyande om ons volk finaal te vernietig. En waar die kern van ons oorlewing juis in die waarheid geanker is, is die exodusuitnodiging na die VSA baie ver van opreg en ver van die waarheid – sy oorsprong is geleë in een van die grootste leuens in ons geskiedenis, in die naam van “simpatie met die Afrikanervolk”.
Dié bose plan is duidelik: sny die Afrikaner se geloofswortels af en vervreem hom van sy herkoms sodat hy sy volksidentiteit verloor en verloën. Die meeste Afrikaners is so verward en so gebreinspoel deur die TV en die meeste ander media dat hulle met die globalistiese afgrondsverskynsel saamgaan sonder dat hulle verstaan waarmee hulle besig is. Die raad wat Bileam, die waarsêer, aan die Moabitiese koning, Balak, gegee het, is vandag van nog groter belang. Wat behels hierdie raad? Gebruik rasvermeninging, gesamentlike aanbidding, multikulturele onderwys (skoolintegrasie) en rasvermengde advertensies om in alle skole, universiteite, kerke en werke, die Christelike identiteit te vernietig en te verloën – dit is wat die Afrikaner-”vlugtelinge” in nog groter mate in Amerika as in Suid-Afrika sal ervaar.
1914: INSTELLING VAN DIE HERTZOGPRYS
KULTUURDAGBOEK 27 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die ontstaan van die Hertzogprys kan teruggevoer word tot 1907 toe die Vrystaat verantwoordelike bestuur verkry het. Genl JBM Hertzog, destydse Minister van Onderwys, het in 1908 'n nuwe onderwyswet deur die Vrystaatse Parlement aangeneem gekry wat dubbelmedium-onderwys verpligtend maak en hoër besoldiging aan volkome tweetalige onderwysers vasstel.
Verset breek onder 'n aantal eentalige Engelse onderwysers en Engelse ouers uit. Drie inspekteur word afgedank weens moedswillige pogings om die wet te verongeluk. Na aanleiding van sekere woorde wat genl Hertzog sou gebruik het word 'n lasteraksie deur een van die inspekteurs, ene Fraser, teen die Minister ingestel. Fraser wen die saak en genl Hertzog moet 25 pond skadevergoeding en die hofonkoste betaal.
KULTUUR- DAGBOEK 27 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1874: Die eerste trek na Damaraland vind plaas. Toe Gert Alberts op hierdie dag sy plaas naby Pretoria verlaat het was dit die begin die Dorslandtrek. Met dertien huisgesinne, hoofsaaklik uit die distrikte Pretoria en Rustenburg, is die volgende jaar die moeisame tog deur die Kalahariwoestyn na die Ngamimeer aangepak.
2. 1914: Die Hertzogprys word ingestel. Lees hieroor in hoofartikel.
Johannes Calvyn (Jean Cauvin), teoloog, kerkleier, opvoedkundige, skrywer van die Institusie, stigter van die Akademie van Genève en leier van die kerkhervorming in oa Brittanje, Skotland, Duitsland, Pole, Hongarye, Nederland en Switserland, is in 1564 in Genève, Switserland, oorlede.
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (7)
“Ek is sò moeg!” prewel Hermaans en gee homself oor aan selfbejammering. Sy kos is feitlik klaar, die water wat hy gedrink het smaak na modder en hy is moeg, so moeg soos wat hy nog nooit vantevore was nie. Dit voel vir hom asof sy binneste aan die ruk gaan van uitputting.
Hy het sleg geslaap, met die ongemak van die buitelug en die koue wat tot in sy been en murg ingedring het. Vanoggend het hy van die vuil water warm gemaak op ‘n vuurtjie en gedrink, net om iets warm in sy lyf te kry. Die trane wel op in sy oë en hy vee dit sommer met sy mou af. Dit kos hom amper sy lewe.
Die vier makkers wat vroegdag sy effense vuurtjie geruik het, het dadelik daarheen begin beweeg. Dis nie baie ver om te loop nie, maar dis gebroke terrein, besaai met klippe van alle grootte. Die skuinstes bestaan uit klip op klip en selfs vir ‘n mens is dit moeilik om te loop. Hier en daar moet hulle hande-viervoet uitklim om net later op hulle boude aan die ander kant af te seil. Tussen die laaste helling en Hermaans self is ‘n paar digte struikbosse en as dit nie daarvoor was nie, sou hulle mekaar vroeër in die oë kyk.
1948: NP MET DF MALAN KOM AAN BEWIND
KULTUURDAGBOEK 26 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Tweede Wêreldoorlog se nawerking op die ekonomiese en maatskaplike gebied het 'n invloed op die politieke gesindhede van mense gehad wat uiteindelik die Nasionale Party sou bevoordeel. In dié tyd het hierdie party ook sy kleurbeleid, in 1938 op 'n Uniale kongres gereformuleer, sterk op die voorgrond gebring en is die beleid van apartheid al sterker bepleit.
In die geledere van die Verenigde Party het 'n liberale vleuel onder leiding van JH Hofmeyr ontstaan wat apartheid teengestaan het.
In 1946 het dr Malan en mnr NC Havenga, leier van die kleiner Afrikanerparty, 'n samewerkingsooreenkoms gesluit wat in 1948 tot 'n verkiesingsooreenkoms uitgegroei het. In die algemene verkiesing op hierdie datum het die strydpunte van apartheid teen die gelykstelling van die rasse 'n belangrike rol gespeel naas ekonomiese vraagstukke en die Smutsregering se optrede tydens die oorlog en daarna.
KULTUUR- DAGBOEK 26 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Die Nasionale Party onder dr DF Malan kom aan bewind in 1948. Lees hieroor in hoofartikel.
2. 1969: Die FAK se Ekonomiese Komitee word gestig: Nadat die Uitvoerende Komitee van die FAK op 16 Februarie 1968 besluit het dat die bates van die Ekonomiese Instituut by die FAK ingelyf word, het hy op 26 Mei 1969 besluit om met die ontbinding van die instituut 'n Ekonomiese Komitee in te stel om hom steeds te beywer vir die ekonomiese belange van die Afrikaner en om die FAK van advies oor sy geldsake te dien.
RAAK RUSTIG
Ds A.E. van den Berg
“Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor julle lewe nie” (Mat.6:25)
Konings het in die verlede dikwels onderdane met vrees onderwerp. Wie nie geweet het waar sy volgende ete vandaan sou kom nie, het maar na die koning wat voldoende voorraadkamers gehad het se pype gedans
Jesus sê dat gelowiges nooit onrustig oor die toekoms moet wees nie want hul hemelse Koning sorg altyd vir hulle: “Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie” (Ps.23:1). Kommer maak nie môre se sorge leeg nie, maar dreineer eerder vandag se krag. Dit kan jou so bemeester dat jy later soos Petrus net vernietigende golwe om jou sien.
Hoe verhoed ons dat onrustigheid ons lewens ry? Jesus sê: “ Maar soek eers die koninkryk van God...” (:33). Dink aan die lewe in sy geheel en nie net aan kos, klere, werk en ander tydelike dinge nie. Al hierdie dinge is in Jesus se hande. Salomo sê: “Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelyk maak” (Spr 3:6). En dis ‘n belofte!
KULTUUR- DAGBOEK 25 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1900: Wanhoop pak die Boereleiers. Die geslaagde noordwaartse opmars van die Britse magte in die Tweede Vryheidsoorlog van Bloemfontein na Transvaal het wanhoop en vertwyfeling by sowel regeringslede as offisiere en baie burgers laat ontstaan, selfs by pres Kruger en genl Louis Botha. Daarteenoor het pres MT Steyn en genl CR de Wet van die Vrystaat en genl Koos de la Rey en staatsekretaris Reitz van Transvaal onwrikbaar in die Vryheidstryd gebly. Op 25 Mei het 'n twyfelmoedige genl Botha by pres Kruger op die byeenroeping van die twee Transvaalse Volksrade aangedring.
KULTUUR- DAGBOEK 24 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. In 1951 op hierdie dag verskyn die eerste deel van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Dit was 'n gebeurtenis van belang: die eerste vrug van 'n arbeid wat prof JJ Smith van die Universiteit van Stellenbosch in 1926 aangepak het om die Afrikaanse taalmiddele te versamel en te verklaar as intrument vir die jong, pas erkende taal. Teen 1980 het nog vyf dele reeds by die Staatsdrukker in Pretoria verskyn en is die organisasie van die begin stewig gevestig op Stellenbosch as staatsonderneming onder die vleuels van die Universiteit. Die Woordeboek, gebaseer op aantekeninge van die gebruik van Afrikaans, van streektaal tot vaktaal, bied 'n skat van woorde en uitdrukkings na omvang, betekenis en gebruik, bewerk met die hulp van bakman en leek. Elkeen kan uit hierdie versameling kundigheid put.
2. 1917: Die Saamwerk-Unie is op hierdie dag gestig. Lees hieroor in hoofartikel.
3. 1870: Ten spyte van genl JC Smuts se anti-Afrikaner-veldtog in sy latere loopbaan bly hy deel van 'n belangrike tydvak in ons volk se geskiedenis en word daar een en ander in die hoofartikel berig oor sy lewe na sy geboorte op hierdie dag.
1870: GENL JC SMUTS
KULTUURDAGBOEK 24 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ten midde van genl JC Smuts se anti-Afrikaner-veldtog as Britse spioen, lid van die binnekring van die Round Table en ’n selferkende Britse Israeliet, bly hy deel van 'n belangrike tydvak in ons volk. Politieke kenners bespreek na reeds meer as een geslag na sy dood steeds sy betekenis in ons geskiedenis.
Jan Christiaan Smuts is op 24 Mei 1870 op Boplaas, Riebeeck-Kasteel, gebore. Ongetwyfeld een van die slimste Afrikaners en van die veelsydigste, maar hy het sy bynaam, Slim Jannie, egter nie soseer aan sy intellektuele bekwaamheid te danke nie, wel aan sy aangepaste politiek en sy systappies daarbinne.
1917: SAAMWERK-UNIE GESTIG
KULTUURDAGBOEK 24 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Onder leiding van adv EG Jansen is die 'Saamwerk-Unie van Natalse vereniginge' in die Gedenksaal van die NG Kerk in Pietermaritzburg gestig. Soos die naam aandui, was dit die doel om die verskillende vereniginge onder Afrikaners in Natal te verenig om sodoende Afrikaners in die provinsie tot hegte en eendragtige optrede aan te spoor. Dit was bo alle twyfel een van die belangrikste gebeurtenisse vir die vestiging van Afrikaans as taal en vir die Afrikaner in Natal.
Op die eerste bestuursvergadering is dit aan mev MM Jansen opgedra om 'n skema vir 'Eksamen in Afrikaans' op te stel. Die skema is deur mev Jansen in September 1917 voorgelê, en so is die eerste eksamen in Afrikaans in Suid-Afrika gebore – wat natuurlik met aanpassings, bestaan het tot Suid-Afrika kommuniste as regeerders gekry het.
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (6)
Sodra mag aan verkeerde mense oorgedra word, sal hulle die regte van burgers stukkie vir stukkie wegkalwe, dit vervang met onbillike wette, wat selfs aanvanklik aanvaar sal word as iets wat skynbaar goed is vir almal. Heel demokraties en selfs goedguns vanaf die heersers, sou sommige glo. Wanneer dit egter sy negatiewe uitwerking begin wys, is dit gewoonlik te laat om dit te herroep. Die owerhede maak dan maklik nuwe wette om die eerstes te verskans en selfs meer legitiem te laat voorkom. Die moderne burger is makliker verleibaar as dié in die verlede, grootliks omdat hy lui geword het om te dink. Selfs kinders en jongmense het opgehou om speletjies uit te dink, om fisies deel te neem, en sal eerder hulleself laat oorneem deur rekenaarspeletjies en elektroniese sosiale media. ‘n Gebrek aan spasie, gevaar om buitentoe te gaan en blote paranoia speel ook aanleidende rollle. Dit bring ‘n “dumbing-down”-effek mee.
1842: EERSTE SKOTE TUSSEN BOER EN BRIT IN NATAL
KULTUURDAGBOEK 23 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
By Congella sou die Afrikaner vir die eerse keer met sy bloed sy republikeinse vyheidsideaal teen die Brit verdedig. Ná die wettige grondaankoop van Dingaan vir 'n vaste woonplek in die hartland van Natal, sy verraderlike moord op Piet Retief en sy medeburgers, en die vergelding by Bloedrivier op 16 Desember, sou die Trekkers, ten spyte van Britse teenkanting, al hul kragte inspan om Natalia, hul republiek, te konsolideer. Hulle versoek om as "een vrije en onafhankelijk volk" deur Brittanje erken te word, is egter genegeer. Valse redes is gesoek en aangewend om weer Port Natal te beset, wat die Britse troepe reeds in 1839 om finansiële redes ontruim het.
KULTUUR- DAGBOEK 23 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Stephen Eyssen, Suid-Afrikaanse bariton, komponis, opoedkundige, redaksielid van die erste FAK Volksangbundel en 20 jaar lank lid van die FAK Musiekkommissie, is in 1890 gebore. In 1914 het hy sy bekendste werk, Segelied, geskep. As skoolhoof op Heidelberg het hy in die dertigerjare 'n leidende rol in die musieklewe van Johannesburg, Pretoria en Heidelberg gespeel, dikwels uitgesaai, en ook van die eerste plate van Afrikaanse kunsliedere gemaak.