Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jy sal leer hoe om God waarlik te aanbid wanneer jy geleer het hoe om lief te hê. Hoe leer jy om lief te hê? Kyk na alles wat aan jou gegee is om te geniet, en weet dit kom van God, en wanneer jy opreg dankbaar word sal jy weet wat liefde beteken.
KULTUUR- DAGBOEK 8 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1897: Die hoeksteenlegging van die Paleis van Justisie aan die noordekant van Kerkplein het op 'n aanskoulike wyse uitdrukking gegee aan die bedoeling van die republikeinse owerheid met die Kerkplein. Destyds was daar 'n behoefte aan die oprigting van 'n ewe waardige en stylvolle staatsgebou in Italiaanse Renaissance-boustyl reg teenoor die 'Staatsgebouw' en skuins teenoor die toringkerkgebou op die middelpunt van die Kerkplein. Sodoende kon die balans tussen twee kante van die westelike helfte van die Kerkplein en sy middelpunt verkry word. Met die totstandkoming van die Paleis van Justisie, sou die band tussen Kerk en Staat en terselfdertyd tussen die wetgewende, administratiewe, regsprekende en ekonomiese aktiwiteite van die ZAR op die Kerkplein versinnebeeld word.
2. 1837: Lees in hoofartikel oor Alexander Merensky en sy seun Hans, die geoloog/ingenieur.
3. 1918: Sanlam word op hierdie dag gestig. Lees daaroor in hoofartikel.
OMSINGEL DIE LAER VAN DIE HEILIGES
“Ons Afrikaners vergeet somtyds dat ons sedert 1652 bestaan; elkeen van ons, en nie sedert elkeen se individuele geboortedatum nie. Ons bestaan strek nie oor ons eie leeftyd nie, maar oor ons volk se leeftyd. Ons bestaan verteenwoordig onder meer beskawing, orde, vooruitgang, verantwoordelikheid, norme, sedes, vreedsame naasbestaan, geloof, visie, standvastigheid, vrede, respek. Dit wat ons nou het (en waarvoor liberale Afrikaners gepleit het) is die teenpool van alles wat eens as die hoogste gemene deler beskou was; dis inderdaad ‘n strewe na die laagste gemene deler. Elke instelling en gesag tree onsedelik op. Elke daad van sogenaamde deernis verberg leuenagtigheid en lafhartigheid. Elke instelling wat ontwerp is om te beskerm, is in ‘n staat van verval en ontbinding. Die armes, eens onderdane van sorg, word herbedink as voertuie van verowering. Raspail se insig was eenvoudig verstommend - liberale demokrasieë, gestroop van lojaliteit aan hul eie mense, draai teen hulself onder die dekmantel van deug.”
Daar is boeke waarvan die relevansie mettertyd vervaag, deur veranderinge in tyd en verloop van gebeure ingehaal word, of doodgewoon irrelevant raak. Camp of the Saints van Jean Raspail is nie een van hulle nie. Dit is reeds in 1973 deur die Franse romanskrywer en ontdekkingsreisiger geskryf. Reeds toe is die krisis wat sou wag vir state (in sy geval Frankryk) van wettelose immigrante verwag, voorspel en in bykans sienersterme beskryf.
BROKKIES UIT DIE BOEK – MAX (1)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Darius Maxim, oftewel, Max, soos almal hom ken, sit op die harde, halfverweerde parkbankie reg oorkant die Pretoriase stadsaal, naby die standbeeld van Andries Pretorius en sy perd.
Dis ‘n laat wintersdag, met die Augustuswinde wat vroeg vanjaar opgesteek het. Hy het ‘n ou, lang weermagjas wat uit sy neef se dienspligdae dateer aan, een wat by die ou soldate bekend was as ‘n “aapjas”, met die wollerige voering aan die binnekant en ‘n kappie aan die bokant, amper soos die nuwerwetse “hoodies” wat deesdae mode is, veral onder die jeug.
Max het die afgelope tyd van al sy vooropgestelde idees van ‘n reënboognasie ontslae geraak, grootliks as gevolg van sy ervarings saam met Bella Vos, wat hy uit die berge in die Wes-Kaap gaan haal het, nadat sy haar voet gebreek en amper verkluim het as gevolg daarvan.
KULTUUR- DAGBOEK 7 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1990: FW het seker nog nooit gesien wat is 'n noodtoestand nie - dit kom nog! Die einde van 'n sogenaamde noodtoestand word op hierdie dag deur FW de KLerk, (toe staatspresident nadat hy vir PW Botha op 'n liederlike wyse uit die tuig gedwing het) aangekondig. Hierdie 'noodtoestand' was kunsmatig aangebring, daarby oordrewe beklemtoon en in die kele van die volk afforseer om die oorname in 1994 aan 'n swart kommunistiese regering te regverdig. Die sg noodtoestand was glo as gevolg van opstandige, ontevrede swartes wat kwansuis nie deur 'n blanke regering intoom gehou kon word nie. Dit was alles 'n blufspel deur FW en sy geldmagbase om die blankes in Suid-Afrika te laat glo dat hulle geen ander keuse het as om die land aan die swartes persent te gee nie. Dit sal interessant wees om destyds se doelbewuste opgestoke paar opstandjies met vandag se grootskaalse misdaad en stakings onder dieselfde spul kommuniste te vergelyk, wat daardie vier jaar sekerlik na 'n kinderpartytjie sal laat lyk, veral noudat hulle openlik praat oor die blankes se grond wat hulle met geweld en moord wil afneem.
2. 1898: Lees in hoofartikel oor oud-res FW Reitz as staatsekretaris van die ZAR.
3. 1900: Die Slag van Rooiwal vind op hierdie dag plaas. Meer hieroor in hoofartikel.
4. 1937: Die eerste FAK-Volksangbundel word oorhandig.
1931: 1e KOMITEE VIR FAK- VOLKSBUNDEL
KULTUURDAGBOEK 7 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die gedagte aan 'n Afrikaanse liederebundel het by die Afrikaanse Studentebond ontstaan. Gedurende 1929 is begin met die versameling van liedjies, maar aangesien die vordering stadig was, versoek die ASB die FAK in 1930 om die onderneming op groot skaal van stapel te laat loop. Op 'n vergadering van 7 Maart 1931 het die Uitvoerende Komitee van die FAK besluit om aan hierdie versoek gehoor te gee. Die Uitvoerende Komitee het 'n FAK-kommissie aangestel om'n FAK-liederebundel saam te stel.
Die kommissie het bestaan uit dr. Hugo Gutsche (voorsitter), prof. W.J. du P. Erlank (Eitemal) en mnr. Stephen Eyssen.Op 5 November 1932 het die Liederebundel-komitee sy eerste vergadering gehou en is daar met die opstel van die FAK-Volksangbundel begin. Dit was geen geringe taak nie, en baie probleme het opgeduik. Intussen het dit bekend geword dat 'n uitgewersfirma, J.H. de Bussy, van Pretoria, ook met die opstel van 'n soortgelyke bundel besig is. Die firma het die FAK om samewerking genader en het o.m. onderneem om die druk- en verspreidingskoste te dra. Hierdie voorstel is goedgunstig aanvaar, en so is die voltooiing van die FAK-Volksangbundel aansienlik bespoedig.
Met groot vreugde is die eerste eksemplare van die FAK-Volksangbundel amptelik op die FAK-kongres in Julie 1937 in Bloemfontein in ontvangs geneem. Op gepaste wyse het dr. A.J.R. van Rhijn namens die FAK by hierdie geleentheid gesê: “Hierdie bundel gaan baie beteken en sal van ons 'n singende volk maak. Ek beskou dit as een van die groot bakens wat die FAK in sy reusetaak ingeplant het. As die FAK niks anders sou doen nie, dan het hy al met hierdie bundel 'n monument opgerig wat ewig sal staan."
Sedertdien het die Sangbundel een van die bekendste Afrikaanse publikasies geword, het dit twee nuwe uitgawes en talle herdrukke beleef en is daar met insluiting van 'n volledige woorde-uitgawe sowel as 'n verkorte woorde-uitgawe, genoem die FAK-Feessangboekie, etlike honderdduisende eksemplare versprei.
In 1979 verskyn as deel van die FAK se halfeeufeesviering en onder leiding van prof. Anton Hartman, voorsitter van die redaksiekomitee, 'n vierde uitgawe wat heelwat van sy voorgangers verskil, aangesien daar nou baie meer oorspronklike Afrikaanse liedere opgeneem is en die ou liedere se woorde en musiek met groot nougesetheid hersien is.
1900: SLAG BY ROOIWAL
KULTUURDAGBOEK 7 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Roodewal, soos dit in die Tweede Vryheidsoorlog bekend was, is 'n spoorwegstasie in die Koppies-distrik, 55 km noord van Kroonstad op die pad na Vereeniging. Hierdie stasie het eensklaps bekend geword toe genl CR de Wet 'n Britse voorrade trein en talle Engelse troepe daar krygsgevange geneem en 'n enorme voorraad ammunisie en proviand vernietig het.
Die skade wat Brittanje hier gely het is op ongeveer 750 000 pond geskat. Die geveg het die oggend vroeg begin toe De Wet die stasie met 80 man en 'n Krupp-kanon genader het.
1898: FW REITZ WORD STAAT- SEKRETARIS VAN ZAR
KULTUURDAGBOEK 7 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Francis William Reitz, eertydse Staatpresident van die Republiek van die Oranje-Vrystaat, is op hierdie dag as Staatsekretaris van die ZAR beëdig nadat dr WJ Leyds dié pos in Mei 1898 ontruim het om as buitelandse gesant die belange van die Republiek, wat in groot spanning met Brittanje verkeer het, te gaan behartig.
Nadat Reitz in Desember 1895 om gesondheidsredes as President van die OVS bedank het, het hy sodanig herstel dat hy in Julie 1897 as advokaat in Pretoria gaan praktiseer. In Maart 1898 is hy tot vyfde strafregter van die Republiek benoem en drie maande later as Staatsekretaris.
Die Staatsekretaris het 'n baie belangrike plek in die regeringstelsel van die Republiek gehad.
PRESISIEVOEDING TOT VOORKOMING VAN ALTZHEIMERS... (2)
... IN APOE4-DRAERS (APOLIPO-PROTËIN E)
Insulienweerstand en Glukosemetabolisme
Insulienweerstand is 'n sentrale kenmerk van Altzheimer se siekte. Pasiënte met Altzheimer se siekte toon wydverspreide verswakking in serebrale glukosemetabolisme. Interessant genoeg blyk insulienweerstand en ApoE4 'n sinergistiese effek te hê. Die relatiewe risiko vir die ontwikkeling van Altzheimersiekte met tipe II-diabetes alleen is 1.8, terwyl die bykomende teenwoordigheid van 'n ApoE4-variant die relatiewe risiko tot 5.5 verhoog. Ook opvallend is dat PET-skanderingstudies toon dat kognitief normale middeljarige ApoE4-draers verswakte serebrale glukosemetabolisme het, in vergelyking met nie-draers.
Presisie-voedingsoorwegings
Voeding vir ApoE4-draers moet fokus op die voorkoming van insulienweerstandigheid. Ware insulienweerstandigheid word gewoonlik gekenmerk deur hiperinsulinemie (wanneer daar abnormale hoë insulienvlakke in die bloed is) en 'n toename in vastende insulien. Dit kan bereik word deur middel van lae-glisemiese indeks of lae-koolhidraatdiëte. Interessant genoeg is daar gesien hoe hoë-koolhidraat diëte bydra tot AS. Onder Nigeriërs byvoorbeeld, is daar ‘n hoë voorkoms van ApoE4 maar omdat hulle ‘n kwart van die hoeveelheid suiker gebruik as wat Amerikaners doen, is daar ‘n baie lae voorkoms van Altzheimers.
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (13)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Na ‘n vuurgeveg is daar twee verrassings wat op ‘n mens wag. Die eerste een is die besef van hoeveel skote jy getrek het, en dus baie ammunisie gebruik het, sonder dat jy dit geweet het. Die tweede is dat baie minder mense gesneuwel het as wat jy gedink het. Menige soldaat of leier is al geskok oor beide hierdie twee gebeure.
Daarby is dit soms vreemd oor hoeveel skote die menslike liggaam kan absorbeer sonder om te gaan lê, maar ook die feit dat ‘n skynbaar ligte skoot ‘n mens kan laat omkom. Wanneer genoeg skote afgevuur word in ‘n algemene rigting van iemand, bepaal die wet van gemiddeldes dat iemand getref kan word, soos die Bybel meld van koning Ahasia, waar iemand aan die einde van die geveg sommer ‘n pyl losweg geskiet het en dit die koning tussen sy pantserplate getref het terwyl hy op sy strydwa wegjaag.
KULTUUR- DAGBOEK 6 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1488: Die Portugese seevaarder, Bartolomeu Dias se triomfantelike reis om die suidpunt van Afrika het bykans sewentien maande geduur (Julie 1487 tot Desember 1488). Op 6 Junie was hy by Kaappunt. Dias het nie alleen sowat veertienhonderd myl nuwe kuslyn ontdek nie maar sy grootste prestaie lê daarin dat die suidpunt van Afrika vir die eerste keer omseil is en dat die seeweg na die Indiese Oseaan ontdek is. Hy maak dus Suid-Afrika aan Europa bekend. Dias plant ook twee klipkruise as die eerste Europese Christelike bakens op Suid-Afrikaanse bodem: by Kwaaihoek naby Boesmansriviermond in Maart 1488, en daarna in die omgewing van Kaappunt op 6 Junie. Die naam Kaap van Goeie Hoop is van Dias afkomstig.
2. 1652: Die eerste blanke kind is op hierdie dag aan die Kaap gebore. Bernert Willemsz Wijlant se ouers was ook die eerste bewoners van die Kasteel. As sieketrooster was sy vader verantwoordelik vir die geestelike welsyn van die gemeenskap en as sodanig het hy Sondae, in die afwesigheid van 'n predikant, 'n preek uit 'n preekboek voorgelees, saans na ete 'n gebed gedoen en enkele verse laat sing, die kategese vir die jeug behartig, siekes besoek, hulle in hulle beproewing bygestaan, en ander pastorale werk verrig. Hy kon egter nie die sakramente bedien en huwelike kerklik bevestig nie.
PRESISIEVOEDING AS VOORKOMING VAN ALTZHEIMERS... (1)
... IN APOE4-DRAERS (APOLIPO-PROTËIN E)
Ons het gister gekyk na wat nuwe navorsing oor hoëvet dieëte te sê het met betrekking tot verspreiding van kanker in die liggaam. Vandag se navorsingsonderwerp behels ‘n minder bekende aspek nl die ApoE4-geen wat sommige mense dra en grootliks tot Altzheimer se siekte kan bydra. Hierdie artikel fokus hoofsaaklik op die dieet wat draers van hierdie geen behoort te volg om Altzheimers te probeer voorkom maar voordat ons daarby kom, moet ons eers meer uitvind oor wat hierdie ApoE4- geen werklik is, want mense met die grootste genetiese risiko om AS te kry is diegene wat die ApoE4-geen dra.
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (12)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Jy weet, die eerste keer dat ek jou kar gesien het, het ek gedink dis vreemd dat die ding so ver gekom het. Ek het altyd gehoor die goed is onbetroubaar, lek olie, word warm as jy oor sestig ry, en jy is eintlik nie veronderstel om in een te klim sonder die selnommer van ‘n goeie insleepdiens nie en daarby moet jy ook nie verder ry as waar jy jou huis se dak kan sien nie, of so nie moet jy ‘n goeie paar stapskoene en ‘n bottel water byderhand hê.”
“En nou?”
“Nou wil ek ook een hê, maar een presies soos hierdie, nie die goed wat uit die fabriek kom nie.”
“So, jy dink nie meer ons gaan jou skoeter moet gebruik nie?”
“Na alle waarskynlikheid nie. Ek hoop in elk geval nie so nie.”
Hulle het vanoggend weer begin ry, nadat die reën genoeg bedaar het. Dit kom nog sterk af, maar dis asof die woede daaruit gevat is.
1893: VIERDE RAADSAAL INGEWY
KULTUURDAGBOEK 5 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
DIE VIERDE RAADSAAL VAN DIE VRYSTAATSE RAADSAAL VAN DIE VRYSTAATSE REPUBLIEK WORD INGEWY
Die Volksraad van die Republiek van die Oranje-Vrystaat het om 10:00 in die derde Raadsaal in die Ou Goewermentsgebou byeengekom en is vandaar in 'n optog na die nuwe Raadsaal.
Die optog is gevolg deur die Artellerie-orkes.
Na die opening het die gehoor met groot geesdrif die Vrystaatse volkslied gesing.
Die vierde Raadsaal was die juweel in die Vrystaatse boukuns. Dit is gebou in die Renaissance-boustyl: die Griekse en Romaanse boustyle gee die indruk van 'n monument. Dit is veral waar van die trotse en dominerende vooraansig.
1928: YSTER- EN STAAL- NYWERHEIDS- WET AANVAAR
KULTUURDAGBOEK 5 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
SO UITSTEKEND HET SUID-AFRIKA ONDER BLANKE BEHEER GEVAAR!
Met die aanvaarding van die Yster- en Staalnywerheidswet (Wet nr 11 van 1928) het die Nasionale Regering van genl JBM Hertzog statutêr die weg gebaan vir die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse Yster- en Staalindustriële Korporasie Beperk (Yskor).
Die doel was om yster en 'n reeks staalprodukte uit inheemse grondstowwe te produseer en Suid-Afrika selfstandiger te help maak. Dit het veral aan die Afrikaner nuwe arbeidsgeleenthede gebied in 'n tydperk toe baie Afrikaners in moeilike ekonomiese omstandighede en groot geldelike nood was.
KULTUUR- DAGBOEK 5 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1900: Brits magte onder bevel van lord FS Roberts neem Pretoria tydens die Tweede Vryheidsoorlog in.
2. 1907: Die Oranjerivierkolonie ontvang met die beywering van die Orangia Unie verantwoordelike bestuur van Brittanje, waardeur hulle gelyk status met die Kaapkolonie en Natal geniet.
3. 1692: Drie skepe, Hoogergeest, Goede Hoop en Oranje, het naby die mond van Soutrivier by die Kaap gestrand. Op 5 Junie het Jochem Willemse met 'n tou om sy lyf op heldhaftige wyse na die gestrande Hoogergees geswem in 'n poging om die bemanning te red. Met hierdie daad kon die grootste deel van die bemanning veilig aan wal gebring word.
4. 1893: Lees in hoofartikel van die inwyding van Vierde Raadsaal van die Vrystaatse Republiek.
5. 1918: Die Afrikaner-Broederbond word gestig. Lees hieroor in hoofartikel.
6. 1928: Lees ook in hoofartikel die aanvaarding van die Yster- en Staalnywerheidwet.
1918: AFRIKANER-BROEDERBOND GESTIG
KULTUURDAGBOEK 5 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
"Dit is 'n hoogsgeheime organisasie wat geensins meer die Afrikanervolk dien nie maar ten nouste met die wêreldgeldmag saamwerk om die Afrikanervolk te vernietig. Die AB se groot taak is juis om elke Afrikaner-organisasie binne te sypel en tweedrag te bring sodat die Afrikanervolk geen weerstand teen oorname deur volksvyande het nie, soos in 1994 ook bewys is. Hierin is grootliks geslaag."
Die Afrikaner-Broederbond is op hierdie dag deur 'n groep jong Afrikaners in Johannesburg gestig. Die aanleidende oorsaak daartoe was die geweldige agterstand wat die Afrikaner op byna alle lewensterreine ervaar het en die onsekerheid wat uit die Tweede Vryheidsoorlog, die Eerste Wêreldoorlog en die Rebellie voortgespruit het.
- Dit is as 'n vertroulike kulturele organisasie gestig wat getrag het om die beste in die Afrikaanse volk te verteenwoordig en te dien.
- Dit het bestaan uit Afrikaanssprekendes van Protestantse geloof.
- Daar is van lede verwag om 'n onbaatsugtige diens te lewer en;
NUUTSTE OOR HOËVET DIËTE...
...EN DIE VERSPREIDING VAN KANKER
'n Onlangse navorsingstudie gepubliseer in Nature Communications het ondersoek hoe 'n hoëvet dieet die weg baan vir borskanker om te versprei, met die fokus op drievoudig-negatiewe borskanker, een van die mees aggressiewe subtipes. Navorsers het opgespoor hoe dieetvet die liggaam se interne omgewing in muise verander het, wat gelei het tot die vorming van "pre-metastatiese nisse" – plekke waar kankerselle meer geneig is om te vestig en te floreer.
Metastatiese (uitgesaaide/verspreide) borskanker is die stadium waar die siekte dodelik word – nie as gevolg van die oorspronklike gewas nie, maar omdat kankerselle na verafgeleë organe beweeg en wortel skiet. Die meeste vroue word nie gewaarsku oor die stille veranderinge in hul liggaam wat hierdie verspreiding meer waarskynlik maak nie. Nog minder word vertel dat wat hulle eet een van die kragtigste invloede is.
GELOOF EN ONS TOEKOMS
Hannes Ollewagen
Gén. 26:1-35
“En die HERE het aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal aanwys. Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het. En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word; omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het. So het Isak dan in Gerar gebly.
Isak het toe in dié land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want die HERE het hom geseën.” (:2-6, 12).
Ons het in die afgelope paar weke gesien hoe liries mense raak nadat die president van Amerika ’n paar uitlatings teenoor Suid-Afrika – en meer spesifiek die Afrikaner – gemaak het.
KULTUUR- DAGBOEK 4 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1979: Adv Balthazar Johannes (John) Vorster, staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika. lê dié amp na 8 maande neer. Hy sal onthou word as die staatspresident wat Dr HF Verwoerd opgevolg het met die leuen dat sy pad die pad van Verwoerd sal wees waarna hy natuurlik presies die teenoorgestelde gedoen het. Hy sal ook onthou word vir die gerugte dat hy vooraf geweet het dat dr Verwoerd vermoor sou word.
2. 1848: Andries Pretorius se vrou Christina sterf. Lees daaroor in hoofartikel.
1956: HUGO GUTSCHE DIE KOMPONIS
KULTUURDAGBOEK 4 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hugo Gutsche was die seun van 'n Duitse sendeling en is op 18 Julie 1869 in King William's Town gebore. Hy is in Duitsland as predikant opgelei en het tien jaar lank in Oos-Kaapland gedien voordat hy in 1904 tot die onderwys toegetree het. Hy het mettertyd skoolinspekteur in Transvaal geword en het die laaste dertig jaar van sy lewe in Heidelberg gewoon.
Hugo Gutsche het veral bekend geraak as die komponis van 'Die lied van jong Suid-Afrika'.
1848: ANDRIES PRETORIUS SE VROU STERF
KULTUURDAGBOEK 4 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die voortrekkerheld Andries Pretorius se vrou, Christina, was ernstig siek aan 'n ongeneeslike kwaal toe hy deur die burgers van die Transgariep (Oranje-Vrystaat) op sy plaas Rust-der-Ouden genader is om hulle te lei in 'n poging om die Engelse juk af te werp.
Vanweë sy vrou se siekte weier Pretorius alhoewel hy die saak simpatiekgesind is.
Sy dapper vrou hoor die gesprek en roep haar man die siekekamer binne waar sy hom kalm meedeel: "Vir my kan jy die lewe tog nie gee nie Andries; jou landgenote roep jou – gaan kyk wat jy vir hulle kan doen."


