Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As 'n trein deur 'n tonnel gaan en dit donker om jou word, gooi jy nie die treinkaartjie weg en spring van die trein af nie. Jy sit stil en vertrou die ingenieur.
1890: KMDT-GENL S SCHOEMAN
KULTUURDAGBOEK 19 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Stephanus Schoeman, seker een van die kleurrykste figure uit die vroeë Transvaalse geskiedenis, is op 15 Maart 1810 in die Kango naby Oudshoorn gebore, en op hierdie dag in 1890 in Pretoria oorlede.
As 'n jong man het hy aan die Groot Trek deelgeneem. Vroeg in 1847 het hy hom op Potchefstroom gevestig waar hy as heemraad gekies is. Van 1851 tot 1855 was hy kommandant van Potchefstroom.
Ná die dood van kmdt-genl Piet Potgieter in 1854 is Schoeman tot kommandant-generaal van Soutpansberg verkies, 'n amp wat hy van 1855 tot 1858 beklee het. Kort ná aanvaarding van die nuwe grondwet is MW Pretorius as president en S Schoeman as kommandant-generaal van die ZAR, in stryd met die grondwet deur die Volksraad en nie deur die volk nie, verkies. Schoeman het gevolglik geweier om die amp van kommandant-generaal te aanvaar
KULTUUR- DAGBOEK 19 JUNIE
> >>
1. 1860: Lees in hoofartikel oor kmdt-genl Stephanus Schoeman, eerste kommandant-generaal en waarnemende president van die ZAR (1860 – 1862) gedurende pres MW Pretorius se vierde jaar as staatshoof van die OVS.
2. 1901: JBM Hertzog word op hierdie dag tydens die Tweede Vryheidsoorlog deur pres MT Steyn van die OVS as generaal benoem.
3. 1912: Lees in hoofartikel oor Louis Botha se klagte dat kerke politici te na kom.
4. 1978: Goudstad Onderwyskollegeraad- en senaat gekonstitueer. Lees in hoofartikel meer hieroor.
1979: Mnr Marais Viljoen, President van die Senaat, (gebore op 19 Desember 1915) word op hierdie dag beëdig as vyfde staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika. Hy volg John Vorster wat bedank het omdat sy taak afgehandel was, in die amp op.
1795: Lees in hoofartikel oor die Opstand in Swellendam.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL
“Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.”
-Dr Eschel M. Rhoodie (1984)
*
Daar sit meer daaragter as bloot om blankes van diefstal te beskuldig. In Afrikakonteks is dit ‘n baie ernstige oortreding. In sommige Moslemlande word jou hand afgekap indien jy skuldig bevind word, en in uiterse gevalle selfs die doodstraf opgelê. Natuurlik was dit ook die geval in Engeland ‘n paar honderd jaar gelede en dit het mense nie afgeskrik nie, maar eerder met die wete gelaat dat hy reeds ter dood veroordeel is en daarom het dit nie as afskrikmiddel gedien nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (5)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Ek het iets.”
“Nou laat ons hoor, Skeer.”
“Gedurende die sewentigerjare het die regering R75 miljoen aan ’n geheime inligtingsprogram spandeer. Die fondse was deur die kabinet, en met mnr. P.W. Botha se samewerking, in die begroting van Verdediging weggesteek – sonder Parlementêre goedkeuring. ’n Kabinetskomitee, onder voorsitterskap van John Vorster, het die projekte gemonitor en die finansiering met die Minister van Finansies, eers dr. Nic Diederichs en daarna dr. Owen Horwood deurgevoer. Nadat sekere geheime projekte aan die pers gelek is het die Suid-Afrikaanse politieke landskap onomkeerbaar verander. Die Minister van Inligting, dr. Connie Mulder, is uit sy amp ontslaan en hy is saam met dr. Eschel Rhoodie en genl. Hendrik van den Berg as die sogenaamde skuldiges in die koerante afgemaak. Die Engelse pers het die debakel Muldergate gedoop.
1795: OPSTAND IN SWELLENDAM
KULTUURDAGBOEK 18 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die beginsel van 'n eie Afrikaanse republikeinse strewe en vryheidsgevoel kan teruggevoer word tot die Kaapse Patriotte en die opstande te Graaff-Reinet en Swellendam.
Die Kompanjie was teen 1790 op die rantjie van bankrotskap en die ekonomiese posisie van die burgers was haglik. 'n Gees van verset het by die Swellendamse grensboere posgevat.
Op 17 en 18 Junie 1795 het 'n sestigtal gewapende burgers onder hul selfverkose "Nasionale Kommandant", PJ Delport, die drosdy van Swellendam beset en landdros AA Faure met sy assistente gedwing om hul ampte neer te lê.
KULTUUR- DAGBOEK 18 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1580: Sir Francis Drake het ongeveer op hierdie dag Kaappunt (Wes-Kaap) op sy wêreldreis omgeseil.
1979: Mnr Marais Viljoen, President van die Senaat, (gebore op 19 Desember 1915) word op hierdie dag beëdig as vyfde staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika. Hy volg John Vorster wat bedank het omdat sy taak afgehandel was, in die amp op.
1795: Lees in hoofartikel oor die Opstand in Swellendam.>
'n Dogtertjie kla by haar pa, 'Pappa, ek wens ek het 'n babasussie!' Pappa probeer snaaks wees: 'Maar Skat, jy het alreeds 'n sussie!' Verward vra die kind: 'Ek het?' 'Seker,' sê haar Pappa, 'Jy sien haar net nie, want elke keer as jy inkom by die voordeur, hardloop sy by die agterdeur uit!' Die dogtertjie dink 'n oomblik en dan verhelder haar gesiggie: 'O, sy maak net soos my ander Pappa!'
>>BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (4)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Eerstens is daar die gevaar van nutteloosheid; die oortuiging dat daar niks is wat een man of een vrou kan doen teen die enorme verskeidenheid van die wêreld se euwels nie – teen ellende, teen onkunde, of ongeregtigheid en geweld. Tog het baie van die wêreld se groot bewegings, van denke en aksie, voortgevloei uit die werk van 'n enkele man. 'n Jong monnik het die Protestantse Hervorming begin, 'n jong generaal het 'n ryk van Masedonië tot die grense van die aarde uitgebrei, en 'n jong vrou het die gebied van Frankryk herwin. Dit was 'n jong Italiaanse ontdekkingsreisiger wat die Nuwe Wêreld ontdek het, en die 32-jarige Thomas Jefferson wat verklaar het dat alle mense gelyk geskape is. 'Gee my 'n plek om te staan.'” ― Robert F. Kennedy
*
“Arno, wat weet jy van die sogenaamde inligtingskandaal, met Eschel Rhoodie, Connie Mulder en die ander?”
“Ai, Skeermes Hugo, kan jy nie iets met rus laat nie? Is jy verveeld, of het jy ‘n doodswens?”
LEWENSVREUGDE
Hannes Ollewagen
Fil. 4:1-9
“Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” (:4).
Hedonisme – die denkrigting waarvolgens genot en geluk die primêre of belangrikste intrinsieke waarde en die hoogste doel van die menslike lewe is. En hoe wens ek nie dat niks hiervan in ons volkslewe sigbaar was nie, maar die teendeel is egter waar. Ons sien hoedat mense van die een grashalm na die volgende in die lewe gryp in die najaag van hierdie “hoogste doel” - naamlik om die grootste hoeveelheid genot en geluk uit die lewe te put – ongeag wat die gevolge in hierdie roekelose najaging vir ander mag wees. En in elke mens se selfsugtige najaging van sy/haar eie geluk bo enigiets anders sien ons hoedat mense mekaar se lewens vernietig en God se Skepping verniel.
1924: ALGEMENE VERKIESING
KULTUURDAGBOEK 17 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Genl JC Smuts het ná die samesmelting met die Unionisteparty en die Volksraadverkiesing van 1921 as Eerste Minister en leier van die Verenigde Party al sterker teenstand gekry van die Nasionale Party onder leiding van genl JBM Hertzog en die Arbeidersparty onder leiding van kol FHP Creswell. Laasgenoemde twee partye het in 1923 'n ooreenkoms vir samewerking aangegaan (die Pakt).
Ná 'n nederlaag by 'n tussenverkiesing in April 1924 in Wakkerstroom bedank genl Smuts sonder om sy kabinet te raadpleeg en bepaal 'n algemene verkiesing vir 17 Junie. Dit word deur Pakt gewen met 'n meerderheid van 28 setels en genl Hertzog word Eerste Minister.
In sy kabinet van 10 lede dien twee van die Arbeidersparty.
16 JUNIE...JUL KLA OOR 'N TAAL!
LC de Villiers
Jy't gekla oor 'n taal wat jy nie wou hê;
Die land laat brand om jou sê te sê;
Die wêreld vertel jy't onskuldig gestaan
Terwyl jy steeds weier om skool te gaan.
Ja, jy het daardie rots eerste gegooi;
Geweet jy's verkeerd en jou makkers genooi;
Wou met opset die land in chaos los;
Jou selfsugtige motiewe het lewens gekos.
Nou heilig jul hierdie dag nog elke jaar
Terwyl jul armoede in die gesig bly staar.
Ja, jul het deur 'n verraaier jul wens gekry;
Snaaks dat jul leiers skielik in weelde bly.
Ek dink jul was beter af in Ou Suid Afrika;
Gaan luister na outas oor die Apartheidsdae;
En tot vandag het Soweto nog nêrens gekom;
Die skole bly brand met kinders wat brom.
WAT IS JEUGDAG?
Johan Dorfling
Hierdie dag in Suid-Afrika het sy oorsprong by die opstande van ouer skoliere op 16 Junie 1976 in Soweto. Daar is steeds nie duidelikheid oor die rede vir die opstand nie omdat verwarrende berigte deur joernaliste die wêreld ingestuur is. Die regering het 'n ondersoek gelas om agter die waarheid te kom, maar onrusstokers wat ondergronds te werk gegaan het, het daarin geslaag om feite toe te smeer. Dat hulle hulself weerspreek het, is duidelik uit hulle bewerings.
Aan die een kant is beweer dat Afrikaans deels as onderrigtaal in die skole ingestel moes word, wat tot gewelddadige verset gelei het. Let wel deels.
Dan beweer die opstokers dat Bantoe-onderwys beveel het dat Afrikaans, wat as die "taal van die onderdrukker" beskou is, as een van die onderrigmediums op skool ingestel word. Nou was dit skielik nie meer deels nie, maar verpligtend.
16 JUNIE - 'N BARBAARDAG GEVIER
OPGEVOEDES SOU WOU VERGEET VAN SULKE BARBAARSHEID
Die meeste mense vier graag die Nuwe Suid-Afrika se talle publieke vakansiedae sonder om te weet presies waar die swart regime dit uitgekrap het. Behoudende blanke Afrikaners behoort egter te weet waar elkeen van hierdie dae sy oorsprong het sodat hy kan besluit of hy daaraan wil meedoen.
Die sogenaamde jeugdag wat weer vandag landswyd gevier word is nog een van die kommunisties-geïnspireerde instellings wat teen elke blanke en Afrikaner in die besonder gemik is. Soos meeste van die Nuwe Suid-Afrika se feesdae het dit sy oorsprong uit swart opstand, wanorde en barbarisme. Hierdie keer was dit hordes swart skoolleerlinge in Soweto wat op 16 Junie 1976 in die Orlando Stadium bymekaargekom het uit protes teen Afrikaans as onderrigtaal in skole. Afrikaans is destyds, net soos vandag waar 'n felle stryd daarteen gevoer word, gesien as die taal van die onderdrukker.
1965: BLOEMFONTEIN ONDERWYS- KOLLEGE SKEI VAN UOVS
KULTUURDAGBOEK 16 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Na aanbevelings van dr John Brebner aan die Vrystaatse Volksraad, word die Normaalskool op 12 Oktober 1898 met mnr PJ du Pré le Roux as hoof geopen.
Ná die Tweede Vryheidsoorlog heropen die 'Normal School' op 1 Augustus 1902 met mej EM Firks as hoof.
In 1912 word die Kollege herdoop tot die Normaal- en Politegniese Kollege, maar toe die huidige hoofgebou op 8 Februarie 1916 betrek is, is die politegniese gedagte laat vaar.
1953: FEDERALE MYNBOU BEPERK GESTIG
KULTUURDAGBOEK 16 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Federale Mynbou Beperk, die eerste Afrikaanse mynfinansierings- en eksplorasiemaatskappy, is deur Federale Volksbeleggings en Bonuskor gestig nadat FVB reeds in 1943 finansiering verskaf het vir die Klipfonteinsteenkoolmyn, 'n pioniersonderneming van die broers Jacques en Wentzel du Plessis.
Die maatskappy is met 'n aanvanklike kapitaal van R120 000 gestig, met as die eerste direkteure dr WB Coetzer (voorsitter), dr MS Louw en menere GJ van Zyl, CH Brink en PR Rörich.
Federale Mynbou se bedrywighede het aanvanklik grootliks steenkoolontginning behels,
KULTUUR- DAGBOEK 16 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1900: Lord Roberts van Brittanje onderteken 'n proklamasie tydens die Tweede Vryheidsoorlog dat Boerevroue en – kinders voortaan, nadat hul huise afgebrand is, gevange geneem en in konsentrasiekampe aangehou moet word. Dié handtekening het verreikende gevolge vir die Afrikanervolk gehad: die dood van sowat 28 000 weerlose vroue, kinders en bejaardes.
2. 1953: Lees in hoofartikel oor die stigting van Federale Mynbou Beperk.
3. 1965: Bloemfonteinse Onderwyserskollege word losgemaak van die UOVS. Lees hieroor in hoofartikel.
KERK, KULTUS OF KLUB?
Ds A.E. van den Berg
“...naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie” (2 Kor.4:4).
Sedert die sondeval lei Satan gedurig mense van God af weg, veral op godsdienstige gebied. Dit laat mense die sentrale Bybelse waarhede versaak en van ‘n randsteen-saak, ‘n hoofpad-geloofsaak maak. Dis hoe sektarisme asook kultusse ontstaan. Kultusse wentel om die as van mensebeheer en is 'n dodelike vorm van breinspoeling.
Kultuslede dink basies eenders soos wat die kultus wil hê. Wie logies met hul wil redeneer, loop hul keer op keer teen ʼn denk-blok vas. Dis asof kultuslede nie die waarheid kan insien nie. Satan blokkeer hulle verstand.
KULTUUR- DAGBOEK 15 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1915: Genl Christiaan de Wet, 1914-Rebellieleier, word in Bloemfontein aan hoogverraad skuldig bevind en word tronkstraf opgelê.
2. 1993: Die Afrikaner Weerstandbeweging (AWB) onder bevel van Eùgéne Terre'Blanche, bestorm die Wêreldhandelsentrum in Kemptonpark waar die verraderlike Nasionale Partyleiers en die kommuniste van die ANC besig was om te 'beraadslaag' in die Kongres vir 'n sogenaamde Demokratiese Suid-Afrika (Kodesa).
1977: AFRIKAANSE TAAL- MONUMENT AAN DIE STAAT OORHANDIG
KULTUURDAGBOEK 14 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die indrukwekkende Afrikaanse Taalmonument pryk aan die suiderhang van Paarlberg en is op 10 Oktober 1975 – honderd jaar ná die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875 in die Paarl – deur die Eerste Minister, mnr BJ Vorster, onthul en op 14 Junie 1977 aan die staat oorhandig.
Die oprigting van die Taalmonument was die verwesenliking van 'n jarelange Afrikaner-ideaal. Die Afrikaanse Taalmonumentkomitee waarvan die sekretariaat deur die Afrikaanse Taal- en Kultuurbond (ATKB) behartig is, het onvermoeid daaraan gewerk. Die simboliek van die monument is deur die argitek, mnr Jan van Wÿk, gegrond op uitsprake oor die Afrikaanse taal deur die gevierde Afrikanerskrywers CJ Langenhoven en NP van Wyk Louw.
1943: STIGTING VAN VROU- EN MOEDER- BEWEGING
KULTUURDAGBOEK 14 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Met die totstandkoming van die ATKV (SAS & H) is slegs manlike werknemers in diens van die SA Spoorweë as lede van die Vereniging toegelaat. Daar word toe vir die eerste keer vir die inskakeling van vroue as lede voorsiening gemaak in die ontwerpkonstitusie wat na afloop van die sogenaamde "Spoorbondkrisis" in 1933 en die daaropvolgende reorganisasie van die Vereniging in 1934 opgestel is.
1912: STIGTING VAN DIE UNIE- VERDEDIGINGS- MAG
KULTUURDAGBOEK 14 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 14 Junie is Wet Nr 13 van 1912 "Om voorziening te maken voor de Verdediging van de Unie en voor zaken daarmede in verband staande", afgekondig. Daar is onmiddellik 'n begin gemaak met die opbou van 'n sentrale verdedigingsorganisasie, met die hoofkwartier in Pretoria. Vir die eerste keer is 'n gesamentlike weermag, naamlik die Unie-Verdedigingsmag, daargestel.
Sy hooftaak was landverdediging. Destyds het dit hoofsaaklik om binnelandse onrus en beskerming van die Kaapse seeroete gegaan.
Op 1 Julie 1912 het die Departement van Verdediging kragtens Wet Nr 13 van 1912 'n afsonderlike staatsdepartement geword. Tussen die tydperk 1912 tot 1960 veg Suid-Afrika in twee Wêreldoorloë en die Koreaanse oorlog aan die kant van Groot-Brittanje en die Verenigde Volke.