Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons leef in 'n tyd waarin die waarheid nie meer hoog geag word nie maar die enkeles wat nog graag in die waarheid wil leef kan saam met Dawid sê: "Toets my HERE, want... ek wandel in u waarheid, Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie. Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie... my voet staan op gelyk grond; ek sal die HERE loof in die vergaderings."
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN 11)
Hermaans staan die bek van die vlak grot en kyk buitentoe. Die reën maak ‘n ondeursigtige gordyn, wat sig beperk tot so vyftien meter. Die bedompige hitte wat die storm voorafgegaan het, het nou verander in ‘n koel, amper koue atmosfeer. Dis asof die wind effens gaan lê het, maar die reën neem in intensiteit toe.
Hy sidder as hy dink dat hy dalk daarin moes wees in plaas van hierdie plek waar dit droog is. Daar is natuurlik oorgenoeg water om te drink, maar die droë hout is al opgebruik en sy kos is klaar. Hy wens een of ander gedierte wil weer binnekom, of selfs net naby genoeg dat hy hom kan doodmaak en eet. Dis mos die wet van die natuur: eet, of word geëet.
1942: OPROEP OM KRYGS- HERINNERINGE TE BOEKSTAAF
KULTUURDAGBOEK 3 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 'n sterk hoofartikel op hierdie dag steun Die Transvaler 'n hernieude oproep van dr EG Jansen dat die herinneringe van die Boerekrygers in die Tweede Vryheidsoorlog op skrif gestel moet word.
Die blad wys daarop dat herhaalde versoeke in dié verband op dowe ore geval het en dat "die behoefte aan lektuur oor die oorlog met die dag groter word".
Kort daarna (in 1943) het ds EC Anderssen van Johannesburg sy boekie 'Die verlede herleef' die lig laat sien.
Vandag is daar talle bronne waar inligting oor verskeie herinneringe van Boerekrygers nageslaan kan word. Op hierdie web is daar onder andere 'n interessante reeks oor die herinneringe van die jong Johannes Petrus Botha wat gelees kan word by Met Ryperd en Mauser .
1865: ZAR STEL 'DINGAANSDAG' AMPTELIK IN
KULTUURDAGBOEK 3 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Dit is welbekend dat die oorwinning by Bloedrivier op Sondag 16 Desember 1838 behaal is. Op dieselfde dag is 'n dankdiens gehou. Vroeg in 1839 is geld vir die bou van 'n Geloftekerk ingesamel. Die kerk is in Pietermaritzburg opgerig.
Die viering van hierdie datum is van die begin af verwaarloos. Slegs enkele huisgesinne het die afspraak met God nagekom. In 1847 byvoorbeeld het die Volksraad van Lydenburg op daardie dag gesit en het niemand na die historiese feit verwys nie.
KULTUUR- DAGBOEK 3 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1865: Die Uitvoerende Raad van die ZAR stel op hierdie dag die datum van 16 Desember amptelik in as openbare vakansiedag ter herdenking van die Slag van Bloedrivier. Lees daaroor in hoofartikel.
2. 1942: Lees in hoofartikel oor Die Transvaler se ondersteuning aan die oproep om krygsherinneringe te boekstaaf.
WEES DAN BARMHARTIG
Hannes Ollewagen
Luk. 6:17-49
“Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.” (:36).
Twee dinge is vir my baie duidelik uit hierdie gedeelte in Lukas 6. Die eerste is dat God van ons verwag om barmhartigheid in ons lewens te openbaar – m.a.w. barmhartigheid moet deel vorm van die karakter van kinders van God. En die tweede is dat barmhartigheid ’n eienskap van God self is. Hierdie eienskap wat Hy ook in die lewe van sy kinders wil sien – daarom die duidelike opdrag in Lukas 6 om sy voorbeeld hierin na te volg.
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (10)
Die wind fluit onophoudelik, met stukke boom, los asblikdeksels, selfs sinkplate van die ander huise wat teen die kante van die huis vasslaan, en doof alle ander geluide uit. Selfs die honde, wat vir die geringste geluidjie in die nag sou opspring, hoor net die geweld van die storm.
Die eerste gewaarwording wat Robyn het, as sy skielik uit diep slaap wakker word, is die silhoeët van Bossman Gumede as hy afgeëts deur ‘n weerligstraal teen die venster, voor haar staan. Sy gryp instinktief na die haelgeweer op haar skoot, maar hy is vinniger, pluk die wapen weg en gooi dit eenkant, waar dit op die vloer val. Hy skop vir Bella en haar maat weg, en as sy weer op hom afstorm, slaan hy haar met die graaf, wat hy steeds in sy regterhand vashou.
“Come to me, my love, I’ve been waiting for you for so long!”
1887: BOU VAN DELAGOABAAI SE SPOORLYN BEGIN
KULTUURDAGBOEK 2 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Reeds op 31 Julie 1872 het die Volksraad van die ZAR besluit om 'n spoorlyn na Delagoabaai aan te lê, en in 1875 het pres TF Burgers na Europa gegaan om 'n lening daarvoor te bekom. Op 11 Desember 1875 is 'n protokol tussen Portugal en die ZAR onderteken wat die wetlike grondslag vir die konstruksie van die spoorlyn sou vorm.
Die swak ekonomiese posisie van die Republiek en die diplomatieke teenkanting van Brittanje het egter die bou van die spoorlyn verhinder.
1967: FAK TAALKOMITEE GESTIG
KULTUURDAGBOEK 2 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Hoofbestuur van die FAK het sy Taalkomitee op hierdie dag gestig om hom te adviseer oor die wyse waarop die FAK sy taak ten opsigte van die handhawing en bevordering van Afrikaans kan uitvoer. Die komitee het van meet af aan doelgerig aandag geskenk aan die bevordering van Afrikaans onder meer in die sakewêreld, die hotelbedryf, die staatsdiens, die vervoerwese, op alle onderwysvlakke en die naamgewing van strate en dorpsgebiede.
KULTUUR- DAGBOEK 2 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1670: Vincent Pieter Hackius volg goewerneur Jakob Bronkhorst in die amp van goewerneur van die Kaap de Goede Hoop op.
2. 1887: Delagoabaai se spoorlyn word begin bou. Lees hieroor in hoofartikel.
3. 1967: Die FAK se Taalkomitee word gestig. Lees meer daaroor in hoofartikel.
LEEF JOU GETUIENIS UIT
Ds A.E. van den Brg
“Daarop het dié manne gesê: Ons sal teen hierdie Daniël geen enkele grond vir 'n aanklag vind nie, tensy ons dit teen hom vind in sy godsdiens” (Dan.6:6).
Wat destyds met Daniël gebeur het, gebeur nog steeds. Wêreldlinge hou gelowiges dop en huiwer nie om enige ongerymdheid aan die groot klok te hang nie, veral nie as die betrokke persoon 'n openbare beeld het nie. Daarom moet gelowiges rein leef om God sodoende te verheerlik. Goddelose mense haat rein lewens, iets wat selfs baie gevaarlik kan wees. Kyk maar net wat met Daniël in Babel gebeur het!
Dan.6 is die verhaal van 'n gelowige wat saam met heidense kollegas 'n hoë betrekking beklee het. Daniël se uitsonderlike verstandelike vermoëns het hom egter bo hulle laat uitstyg en afguns verwek. Afguns maak van sekere mense vlermuise. Vlermuise werk altyd teen donker agtergronde – presies wat Daniël se kollegas gedoen het.
1931: SUID-AFRIKA VIER KULTUURDAG
KULTUURDAGBOEK 1 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Nasionale feesdae is geleenthede wanneer die Suid-Afrikaanse volk by herhaling besondere gebeurtenisse in sy verlede herdenk. Die waarde van sulke geleenthede lê daarin opgesluit dat dit hernieude volkstrots en –bewustheid laat ontbrand.
As volksorganisasie was dit dus vanselfsprekend dat die FAK 'n indringende rol in hierdie verband gespeel het in die dae voordat dit ook deur infiltrasie van ons volksvyande lamgelê is. Die geesdrif wat die Eerste Taal- en Kultuurkongres op 18 en 19 Desember 1929 in Bloemfontein gekenmerk het, het die eerste ampsdraers van die FAK daarvan oortuig om die besieling wat daarvan uitgegaan het, aan die volk oor te dra.
Die behoefte was dat elke Afrikaner op praktiese wyse die geleentheid gegun moet word om aktief aan die kultuurstryd deel te neem en sy geringe bydrae te lewer tot die vestiging van Afrikanertrots. Die Uitvoerende Komitee van die FAK het onderneem om praktiese uitvoering aan hierdie ideaal te gee.
KULTUUR- DAGBOEK 1 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1691: Simon van der Stel, laaste Kaapse kommandeur, word deur die Vereenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) tot eerste goewerneur aan die Kaap de Goede Hoop bevorder in erkenning van sy werk.
2. 1773: Wolraad Woltemade, Kaapse visserman, red op 65jarige leeftyd 14 skipbreukelinge van die skip De Jonge Thomas aan die mond van die Soutrivier. Hyself verdrink in die poging toe te veel angstige skripbreukelinge om sy perd vasklou. Die Wolraad Woltemade-dekorasie word vir uitstaande dapperheid toegeken.
3. 1994: Nadat dr Verwoerd Suid-Afrika ten goede uit die Statebond gehaal het, is die land sedert 1994 toe dit deur 'n swart kommunistiese regering oorgeneem is, weer lid van die Statebond.
4. 1903: Grobbelaar-Versekeringsmaatskappy word gestig. EJ Grobbelaar-versekeringsmaatskappy is 'n begrafnisversekeringsonderneming en seker die oudste Afrikaanse versekeringsmaatskappy. Hulle word beskou as die beginpunt van die Rentmeestergroep wat met sy uitgebreide belangeprotefeulje later gevestig is as 'n bekende Afrikaanse sake-onderneming.
5. 1891: Lees in hoofartikel oor die Adendorff-trek se begin op hierdie dag.
6. 1931: Suid-Afrika vier Kultuurdag – lees hieroor in hoofartikel.
1891: ADENDORFF- TREK BEGIN
KULTUURDAGBOEK 1 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die sogenaamde Adendorff-trek na Banjailand (die ou suidelike Rhodesië, nou Zimbabwe) sou op dié dag begin het. Die trek was 'n uitvloeisel van kontak op godsdienstige terrein en die jagveld tussen Transvaalse Boere en die Sjonas noord van die Limpoporivier.
Reeds in 1880 is Transvalers uitgenooi om die Banjais teen die aggresiewe Matabeles te beskerm. Eers in Augustus 1890 is 'n grondkonsessie onderteken terwyl Rhodes se Brittish South African Company Masjonaland beset het. 'n Trek na Banjailand is vir 1 Junie 1891 gepropageer. Aangesien 'n besetting van Banjailand Masjonaland van die suide sou afsny, het Rhodes diplomatieke kragte teen die ZAR ingespan, alle Limpoporivierdeurgange bewaak en Britse soldate na Botswana verskuif.
DIE BELANGRIKHEID VAN 31 MEI
Johan Dorfling
31 Mei is 'n belangrike dag in die geskiedenis van die Afrikanervolk. Onder meer is dit 'n belangrike datum waarop ons demokraties vryheid verkry het; vryheid wat later op 'n listige manier deur 'n swak Afrikanerleier van ons weggeneem is. Dog, die datum spoor ons aan om weer ons vryheid te verkry, en dit sal nie meer lank wees nie. In gees bly ons vry; aan niemand onderworpe nie.
31 Mei 1902
Die tweede Boerevryheidsoorlog het op 31 Mei 1902 ten einde gekom. Die Verdrag van Vereeniging, toe deur die Zuid-Afrikaanse Republiek, die Oranje Vrystaat en Brittanje onderteken met die geesteskrag van die Boere van "Gewond ̶ maar Onoorwonne". Dit na 'n buitengewone en onverwagte lang oorlog sedert 11 Oktober 1899 en met verlies van 34 000 vrouens en kinders in konsentrasiekampe waar hulle onmenslik deur Brittanje behandel was.
31 Mei 1910
"Gewond ̶ maar Onoorwonne" was nie net lippetaal nie. Slegs agt jaar later het die Unie van Suid-Afrika tot stand gekom toe die Boere saam met Engelse met Suid-Afrikaanse harte selfregering ontvang het. Die Britse oorloggeneraals was uiteraard teleurgesteld omdat die Boere bewys het dat hulle in werklikheid die oorlog gewen het. Daar was net 'n rusperiode voordat die Boeregeneraals die oorlog en hulle vryheid op die spits gedryf het.
30/31 Mei 1918
1902: VREDE VAN VEREENIGING
ONTWIKKELINGSFASETTE TOT REPUBLIEKWORDING
KULTUURDAGBOEK 31 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hoofsaaklik as gevolg van die Britse beleid van verskroeide aarde teen die Boere in die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902, het die Afrikaner tot onderhandeling met Engeland ingestem.
Op 15 Mei 1902 het dertig Vrystaters en dertig Transvalers onder genl Beyers as voorsitter by Vereeniging die kwessie van oorgawe bespreek. Eenstemmigheid het uitgebly maar op hierdie Saterdag in 1902 is besef dat die vernietiging van Boere-eiendom en die moord op vrouens en kinders die land en volk sal breek. Daarom is onvoorwaardelik oorgegee – 54 daarvoor en ses daarteen.
In George Heys se Melrose-woning in Pretoria is Smuts en Hertzog se oorgawe-dokument dié aand aan Milner en Kitchener oorhandig. Om 23:05 is dit onderteken.
KULTUUR- DAGBOEK 31 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Die Vrede van Vereniging word om 23:05 in 1902 gesluit. Lees hieroor in hoofartikel.
2. Die Unie van Suid-Afrika kom in 1910 tot stand.
3. Die Brandwag, Afrikaanse dagblad, verskyn vir die eerste keer met Gustav Preller en WMR Malherbe as redakteurs.
4. Die Unievlag word in 1928 vir die eerste keer saam met die Union Jack in Kaapstad gehys en Die Stem van Suid-Afrika word by hierdie geleentheid gesing.
5. Adv Charles Robberts (Blackie) Swart word in 1961 as die eerste verkose staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika ingehuldig.
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (9)
Calvyn en Cas Blake het nie ver gery daardie eerste dag nie. Selfs die lang bladvere van die Nissan-onderstel en die groot bande kon die gestamp nie heeltemal demp nie. ‘n Gesonde en onbeseerde mens kom dikwels nie die op-en-af beweeg van ‘n voertuig so intens agter nie en onbewustelik absorbeer ‘n mens se liggaam dit ook, maar ‘n beseerde mens, veral een wat soveel fisiese trauma soos die twee manne deurloop het, voel elke stampie, hobbeltjie in die pad of oppervlak met pyn. Nie dat hulle juis op ‘n werklike pad ry nie. Hulle hou by tersiêre en so af en toe sekondêre paaie, met sinkplaatoppervlak, slaggate, selfs vlak slote en klippe, wat hulle gang versteur.
“Dink jy nie ons kan vir ‘n rukkie aftrek en rus nie?”
“Ek is sò bly jy praat. Ek is seer tot in my siel. Selfs my seer is seer.”
1902: VOORSPEL TOT OORGAWE
KULTUURDAGBOEK 30 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Tussen 15 en 31 Mei 1902 is daar, ná uitgebreide korrespondensie sedert Maart oor vrede tussen die strydende Boere- en Britse magte, en na onderlinge samesprekings by Kroonstad, Klerksdorp, Pretoria, Vereeniging en weer Pretoria en ook weer Vereeniging, tot vrede besluit. Dit was 'n uitgerekte, netelige saak.
Van 29 Mei af is by Vereeniging finale helderheid begin kry. Die sittings is deurgaans met gebed geopen en gesluit. Verslae van die verskillende ondersoekgroepe was byna almal ontvang en verklaar.
Op Vrydag 30 Mei was die einde werklik in sig. Pres. Steyn het die 29e weens swak gesondheid as Vrystaatse president bedank, en CR de Wet is in sy plek as waarnemer aangewys.
KULTUUR- DAGBOEK 30 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1815: Die Britse troepedraer Amiston strand by Waenhuiskrans in die Kaap. Slegs 6 van die 340 mense aan boord oorleef.
2. 1918: Cornelis Jakob Langenhoven skryf op 30 en 31 Mei die eerste drie strofes van Die Stem van Suid-Afrika.
3. 1902: Lees in hoofartikel oor die Voorspel tot Oorgawe van die Boerevolk in oorlog gewikkel.
4. 1900: Paul Kruger verlaat Pretoria as banneling. Lees hieroor in hoofartikel.
1900: PAUL KRUGER VERLAAT PRETORIA AS BANNELING
KULTUURDAGBOEK 30 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Toe president Kruger die aand van 29 Mei in Pretoria van sy vrou Gezina, ander familielede en amptenare afskeid neem, was hy nie 'n vlugteling of was dit nie selfopgelegde martelaarskap nie. Dit was 'n selfgekose vertrek in oorleg met en byna in opdrag van die wettige Boereregering van die land asook ná onderhandelings met Boere-voormanne soos pres MT Steyn en andere van die Vrystaat. Hy moes eenvoudig nie in die hande van die aanrukkende Britse vyand val nie omdat dit 'n sielkundige neerlaag vir hom en 'n terugslag vir die volksgevoel sou beteken.
Verder moes hy in die buiteland gaan hulp soek: geld en begrip, goedere en steun aan die Boeresaak teenoor Brittanje deur die Europese regerings en nie langer net deur die Europese publiek nie.
Voorts moes Kruger dringend mediese aandag aan sy pynlike, chroniese ontsteekte oë gee en dit kon hy alleenlik in Nederland laat doen.