Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ouderdom maak jou of slim of dom. As jy slim is, weet jy hoe om reg oud te word. As jy dom is, sien jy die ouderdom as ‘n straf.
VOLKSREGERING (18)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
MOEDSWILLIGE RASSEHATERS
Voorstanders van rasvermenging is uiteraard los van bande in hulle siening; onnadenkendes wat in alles eensydige vryheid wil sien, daarom kyk hulle nie na die fyner punte van 'n saak nie. As daar byvoorbeeld 'n kennisgewing op 'n openbare gerief is wat "Slegs Blankes" aandui, sien hulle nie die kennisgewing "Slegs Nie-Blankes" raak wat slegs enkele tree daarvandaan pryk nie. Eensydige foto's word dan geneem en in koerante en op die beeldradio vertoon wat kwansuis 'n bewys is hoe nie-blankes geriewe moet ontbeer. Dit is niks anders as rassehaat nie omdat die waarheid verdraai word om kwaad te stook. Rassehaat word aangestig waar dit nie bestaan nie, maar die skuld word op die onskuldige blankes geplaas.
VRAE AAN AFRIFORUM
Johan Dorfling
Na aanleiding van koerantberigte en om duidelikheid te kry, stel ek die volgende vrae aan Afriforum:
Wat verstaan Afriforum onder "die ou apartheidvlag"? Dit vrae ek omdat dit waarskynlik is wat ons mense as 'n volksvlag, 'n eie vlag, ken.
Het Afriforum werklik geen besondere liefde vir hierdie vlag nie?
Glo Afriforum regtig dat die betrokke vlag die vermoë het om belediging en emosionele benoudheid aan te hits? Wat van die vreedsame optog van die boere en ondersteuners?
VOLKSREGERING (17)
BOTSINGS BY GEBREK AAN APARTHEID
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
Denkwyses, gewoontes en gebruike van een volk verskil dikwels in 'n groot mate van 'n ander volk wat tot gevolg het dat misverstande kan ontstaan. Wat as beleefd by een volk beskou word kan by die ander volk as afkeuringswaardige gedrag beoordeel word. Dit gebeur veral waar die agtergrond, kultuur en afkoms van die volke drasties verskil.
Handelinge, gebare en woorde kan as 'n vuurhoutjie in 'n kruitvat dien as dit vernederend, agterdogtig en kwaadwillig begryp word sonder dat dit die bedoeling was. Een persoon kan stilbly om so te probeer om 'n geskilpunt te ontlont terwyl die ander dit as erkenning van oortreding kan opvat. Een kan met twee hande 'n geskenk ontvang om dankbaarheid te wys terwyl die ander dink dit is hebsug. Een kan reguit praat en reguit vrae stel, terwyl die ander dit as ondiplomaties en onbeskof beskou. Ander kan diplomatiese en versigtige antwoorde as ontwykend waarneem.
VOLKSREGERING (16)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
UITGEBREIDE APARTHEID
Van die vroegste jare af is Europa tussen aparte volke verdeel, elk met sy eie grondgebied, regeringvorm, taal en kultuur. Sommige is koninkryke en ander republieke of wat die volk verkies. Aldus word apartheid al vir baie eeue in Europa toegepas. Dit word allerweë as aanvaarbaar beskou en as een volk sou probeer om 'n ander volk se grondgebied af te neem en oor daardie volk te heers, word dit wêreldwyd veroordeel en ontstaan selfs wêreldoorloë. Apartheid word in Europa as die staatkundige oplossing gesien en so toegepas.
NIE VERGEEFS SAL ONS WAG
Hannes Ollewagen
Hebreërs 6:1-20
“Want toe God aan Abraham die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, by Homself gesweer en gesê: Voorwaar, Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder. En so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het.” (:13-15).
God het aan Abraham verskyn en aan hom beloof dat ‘n groot nageslag vir hom gebore sou word. Abraham en sy vrou was al op gevorderde leeftyd en steeds kinderloos; daarom het hierdie belofte onwaarskynlik gelyk. Nietemin het Abraham in God geglo. Sara het egter mettertyd ongeduldig geraak en die voorstel gemaak dat Abraham by haar slavin sou ingaan. En hierdeur is Ishmael gebore. Hierdie situasie het later onaangename gevolge ingehou toe Sara by Abraham aangedring het om Ishmael en sy moeder, Hagar, van hulle af weg te stuur.
STAATS- INSTELLINGS
Johan Dorfling
Kort-kort word melding gemaak van geldtekorte by staatsondersteunde instellings soos ESKOM, SAL, SAUK en ander. Die staatskas, met die belastingbetaler se geld, staan dan in om uit te help met lenings, maar eintlik met skenkings sodat die betrokke instellings aan die gang kan bly. Kort-kort word weer en weer geld gevra, inderdaad geëis, omdat niks in die tussentyd gedoen is om uitgawes te beperk nie. Die belastingbetaler betaal reeds hoë tariewe en word sonder dat toestemming van hom gevra is, verplig om groter tariefverhogings te betaal onder die dekmantel van belastings.
ONGEWENSTE POLITIEKE KLEUR
Johan Dorfling
Dringende sake het dringende aandag nodig om rassehaat te verhoed wanneer nodig. Dit is 'n verwysing na die voorval wat op Saterdag 19 Mei 2018 op die rugbyprogram van SuperSport plaasgevind het.
Wat werklik gebeur het, is nie duidelik nie. Skynbaar het die geskil ontstaan voordat die besprekingprogram begin het, want volgens die videogreep wat uitgesaai was, het alles tydens die program rustig verloop. Maar wat die stryery betref, kon moeilik begryp word hoe die ontploffing tot uitbarsting gekom het. 'n Ondersoek behoort ongerymdhede te ontbloot.
GRONDGRYP VERHAAS INEENSTORTING
ANC se beleid oor grondbesit bedreig die ekonomiese orde tot in sy fondamente
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Die grootste en belangrikste nuus hierdie jaar is nie die dood van Winnie Mandela soos dit onlangs in die groot media voorgestel is nie. Dit is ook nie die droogte in die Wes-Kaap nie. (Gelukkig het seisoenreëns uitkoms in die Wes-Kaap gebring. Oplossings sal nog gevind moet word vir die daarstelling van infrastruktuur om water beter op te gaar. Die dreigende droogte-ramp het inderdaad die gebrek aan tydige beplanning aan die kaak gestel.)
Die grootste nuus van die jaar is eintlik dat die ANC-regime vas van plan is om grond in die stede en in die platteland sonder vergoeding te onteien.
VOLKSREGERING (15)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
HANDHAWING VAN APARTHEID DEUR ANDER
Ander onpartydige belangstellendes van verskillende lande het lankal die voordele van aparte volkere in suider Afrika ingesien om vreedsame bestaan te verwesenlik. Toe die veeboer teen ongeveer 1770 aan die oewers van die Visrivier met die enkele voorlopers van die swart volkere in aanraking gekom het, het wrywing ontstaan. In 1778 het goewerneur Van Plettenberg (Nederland) besluit dat die beste manier om vrede te bewaar sou wees om die twee groepe apart van mekaar te hou, elkeen in sy eie grondgebied met sy eie regering. Die vryburgers was toe nog beskou as burgers van Nederland.
ALLE AFRIKANERSTANDBEELDE NOU GETEIKEN
Standbeeld van pres MT Steyn word geteiken
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Uit die bloute is daar by die Universiteit van die Vrystaat (UV) skielik betogings gereël om te eis dat die standbeeld van president MT Steyn (wat tans voor die hoofgebou staan) verwyder moet word. In stede van sterk optrede teen hierdie sinlose aandrang het die universiteit se bestuur ’n ruggraatlose houding ingeneem. Hulle het vorendag gekom met ‘n sogenaamde “besluitproses” wat drie moontlikhede voorhou:
ONS DURF NIE VERMENG!
Ds AE vd Berg
" Indien die Boerevolk nog verder deur die smeltkroes moet gaan, sal dit so wees. God suiwer ons gedurig. Een ding is egter seker: Hy laat vaar nooit die werke van sy hande nie! Hy sal die Boerevolk op sy eie tyd in genade aansien en ons verwoeste land herstel. Ons durf egter nie stilsit nie... "
"Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?" (2 Kor.6:14).
Die Bybel verdeel die mensdom in twee groepe: Gelowiges en ongelowiges. Dis twee wêrelde wat teenoor mekaar staan. In die gelese gedeelte skryf Paulus van die wêreld van die geregtigheid wat teen die wêreld van ongeregtigheid stryd voer en soos lig en duisternis van mekaar verskil. Elke mens is 'n burger van die een of die ander.
Hierdie twee wêrelde bots onophoudelik met mekaar. Die wêreld van die duisternis val dié van die lig gedurig aan.
NOG MISLUKTE STAATSHOSPITALE
>
>>>
Gesondheidsorg in die Vrystaat verkeer in ’n krisis
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Die swak bestuur van gesondheid is reeds landwyd in ’n krisis. Staatshospitale haal gereeld die nuus oor die agteruitgang van hul dienste en die verwaarlosing van fasiliteite. Een van die eerste mikpunte wat die regering vir sy ministeriële kommissie in Noordwes gestel het, was om weer orde te probeer skep in die disfunksionele en korrupte gesondheidsdienste in dié provinsie. Hierdie dienste is dan ook “onder administrasie” geplaas.
VOLKSREGERING (14)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
UITDELGINGSOORLOË IN AFRIKA
Die Mfecana tydperk, 'n tydperk van uitdelgingsoorloë, was die oorsaak dat duisende inheemse volke en van hulle volkgenote in die suide van Afrika uitgewis of verdryf is. Ook bekend as Difaqane het dit 'n hoogtepunt bereik toe Tsjaka koning van die Zoeloes geword het. Volgens J P J Coetzer, voorheen Direkteur-generaal van Justisie, het Tsjaka alleen na bewering 2 miljoen onwillige volkgenote en volkvreemdes uitgemoor.
RAMAPHOSA EN DIE BRITTE
Die Britse konneksie werk vir Ramaphosa
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Cyril Ramaphosa was tussen April 2018 in Londen waar hy verskeie funksies en vergaderings bygewoon het. Hy is onder andere ontvang deur die Britse eerste minister, Theresa May, en ook deur koningin Elizabeth II. Theresa May het beleggings ter waarde van R850 miljoen aan Suid-Afrika belowe (ongeveer £50 miljoen). Die doel van die skenkings is breed en vaag geformuleer. Dit moet glo gebruik word om armoede te bestry, om beleggingsgeleenthede te ontwikkel en vir werkskepping. Dit is op die oomblik nie duidelik wat wel gedoen gaan word, of wie dit gaan bestuur of wie dit gaan ontvang nie.
VOLKSREGERING (13)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
VESTIGING VAN VOLKE IN SUIDELIKE AFRIKA
Sedert 1652 het Europeërs 'n volksplanting aan die suidpunt van Afrika aan die gang gesit. Wat hulle as 'n groep saamgebind het, was veral hulle eendersheid in godsdienstige geloof waaroor hulle in beginsel baie ernstig was, asook eendersheid in kultuur. Nederlanders het hierheen gekom om 'n lewensaar vir die skeepvaart te voorsien. Franse wat ter wille van hulle Calvinistiese geloof na Nederland gevlug het, is gekeur en hierheen uitgenooi. Duitsers, hoofsaaklik soldate, wat moeilik werk in Duitsland kon vind, deels weens hulle protestantse geloof, is ook verwelkom. In die Kaap het hulle geesgenote gevind en daarom gemaklik en vreedsaam by die Nederlanders se godsdiens, taal en kultuur ingeskakel. Hoewel Nederlands die hooftaal was, het die Duitsers en Franse ook bydraes gelewer tot die totstandkoming van Afrikaans en is 'n nuwe inheemse taal ontwikkel.
RAMAPHOSA SE HOEKIE
Cyril Ramaphosa draai homself al hoe vaster
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Soos ons berig het in die uitgawe van Oorsig & Repliek Nommer 5, het die ANC se topleiding die politieke bande met die Anglo-Amerikaanse magte weer stewiger gebind. Ons ontleding in die vorige uitgawe van OORSIG is onder-streep deur die besoek van Cyril Ramaphosa aan Brittan-je waar hy deur koningin Elizabeth II hartlik ontvang is. Die Britse koningshuis het vir dekades lank geen blanke regeringsleier uit Suid-Afrika ontvang nie, behalwe vir FW de Klerk nadat hy die ANC en die SA Kommunistiese Party ontban het. Nelson Mandela is natuurlik met groot gulhartigheid en uitspattige vreugde ontvang. Koningin Elizabeth II het Mandela selfs in Suid-Afrika besoek.
KERK EN BLINDE LOJALITEIT
ʼn Doodsakker
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Omdat leraars deur God geroep is en met sy gesag optree, ontvang hulle van mense agting:
“Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na(Hebr.13:7).
Desondanks bly hulle sondaars wat ook mislei kan word om, net soos Eva, die kwaad vir goed aan te sien. Daarom kan leraars/kerke wat nie waaksaam genoeg is nie, van die waarheid afdwaal en blind-lojale mense soos ʼn geestelik vuurvaste muur om hul bou. Met hul voortgesette lidmaatskap betuig hulle hul instemming met die dwalings en maak die deur vir verdere dwaling wawyd oop.
STAKINGS VERNIETIG SA
Kultuur van stakings in SA is vernietigend
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Die ANC-alliansie het sedert 1994 ‘n vreemde sosialistiese strategie gevestig: as jy ontevrede is met enigiets kan jy met die ANC-leiers praat, maar jy moet terselfdertyd betoog, toyi-toyi, paaie versper, winkels besteel, en geboue afbrand om die erns van jou saak te bewys, anders word daar eenvoudig nie na jou geluister nie. Dit is hoe die meeste vakbonde en die swart werkers in die algemeen die politieke proses in die nuwe Suid-Afrika verstaan.
VOLKSREGERING (12)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
AANKOMS VAN VOLKE IN SUIDELIKE AFRIKA
Hedendaags bestaan daar heelwat onkunde oor die volke in Suid-Afrika. Onjuisthede en veral onwaarhede word meestal moedswillig verkondig, soos wie eerste in Suid-Afrika was, al was Suid-Afrika nog geen staat of naam nie en bloot 'n groot stuk grond waarvan die grootste gedeelte onbewoon was wat aan niemand behoort het nie. Daar was geen swart inwoners tussen die weskus en die Kei-rivier nie. Histories kan geen swart volk op hierdie bykans 1 000 km aanspraak maak nie. Vandaar ook die naam Transkei, dit is anderkant (oos) van die Kei-rivier. Om te onderskei tussen swart en blanke volke is noodsaaklik omdat dit die geskiedenis duidelik stel.
‘n OFFER VAN DANK
Hannes Ollewagen
Ps. 50:1-23
“Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.” (:23).
U het seker al die gevoel beleef om vir iemand iets te doen en dan waardeer daardie persoon dit nie in die minste nie. So ‘n ondankbare houding laat ‘n mens sommer maklik voel asof al jou moeite en opoffering heeltemal verniet was. ‘n Mens sal boonop nie baie begerig wees om ‘n ondankbare persoon weer van hulp te wees nie.
Ek hoop egter dat u ook al daardie voorreg gehad het om iemand van hulp te wees wat ‘n diepe en opregte waardering daarvoor toon.