Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Het jy geweet dat jou lag, en jou klein bewyse van dankbaarheid, 'n baie sterk invloed op die lewens van jou naaste het? Jy is by magte om sy lewe draaglik en goed te maak, selfs in moeilike omstandighede.
DAAGLIKSE OFFERS
Hannes Ollewagen
Exodus 29:38-46
“Dit moet ‘n voortdurende brandoffer vir julle geslagte wees, by die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, waar Ek met julle sal saamkom om daar met jou te spreek.” (:42).
God gee aan Moses die insetting dat die kinders van Israel ‘n voortdurende offer in die oggend en in die aand aan Hom moet bring. Die handeling in hierdie verband word spesifiek voorgeskryf sodat dit vir God aanneemlik sal wees en Hy Hom tot Israel sal wend om met hulle te spreek daar waar hulle die offer moes bring.
Dit mag dalk wees dat ons nie meer brandoffers van diere bring soos aan Israel van ouds voorgeskryf was nie. Die rede hiervoor is nie dat ons aan God ongehoorsaam is nie, maar dat God self ‘n offer berei het wat ons van ons sondeskuld sou skoonwas.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (1)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Parallelle in die stryd tot vryheid
Vry van Oorheersing
In 1942 het daar ‘n merkwaardige boek verskyn met die titel Paul Kruger — Christen-volksman -staatsman deur dr F Postma. Dit is 27 jaar voor die stigting van die Herstigte Nasionale Party. Die lees van die besondere boek in die jaar 2002 openbaar talle ooreenkomste tussen die stryd wat Paul Kruger gevoer het en die van die HNP sedert 1969. In hierdie artikel sal net enkeles daarvan kortliks behandel word.
Dr Postma skryf onder meer: “Die Republieke se binnelandse politiek was voortdurend in gevaar om deur magte buitekant die grense oorvleuel en beheers te word. Dit is hierdie handhawing op eie gebied van ‘n gedragslyn om verworwe vryheid in alle opsigte te verseker wat soveel wrywing veroorsaak het. Sommige leiers van die volk was nabysiende, ander versiende; vir oombliklike voordeel of voordele was die nabysiendes, sonder dat hulle die komende gevare gesien het, meestal bereid om die lokstemme te volg, terwyl die versiendes waarskuwende stemme laat hoor het. Tweespalt is dan onvermydelik. Die nabysiendes het meestal die mooi naam van ‘vooruitstrewendes’ verkry, terwyl die versiendes uitgemaak is vir ‘bekrompe’ en ‘backvelders’, die ‘remskoene’.
DIE DEUGSAME VROU
VROUE IN DIE BYBEL
Spreuke 31: Die deugsame vrou
Om Spreuke 31 ten volle te waardeer moet jy iets verstaan van die doel van Spreuke in die algemeen. Spreuke is ‘n versameling wyshede en gee uitdrukking aan die waarheid met direkte stellings, teenstellings en vergelykings. Dis deel van die Ou Testament wat bekend is as die “Wysheidsliteratuur” wat Job, Spreuke, Prediker en sommige psalms insluit. Spreuke handel oor die toepassing van God se wysheid op spesifieke situasies en besluite in ons lewe. Koning Salomo, Dawid se seun, het die grootste gedeelte van Spreuke geskryf, maar daar is ‘n paar gedeeltes, insluitend die inhoud waaroor ons vandag praat, wat heel waarskynlik deur ander skrywers geskryf is. Lees Spreuke 31 sorgvuldig deur.
BRIEWE UIT DIE HEMEL (2)
Ds Andrè van den Berg
2. Aan Smirna
“Vrees vir niks wat jy sal ly nie..... Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee” (Openb.2:10).
Die geskiedenis van die kerk begin met geloofsvervolging. Gelowiges het dit verwag want Jesus het gewaarsku “ ... As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind” (Mt.16:24,25).
Net soos wat die kerkgeskiedenis met geloofsvervolging begin het, sal dit ook daarmee afsluit; net erger! “Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word” (Mt.24:21,22).
ONS REG OP VERSKEIDENHEID
Die reg op verskeidenheid is ook die reg op beskerming van ons Afrikanervolk se eie identiteit. En dit is waar ons stuit teen die huidige kultus van menseregte en die Menseregte-akte, wat 'n instrument is waardeur gepoog sal word om kulture te integreer met die skyn van juridiese geregtigheid. Die slim Franse intellektueel, Alain de Benoist sê oor die menseregte: "...die ideologie van menseregte, die nuwe godsdiens van die sterwende moderniteit, funksioneer as 'n skuilplek waar die ontgogelde stryders van weleer ná hulle aftog nou rou oor hulle illusies". Dit klink 'n bietjie ingewikkeld maar u kan die strekking daarvan volg.
Die menseregte is 'n kultus wat geskep is om veral die rassekwessie uit die gesprek uit te skakel, om die mindere rasse dieselfde rang te gee as die ander rasse en hulle uiteindelik deur getalle die oorwig te gee. Deur ras as 'n onderskeidingsfaktor te misken en uit te skakel, moet die "nuwe nasie", of liewer die fiksie van 'n 'nuwe nasie" nou gebou word. Ons sal nooit aan die werklikheid van rasseverskil ontkom nie. Dit is die grootste bedrog wat daar gepleeg word om mens sku te maak vir die feit van rasseverskille, sku te maak vir sy rasbewustheid, bang te maak dat hy beskuldig word van rassisme, en dit is dan die grootste 'vloekwoord' wat teen jou geuiter kan word. Ons moet daarvoor terugdeins om ons daardeur te ontwapen, te ontman teen die aandrang van die Swart ras.
Let op wat tans in Suid-Afrika aan die gang is - daar word nie meer op grond van die Skrif regeer nie, maar aan die hand van wetgewing wat aan die hand van die Handves van Menseregte getoets word. In praktyk kom dit daarop neer dat daar nie deur wette nie, maar deur sogenaamde regte regeer word! Die Hooggeregshof het byvoorbeeld die reg om alle bestaande wetgewing aan die hand van die Handves van Menseregte te toets en selfs nietig te verklaar indien dit die regte van ’n individu skaad. Kan so 'n land nog op God se hulp steun?
ONS VRA DIT IN JESUS SE NAAM
Hannes Ollewagen
Johannes 14:1-31
“En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.” (:13&14).
Dit is mos soos musiek in ons ore! Die gedagte dat ek van die God by wie geen ding onmoontlik is nie enigiets kan vra laat sommer onmiddellik my gedagtes dwaal. Ek sukkel al so lank hiermee of ek wou al so graag hierdie of daardie gehad het. En amper instinktief rol die mens se gedagte van die een na die ander begeerte wat homself sal bevredig.
Skielik kom daardie gedagte dan weer by jou op dat jy al voorheen dinge van God gevra het, maar dit nie ontvang het nie. En dan wonder ons hieroor – sou Jesus dan ‘n belofte maak en dit nie hou nie? Ek het dan gebid en my gebed afgesluit met die woorde: “Ek bid dit in Jesus Naam, Amen.” Waarom sou Hy dan nie sy belofte gestand doen nie om aan my bede te voldoen nie?
DIE NUWE SUID-AFRIKA (22)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Wie is die Afrikaners?
MET die SATV se onlangse program oor die Afrikaners is dit ’n gepaste geleentheid om die vraag onder oë te sien.
Daar was by meer as een van die deelnemers ’n poging om Afrikanerskap oor die rasse- en kleurgrens te trek deur van die standpunt uit te gaan dat wie Afrikaans praat, ’n Afrikaner is. En daar was pogings om Afrikanerskap wat behoudend is, veroordelend te bejeën. Daar was egter min getuienis van diepte oor die werklikheid van Afrikanerskap in sy oorsprong en sy tydruimtelike omgewing.
Die Afrikanervolk is bo alles ’n volk wat stam uit die Blanke ras van Wes-Europa, die ras wat in sy plus en surplus die wêreld fisiek oopgemaak, tegnologies ontwikkel en ’n hoë mate geestelik oorspoel het.
DIE NUWE SUID-AFRIKA (21)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Tweede TV-gesprek — Vier jaar na eerste
Na baie vertoë aan die SAUK is kort voor die 1989-algemene verkiesing ’n TV-gesprek en ’n radio-onderhoud met my gereël. Dit was slegs die tweede maal sedert TV in Suid-Afrika ingestel is in 1976 dat so ’n uitsending gegun is. Die enigste ander keer was in November 1985 — vroeër hierin weergegee. Die verskille tussen die HNP en die KP, die pogings om samewerking te verkry en die ontwikkeling in die regering se beleid, is bespreek in die betrokke radio- en TV-programme, Monitor en Netwerk. In albei programme is vrae gevra en bewerings gemaak deur mnr. Jean Oosthuizen van Die Transvaler en mnr. Dries van Heerden van Sunday Times.
Hulle is gekies om die debat te voer omdat geen politieke figuur van die NP of die KP bereid was tot ’n politieke debat met die HNP nie. Verskeie van hulle was genader, onder andere mnr. Barend du Plessis, mnr. FW de Klerk (toe nog ’n minister), en dr. Andries Treurnicht en mnr. Koos van der Merwe. Almal het geweier.
BRIEWE UIT DIE HEMEL (3)
Ds Andrè van den Berg
Aan Pergamus
“....Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ’n wit keursteen..... (vers 17).
Nadat die koerier die tweede brief in Smirna afgelewer het, is hy noord na Pergamus waar ʼn Christengemeente was; baie anders as enigeen van die twee voriges. Pergamus was die hoofstad van die Romeinse owerheid in Klein-Asië met drie afgodstempels waarvan die fondament van die grootste een vandag nog besigtig kan word en in Jesus se oë die simboliese aardse blyplek van die Satan was: “Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is....” (vers 13).
AFRIKANERVOLK IN DIE SMELTKROES
Sal hierdie revolusie ons louter?
Dr Danie Theron
Hierdie jaar het vir die Afrikaner afgeskop soos elke een sedert die nuwe bedeling van 1994 deur bedrog en verraad wat op ons afgedwing is. Ons toestand versleg jaarliks. Op die oog af is daar min om oor opgewonde te raak. Hoe dan gemaak om die Afrikaner weer op koers te kry?
Wat is die feite?
Pas het die Wêreldbank bekendgemaak dat Suid-Afrika se groeikoers maar sowat 1,1% gaan wees hierdie jaar. Die resultaat sal toenemende werkloosheid en armoede wees met gepaardgaande hoër misdaad. Voorwaar nie iets wat mens tot opgewondenheid stem nie. Daarby is die kans dat die geldeenheid se waarde sal verbeter uiters skraal. Waar die Rand se waarde immers sterk deur beleggersvertroue beïnvloed word, is die kans eerder dat die Rand verder sal verswak.
REGSTELLENDE AKSIE
Booswigte kruip dikwels agter eerbare maskers weg en gebruik selfs mooi woorde om lelike dinge mee te verberg. Een hiervan is regstellende aksie - een van die heel grootste onregte wat ons land ooit aangedoen is. Desondanks word dit as ’n regstelling van sogenaamde onregte van die verlede voorgehou. Dis ʼn leuen. Dit stel niks reg nie, maar skep eerder onreg in die hede!
Regstellende aksie verwoes volksgenote se toekoms. Nagenoeg twee en 'n half miljoen blankes het sedert dit van stapel gestuur is, alreeds Suid-Afrika verlaat. Handelsondernemings word genoodsaak om hierdie onreg toe te pas uit vrees vir dwangmaatreëls wat hulle op die kantlyn kan laat beland. Dit vervang die Bybelse maatstaf van verdienste met ʼn gekamoefleerde onreg wat geen morele of Bybelse verdienste het nie.
ONS TROU TEENOOR ONS VADER
Hannes Ollewagen
Jeremia 35:1-19
“So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Gaan sê aan die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem: Wil julle hieruit geen lering trek om na my woorde te luister nie? Spreek die HERE. Die woorde van Jónadab, die seun van Regab, wat hy sy kinders beveel het om geen wyn te drink nie, het hulle gehou; want hulle het geen wyn gedrink tot vandag toe nie, maar het geluister na die gebod van hulle vader. En Ék het met julle gespreek, vroeg en laat, maar julle het na My nie geluister nie.” (:13&14).
‘n Baie seldsame karaktereienskap in ons samelewing vandag – getrouheid. Dink maar hoe gereeld u met iemand by ‘n sakeonderneming praat wat onderneem om u binne minute terug te skakel en u wag vandag nog vir daardie oproep. Dit gebeur ongelukkig nie net so nou en dan nie. Hierdie verskynsel het so algemeen geraak dat dit ons byna nie eers meer pla nie omdat ons daaraan gewoond raak.
DIE NUWE SUID-AFRIKA (20)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Ope brief aan mnr. PW Botha
Geagte Staatspresident
Vrylating van Mandela
“Daar word opgemerk dat u in Zurich gesê het dat u hoop dat Nelson Mandela sal aanhou om saam te werk, sodat dit nie nodig sal wees om horn terug te stuur na die tronk nie.
“U het ook gesê dat as u die keuse het, u nie ou mense in die tronk sal sit nie, maar verkies om hulle daarbuite te hê.
“Hieruit word afgelei dat die vrylating van Mandela reeds ’n aktuele saak vir u regering geword het, en dat die opmerkings ’n politieke voorbereiding vir sy vrylating is.
“Om so ’n vrylating ’n positiewe voorkoms te gee, het u ook gesê: ‘Die waarheid is dat die ANC Mandela nie uit die gevangenis wil hê nie, omdat dit hulle geval om hom voor te stel as ’n martelaar’.
DIE NUWE SUID-AFRIKA (19)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Mandela—“’n Kommunis verbind tot geweld”
IN die afgelope tyd was daar herhaalde pogings om die ANC se Kommunistiese agtergrond en beïnvloeding weg te praat. Die jongste poging is die van prof. HW van der Merwe van die Abe Bailey-gefinansierde Sentrum vir Intergroepstudies aan die Universiteit van Kaapstad in die blad Buurman, wat deur die Jewish Board of Deputies uitgegee word.
Onder andere skryf die prof. Van der Merwe: “In die berugte hoogverraadsaak het die staat probeer aanvoer dat Mandela ’n Kommunis is... Die dokument wat deur die staat voorgelê is om te bewys dat Mandela ’n Kommunis is, is ook nie deur die hof aanvaar nie”.
IS U LIGLAMP VOL OLIE?
As Christengelowiges leef ons in benoudende tye, veral in ons land, anders as die heidene en afgedwaaldes wat meen dat alle struikelblokke verdwyn het nadat afsonderlike rasse-ontwikkeling in die land afgeskaf is.
Ons weet egter ook dat God 'n besondere plan met ons het, en ons glo dat Hy tot in die eindtyd vir Hom 'n oorblyfsel hier suid van die riviere van Kus behoue sal laat bly; 'n oorblyfsel wat wel hulle heiligheid wil handhaaf – en natuurlik 'n struikelblok en ontsteltenis vir die res van die 'wêreld' is. Die pad van die beplande Eenwêreldregering moet volgens hulle ten alle koste gestap word en enigiets wat dit verhinder moet uitgeroei word. Daarom moes 'apartheid' tot sonde verklaar word en moet die Christendom, die behoudende faktor hier aan die suidpunt van Afrika, met alle mag uitgewis word.
ONS GROOT CHAOS KOM NADER...
Daar is sekerlik baie indirekte redes waarom die ANC nie veel langer die land sal ‘regeer’ nie, waarvan Malema ook een is, maar daar was nog altyd twee uitstaande redes waarom hierdie bestel met 'n harde slag tot 'n einde sal kom; 'n onomstootlikheid wat uit ons geskiedenis duidelik blyk:
Eerstens, ‘n eenheidstaat bestaande uit volke (gemeenskappe) wat etnies en andersins grootliks verskil, werk nie. Met verwysing na die Europese geskiedenis sê dr Verwoerd in 1961:
“Wanneer vreemde nasies … bymekaar saamgepers gebly het in een staat, was dit ‘n ewige kanker totdat die hele liggaam uitmekaar gespat het.”
Nadat dr. Verwoerd gewys het op die veel groter verskille tussen Suid-Afrikaanse volke (as dié tussen Europese groepe) sê hy:
“Net so min sal blank en Bantoe in een veelrassige eenheid behou kan word met vrede en sonder botsings, as kan gebeur met swart nasies in ander dele van Afrika, of met Xhosa, Basoeto en Zoeloe in een gemeenskapseenheid sonder dat daar botsings sal wees. Ook hulle is trots op hulle eie nasionale identiteit soos wat ons as blankes trots is op ons nasionale identiteit.”
DIE NUWE SUID-AFRIKA (18)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Waarom is die VSA sterk?
Die stellings wat die Kommissie maak (in voruge aflewering aangehaal) in verband met die deugsame uitwerking van ’n menseregte-akte in die VSA, bevat dinge wat ernstig bevraag moet word. Daar word byvoorbeeld gesê: “Die bestaan van ’n menseregte-akte en die toetsreg van die howe het nie verhoed dat die VSA een van die sterkste lande in die wêreld geword het nie, nog het dit die staatsveiligheid ondergrawe”.
Die VSA het sterk geword in ’n eeu toe daar weinig gesteur is aan die “menseregte” van Swartes in die VSA. Die VSA het sterk geword ondanks die afdwing van rasse-integrasie deur “affirmative action” en ander liberale dwangmetodes.
‘N GOD VAN LEWENDES
Hannes Ollewagen
Markus 12:18-27
“En Jesus antwoord en sê vir hulle: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?” (:24)
“God is nie ‘n God van dooies nie, maar ‘n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks.” (:27).
Jesus wys die Sadduseërs in die gelese gedeelte op hul dwaling en voer ook as rede aan waarom hulle dwaal. Die rede is tweeledig dat hulle die Skrifte nie ken nie en tweedens dat hulle die krag van God nie ken nie.
Vandag, in 2018, sien ons steeds dieselfde verskynsel in baie kerke. Daar is vandag steeds baie dwaalleraars wat vreemde leringe verkondig omdat hulle nie die Skrif ken nie. Dit het tot gevolg dat hulle, presies soos die Sadduseërs, menigmaal teksverse buite verband aanhaal om hul eie teorieë te probeer regverdig of verdedig eerder as om hul leer te vorm o.g.v. die leer van die Woord van God.
DIE NUWE SUID-AFRIKA (17)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Nasionalisme
Op die grondslae van nasionalisme, kan mens hom nie vereenselwig met ’n beoogde stelsel wat ’n volslae negering van nasionalisme sal wees nie, en wat na ’n fase van wrywing en botsing sal uitloop op ’n Swart meerderheidsregering wat, soos die les van Afrika leer, waarskynlik onder Kommunistiese beheer sal wees en Suid-Afrika betreklik gou sal afdruk tot die peil van nasionale armlastigheid, korrupte administrasie en miskenning van elementêre menseregte en demokratiese waardes. (En nou het ons land rommelstatus; hoe in die kol was hierdie insig!)
Byna ses-en-sestig persent van die klousules van die voorgestelde Menseregte-akte is eintlik ’n bevestiging van die huidige regsposisie, en in die sin van min betekenis.
2018 - GOD IS MET ONS !
Ds Andrè van den Berg
Ons staan aan die begin van 2018. Ons land is een van die gewelddadigste plekke ter wêreld. Geweld en ontwrigting is deel van heidenregerings se politieke mondering. Afrika wemel van aanskouingslesse!
Wat het van die wet en orde geword wat soveel jare aan die suidpunt van Afrika geheers het? Die fondamente van die Westerse beskawing is behoorlik omgekeer en daarmee saam die kerklike lewe! Die Boerevolk word deur onrus, verwarring, leuens en dwaalleer geskud. Politici en kerklui het ons willens en wetens in ʼn noodlottige proefneming laat beland!
Ons land is besig is om te verarm. Kos word al hoe duurder, mense verloor hul werk, pryse skiet die hoogte in, misdaad, korrupsie, liefdeloosheid en eiewaan neem toe. Is daar hoop vir 2018? Ja, daar is! En hierdie hoop vloei uit ons geloof in God dat Hy, wanneer alles verlore lyk, kan vernuwe en nuwe lewe in ʼn volk kan inblaas soos wat met die doodsbeendere in die laagte gebeur het.