Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Onthou tog maar, dit is ewe verkeerd om almal te vertrou as om almal te wantrou...
DIE ONKUNDIGE VLAGHATERS
OPREGTE VRIENDSKAP IS GOUD WERD
Die Boerevolk gaan sy vryheid binnekort herwin, maar nie sonder stryd nie. Dit gaan donker word en ons gaan mekaar nodig hê. Verraaiers gaan eenkant staan, maar opregte vriendskap gaan goud werd wees soos dié tussen Jonathan en Dawid; lees weer 1 Sam. 23:16 : “Daarop het Jonathan, die seun van Saul, hom klaargemaak en na Dawid in Hores gegaan. En hy het hom bemoedig in God…”
AFRIKA-SOSIALISME
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Die afwaartse spiraal van Afrika-sosialisme
Eens op ’n tyd is mens kwalik geneem as jy van oortuiging was dat Afrika-leiers nie die vermoë het om ’n ingewikkelde taak soos landsbestuur op hul skouers te neem nie. Jy is dan ’n Afrika-pessimis genoem. Ten spyte daarvan dat Afrika vol wrakke lê van suksesvolle koloniale lande wat geleidelik afgerem, geplunder en in die dongas in bestuur is, was daar mense wat gehoop (en geglo) het dat dit nie in Suid-Afrika sou gebeur nie. Die lotgevalle van Rhodesië op ons voorstoep moes hulle van mening laat verander het. Selfs vandag is die ewige liberale optimiste oortuig dat ’n klein verstelling in die leierskap van die ANC ons land weer op koers sal kry — welke koers in elk geval nooit baie duidelik is nie.
HET GOD ONS VERLAAT?
Soms wonder ons of God nog ag sal slaan op die Afrikanervolk, of het Hy ons finaal verlaat? Weens die ontrou van die volk Israel het God (Ex 33) geweier om verder saam met sy volk te trek. Tog het Hy Hom weer oor hulle ontferm toe Moses in groot berou namens die volk voor God ingetree het en het God weer (Ex 34) sy verbond met hulle hernu. Daarna was sy Teenwoordigheid in die wolk en die vuur sigbaar waarmee Hy die volk gelei het tydens die hele trek. Natuurlik is daar hoop vir die Afrikanervolk vandag, God wag net vir ons om berou te toon oor ons dwalinge en na Hom terug te keer.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (22)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
KRUGERDAG: WEIER OM TE BERUS IN VERRAAD!
14 Oktober 1994
“Nooit mag daar berus word in ’n situasie waarin die Afrikaner sy vryheid verloor nie. Daar is al baie gepraat oor die onomkeerbare situasie waarin ons verkeer. Kruger het die onomkeerbare omgekeer, en ons moet dit ook doen. Die geskiedenis het bewys dat dit moontlik is. Dit is alleenlik afhanklik van die kwaliteit van leierskap van die Afrikaner.”
“Verder lê daar ook ’n parallel tussen Kruger en Verwoerd. Albei het in die bres gaan staan toe die politieke mag van die Afrikaner gebreek moes word. Albei het besonderlik presteer. Daarbenewens het Mandela geen prestasies gelewer wat naastenby kan vergelyk met hierdie Afrikaner-helde nie. Hy is vrygelaat deur verraaiers.”
Die boodskap van ’n Paul Kruger aan ons volk in die omstandighede waarin hy hom tans bevind, is dat hy nie mag berus in die verraad wat hom sy vryheid en sy selfrespek ontneem het nie.
WIL JY 'N VERANDERING IN ONS LAND SIEN?
Hoe gaan dit met ons volk? Die slegste ooit! Sal jy graag ʼn verandering in hierdie land wil sien? Wat doen jy daaraan? Bid jy vir ons Boerevolk? As jy egter om herstel bid, maar jy sluit jouself by hierdie proses uit, bid jy verkeerd. Dis maklik om te bid en jouself daarna uit die voete te maak.
DIE PAALTJIES WAT ONS VASHOU
Ds Andrè van den Berg
“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee”(Fil.4:13).
Jare gelede ry ek by ʼn sirkus verby en daar staan ʼn olifant met die een voorpoot aan ʼn paaltjie wat ingekap is, vasgemaak. Hy probeer nie om los te kom nie; hy staan. ʼn Olifant kan na berekening meer as ʼn ton met sy slurp optel. ʼn Mens sien soms op TV hoeveel skade ʼn olifant kan aanrig as hy berserk raak en alles in sy pad verwoes; die sterkste dier op aarde. En daar by die sirkus staan hy aan ʼn paaltjie vasgemaak. Hy kon wegloop as hy wou!
WAAROM ANC BANG IS VIR ONS VLAG
“ ‘n Vlag is ‘n sinnebeeld van volksbestaan. ‘n Vlag kan die grootste geesdrif skep... kan tot trane roer... kan die diepste dryfvere tot handeling in beweging bring, en kan tot die edelste pogings besiel. Vir ‘n vlag kan ‘n volk leef, en kan hy veg en sterf."
― Dr DF Malan, 25 Mei 1926
DAG VAN REKENSKAP IS HIER!
Dr Danie Theron
"As 'n vyandige mag daarop uit is om jou te oorwin, en al sy hulpbronne en kragte vir dié doel inspan, verkeer hy in 'n staat van oorlog met jou; en jy -- tensy jy aan oorgawe dink -- verkeer in oorlog met hom. Verder -- tensy jy verraad bedink -- sal jou doel, soos syne, wees om die oorwinning te behaal. Nie 'vrede' nie, maar oorwinning.” Barry Goldwater
Terwyl kommentaar instroom oor die "onverwagte" besluit in die parlement oor grondonteiening, en liberaliste hakkel, stotter en stamel met verskonings oor hulle held Ramaphosa wat hulle dan nou so liederlik in die steek gelaat het, moet een ding nou vir die Afrikaner baie duidelik wees: Die 1996-grondwet en die versekerings daar rondom was 'n klug. Dit het nasionaliste van meet af geweet en gesê. Hulle is destyds uitgelag daaroor. Die euforie van die "wonderwerk" van 1994 is nou hopelik verby want dit staan nou soos 'n paal bo water: Die voorgenome onteiening sonder vergoeding-besluit van die ANC en die EFF is 'n oorlogsverklaring!
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (21)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Konfrontasie tussen Jaap Marais en Constand Viljoen slaan uit in die pers
23 September 1994
“Genl. Viljoen sê hy reken ons sal ’n Blanke algemene verkiesing met enigiets tussen 50 en 60 persent kan wen. ‘Maar die vraag is wat doen jy as jy die verkiesing gewen het’ vra hy! Daarby het u die kreet van die Kommuniste en ander Afrikanervyande van die vyftiger- en sestigerjare en van die NP van die negentigerjare oorgeneem toe u gesê het ‘apartheid was die grootste fout van hierdie eeu’. Rede vir agter dog: AWB-manne verraai: Vir ander kan dit skokkend wees om te verneem dat beweer word dat u op dié wyse saamwerk met Kommuniste teen Afrikaners wat veg teen die verraderlike politiek van hierdie tyd. Die bewering het my egter nie verbaas nie.”
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (20)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Jaap Marais striem Pik Botha oor Kommuniste
1 April 1994
AS die persoon wat die voorste skreeuer in die NP was dat Kommunisme dood is, is dit dieselfde mnr. Pik Botha, Minister van Buitelandse Sake, wat nou in NP verkiesingsadvertensies waarsku teen die gevaar van Kommunisme.
In ’n skerp bewoorde brief neem mnr. Jaap Marais mnr. Pik Botha kwalik dat hy die publiek op hierdie wyse aan die neus probeer lei. Buitendien voer hy aan dat mnr. Botha se feite nie iets nuuts is nie, maar direk uit mnr. Marais se dokument oor die Kommunisme oorgeneem is.
Die volledige brief lees as volg:
“Dit was om meer as een rede ’n verrassing om te sien dat jy by ’n nuuskonferensie op 24 Maart “onthul” het hoeveel Kommuniste daar onder die ANC se eerste 50 kandidate is.
JEREMIA EN KERKVERVAL
ʼn Tydige waarskuwing
Ds Andrè van den Berg
Inleiding
Vóór die voltooiing van die Bybel het God dikwels deur profete met mense en volke gepraat: “Nadat God baie keer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete ...” (Heb.1:1). Profete was dikwels baie nou met koninghuise verweef om konings in groot besluite by te staan.
Sommige profete het egter nie sulke bande gehad nie en deurlopend onafhanklik opgetree. Jeremia was so ʼn profeet wat afstand met die koningshuis gehou en slegs in opdrag van God gepraat het. Dit het hom gereeld met die leiersfigure van sy tyd laat bots, veral afgunstige kerkleiers.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (19)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
16 September 1994.
“Ter bemoediging van die regses het mnr. Marais daarop gewys dat daar nog nêrens ’n suksesvolle kommunistiese of Swart regering ter wêreld was nie.”
Mnr. Marais het daarop gewys dat dit die derde keer is dat die Afrikaner sy vryheid verloor. Die eerste keer was in 1877 as gevolg van swak leierskap, en die tweede in 1902 na ’n heroïese stryd toe hy met militêre mag onderwerp is. Die skandaligste was egter in 1994 toe De Klerk deur verraad sy land aan die kommuniste oorgelewer het. Hy het dit gedoen ten spyte daarvan dat hy geen mandaat van die kiesers daarvoor gehad het nie.
IS DIT ‘N SONDE OM RYK TE WEES?
Hannes Ollewagen
Prediker 5:1-19
“Kyk, wat ek as ‘n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel. Ook vir elke mens aan wie God rykdom en skatte gegee het, en wat Hy in staat stel om daarvan te eet en sy deel te neem en hom te verheug by sy moeitevolle arbeid, is dit ‘n gawe van God.” (:17&18).
Hoe staan die saak dan nou? Lees onsnie juis in 1 Tim. 6:9&10 dat geld ‘n groot euwel is nie? “Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang. Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.” En was dit nie Jesus Christus wat self die volgende woorde uit Markus 10:23-25 gespreek het nie?
BRIEWE UIT DIE HEMEL (5)
Ds Andrè van den Berg
Aan Sardis
“.... Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef, en jy is dood” (Openb.3:1)
Verbeel jou dat jy in ʼn woestyn verdwaal. Dis ondraaglik warm en jy wil sterf van dors. Jy strompel voort en kom op ʼn verweerde teken af: Waterput twee kilometer. Met jou laaste kragte bereik jy die put en laat die emmer sak. In plaas van die geluid van water onder in die put te hoor, is daar net ʼn dowwe geluid as die emmer droë grond tref.
DIE GEMEENSKAP VAN DIE GELOWIGES
‘n Bybelse program vir die heropbou van gemeentes
Ds Andrè van den Berg
1. Wag op die Here! Skriflesing: Hand.1:1-14 .
2. Geen geloofsgemeenskap sonder die Heilige Gees nie Skriflesing: Hand.2:1-18;37-44
3. Geloofsgemeenskap deur toewyding Skriflesing: Hand.2:37-47
4. Begin deur ware aanbidding Skriflesing: Hand.2:38-44
5. Deelname aan geloofsgemeenskap Skriflesing: Hand.2:41-47
6. Geloofsgemeenskap verheerlik God Skriflesing: Hand.2:37-47
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (18)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
DIE KOMMUNISTIESE UITOORLÊPLAN
11 Februarie 1994
DIE Kommunistiese aksieplan wat die Transvaalse Landbou-Unie enkele dae gelede gepubiiseer het, kom uit ’n onberispelike bron. Onafhanklike kenners van kommunistiese taktiek het ook getuig dat dit in alle opsigte die Kommunistiese merk dra, soos dit bekend is uit die internasionale reëls wat al jare gelede tot in besonderhede uitgewerk is vir kommunistiese partye wat elkeen in sy eie land die mag wil verower. Dit is bloot ’n toepassing op Suid-Afrikaanse toestande en op die rol wat die NP, die regses en die sakebelange in die land speel. Die patroon van die outentieke kommunistiese benadering is daarin egter oral herkenbaar en sluit dit absoluut uit dat dit, soos Joe SIovo beweer, ’n fabrikasie sou wees.
WIE HEMEL TOE GAAN
GAAN ALLE MENSE HEMEL TOE BLOOT OMDAT JESUS GESTERF HET?
Hannes Ollewagen
1 Joh. 2:18-29
“En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie. As julle weet dat Hy regverdig is, dan weet julle dat elkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore is.” (:28&29).
Dit is‘n baie omstrede onderwerp wat ons vanoggend aanraak. Dit wek natuurlik soveel emosie op omdat geen mens die angswekkende waarskuwing wil kry dat hy/sy dalk ‘n ewigheid in die hel gaan deurbring nie. Om egter hierdie angswekkende waarskuwing met ‘n leuen te probeer bedek, gaan vir jou rampspoedige gevolge inhou.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (17)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
ANC-staat gaan inmekaartuimel
12 Augustus 1994
DIE STAATSKONSTRUKSIE van Kommuniste en liberaliste waarin ons tans moet lewe, sal geen duur hê nie, het die Leier van die HNP, mnr. Jaap Marais, op ’n baie goed-bygewoonde vergadering van die HNP se Hoofbestuur gesê. Die tekens van disintegrasie is reeds oral sigbaar.
Tot dusver het ons met Kommuniste te doen gehad, wat die dryfkrag agter die nuwe staatskonstraksie was. Tans het ons met Kommuniste te doen, wat agter die ANC en sy Swart parlementsmeerderheid skuil. Hoewel hulle slegs ’n baie klein minderheid in die regeringskoalisie vorm, beset hulle minstens 10 uit 18 van die ministers- en adjunkposte. Die huidige regering is ’n Kommunisties-beheerde regering.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (16)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Deelname of nié, aan die April-Verkiesing
15 April 1994
Wanneer daar sprake van is om nie aan die April-verkiesing deel te neem nie, word soms die voorbeeld van deelname aan die 1992-referendum genoem as argument waarom aan die April-verkiesing deelgeneem moet word.
Dit is om etlike redes ’n valse parallel. Die belangrikste verskil is dat die 1992-referendum gewen kon word deur die regse alliansie. Verskeie taktiese misvattings het dit egter teengewerk.