Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Langenhoven het goeie raad oor hoogmoed en nederigheid: jy mag maar hoogmoedig wees onder jou meerdere maar jy moet nederig wees onder jou mindere; só sal jy minstens nie jou eie waardigheid of ander s'n kwes nie. Hy herinner ons ook dat nederigheid nooit kan val nie...
NUWE DIREKTE BYBELVERTALING (2)
Lees reeks by NUWE DIREKTE BYBELVERTALING
1933/53-Bybelvertaling
Johan Dorfling
In 1933 is 'n belangrike mylpaal bereik toe die Bybel in Afrikaans beskikbaar gestel is. Oor jare is met groot toewyding laatnagte aan die Bybelvertaling gewerk. Die vertaling was suiwer gedoen sonder om 'n Hebreeuse of Griekse woord in te bring. Die Bybel moet "duidelik" en "verstaanbaar" wees. ‘n Uitstekende Afrikaanse Bybeltaal is geskep. Afrikaans as kerktaal is nie alleen 'n kultuursaak nie, maar ook verstaanbare evangelieverkondiging. Afrikaans spreek ons siel aan.
IS U LEWEND VIR HOM?
Hannes Ollewagen
Markus 12:18-27
“God is nie ‘n God van dooies nie, maar ‘n God van lewendes. ...” (:27).
Is dit nie ironies dat daar verwys word na Abraham, Isak en Jakob wat alreeds gesterf het en dit dan pertinent gestel word dat God nie ‘n God van dooies is nie, maar van lewendes? Die feit dat al drie hierdie manne reeds oorlede is, is nie al wat hulle in gemeen het nie. Hierdie drie manne was erfgename van God se beloftes. Hierdie drie was manne wat in God en in sy beloftes geglo het. Hulle was manne wat nie maar net godsdienstig was nie, maar manne wat in gehoorsaamheid aan die stem van God geleef het, in Hom geglo het en Hom liefgehad het. Hierdie manne was m.a.w. manne wat vir God lewend was!
NUWE DIREKTE BYBELVERTALING (1)
Afrikaans as Kerktaal
Johan Dorfling
Lees reeks by NUWE DIREKTE BYBELVERTALING
'n Wonderwerk het gebeur; die ontstaan van 'n afsonderlike selfstandige taal, naamlik Afrikaans. Die ganse Afrikanervolk het gesamentlik deelgeneem aan 'n beweging om Afrikaans in 'n betreklike kort tydperk te vestig. Taal hou regstreeks verband met geloof, gewoontes en denke van die gebruikers wat dieselfde betekenis en begrip aan die woorde en volksuitdrukkings gee. Afrikaans spreek die siel aan.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (SLOT)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
NASIONALISME
21 September 1996
“...vir die Christen en teïs wat glo dat aparte volke ontstaan, nie deur blote toeval nie, maar met ’n sekere doel, het elke nasie sy roeping en besondere taak om te vervul. Uit hierdie oogpunt beskou is papheid op nasionale gebied ’n religieuse oortreding, dit wil sê ’n sonde. Dit is dus letterlik waar en nie maar net beeldspraak nie wanneer die Afrikaner sê dat die handhawing van sy taal vir hom ’n deel van sy godsdiens is”. Hierdie stelling hou in dat dit nie ‘apartheid’ is wat ‘sonde’ sou wees nie, maar die ‘papheid op nasionale gebied’ waardeur die liberale teoloë en predikante gekenmerk word... die hoogste doelwit van ‘n volk is om vry te wees van oorheersing deur buitelandse moondhede, vry van oorheersing deur ’n grypsugtige geldmag en vry van oorheersing deur Swart getalle... dié land is óns land: ons sal nie berus in die bedrogvolle wyse waarop ons ons vryheid verloor het nie; ons sal, soos die sterk voorgeslag waaruit ons kom, weer veg om vry te wees om onsself te wees as Witman en Christen en Afrikaner in Afrika.”
SOU U OOK TERUGDRAAI?
Hannes Ollewagen
Númeri 22:1-41
“Toe antwoord Bíleam die Engel van die HERE: Ek het gesondig, want ek het nie geweet dat U teenoor my in die pad gestaan het nie. Maar nou, as dit verkeerd is in u oë, sal ek teruggaan.” (:34).
Die gelese gedeelte val ‘n mens soms vreemd op. Daar word ‘n gesantskap na Bíleam gestuur en hy trek nie sommer net met hierdie mense op versoek van koning Balak weg nie. Hy raadpleeg eers die HERE in die saak waarin hy uitdruklik deur God verbied word om saam met hulle te trek. Koning Balak stuur egter weer ‘n gesantskap na Bíleam en hierdie manne was meer en aansienliker as die eerstes. Bíleam sou weereens die HERE raadpleeg, maar hierdie keer ontvang hy die teenoorgestelde antwoord as die eerste keer. En tog ontvlam God se toorn ook teenoor hom toe hy wegtrek. Hoe is dit dan moontlik aangesien hy nie aan God ongehoorsaam was nie?
ONHEILIGE WINNIE NOU HEILIGE MADIKIZELA
Media-akkuraatheid
12 April 2018
Aan: Die Bestuur van Afrikaanse Programme, SABC
Afskrif: RSG-Nuuskantoor.
Geagte Bestuur,
Oor die afgelope dae het u daagliks omstandig berig oor die afsterwe van mev Winnie Mandela, die gewese gade van Nelson Mandela. Ons het die volgende waargeneem:
1. Skielik is Winnie Mandela nou Madikizela Mandela. “Winnie” word weggelaat.
2. Sy word deurgaans voorgehou as heilige, as ’n held of vleklose ikoon van die stryd teen Apartheid.
3. Oor haar misdade waaroor sy in die hof skuldig bevind is word bitter weinig gerapporteer, laat staan nog oor haar betrokkenheid by MK, Chris Hani en Julius Malema se EFF.
4. Die redes waarom Nelson Mandela haar eenkant toe geskuif het word ook nie vermeld nie. Haar ondersteuning van die skandalige, brutale halssnoermoorde word deur u liefs verswyg. Oor Stompie Moeketsi Sepei word niks gesê nie.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (35)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
"Who founded apartheid?
What is more, and is of the utmost significance, is that apartheid was no innovation of the ANG of Dr Malan, Mr J G Strijdom and Dr H F Verwoerd. Apartheid in sport, education, residence, land ownership, voting qualifications, parliamentary representation, and sexual intercourse was all in place when the Malan government took over in 1948. These were introduced by the British colonial government and upheld and augmented by all British-sympathetic governments since the unification of South Africa in 1910, significantly sealed by an act approved in 1909 by the British parliament which provided that only British subjects of European extraction would have the right to sit in the South African parliament.
More than one apology
From the above it is plain that from the British side an apology is owed not only to Afrikaners for the awful devastation and documented war crimes caused by the British army against the former republics, but also to the Black nations in South Africa for the discrimination practiced by the British authorities on purely racial grounds without any prospect of national self- determination for the various nations, as was the essence of the policy of separate development into which the policy of apartheid evolved under the outstanding leadership of Dr H F Verwoerd.”
BRITTE MOET OM VERSKONING VRA VIR OORLOGSMISDADE EN VIR APARTHEID!
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (34)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Who founded apartheid?
What is more, and is of the utmost significance, is that apartheid was no innovation of the ANG of Dr Malan, Mr J G Strijdom and Dr H F Verwoerd. Apartheid in sport, education, residence, land ownership, voting qualifications, parliamentary representation, and sexual intercourse was all in place when the Malan government took over in 1948. These were introduced by the British colonial government and upheld and augmented by all British-sympathetic governments since the unification of South Africa in 1910, significantly sealed by an act approved in 1909 by the British parliament which provided that only British subjects of European extraction would have the right to sit in the South African parliament.
More than one apology
“From the above it is plain that from the British side an apology is owed not only to Afrikaners for the awful devastation and documented war crimes caused by the British army against the former republics, but also to the Black nations in South Africa for the discrimination practiced by the British authorities on purely racial grounds without any prospect of national self- determination for the various nations, as was the essence of the policy of separate development into which the policy of apartheid evolved under the outstanding leadership of Dr H F Verwoerd.”
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (33)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
“ Dr Van Zyl Slabbert was die leier van die mees uitgesproke anti- Afrikanerparty (die Progressive Federal Party) sedert die Progressive Party en die Unionist Party van Leander Star-Jameson. Daarby Aan die hele geskiedenis van Afrikanerstryd is Slabbert nie net vreemd nie, maar ook vyandig. Hy het geen aanspraak op wie namens Afrikaners kan praat nie. Prof Andre P Brink is bekend as die man wat hom lankal geskaam het om ’n Afrikaner te wees, wat bely het dat Parys sy geestelike tuiste is, en wat ’n huldiging gehou het van Abraham Fischer in sy hoedanigheid as aanhanger van die Kommunisme. Hierdie na-buite-gerigte politieke leiers het deur manipulasie en onregmatigheid tydelik die mag gehad en feitlik net afbrekend teen Afrikanerinstellings opgetree. Hulle het die band met die Bittereinders gebreek, hulle rug op hulle voorgangers gedraai en Afrikaners verward, verdeeld en verydeld gelaat . Wie vandag die Afrikaners verteenwoordig, is dié wat die band met hulle volk se geskiedenis en heldedom ongeskonde handhaaf, en daaruit krag en begeestering put; wat nie in nasionale vernedering op hul knieë voor die Tutu- kommissie verskoning vra en skaam is vir hulle geskiedenis en hulleself nie.”
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (32)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
“By the time he died, Dr Verwoerd had built his own monument which was there for all to see: the Republic of South Africa. The White people had been forged together in unity, the country was militarily strong and resilient, the police and security forces were effectively dealing with all attempts at subversion and infiltration, the country’s economy was dynamic, expanding and had become largely self-sufficient”. Jan Botha PFP-ondersteuner.
“Dr Verwoerd was also of course the main driving force behind our national plans for harnessing the waters of the Orange River. The big Hendrik Verwoerd Dam, now being built, will be his monument forever”.- Duddley D’Ewes, President van die Botaniese Vereniging van SA.
“The nation is suffering from a surfeit of prosperity and he can command almost unlimited funds for all that he needs at present in the way of military defence. HDr Verwoerd can claim that South Africa is a shining example of peace in a troubled continent, if only because overwhelming domestic power can always command peace.” Rand Daily Mail 30 Julie 1966
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (31)
>
>>>
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
“Dit was Vorster wat deur sy arbeidswetgewing begin het om die werksplek van die Afrikaner te integreer, en so die pad geopen het vir die beleid van “regstellende” aksie waardeur die Afrikaner vandag uit sy beroepsveld verdryf word en vervang word deur onbevoegde swartes. Dit was ook Vorster wat verantwoordelik was vir die uitverkoping van Rhodesië, Suidwes-Afrika, Mosambiek en Angola.”
RADIO PRETORIA VERDRAAI FEITE OOR JOHN VORSTER, INLIGTINGSKANDAAL
17 April 1998
IN ’n uiters skeefgetrekte Nuuskommentaar op Woensdag 15 April het Radio Pretoria doelbewus die feite oor die verraad van John Vorster en die Inligtingskandaal verdraai om die indruk te wek dat PW Botha die eerste premier was wat die pad van Afrikanernasionalisme verlaat het, en dat dit hy was wat op onregverdige wyse van John Vorster en Connie Mulder ontslae geraak het.
WIE IS JESUS? (1)
Ds Andrè vd Berg
Jesus keer die godsdienswêreld om
1.1 Algemene agting
Die geskiedenis het talle uitsonderlike mense opgelewer. Sommige se nagedagtenis het met verloop van tyd vervaag. Ander s’n het verdwyn. Maar nie Jesus s’n nie. Na 2000 jaar is Hy nog steeds die fokuspunt van talle gesprekke en skrywes, veral oor die aansprake wat Hy oor Homself gemaak het.
Jesus het ʼn byna geheimsinnige persoonlikheid gehad en uitmuntend gepreek. Mense het aan sy lippe gehang:
“En toe Jesus hierdie geëindig het, was die skare verslae oor sy leer; want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie” (Mt.7:28,29).
Jesus het nooit ʼn boek geskryf, ʼn leër aangevoer, politieke drome gehad of verder as 150 kilometer van sy woonplekaf gereis nie. Nogtans het Hy binne die bestek van drie jaar die wêreld van destyds geskud. Geen godsdiensleier kon Hom dit ooit nadoen nie. Wat het Jesus so anders as die ander kerklui gemaak? Was Hy maar net ʼn baie begaafde godsdiensleier?
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (30)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Ferdi ingelig oor die ware feite rondom die stigting van die KP
3 Julie 1998
"Die KP is uit hierdie nood van die NP as teenvoeter vir die HNP geskep. Die party is primêr geloods teen die HNP, nie teen die NP nie. En die resultaat is presies wat die NP en sy borge wou hê: Afrikanerverdeeldheid en gevolglike lisensie aan die NP om sy verraad teen die Afrikanervolk voort te sit."
Op ’n onlangse vergadering in Clocolan wat deur die KP gereël is om deelname aan die verkiesing van 1999 te propageer, is dr. Ferdi Hartzenberg deur verskeie HNP-lede wat die vergadering bygewoon het gekonfronteer. In die debat het die stigting van die KP in 1982 weer ter sprake gekom en Hartzenberg het hom bloediglik vererg toe ’n HNP-Dagbestuurslid, mnr. Frans Pieterse, hom meegedeel het dat die KP in 1982 gestig is om die opgang van die HNP te stuit. Hy het dit vuriglik ontken. In die lig van die gebeure het mnr. Jaap Marais, leier van die HNP, die volgende ope brief aan dr. Hartzenberg geskryf:
OP VERSKILLENDE GOLFLENGTES.
Ds Andrè vd Berg
Die Nuwe Suid-Afrika is ʼn eindelose herhaling van die verkeerde manier van leef. Nuusbulletins bevestig dit. Blankes en swartes verkeer op twee verskillende geestesgolflengtes. En om dit gelyk te probeer dwing, bring twee geesteswêrelde met mekaar in botsing.
Die tradisionele swarte is natuurgodsdienstig. Natuurgodsdiens het geen stigter, heilige boek, sedelike inhoud of geskrewe leer nie. Alle inhoude is mondelings van geslag tot geslag oorgedra met toordokters, tradisionele genesers en waarsêers aan die spits van sake.
Swartes glo dat die natuur met geeste gevul is wat deur middel van bepaalde rituele tevrede gestel of afgeweer kan word. Toordokters word as kundige bemiddelaars beskou wat met dreunsang en geheime rituele weet hoe om die geeste te paai en selfs te manipuleer.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (29)
>
>>>>
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
POLITIEKE PARTYE EN VOLKSEENHEID
16 Oktober 1998
In die blaadjie, Volksoorsig, Jaargang 4, Nommer 4 waarna vroeër verwys is en waarvan die uitgewer naamloos, gesigloos en adresloos is, word heelwat drukte gemaak van die “verdelende rol” van party-politiek. Onder andere word beweer: “Volksbewegings het telkens tot stand gekom deur kultuurbedrywighede wanneer die politieke arena sodanig was dat hereniging nie bewerkstellig kon word deur politici nie”. Dit is natuurlik ’n wilde bewering, met nêrens selfs ’n sweem van ’n ernstige poging om dit histories te verantwoord nie. En dan word nogal gesê: “Volksbewegings het telkens tot stand gekom”. Die enigste voorbeelde wat genoem word, is die 1938- Simboliese Ossewatrek en die Groot Trek 150 van 1988, wat in geen opsig toepaslik is nie.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (28)
>
>>
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
DAAR WaS POLITIEKE PARTYE IN DIE ZAR IN DIE TYD VAN PAUL KRUGER
25 September 1998
Die afgelope tyd word ’n ou misleidende argument onder sekere volksgenote versprei oor die politieke bedeling in die tydperk van pres Paul Kruger se regering voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog (1883-1899). In ’n onlangse dokument wat onder die naam “Volksoorsig” sonder enige aanduiding van die outeur versprei is, word hierdie ou misleiding weer hervat. Afrikaners word aangemoedig om hulself te wend tot “volkspolitiek” omdat politieke partye glo net ellende vir die volk gebring het. Die skrywer maak die stelling sonder enige uitsondering en sluit alle politieke partye in. Mnr. Jaap Marais, leier van die HNP, het ’n dokument saamgestel waarin die argumente in die “Volksoorsig” behandel word. In die stuk bespreek mnr. Marais die era van Paul Kruger as president van die ZAR en die misleiding in sommige argumente wat beweer dat daar algehele politieke “eenheid” was onder Afrikaners in daardie era.
JESUS SE STRYD MET DIE KERKLEIERS
>
>>>
Ds Andrè vd Berg
Niks is nuut nie
Inleiding
In die tyd van Jesus was die Jode ʼn streng godsdienstige volk wie se godsdiens op die Tien Gebooie en Pentateug gegrond was. God het hulle geskiedenis ontwerp om ʼn volk van die Wet te wees waarna hul geloofservarings hul godsdiens vir eeue lank in afwagting op die koms van die Messias gestuur het.
Hul eiesoortige godsdiens het by hul buurlande ʼn onversoenbare vyandigheid teen hulle ontketen. Nogtans het hulle volksuiwerheid en hoë sedelike standaarde by ʼn wêreld wat van onsedelikheid deurdrenk was bewondering afgedwing; veral by vroue.
BRANDENDE HARTE
Ds Andrè vd Berg
“En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?”(Luk.24:32).
As ons vanoggend in Griekeland was, sou ons iets besonders aanskou het. In die Griekse Ortodokse Kerk is Opstandingsdag die belangrikste dag in hul kerklike jaar en volg dit ʼn aangrypende eeu-oue ritueel. Net voor dagbreek stap kerkgangers met brandende kerse kerktoe. Hierdie skouspel van liggies deur die dorp, is aangrypend. Op daardie dag groet mense mekaar anders as ander dae deur te sê: “Christus het opgestaan” waarop die ander antwoord: “Ja, waarlik, Hy het opgestaan!”
Die opstanding van Jesus is die grootste wonderfeit van die Christengeloof. Hierdie kernboodskap van die Bybel bevat die grootste denkbare troos vir gelowiges: “Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie....” (Joh.11:25,26).
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (27)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Die Apartheidsera
27 Maart 1998
DIT is deesdae ’n soort van mode om na die jare 1948-1994 te verwys as die apartheidsera. Dit is, soos die meeste slagkrete wat deur kommuniste uitgedink word, nie veel meer as ’n halwe waarheid nie. Die jare 1948-1966 kan moontlik as die apartheidsera aangedui word. Die jare 1966 tot 1994 was in werklikheid die jare toe die huurlinge van die Geldmagmagnate apartheid afgebreek het terwyl hulle voorgegee het om dit te handhaaf. 1966 tot 1994 was die jare toe die kommuniste, ondersteun deur hulle verskuilde vriende binne in die regime, al meer na vore gekom het met terroriste-aksies, aksies wat daarop gemik was om met geweld die politieke mag in die land oor te neem. Dit was die tyd toe die papbroek-held, John Vorster, man vir man diegene wat werklik die kommunisme teengestaan het, in die rug gesteek het of hulle optredes verydel het. Dit was die jare toe John Vorster hoog en laag loop en spog het dat hy, man-alleen, die kommunisme “uitgeroei” het en dit ’n gevaar van die verlede is! Dit was in Vorster se tyd waar die grondslae gelê is vir die infiltrasie van kommuniste en kommunistiese meelopers in die Broederbond en vandaar na die NP en die NG Kerk. In Vorster se era is die vyfde kolonne in die Afrikanergemeenskap geïnfiltreer om absoluut seker te maak dat die wonder van apartheid vernietig sal word, soos dr. Verwoerd vernietig is.
ONDER WELKE JUK IS U?
Hannes Ollewagen
2 Kor. 6:11-18
“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.” (:14&16).
Ons lees in vers 17 uit die gelese gedeelte van die bevel van afsondering van dit wat onrein is. Sou dit beteken dat ek myself in my huis moet opsluit en soos ‘n kluisenaar moet leef sodat ek nie met slegte dinge in aanraking kom nie? As ek dit sou doen sou ek mos ‘n lamp wees wat onder ‘n maatemmer geplaas word in plaas daarvan dat my lewenslig helder oor ander sou skyn.