Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
BOERVIN REAGEER OP VALSE AANTUIGINGS
Mediaverklaring: Die waarheid oor aantuigings van ‘Boeremag’-infiltrasie in SITA-sisteme
4 Mei 2018
Mediaversklaring in reaksie op mediaberigte van 2 Mei 2018 waar bewerings gemaak word rakende die sogenaamde infiltrasie van ‘Boeremag-lede’ in regering se SITA sisteme. Hierdie verklaring dien ook as reaksie op bewerings dat voormalige SITA werknemer, mnr André du Toit, betrokke is by SITA-infiltrasie vanuit die gevangenis.
Dit is algemene kennis dat mnr André du Toit vriende is met verskeie werknemers van SAPD en SITA omdat hy ʼn voormalige werknemer van beide instansies was sedert die 90’s.
Sommige van sy voormalige kollegas, wat ook sy vriende is vir baie jare, het vir hom kos gebring tydens die 10+ jaar Boeremagverhoor (2003 – 2013) en bydraes gemaak as blote vriende vir sy mees basiese behoeftes soos telefoonkaarte omdat hy alles verloor het weens die Boeremaghofsaak.
VOLKSREGERING (6)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
ONTSTAAN VAN APARTHEID IN VOLKVERBAND
Totius is wêreldbekend en die Afrikaanse Bybelvertaling (1933/53) onder sy leiding is een van die betroubaarste vertalings uit die oorspronklike brontekste in enige taal. Hy het die betekenis van God se woord in alle opsigte deurgewerk. Totius is een van die grootste kenners van God se woord en kon God se wil betroubaar uitlê. Hier volg uittreksels uit 'n referaat oor apartheid of eiesoortigheid wat hy in 1944 op 'n volkskongres oor rassebeleid gelewer het.
" 'n Teks om segregasie te bewys het ek nie, maar ek het die Bybel, die hele Bybel. My bewysvoering sal gaan van Genesis tot Openbaring; so moet ons bewyse uit die Heilige Skrif aanvoer.
SATAN LAG SAAM IN DIE GEES
SO WORD CHRISTENE ONWETEND MISLEI
Jeanette Koekemoer
Moontlik het sommige mense nog nie gehoor van die "Lag-in-die-Gees" nie, ook genoem die "Toronto Blessing". Dit is 'n verskynsel wat in die naam van 'herlewing' jare gelede in die VSA posgevat het en na baie lande, ook Suid-Afrika, oorgewaai het. Dit is 'n geloofsdwaling deur sogenaamde geestelikes waartydens hulle kwansuis die Heilige Gees oor gemeentelede tydens 'n diens uitstort, wat dan by die besoekers manifesteer as 'n onbeheersde oorboordgooi van alle inhibisies in die liggaam, siel en gees. Dit beheer die persoon se gemoed geheel en al en word in baie charismatiese kerke deur middel van massahipnose uitgevoer. Die waarheid is dat dit in werklikheid demone van Satan is wat van die persoon besit neem.
IS U BEREID OM VIR HOM TE STERWE?
Hannes Ollewagen
Handelinge 21:1-39
“Maar Paulus het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here Jesus.” (13).
Paulus se toewyding as volgeling van Jesus Christus word vir ons duidelik geïllustreer in die woorde van vers 13 van hierdie gedeelte. Wanneer ander gelowiges hom waarsku om nie na Jerusalem te gaan nie omdat hy daar veel sou ly, is sy reaksie dat hy nie alleen bereid is om te ly vir die Naam van die Here Jesus nie, maar ook om vir Hom te sterwe.
As ek en u vanoggend in dieselfde situasie sou beland, nl. of ons bereid sou wees om te ly en selfs te sterwe om aan die Here Jesus getrou te wees – hoe sou ons daarop reageer?
VOLKSREGERING (5)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
APARTHEID DUIDELIK
Apartheid is nie 'n gier nie, maar 'n fondament waarop gebou word tot voordeel van alle rassegroepe of volke, minderhede en meerderhede. Trouens, die swakkere word teen die sterkere beskerm, hetsy weens getalle of op ander terreine van die samelewing waar een volk verder ontwikkeld is as 'n ander. Elke volkslid (burger) werk vir homself en sy volk sodat daar nie plek vir leeglêers is nie. Ons weet ledigheid is die duiwel se oorkussing.
Weerstand teen apartheid is bloot afbrekende politiek om 'n stok te vind om oproer te veroorsaak om eie gewin te bevorder en nie omdat daar fout met die beginsel gevind kan word nie.
VOLKSREGERING (4)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
INHOUD VAN APARTHEID
In aansluiting tot die natuurlike ontwikkeling van mense tot volkgroepering soos hiervoor beskryf, is dit nou maklik om dit op die regeerstelsel apartheid van toepassing te maak. Noem dit volkgroepering, segregasie, afsonderlikheid, selfbeskikking, demokrasie, volkseie, nasie, etnisiteit, stam, nasionalisme of beskerming van minderheidregte; enige poging om tussen die begrippe te onderskei, is om hare te kloof. Die wese van elke begrip kom neer op die afsonderlike verskille wat tussen eiesoortige groepe mense (volkgenote) bestaan op grond van 'n gemeenskaplike lewenspatroon, bloed– en geestesverwantskap, 'n kulturele band, eie waardes, bewussyn van eie kenmerke, eie geskiedenis, eie politieke strewes en vele meer. Hierdie verskille het afsonderlik ontwikkel volgens die natuurlike beginsel van apartheid wat alle volke tot stand laat kom het.
VAKBONDE...
...BESTAANSREG BETWYFEL
Johan Dorfling
Daar word beweer dat vakbonde hoofsaaklik tot stand gekom het om werkers te beskerm teen uitbuiting deur werkgewers. Die vakbonde se taak is om werkomstandighede, salarisse, werkure, gesondheid ̶ en welsynvoordele, en kuturele en ontspanningsgeriewe vir die werker te verbeter.
Is dit werklik so? Op werkerdag is dit gepas om dit in oënskou te neem. In werklikheid gee vakbonde ook aandag aan politieke sake. Hulle dien as ‘n tweede regering om beheer oor die land te verkry. In sommige gevalle het vakbonde ingemeng met sake om beroeringe te bewerkstellig wat uitloop op betogings en opstande.
VOLKSREGERING (3)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
INLEIDING
Om verwronge idees by mense oor die begrip volksregering of apartheid reg te stel, is dit noodsaaklik om die juiste betekenis uit te spel, asook die geskiedenis daaraan verbonde omdat dit noodsaaklike insig verskaf in die agtergrond, beginsels, denkwyse en lewenswyse van 'n volk. Dikwels word òf 'n Bybelse òf geskiedkundige òf partypolitieke gesigspunt beskryf wat eensydige sienings is as dit nie in 'n eenheid aangebied word nie. Hiermee word nie te kenne gegee dat die afsonderlike uitgangspunte verkeerd is nie, trouens, in hierdie geskrif word getrag om alle bewyse en getuienisse selfstandig te bespreek en bymekaar te voeg sonder om eensydig te wees, meer bepaald in Suid-Afrika en die Afrikaner se opset.
MAGSMISBRUIK
ʼn Afrika struikelblok
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Afrika het baie probleme waarvan magsmisbruik een van die grootstes is. Toe Afrika haar koloniale heersers verdryf het, was haar inheemse bevolkingsʼn hemel-op-aarde bedeling,soos beloof is, te wagte. Net die teenoorgestelde het gebeur. Dekolonisasie het soos ʼn doodsengel deur Afrika getrek en hordes van inheemse leiers sien kom en gaan. Baie was net oor selfverryking begaan en het nie ʼn snars vir hul eie mense omgegee nie.
Die meeste Afrika-leiers het weinig tersiêre opleiding gehad en derhalwe nie opgewasse om ʼn land sinvol te lei nie. Daarom is etlike van hulle later deur dieselfde kieserskorps wat hulle aan bewind help bring het, van hul amp ontneem en selfs vermoor. Wie op ’n leeu ry, beland maklik in sy pens!
DIE HEL
Ds Andrè vd Berg
Wat moet ons van die hel weet?
“En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuurgewerp” (Openb.20:15).
Baie mense se godsdiens is slegs tot Sondae se kerktoe kom beperk en weet hulle gevolglik min van die geloofslewe. As gelowiges vir hulle sê dat diegene wat nie tot bekering kom en Jesus as Verlosser aanvaar nie, hel toe gaan, glo hulle dit nie. Hulle kom dan met die argument dat hulle soveel goeie Jode, Moslems, Indiërs en wie ook al ken. Hoe kan goeie mense hel toe gaan net omdat hulle nie in Jesus as hul Verlosser glo nie?
Geestelik onverskillige mense verstaan God se liefde nie. Hulle kry nie die hel met ʼn liefdevolle God gerym nie.
KOMMUNIKASIE- DWALING
Johan Dorfling
Dit is baie duidelik dat sogenaamde kundiges in regeringgeledere nie besef wat regtig in Suid-Afrika aan die gebeur is nie. Hulle dink net aan hulself sonder om ander se denke en gevoelens in ag te neem. Wat hulle ook nie besef nie is dat hulle hulself dikwels weerspreek wat daarop dui dat hulle onnadenkend en onbevoeg is om hulle werksaamhede te verrig.
Die Minister van Kommunikasie het op 26 April 2018 gesê sy glo nie dat baie wit Suid-Afrikaners ‘n skerp gevoel teen die (uitgedinkte) “strugglers” het nie. Sy beweer daar is wette wat haatspraak en diskriminasie hokslaan. Wat sy daarmee bedoel, het sy nie omskryf nie. ‘n Begrip moet immers duidelik omskryf word, want dit verskil veral tussen verskillende volke. As ons mense vir iemand (ook vir ‘n volkgenoot) sê “Jy is ‘n bobbejaan”, beteken dit hy weet nie waarvan hy praat nie, of hy het ‘n onnodige fout gemaak. ‘n Lid van ‘n ander volk mag dit as haatspraak sien. Nou word verwag dat ons ‘n Afrikaanse uitdrukking moet laat verdwyn! Hoekom kan die ander nie aanpas nie?
AFTAKELDAG ̶ VALSHEDE
Johan Dorfling
Verdraaide bewerings wat op 27 April (Aftakeldag) verkondig word, moet voortdurend besweer word. Vyandiges maak talle ongegronde bewerings teen die Afrikaners sonder enige bewyse of betroubare verwysings. Verlede jaar se betrokke persone se name word nie hier genoem nie omdat dit verkeerd sou wees om aandag op hulle te vestig wat dit nie verdien nie. Valsheid is verwerplik.
Daar is gesê dat dr. Verwoerd geen waarde kon sien om ‘n swart kind in wiskunde of wetenskap te onderrig nie omdat hulle dit nooit nodig sal kry nie. Waar is enige getuienis dat hierdie bewering waar is? Hy het juis voorgehou dat elke landgenoot sy eie toekoms moet skep. Landgenote sluit alle bevolkingsgroepe in en nie net volksgenote nie.
Ook is gesê dat apartheid ‘n gemors nagelaat het sonder dat daarop uitgebrei word. Dit is ‘n wilde bewering asof dit ‘n feit is terwyl dit vals is.
WARE VRYHEID
Ds Andrè vd Berg
"Alleenlik die vryheid van Jesus sal die ellendevaart aan die suidpunt van Afrika omkeer en hierdie bitter siek land genees. Dit sal die einde aan die bose bedeling bring wat gelowiges al vir baie jare teister. So ook die stompsinnige politieke oorwinning wat jaarliks met ʼn openbare vakansiedag en opruiende toesprake as ʼn Vryheidsdag gevier word."
“.... en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid” (2 Kor.3:17).
Afrika is versot op vryheid. Die ontworsteling aan sy eertydse koloniale gesag is juis met die slagspreuk Uhuru(vryheid) gevoer. In 1955 het kommuniste ʼn Vryheidsmanifes (Freedom Charter) uitgereik wat later die grondslag van die NG Kerk se omstrede Kerk en Samelewing publikasie geword het, waarmee sy die knie voor die volksvyand gebuig het. Ja, Afrika is versot op vryheid sonder om te weet wat dit in werklikheid is. Mense met vryheid op die lippe maar geen vrede in hul harte, leer nooit ware vryheid ken nie.
Almanakke dui 27 April as Vryheidsdag aan. Niks kan verder van die waarheid af wees as dit nie. Dis nie vryheid nie, maar ʼn karikatuur daarvan wat Jesus Christus, wat ware vryheid gee, buite rekening laat.
VOLKSREGERING (2)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
Daar bestaan soveel wanbegrip oor volksregering (demokrasie) dat dit noodsaaklik is om die juiste betekenis daarvan uit te spel. Neem gerus 'n onbevange houding en opvatting in voordat tot verkeerde gevolgtrekkings geraak word wat op onkunde rus, al sou dit aanvanklik ontken word. Om vooraf 'n eie standpunt in te neem sonder om die ware feite in ag te neem, is onewewigtig en moedswillig wat meebring dat die oë vir die werklikheid gesluit word. Die ware begrip moet opreg bekyk word.
VOLKSREGERING (1)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
Die waarheid is kosbaar
Kennis en kundigheid ewe so
Beleefdheid is 'n gesogte geskenk
Verdraagsaamheid grens aan lafhartigheid
VOORREDE
Hierdie pennevrug het nie 'n voorrede nodig nie omdat by die wêreldwye ontstaan van volke begin word totdat dit op volke in Suid-Afrika van toepassing word en tot op hede. Daar is op die ontstaan, ontwikkeling en praktiese betekenis van volksregering ingegaan. 'n Beredeneerde samevoeging van bewese werklikhede is bereik. Eers word 'n gepaste samevatting kort en kragtig gegee en later duidelik uiteengesit en bespreek. Die meer omvattende bespreking moet nie as herhalend van die samevatting gesien word nie, maar as ‘n verduideliking daarvan.
HY WAT KALM IS VAN GEES
Hannes Ollewagen
Spreuke 17:1-28
“Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is ‘n man van verstand.” (:27).
Ons almal het seker al iets in oorhaastigheid gedoen waaroor ons dan later spyt gekry het. En nog meer van ons het al dinge in oorhaastigheid gesê waaroor ons dan ook later spyt gekry het. Dit laat ons opnuut dink aan die suiwer lering uit Jakobus 3:2 is: “Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy ‘n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.”
Daar is die bekende Afrikaanse gesegde wat lui –“Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”‘n Liggaam wat ‘n onrustige gees huisves, sal sekerlik gekenmerk word aan oproerige en opvlieënde optrede en gesprekke. Daar is ook dan geen tekort aan oproeriges en twisgierige mense in ons tyd nie.
DIE INVLOED VAN ONS WOORDE
CJ LANGENHOVEN
Lees reeks by Honderd Prekies - Langenhoven
As jy nie goeie geselskap kan kry nie, probeer om dié wat jy kry goed te maak.
Elkeen van ons loop met 'n akker rond vir die ontvangs van saad, en elkeen van ons het op sy beurt 'n skoot vol saad om te saai op die akkers van ons bure. En geeneen van ons mors opsetlik sy saad nie. Daar val wel 'n groot proporsie in die dorings en op die rotse en in die pad waar die voëls dit kom oppik, maar dit gebeur per ongeluk en nie na ons bedoeling nie. Of ons graan saai en of ons onkruid saai, ons bedoeling is nie om in die wind te saai nie. Ons hou nie aan met gesels met die man wat nie luister nie, ons vertel nie stuitige grappe aan die man wat nie daaroor lag nie, ons bespreek nie ernstige onderwepe met die ligsinnige dwaas wat daarmee spot nie. Ons soek die akkers waar ons ploeg 'n indruk maak en ons saad die kans staan om wortel te skiet. En om dié rede is dit dat soort soort soek,
DIE BYBEL IS WAAR
Ds Andrè vd Berg
“En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ’n lamp wat in ’n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ’n saak van eie uitlegging is nie” (2 Pet.1: 19,20).
Is die Bybel soos wat ons dit het, die Bybel soos wat God dit wou hê of is daar miskien boeke weggelaat of bygevoeg? Hoe seker kan ons wees dat die Bybel wat ons lees eg is?
Daar was nooit ’n kerklike liggaam wat besluit het watter boeke moet in- en watter uit die Bybel gelaat moet word nie. Bybelse geskrifte is deur die eeue deur gelowiges ontvang en as geïnspireerd geëien. In Jesus se tyd was die 39 boeke van die OT alreeds goed bekend. Israel het nooit vergader om oor die inhoud van die OT te besluit nie. God het die Bybel so beskik.
AFRIKAANS IS ‘N VOLKSTAAL
Johan Dorfling
Tans is Afrikaans onder groot druk by staatsinstellings en ook by ander liggame waar klante of kliënte in Engels begroet word. Die amptenare of verteenwoordigers gebruik dan die ongeldige verskoning dat hulle Afrikaans nie magtig is nie en verwag dat die belastingbetaler of klant of kliënt na Engels moet oorslaan. Afrikaanssprekendes doen dit omdat hulle vriendelik en beleefd is, daardie persoon jammer kry en ook nie “moeilikheid” wil veroorsaak nie.
Die probleem is egter dat Afrikaans sodoende as ‘n algemene taal afgeskeep word totdat dit verdwyn.
NUWE DIREKTE BYBELVERTALING (3)
Lees reeks by NUWE DIREKTE BYBELVERTALING
Afwykend
Johan Dorfling
In die sogenaamde direkte vertaling van die Bybel wat tans gedoen word, word onnodige Griekse woorde opgeneem wat bots met ons bekende Afrikaanse Bybeltaal soos prokurator (goewerneur), hekatontarg (hoofman oor honderd), satrape (landvoogde), tetrag (viervors), Parakleet (Voorspraak), diaspora (verstrooiing), tartarus (hel), Hades (doderyk), Hodanja (Juda), pretorium (keiserlike wag), proseliet (Jodegenoot) en nog talle ander. Die netjiese goeie Afrikaans is tog heeltemal verstaanbaar in die 1933/53 vertaling opgeneem en word deur Afrikaanse Bybellesers aanvaar en verwelkom. Waarom gevestigde en korrekte bewoording nou verander en verwarring veroorsaak?