Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
U hoor my stem; verberg u oor nie vir my ontboeseming, vir my hulpgeroep nie. U kom nader die dag as ek U aanroep, U sê: Wees nie bevrees nie! - Klaagliedere 3:56-57
1905: CULLINAN- DIAMANT ONTDEK
KULTUURDAGBOEK 25 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Cullinandiamant, die grootste diamant wat nog ooit gevind is, is deur Frederick Wells, 'n amptenaar van die Premier-Diamantmaatskappy, ontdek. Hy het 'n beloning van 2 000 pond gekry vir sy vonds wat 3 025 karaat geweeg het, 11 cm by 6 cm by 5 cm groot. Dit is genoem na sir Thomas Major Cullinan, stigter en voorsitter van die maatskappy.
Na veel oorweging is die steen deur die eienaars van die myn aan die Transvaalse regering vir 'n bedrag van 125 000 pond verkoop, waarvan 60% in elk geval aan die staat betaal moes word.
Op voorstel van die onnadenkende genl Louis Botha, Eerste Minister van Transvaal, is besluit om die diamant aan koning Edward VII van Engeland te skenk ter herinnering aan die toekenning van selfbestuur aan die voormalige kolonie – so het Botha nog een van sy talle oordeelsfoute in die guns van die Britte begaan.
KULTUUR- DAGBOEK 25 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1893: Natal kry selfregering.
2. 1915: Die 'Het Westen' in Bloemfontein, wat deesdae 'Die Volksblad' genoem word, begin op hierdie dag die Halfkroonfonds vir die betaling van genl Christiaan de Wet se boete van R2 000 wat aan hom opgelê is weens sy deelname aan die 1914-Rebellie – toe was dit nog 'n nasionalistiese koerant vir die volk.
3. 1905: Lees in hoofartikel oor die ontdekking van die Cullinandiamant.
1892: DR THEO WASSENAAR
KULTUURDAGBOEK 24 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Theodorus Wassenaar is op hierdie dag gebore op Hendrina, waar hy ook later sy eerste onderrig op die plaas ontvang het.
In 1909 gaan hy na Middelburg, en in 1910 ontvang hy 'n beurs vir verdere studie in Holland. Daar raak hy in Afrikaans geïnteresseerd en begin skryf.
In Oxford raak hy onder die invloed van Shelley, en later Perk, onder wie se invloed hy die sonnetvorm gebruik.
Hy kwalifiseer in Amsterdam as oogspesialis en was 'n tyd lang oogarts op Lydenburg en daarna professor in Fisiologie aan die Universiteit van Stellenbosch.
Sedert 1934 neem hy deel aan die politiek.
1798: GERRIT MARITZ
KULTUURDAGBOEK 24 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Gerhardus Marthinus Maritz (algemeen bekend as Gert of Gerrit) is in Maart 1797 in die Graaff-Reinetse distrik gebore en op hierdie dag is hy gedoop.
Die verskrikking, plundering en verwoesting deur die Kôsa- en Hottentotbendes wat hy as sewejarige seun in die Suurveld deurgemaak het, het 'n blywende indruk op hom gemaak.
In 1811 het sy vader as baaspadmaker en timmerman hom op Graaff-Reinet gevestig, en daar het die jeugdige Gert hom as wa-maker bekwaam en spoedig die voorste wa-maker op Graaff-Reinet geword. Sy wa-makery het 'n bloeiende onderneming, en hy een van die vermoëndste manne in die distrik geword.
KULTUUR- DAGBOEK 24 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1712: Simon van der Stel, eerste Kaapse goewerneur (1691-1699), stigter van Stellenbosch, die wynplaas Groot Constantia, en die Drakensteindistrik, Hugenote-vriende, prospekteerder van Namakwalandse koper en Kaapse boomplanter, is 1712 in die Kaap oorlede.
2. 1798: Lees in hoofartikel meer oor Gerrit Maritz.
3. 1892: Theo Wassenaar, mediese dokter, politikus en Afrikaanse digter: lees meer in hoofartikel.
4. 2000: Die Demokratiese Party (DP), die Nuwe Nasionale Party (NNP) en die Federale Alliansie (FA) verenig op hierdie dag om die Demokratiese Alliansie (DA) te vorm.
1902: SALMON VAN AS DEUR BRITTE GEFUSILLEER... VERMOOR.
KULTUURDAGBOEK 23 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
So laag het ons Britse volksvyande gedaal dat hulle selfs nadat die Tweede Vryheidsoorlog verby was en die Boere gedwonge by Vereeniging moes instem tot 'vrede', nog van ons volksgenote terreggestel het. Dié dood was die prys wat 'n aantal Boerekrygers moes betaal vir hulle dapperheid toe hulle huis en haard moes beskerm tydens 'n oorlog op eie bodem wat die gulsige Brittanje hier op ons volk kom afdwing het.
Salmon Gerhardus van As is op 2 Mei 1878 gebore en op 23 Junie 1902 deur 'n Britse krygshof tereggestel nadat hy aan moord op kaptein Richard Miers skuldig bevind is. Dit was net ná die Vrede van Vereeniging op Heidelberg in Transvaal.
Veldkornet Van As, asook 'n sekere Cilliers en ene Muller is van die vrywarings in die akte van oorgawe uitgesluit omdat hulle elkeen by drie verskillende geleenthede drie ander mense in die Tweede Vryheidsoorlog om die lewe sou gebring het.
1890: INSTELLING VAN 'N TWEEDE VOLKSRAAD - ZAR
KULTUURDAGBOEK 23 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die instelling van 'n Eerste en Tweede Volksraad deur Wet Nr 4 van 1890 van die ZAR was 'n poging van pres Paul Kruger om 'n oplossing te vind vir die probleem van immigranteverteenwoordiging in die landsbestuur, sonder om die onafhanklikheid van die Republiek in gevaar te stel.
Die lede van die Tweede Volksraad moes dertig jaar oud wees, die twee onmiddellik voorafgaande jare stemgeregtigde burgers, lidmate van 'n Protestantse kerk wees, in die Republiek woon en daar eiendom besit het. Met uitsondering van landbou, naturellesake, spoorweë, die munt- en bankwese, die verlening van konsessies en die finansies, is alle sake van binnelandse belang aan die Tweede Volksraad toevertrou – dus veral ook dié van die goudvelde, sake waarby die immigrantebevolking belang gehad het.
1792: NEDERBURGH EN FRYKENIUS KOM IN KAAP AAN
KULTUURDAGBOEK 23 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Simon Hendrik Frykenius en Sebastiaan Cornelis Nederburgh, wat in 1791 aangestel is as kommissarisse-generaal oor die VOC se besittings, kom op hierdie dag in die Kaap aan omdat hulle opdrag ontvang het om vir die ontevrede burgers beter bestaansmoontlikhede te vind.
Hulle het nuwe bronne van welvaart gesoek: woluitvoer en walvisvangs is aangemoedig en vryhandel met die skepe van die Kompanjie is toegelaat.
DIE NOOD AAN SUIWER SKRIF-PREDIKING
Ds A.E. van den Berg
“En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ’n lamp wat in ’n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte” (2 Pet,1:19).
As God Hom nie aan die mens bekend gemaak het nie, sou ons niks van Hom geweet het nie. Hy maak Hom op twee maniere bekend: deur die natuur en deur die Bybel. Die Bybel is die belangrikste en al die boeke daarvan is deur mense geskryf wat deur die Heilige Gees geïnspireer was. Om die boodskap daarvan te verstaan, gebruik God predikers. Eerstens om verlorenes tot bekering op te roep en tweedens om gelowiges se geloof te versterk.
Daarvoor is prediking onontbeerlik. Paulus skryf: “Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie” (Rom.10:14).
1943: STIGTING VAN DIE GENOOTSKAP VIR AFRIKAANSE VOLKSKUNDE
KULTUURDAGBOEK 22 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hoofsaaklik onder aansporing en leiding van dr Abel Coetzee as Direkteur van die Buro vir Taal- en Volkskundige Navorsing, Universiteit van die Witwatersrand, het 'n groep geesdriftiges in Johannesburg byeengekom om die Genootskap vir Afrikaanse Volkskunde te stig.
Die Genootskap se strewe was die algehele bevordering van kennis aangaande die Afrikaanse volkseie.
Dit het geskied deur die insameling van gegewens insake die oorgelewerde geestesgoedere en die stoflike kultuurbesit van ons volk, en ook navorsing op die gebied van die Afrikaanse volkskultuur.
Die eerste uitgawe van die Genootskap se kwartaalblad, die Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal, word in 1944 gedruk, en hierdie blad het nog tot in die tagtigerjare sonder onderbreking verskyn.
KULTUUR- DAGBOEK 22 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1905: Eugène Marias se gedig, Winternag, wat 'n waterskeiding in die Afirkaanse letterkunde was, verskyn op hierdie dag vir die eerste keer.
1943: Die Genootskap vir Afrikaanse Volkskunde word in Johannesburg gestig. Lees in hoofartikel hieroor.
1904: Lees in hoofartikel hoe Chinese in Transvaal ingevoer word.
WAT VOLGENDE IN VSA-ISRAEL-OORLOG TEEN IRAN?
Dr Jack Rasmus
Die amptelike standpunt van die VSA is dat hul nie betrokke is by Israel se oorlog met Iran nie. Min mense glo dit, gegewe die VSA se voorsiening van wapens aan Israel, waarskynlik die beplanning van die operasie vir maande, en duidelike Amerikaanse satellietbewaking en teikenbystand. Terwyl Amerikaanse amptelike woordvoerders Amerikaanse betrokkenheid ontken, verwys Trump self in die openbaar na die Israeliese aanval as "ons", doen 'n beroep op Iran om "onvoorwaardelik oor te gee" en sê dat die VSA weet waar die Iranse leier Khamenei geleë is en kan hom enige tyd "uitskakel". Dit alles dui nouliks op geen VSA-betrokkenheid nie. Sal die VSA dan sy betrokkenheid openlik verkondig deur vermeende Iranse kernwapen-ontwikkelingsterreine diep binne verskeie berge te bombardeer? Niemand weet nog seker nie, maar dit is baie waarskynlik dat Trump dit sal doen.
Maar wat as die Amerikaanse GBU 43-"bunker-breek"-bomme nie hul doelwit bereik en Iranse diep bergterreine vernietig nie? Die enigste verdere wapen wat dit kan doen, is 'n taktiese Amerikaanse kernbom. Sal hulle dit waag?
DIE DERTIENDE STAM
Michael Hoffman
JODE WAT NIE JODE IS NIE
Die taalkundige, antropologiese, genetiese en historiese kwessie van die Khazars ter sake.
Die Israeliese staat is gestig deur hoofsaaklik Khazars uit Europa: David Grün (ook gespel Gruen) oftewel "Ben-Guion" en Golda Mabovitch oftewel Golda Meir. Dan is daar ook Benjamin Mileikowski, algemeen bekend as “Binyamin Netanyahu.”
Die voorste genetiese wetenskaplike in hierdie veld is die Israeliese geleerde dr. Eran Elhaik.
In sy baanbrekende studie, “The Missing Link of Jewish European Ancestry: Contrasting the Rynland and the Khazarian Hypotheses,” gepubliseer in 2013 in die aanlynjoernaal “Genome Biology and Evolution”, het dr. Elhaik bewyse gelewer dat Ashkenaziese Judiërs se wortels in die Kaukasus geleë is, – 'n streek op die grens van Europa en Asië wat tussen die Swart en Kaspiese See lê – nie in die Midde-Ooste nie.
Hulle is afstammelinge, voer hy aan, van die Khazare, 'n Turkse volk wat in een van die grootste Middeleeuse state in Eurasië gewoon het en toe in die 12e en 13e eeue na Oos-Europa gemigreer het.
HY ALLEEN KAN ONS RED
Hannes Ollewagen
Núm. 21:1-10
“En die volk het teen God en teen Moses gespreek: Waarom het U ons uit Egipte laat optrek om in die woestyn te sterwe? Want daar is geen brood en geen water nie, en ons siel walg van die ellendige kos. Toe stuur die HERE giftige slange onder die volk wat die volk gebyt het; en baie mense uit Israel het gesterwe. En die volk het na Moses gekom en gesê: Ons het gesondig dat ons teen die HERE en teen u gespreek het. Bid tot die HERE, dat Hy die slange van ons wegneem. En Moses het vir die volk gebid. Daarop sê die HERE aan Moses: Maak vir jou ’n giftige slang en sit dit op ’n paal; dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe. Toe het Moses ’n koperslang gemaak en dit op ’n paal gesit: en as ’n slang iemand gebyt het en hy kyk na die koperslang, het hy in die lewe gebly.” (:5-9).
KULTUUR- DAGBOEK 21 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1742: Baron Imhof word op hierdie dag goewerneur aan die Kaap.
2. 1887: Die Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Spoorweg Maatskappij (N.Z.A.S.M.) word gestig.
3. 1971: Die Wêreldhof in Den Haag beslis in 1971 dat Suid-Afrika se administrasie van Suidwes-Afrika onwettig is.
4. 1921: Prof WRM Malherbe, eerste dekaan van die Regsfakulteit op Stellenbosch is op hierdie dag aangestel. Die eerste regskursus is die vorige jaar ingestel met adv HA Fagan as eerste dosent. Hierdie twee regsgeleerdes was die baanbrekers vir Afrikaans in die SA-regwese. Die eerste hofuitspraak in Afrikaans was op 27 Oktober 1932 in die Appèlhof in Bloemfontein deur Appèlregter FW Beyers in 'n patentregsaak. Die eerste gerapporteerde Hooggeregshofuitspraak was in Kaapstad op 21 Februarie 1937 deur die Engelssprekende regter RPB Davis, en eers tien jaar later het Transvaal gevolg.Die eerste Hofreëls in Afrikaans het eers in 1965 verskyn, en die eerste Engels-Afrikaanse regs-woordeboek in 1933.
1887: NEDERLANDS- ZUID- AFRIKAANSCHE SPOORWEG, EN MIDDELBERG
KULTUURDAGBOEK 21 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daar is reeds in 1884 met die oprigting van die Nederlands-Zuid-Afrikaansche Spoorweg Maatschappy (N.Z.A.S.M.) begin maar dit kom eers in 1887 met die hulp van Nederlandse en Duitse kapitaal tot stand en verkry 'n konsessie vir die bou van die Oosterspoor van Lourenco Marques na Pretoria.
Toe in 1890 met die bou van die spoorweg begin is word GAA Middelberg as direkteur aangewys om in Suid-Afrika teenwoordig te wees.
Gerrit Adriaan Arnold Middelberg is te Boskoop, Nederland, ook op hierdie dag in 1846, gebore.
1879: STIGTING VAN DIE AFRIKANERBOND
KULTUURDAGBOEK 20 JUNIE
Ds SJ du Toit, 'n predikant van die NG Kerk – lank voordat hierdie kerk deur die geldmag aangewend is om die Afrikanervolk te probeer uitwis - en leier van die Eerste Taalbeweging, het in Junie 1879 in 'n hoofartikel van Die Arikaanse Patriot, die stigting van 'n 'Afrikaner Bond' om die Afrikaners politiekbewus te maak, bepleit.
Die Bond het die vereniging onder een beherende liggaam van alle persone wat Suid-Afrika as hulle tuisland aanvaar, beoog.
Sy tweede oogmerk was 'n verenigde Suid-Afrika onder Britse kusbeskerming maar met 'n eie vlag en 'n eie regeringsvorm wat uiteindelik op 'n Suid-Afrikaanse republiek moes uitloop.
Ds Du Toit het die Afrikanerbond op 20 Junie 1879 in die Paarl in die lewe geroep om aan hierdie oogmerke gevolg te gee. Die seëvierende Vryheidsoorlog in Transvaal het geesdrif vir die oogmerke van die Bond hoog laat vlam.
BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (6)
“Laat ons onsself toewy aan wat die antieke Grieke soveel jare gelede geskryf het, om die wreedheid van die mens te tem en die lewe van hierdie wêreld sag te maak. Laat ons onsself daaraan toewy.”
― Robert F. Kennedy
*
Namibiese prokureur Anton Lubowski.
Acheson was 'n Ierse huurmoordenaar, na bewering deel van 'n geheime Suid-Afrikaanse militêre organisasie bekend as die Burgerlike Samewerkingsburo (CCB). Op 12 September 1989 het Acheson na bewering vir Lubowski buite sy huis in Windhoek doodgeskiet. Bure het beweer dat hulle eers gedink het die skote was vuurwerke. Acheson, wat voorheen in die Rhodesiese Leër gedien het, is met die moord verbind deur die motor wat hy vir die operasie gehuur het. Toe Acheson in Windhoek in hegtenis geneem is, het die polisie 'n stuk papier met nommers gevind wat hulle na sy hanteerders gelei het. Ten spyte van oorweldigende bewyse teen hom, is Acheson na agt maande in aanhouding vrygelaat.
1978: GOUDSTAD ONDERWYS- KOLLEGE-RAAD EN –SENAAT GEKONSTITUEER
KULTUURDAGBOEK 19 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die lesings vir heeltydse studente aan die Goudstadse Onderwyskollege het op 17 Februarie 1961 begin nadat die eerste student, mej MY Marais, op 3 Desember 1960 vir toelating goedgekeur en die eerste na-uurse lesings op 6 Februarie 1961 aangebied is.
Op 1 Desember 1960 is die naam Goudstadse Onderwyskollege aanvaar. Die kollege het tot stand gekom ná 'n lang stryd om die vestiging van tersiêre onderwys vir die Afrikaner in Johannesburg, en nadat die kollege aanvanklik tydelik elders gehuisves was, het lesings op 13 Oktober 1971 in die nuwe lesinggebou begin.
1912: LOUIS BOTHA KLA OOR KERKE POLITICI TE NA KOM
KULTUURDAGBOEK 19 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die historikus en redakteur, Gustav Preller, het 'n besondere verhouding met premier Louis Botha gehad. Die twee manne het dikwels in mekaar se oor gefluister. Preller het meer keer vir Botha van geskiedkundige inligting vir toesprake voorsien, en Botha het hom gevra om deur middel van die pers die hartklop van die volk te help bepaal.
In 'n brief onder hierdie datum bekla hy sy lot teenoor Preller omdat die Sinode van die Nederduits Hervormde, of die Gereformeerde Kerk in Transvaal, onder ds HS Bosman as Moderator, die politieke voormanne bespreek het.
Botha het beweer dat sy eie Kerk hom en die leiers beledig, beskinder en beklad het (nie sonder oorsaak...): "Ander kerke weer organiseer teen 'n mens. Dit lyk asof ek nie meer die vertroue geniet nie. Maar met vriende en met die kerk gaan ek nie baklei nie. Dan tree ek eerder uit. Ek laat my selfs van predikante nie langer trap nie." skryf genl Botha in die brief aan Preller. Waar 'n rokie trek...