Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Het jy geweet dat opregtheid van hart, openlikheid en vrolikheid mense baie meer beïndruk as skynheiligheid en 'n onweersgesig?
MAG VAN DIE GELDGOD
Jeanette Koekemoer
Wanneer ‘n volk homself bemagtig en dit gaan lank voorspoedig in daardie land, gebeur dit telkens dat so ‘n volk sy ideaal van vryheid uit die oog begin verloor. Om ‘n volk se geloof, beginsels en ideale lewend te hou, eis voortdurend die regte dade en wanneer dit nie meer daar is nie, word die beginsels, geloof en ideale al vaer tot die vyand daarin slaag om so 'n volk van sy mag te stroop. Eers dán word daardie volk weer in staat om ‘n ideaal te koester en met geloof aan die herstel van beginsels daarvoor te werk; eers dán is hy in staat om te veg vir wat kosbaar is en die vyand die hoof te bied.
Wat vir ‘n volk geld, geld ook vir die individu. As ‘n man nie meer sy beginsels, geloof en vryheidsideaal met dade in en buite sy huis verdedig nie, verloor hy dit mettertyd uit die oog en word hy ook deur ‘n vyand van sy mag gestroop. Eers wanneer hy sy vryheid verloor en van selfbemagtiging ontneem word, is hy in die posisie om weer daarna te streef en in geloof vir sy beginsels en ideale te werk.
ORDE EN ONTWRIGTING
Ds. A.E van den Berg
“Onkundiges sien die ontwrigting van die land as die groeipyne van ʼn nuwe demokrasie. Dis onsin! Suid-Afrika het die soveelste slagoffer van onverantwoordelike demokrasie in Afrika geword wat dwase eerliker as slimmes beskou en gevolglik koppe tel in plaas van dit te weeg. Al bedenklike voordeel wat dit vir die kiesers inhou, is dat hulle hul eie teisteraars kan kies!”
Inleiding
God is ’n God van orde. Gevolglik word gelowiges aan ordelikheid geken: “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (1 Kor.14:40). Waar Hy heers, is daar orde en ware vryheid aan die dag: “Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid” (2 Kor.3:17).
Waar sy Gees ontbreek, heers daar wanorde en ontwrigting soos in Suid-Afrika. Toe die land ʼn Christen-grondwet gehad het, was daar orde. Nadat dit vernietig is, het heidene die fondamente omgekeer en die land in anargie laat verval.
ESKOM MINUS STEENKOOL OF FINANSIES?
Eskom het dalk nie genoeg steenkool nie
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Met die aanvang van die wintermaande word berig dat Eskom se steenkoolvoorraad by baie kragstasies nie op die minimumvlakke is nie. Die vereiste is dat sowat 20 dae se voorraad te alle tye beskikbaar moet wees. Met die verlies aan steenkool-voorsiening wat van die Gupta-beheerde myne gekom het, het die voorraadvlakke skerp gedaal. Kenners meen dat die minimumvereistes in elk geval ontoereikend is, omdat ernstige falings by kragtasies of in die steenkoolmyne tot langer onderbrekings van kragvoorsiening as net 20 dae kan lei.
ANC EN GRONDGRYP
ANC se beleid oor grondbesit bedreig die ekonomiese orde tot in sy fondamente
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Die grootste en belangrikste nuus hierdie jaar is nie die dood van Winnie Mandela nie; soos dit onlangs in die groot media voorgestel is nie. Dit is ook nie die droogte in die Wes-Kaap nie. (Gelukkig het seisoenreëns uitkoms in die Wes-Kaap gebring. Oplossings sal nog gevind moet word vir die daarstelling van infrastruktuur om water beter op te gaar. Die dreigende droogte-ramp het inderdaad die gebrek aan tydige beplanning aan die kaak gestel.)
VOLKSREGERING (11)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
VOLKSTIGTINGGEBED
Die beginsels en uitgangspunte van die Afrikaner is so interessant dat oneindig baie daaroor geskryf kan word. Hoe dieper op die geskiedenis ingegaan word, hoe meer begrip kry ons van ons voorouers se wettige en opregte handelinge en van buitelanders se belangstelling omdat ons eerlik en vasberade optree. Ons gewone volkgenote word ook hoog aangeslaan.
HUWELIK SONDER JESUS
>
>
Ds Andrè van den Berg
"Saamblyery is Satan se nabootsing van die huwelik."
Saamblyery is ’n onrusbarende verskynsel en neem sterk toe. In 1990 is die getal saamblyers in ons land op 10% bereken. Dis tans meer as 43%! Saamblyery is ’n verhouding wat nooit as ’n amptelike huwelik voltrek word nie, maar tog al die wesenlike kenmerke van ’n huwelik dra. In 1970 het die NG Kerk so sterk daarteen gevoel, dat sy die regering gevra het om alle saambly verhoudings buite die huwelik strafbaar te maak. Vrysinniges het haar gereeld gekritiseer, maar nie van stryk laat bring nie. Sonde was sonde!
VOLKSREGERING (10)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
GESKIEDENIS IS BELANGRIK
Van die vroegste tye af het verwante mense familiegroepe gevorm omdat hulle dieselfde agtergrond, beginsels en lewenswyse het. Duisende jare gelede het dit tot die vorming van volke gelei. Denkwyses, eiesoortige betekenis van begrippe, beskrywings, gesegdes, gewoontes en gebruike van een familiegroep of stam (volk) verskil van 'n ander volk, daarom voel volkgenote meer geredelik gemaklik met mekaar as met mense van ander volke. Hulle weet hulle sal nie per abuis of moedswillig misverstaan word nie.
ONS GEES VAN WEERSTAND
Ons het veel te leer uit die heldegeskiedenis van ons voorsate en in hierdie tyd van onderdrukking deur volksvreemdes in ons eie land ná die verraad in eie geledere is dit nie te versmaai nie.
Hier volg'n interessante kort uittreksel uit generaal JCG Kemp se boek DIE PAD VAN DIE VEROWERAAR, wat 'n vervolg was op sy boek VIR VRYHEID EN VIR REG.
Generaal Kemp het aktief aan die Rebellie van 1914 tot 1915 deelgeneem. Hy is egter ook gevang en is op een stadium in 'n Johannesburgse fort gestop. Die Louis Botha-regering was nog steeds so bang vir hierdie briljante strateeg dat hulle twee rye tralies tussen hom en enige ander persoon geplaas het, waartussen 'n gewapende wag op en af patrolleer het.
VOLKSREGERING (9)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
AANVULLENDE BYBELVERWYSINGS
Voordat die uwe op die referaat van Totius afgekom het, het hy die volgende oor die ontstaan van apartheid in 'n artikel geskryf:
Sover vasgestel kon word, was die eerste verwysing na apartheid in die eerste boek van die Bybel. Apartheid is nie 'n begrip wat net op mense van toepassing is nie, maar ook op diere en plante. Gen 1: 11 – "En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so." Let wel, elkeen volgens hulle soorte wat beteken dat hulle nie vermeng nie. In Gen 1: 21 en Gen 1: 25 het God duidelik dieselfde met die voëls, seediere en landdiere gemaak.
HEMELVAART IS 'N CHRISTELIKE DAG
IS JY GEREED VIR HOM?
Ds Andrè van den Berg
“En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ʼn wolk het Hom voor hulle oë weggeneem” (Hand.1:9).
Ek wonder hoeveel volksgenote vandag Jesus se hemelvaart herdenk? Ek wil waag om te sê dat die oorgrote meerderheid onverskillig teenoor hierdie dag staan. Toe Suid-Afrika ʼn Christelike grondwet gehad het, was dit ʼn godsdienstige vakansiedag. Ná die magsoorname in 1994 het booswigte dit afgeskaf. Ek is dankbaar vir mense wat nog waarde daaraan heg.
Ons kan die belangrikheid van Goeie Vrydag en Paassondag nooit genoeg beklemtoon nie. Jesus se aardse bediening het egter nie hier opgehou nie. Ná sy opstanding het Jesus vir 40 dae sy dissipels oor God se koninkryk onderrig en daarna na die hemel opgevaar.
VANDAG IS HEMELVAART...
...WAT SOOS 'N SONDAG DEURGEBRING MOET WORD
Dr Johan Celliers
Vandag is dit weer Hemelvaart en herdenk ons Christus se opvaar na die hemel ná sy kruisiging en opstanding. Vir ons beteken Hemelvaart die terugkeer van Jesus na Vader in die hemel. Lees gerus die Lukas-evangelie asook Handelinge waar die gebeure vertel word hoe Jesus ná die Opstanding verskeie kere aan sy apostels en volgelinge verskyn het, en ná veertig dae na die hemel opvaar terwyl sy volgelinge toekyk hoe Hy in die wolke onsigbaar word.
Dat Hemelvaart vir ons as Christene soos 'n Sondag deurgebring moet word, is ongelukkig iets waaroor nie genoeg gepraat word nie. Ons ouer lesers sal onthou dat ons wel vroeër jare hierdie dag as 'n Christelike dag deurgebring het. Dit is tyd dat ons weer ons besighede sluit en aan ons Vader die dank en eer vir hierdie groot gebeure bring.
WAAROM VIER ONS MORE HEMELVAART?
HEMELVAART
Ascensionis Domini (Latyn vir Hemelvaart)
Hand.1:11: “Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar ..."
Op Hemelvaartdag herdenk Christene dat Christus ná die kruisiging en opstanding na die hemel opgevaar het en woon talle van hulle deesdae weer 'n herdenkingsdiens by.
Hemelvaart beteken in die Christendom die terugkeer van Jesus van Nasaret na sy Vader in die hemel. Die Lukas-evangelie en Handelinge van die Apostels vertel die verhaal van hoe Jesus ná die Opstanding verskeie kere aan sy apostels en volgelinge verskyn het. Ná veertig dae styg Hy na die hemel op en word die sig daarvan dan deur 'n wolk belemmer terwyl sy volgelinge toekyk.
WAT IS DIE BETEKENIS VAN HEMELVAART?
Gedurende ons herdenking van hemelvaart fokus ons gewoonlik op die feit van die nut van hemelvaart of ons vestig die aandag op die opdrag net voor die hemelvaart, naamlik om dissipels te maak, maar dink ons ooit na oor die getuienis van hemelvaart? Dit is of ons soms in die Twaalf Artikels vassteek by die opvaar na die hemel, en dan vergeet ons van die "sit aan die regterhand van God..."
Die hemelvaart getuig ook van Christus se koningskap. Die Here Jesus sê net voor Hy opgeneem is: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde (Mt 28:18), en beklee met hierdie mag het Hy aan die regterhand van God gaan sit (Efés 1:20). Dit is die strategiese posisie vanwaar Hy alles regeer. Onder sy hoofskap word alles in die hemel en op aarde verenig.
AFRIKAANS IS EIESOORTIG (3)
Lees reeks by AFRIKAANS IS EIESOORTIG
Johan Dorfling
Sommige taalgeleerdes is geneig om te beweer dat 'n bepaalde woord nie uit Engels ontleen is nie. Dit is dan sogenaamd 'n oorspronklike Latynse of Franse woord wat ook in die Engelse taal opgeneem is. Ongelukkig is dit 'n skewe waarheid, want die mense wat die bepaalde woord begin gebruik, het dikwels geen kennis van Latyn of Frans nie. Vir hulle was dit deur en deur 'n Engelse woord. Waarom word minder woorde deesdae uit Nederlands of Duits ontleen? Omdat dit nie in Engels opgeneem is nie. "Grand Prix" kom vir ons uit Engels. Die Duitsers en Nederlanders en Vlaminge gebruik die benaming "Groot Prys" in hulle eie taal en dit is ook aanvaarbaar in Afrikaans omdat dit die presisie betekenis is. Waarom moet ons 'n woord uit Engels (of dan Frans) oorneem as dit nie 'n Afrikaanse inslag het nie? Waarom nie uit Nederlands of Duits oorneem nie?
SPORE VAN GEREGTIGHEID
IN DIE SPORE VAN GEREGTIGHEID DEUR SY LEIDING
Hannes Ollewagen
Psalm 23:1-6
“Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.” (:3).
Wat sou dit beteken om in die spore van geregtigheid te wandel? Ons kan met reg sê dat diegene wat in die spore van geregtigheid wandel mense is wat met God wandel. Dit is mense wat God se leiding in volle geloofsvertroue volg.
Dit is belangrik dat ons sal verstaan dat om God te dien nie van jou vereis dat jy een of ander hooggeleerde in teologie of iets dergeliks moet wees nie. Inteendeel, daar is in ons tyd soveel mense wat só hoog geleerd raak dat hulle dink dat hulle God kan voorskryf. En daarom matig hulle hulself die reg aan om die evangelie van Christus te verdraai om by hul eie leringe in te pas en word selfs die heilige Woord van God, teen sy bevel in, willens en wetens oor-en-oor vertaal om by die sogenaamde “veranderde tye” in te pas. Hoe lasterlik om te sinspeel dat God oudmodies geword het en tog moet “bykom”!
AFRIKAANS IS EIESOORTIG (2)
Lees reeks by AFRIKAANS IS EIESOORTIG
Johan Dorfling
Geen taal kan in 'n kits gebore word nie, maar kan in 'n kort tydjie afgebreek word. Waar 'n taal afgebreek word, verdwyn ook die volksuitdrukkings, kultuur, die geskiedenis raak verwaarloos en volksbewustheid verflou. Vyande van Afrikaans is tans juis besig met afbrekende politiek deur voor te gee dat hulle Afrikaans probeer bevorder terwyl hulle met listige strategie die teenoorgestelde probeer bereik. Die betekenis van gevestigde woorde word verdraai en met sogenaamde nuwe betekenisse vervang. Dit word so ongemerk as moontlik gedoen. Leerling is foutiewelik deur die Department van Nasionale Opvoeding met leerder vervang sonder dat die geleerdes besef dat dit aftakeling van Afrikaans is.
AFRIKAANS IS EIESOORTIG (1)
Lees reeks by AFRIKAANS IS EIESOORTIG
Johan Dorfling
Daar bestaan ‘n neiging om veral Romaanse terme in Afrikaans op te neem. Dit verryk kastig ons taal, maar eintlik het dit ‘n afbrekende gevolg. Byvoorbeeld, die woord kwotasie (prysvasstelling, prysbepaling, raming, opgawe, notering) is tot slegs 'n klompie jare gelede deur die Taaldiensburo as ongewens en onaanvaarbaar beskou. Vandat kwotasie toegelaat is, het die ander vyf woorde in onbruik geraak. Is dit taalverryking?
Intussen word Afrikaans se aard verder vernietig deur woorde soos “steak”, “okei” en tjips en boks in daardie sin.
OORBEVOLKING IS ONREGSKEPPING
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
ʼn Kraan wat nie toegedraai word nie, oorstroom spoedig ʼn huis. Om dit nie toe te draai nie maar die water eerder met handdoeke te probeer opdroog, is dwaas. Dit gebeur al vir baie jare in Suid-Afrika waar die verbysterende toename in swart geboortes asook die kommerwekkende instroming van vreemdelinge uit die sub-Sahara streek onreg laat floreer. Mense wat aanhou voortplant, meesal buite die huwelik, ontvang maatskaplike toelaes uit die staatskas. Hierdie gesubsidieerde hoerery is vet op die vuur!
1. Internasionale kommer
Die Verenigde Nasies het onlangs weer hul kommer oor die toenemende bevolkingsaanwas in die sub-Sahara streek uitgespreek. Oorbevolking en die agteruitgang van natuurlike hulpbronne is twee van die grootste krisisse wat die vasteland in die gesig staar.
VOLKSREGERING (8)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
APARTHEID ̶ TOTIUS VERVOLG
In natuurlike opsig was daar nog wel ligpunte. En nou gaan ek aanhaal die kostelike woorde wat my ontslape vriend, dr H C M Fourie, 'n man wat die naturel deur-en-deur geken het, in sy opstel oor "Ons houding teenoor die Naturel" skrywe. Hy gaan uit van die Skrifgedagte wat alreeds ontwikkel is, naamlik dat God geen eenvormigheid nie maar veelvuldigheid van nasies gewil het.
Dan sê hy: "Dikwels het manne oor hulle geheers en aan hulle wette voorgeskrywe wat die grootste deel van die naturelle nie verstaan nie. Jammer vir die naturelle en jammer vir S A. Die naturelle verskil nou eenmaal van al die ander nasies.
VOLKSREGERING (7)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
APARTHEID ̶ TOTIUS VERVOLG
In Genesis 10 vind ons dan ook die sogenaamde "volkeretafel" wat ons laat sien hoe die volke aanvanklik op die aardbodem gevestig en die skeppingsbevel ten uitvoer gelê het. In die godsbevel lê die wet van vermenigvuldiging wat aan die mensheid geleentheid gee om in verskillende volkstipes uiteen te gaan, terwyl dit alles geskied onder beskerming van sy voorsienigheid en onder bevrugtiging van die "algemene genade".