Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die Heilige Gees beheer jou lewe, maar jy dink dalk dat dit deur drome en gevoelens moet plaasvind. Nee, dit is so eenvoudig soos om die Bybel te lees asof dit net vir jou geskryf is – ja, die Heilige Gees beheer jou lewe deur God se Woord; daarom, ken dit van harte.
1837: RETIEFMANIFES
KULTUURDAGBOEK 22 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag in 1837 is een van die waardevolste dokumente in ons land se geskiedenis voltooi. Dit is die Retiefmanifes wat namens die emigranteboere in Hollands geskryf is, en waarin die leuens aangaande die Groot Trek, en die oorsake van en doel met die Trek vir die buitewêreld uiteengesit word. Dit is volledig in die Graham's Town Journal van 2 Februarie 1837 in Engels weergegee nadat uitdruklik om sodanige publisiteit gevra is. Al sou Piet Retief slegs hierdie skryfdaad verrig het, sou hy nog steeds histories hoog aangeslaan gewees het. Dit is immers 'n eietydse dokument wat deur 'n baie betrokke en geloofwaardige getuienis opgestel is.
Retief beweer hierin dat allerlei berigte versprei is om die Trekkers by vriend en vyand in onguns te bring. Sy Manifes moet die beeld van die Voortrekkers herstel en almal laat besef dat die Christengelowige nie sommer sy band met sy geboortegrond breek as daar nie besonder oortuigende redes daarvoor bestaan nie. Die Manifes moet ook lig werp op die voornemens ten opsigte van inboorlingstamme. Hy skryf dan verder min of meer soos volg:
BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND (11)
)
As jy ‘n klompie Afrikaanse mense in ‘n plek neersit, is hulle eerste behoefte om die plek skoon te maak. Voordat die voertuie klaar uitgepak is, sal die vroue al hulle lappe en skoonmaakmiddels begin soek.
Daar is darem ‘n boorgat en genoeg water in die opgaartenks, maar dis ‘n lang en harde dag se werk en die tannies is maar net half tevrede met die plek voordat hulle gaan slaap.
Die mans moes die hoop bottels, plastieksakke, Kentucky-kartonne en hope polistireenbakke, waar daar pap en pootjies, pap en bredie, pap en marogo en in baie gevalle slegs papoorskiet rondgelê het, ontslae raak. . Die oumanne en hulle gades is gewalg oor die toestand van die plek. Na drie dae se onophoudelike skoonmaak is die plek darem nou “effens leefbaar”.
1918: SANTAM KRY NAAM
KULTUURDAGBOEK 21 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 'n vergadering van 5 Desember 1917 in die ou Royal Hotel in Kaapstad beplan sewe manne die Afrikaner se daadwerklike toetrede tot die ekonomiese stryd en word daar besluit om 'n Afrikaanse maatskappy te stig wat alle vorme van trustwerk en versekering kan hanteer. Die betrokkenes was mnr CG Fichardt (voorsitter), WA Hofmeyr, CR Louw, PA Malan, FH Dormehl, AFJ Bennning en A MacDonald (sekretaris).
'n Voorlopige direksie word gekies en hulle aanvaar op 21 Januarie 1918 die naam Suid-Afrikaanse Nasionale Trust- en Assuransiemaatskappij Beperk (SANTAM).
'n Week later verskyn 'n gedrukte prospektus, en 200 000 aandele van R2 elk word aangebied.
1831: GENL PJ JOUBERT
KULTUURDAGBOEK 20 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Petrus Jacobus Joubert is op hierdie dag in 1831 op Damaskus naby Prins Albert gebore en was naas Paul Kruger die gewidste figuur in die Zuid-Afrikaansche (Transvaalse) Republiek. As kind het hy Retief se trekgeselskap met die Voortrekkers vergesel maar op 16-jarige leeftyd het hy na Transvaal getrek en hom, ná sy huwelik met Hendrina Johanna Susanna Botha op 2 April 1851, op Rusfontein in die distrik Wakkerstroom gevestig.
In die openbare lewe het hy vinnig opgang gemaak. In 1855 was hy veldkornet, in 1865 Volksraadslid ('n amp waartoe hy reeds in 1860 verkies is maar nie kon aanvaar nie omdat hy nog nie 30 jaar oud was nie); in 1873 voorsitter van die Volksraad en in 1875 selfs waarnemende staatspresident tydens pres TF Burgers se afwesigheid in Europa.
EK HET GESTERF ! (9)
Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf deur Anita Joubert
Jesus was bedroef en hartseer toe ek voor Hom staan. “My mense verstaan nie dat hulle deur tattoeëermerke hulself verbind aan die koninkryk van die duisternis nie.”
My naam is Dylan en ek is 32 jaar oud. Op die middag van 8 Augustus 2025, terwyl ek besig was met liggaamsbou-oefeninge, het my lewe radikaal verander. Ek is ʼn motorwerktuigkundige en tot op daardie dag, was my lewe doodgewoon. Ek het nog altyd van die reuk van ghries gehou en die gevoel wanneer ek iets herstel het wat stukkend was, was vir my baie bevredigend.
My vrou, Lisa, is die wonderlikste mens wat ek ken. Ons het ʼn pragtige dogtertjie met die naam Chloé. Sy het sulke groot, bruin oë wat dwarsdeur ʼn mens kan kyk.
1563: HEIDELBERGSE KATEGISMUS
KULTUURDAGBOEK 19 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie datum verskyn die eerste uitgawe van die Heidelbergse Kategismus. Die Kategismus het sy amptelike vorm gekry toe dit in die Kerkorde vir die Palts, wat die Keurvors op 15 November 1563 uitgevaardig het, opgeneem is.
Die vrae wat daarin voorkom is die eerste keer in die Latynse vertaling, wat reeds voor 3 April 1563 verskyn het, genommer. 'n Kort begrip is met die oog op die skoolkinders in 1576 uitgegee.
1916: ONDERWYS- KOLLEGE OUDTSHOORN
KULTUURDAGBOEK 19 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Onderwyserskollege Oudtshoorn het gegroei uit 'n afdeling vir die opleiding van kwekelingonderwyseresse aan die plaaslike Hoër Meisieskool. Op 19 Januarie 1916 het dit 'n onafhanklike inrigting geword met mej Colquhoun as eerste permanente hoof.
Die was die beskeie begin van 'n onafhanklike opleidingskool wat in die loop van meer as 60 jaar tot 'n groot onderwyserskollege gegroei het.
1874: HUGENOTE- SEMINARIE
KULTUURDAGBOEK 19 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ds Andrew Murray, wat in 1871 predikant van Wellington geword het, het 'n besondere belangstelling in die onderwys van die jeug geopenbaar. Deur sy toedoen het die Hugenote-seminarie in die dorp verrys wat op 19 Januarie 1874 formeel geopen is met plek vir 40 koshuisgangers.
Hy het as voorbeeld 'n Amerikaanse meisieskool, die Mount Holyoke Seminary, geneem en ook twee dames van die Verenigde State laat kom om in die skool behulpsaam te wees. Jong meisies uit verskillende dele van Suid-Afrika het na die skool gegaan, wat volslae Engels georiënteerd was. Dit is te begryp dat die vestiging van hierdie skool in die onmiddellike nabyheid van die kwaaiste voorstanders van Afrikaans spoedig venynige kritiek uitgelok het.
ONS IS SLEGS HUURDERS
Ds A.E. van den Berg
“Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel ..... want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees” (Mat.6:19-21).
Ons besit almal iets tasbaar – huise, motors, meubels ens. Maar eintlik besit ons dit nie. Die Bybel sê dat alles op die aarde 'n gawe van God is: “Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan” (Ps.24:1). Ons huur slegs ons besittings van Hom en besit dus niks wat ons nie van Hom ontvang het nie. God het as te ware 'n huurkontrak met ons gesluit wat met ons dood verstryk. Dan moet ons teruggee. Ons kan niks met ons na die hiernamaals saamvat nie.
Dit word vertel van 'n skatryk boer wat gelowig was. Hy bid en vra die Here of hy nie iets van sy rykdom eendag saam met hom hiernamaals toe kan vat nie. Die Here stem toe in – alles wat hy in 'n rugsak kon dra, kon hy vat.
1869: JAMES MURRAY LOUW: OPRIGTER 1e CNO-SKOOL
KULTUURDAGBOEK 18 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
James Murray Louw is op hierdie dag in 1869 op Murraysburg gebore. Hy was een van die elf kinders van ds AA Louw en Jemima Murray, dogter van ds Andrey Murray senior. Bekend is ook sy broers AA, stigter van die Masjonalandse Sending, ds AF van Stellenbosch, en die sakeman, CR.
As geagte leraar van die uitgestrekte Nederduitse Hervormde of Gereformeerde Kerk van Boksburg waar hy 41 jaar bly tot sy dood op 21 November 1939, help hy om aan hierdie kerkverband beslag te gee.
1837: SLAG BY MOSEGA
KULTUURDAGBOEK 17 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ná die mislukte aanval op die Voortrekkerlaer by Vegkop het die Matebeles duisende stuks vee van die Trekkers weggevoer. Drie maande later het Hendrik Potgieter en Gerrit Maritz met 'n strafekspedisie van 107 man, en gesteun deur 'n aantal Basters en Barolongs, Silkaats op 'n verrassende wyse in sy kraal by Mosega aan die Mariko-rivier oorval, duisend stuks vee gebuit en die Matebele verder noordwaarts verdryf.
1852: SANDRIVIER- KONVENSIE ONDERTEKEN
KULTUURDAGBOEK 17 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ná die Industriële Revolusie het Engeland 'n nywerheidstaat geword wat hoofsaaklik in handel belang gestel het. Die Britse regering wou van alle onnodige veranwoordelikhede ontstlae raak en daar was 'n kragtige beweging ten gunste van die prysgee van koloniale gebiede in Suider-Afrika. Gevolglik is gunstig gereageer op kmdt- genl AWJ Pretorius se versoek dat 'n Britse kommissie aangestel word om die betrekkinge tussen Transvaal en die Britse owerheid in Suid-Afrika te ondersoek.
Die Britse assistent-kommissarisse, WS Hogge en CM Owen, het Pretorius en 'n aantal Boere-afgevaardiges by die Sandrivier ontmoet.
BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND (10)
)
Vyf dae nadat hy by die Kamp weg is, kom Nicolaas op die spoor af van ‘n vierwieldryf voertuig. Nadat hy afgeklim, die spore vir ‘n ent te voet gevolg het waar dit deur ‘n driffie gaan en deur ‘n half meter modder gery het, is hy seker dis die spore van ‘n ligte voertuig met BF Goodrich Mud-Terrain bande op. Hy kan natuurlik nie seker wees dis die enigste voertuig met sulke bande op nie, maar hoop beskaam nie en hy hoop dis Lori se Jeep.
“Waar gaan julle, en wat is julle plan?” dink hy.
Hy maak ingedagte ‘n onsinnige fout. Hoe hoër hy teen die heuwel opry, hoe koeler word die hewige hitte van die somersdag. Daar steek ‘n effense windjie op en hy geniet elke oomblik daarvan.
1896: 1e AFRIKAANSE TAALKONGRES
KULTUURDAGBOEK 16 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 14 Augustus 1895 is op die twintigste Jaarfees van die Genootskap van Regte Afrikaners besluit om 'n eerste Afrikaanse taalkongres te reël wat op 15 en 16 Januarie 1896 in die Paarlse stadhuis gehou is om saam te val met die twintigste verjaardag van Die Patriot. Ongeveer 100 verteenwoordigers uit alle dele van die land het vergader onder voorsitterskap van ds SJ du Toit. Prof Cachet het as eerste spreker die beginsel van 'Ons skryf soos ons praat' onderskryf, en voorgestel dat 'n tydskrif uitgegee word om die beweging te bevorder.
Talle sprekers spreek hulle op hierdie kongres uit ten gunste van Afrikaans as spreek- en skryftaal en uit hulle getuienis kan die vreugde van 'n eie taal gelees word, soos mnr P Scholtz dit saamvat: In Hollands voel hy hom nes in 'n pak klere wat te groot is; in Afrikaans voel hy tuis.
1876: 1e KOERANT WAT AFRIKANERS LEER SKRYF
KULTUURDAGBOEK 15 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875 in die Paarl is 'n tydvak van georganiseerde stryd om die Afrikaanse taal ingelui.
In Artikel IX van die Genootskap se bepalings word beoog om 'n Afrikaanse maandblad uit te gee. Op hierdie dag in 1876 verskyn die eerste uitgawe van die maandblad Die Afrikaanse Patriot, wat die orgaan van die GRA sou wees. CP Hoogenhout was die eerste redakteur onder die skuilnaam Oom Lokomotief, wat deur redakteurs ná hom oorgeneem is.
In Die Afrikaanse Patriot, later net genoem Die Patriot, dek die GRA die terreine van hul doelstelling naamlik dié van land, volk en taal. Daarin is leiding gegee ten opsigte van landsake, die Afrikaanse taal, geskiedenis en belangrike nuus. 'n Rubriek van vrae en antwoorde is ontwerp om weetgierigheid op te wek en te bevredig. Afrikaners is aangemoedig om bydraes te stuur sodat hulle kon leer om hulle taal ook te skryf.
HY WIL ONS OORTREDINGE WEGNEEM
Hannes Ollewagen
Miga 7:1-20
“Wie is ‘n God soos U, wat die ongeregtigheid vergewe en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan? Hy hou toorn nie vir ewig vas nie, maar het ’n welbehae in goedertierenheid. Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.” (:18&19).
Inderdaad kan ons saam met die profeet Miga vra – “Wie is ’n God soos U?”. ’n God wat vir niks van enigiemand afhanklik is nie, maar Hom tog tot die mensekind wend en hom opsoek. Hy wat só verhewe is in sy grootheid en krag dat ons verstand die omvang daarvan nie kan verwerk of begryp nie, maar tog ag Hy die mens nie as ’n nietigheid nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND. (9)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Fritz Jordaan het besluit om te bly. Hy het lank gewerk en hard betaal vir hierdie huis, en hy bly net hier.
Dis ‘n ouerige huis wat hy gedurende naweke en vakansies opgeknap het. Hy kan nie onthou wanneer laas was hulle iewers heen nie, want al hulle geld en bonusse is in die huis belê. Dis ‘n aangename, warm, vriendelike huis, op ‘n burger-erf. Onder die motorafdak staan ‘n tienjaar-oue Ford Ranger vier-by-vier en ‘n veertig jaar oue Mercedes 280 E. Hy onderhou dit self, want daar is niks met sy hande verkeerd nie.
Vanoggend het hy vroeg opgestaan en net as die son sy kop bokant die huise se dakke uitsteek, is die gedreun van sy grassnyer hoorbaar. Op, af, omdraai, volgende driekwart meter gras gesny. Hy hou van die gevoel van grassny, dis ontspannend, sy gedagtes kan loop neem en hy hou van die reuk van die varsgesnyde gras. Aan die einde van die ry skakel hy die masjien af en vat die vol bak om dit in die komposgat te gaan gooi.
1952: HENDRIK HANEKOM, TONEELSPELER
KULTUURDAGBOEK 14 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hendrik Andries Hanekom, en sy eggenote van Mathilde, is allerweë beskou as van die belangrikste baanbrekers op die gebied van die Afrikaanse beroepstoneel. Hy is op 17 Junie 1896 op Beaufort-Wes gebore en op hierdie dag in Januarie 1952 oorlede. Hy was een van die eerste Afrikaners wat 'n heeltydse toneelspeler geword het.
In 1924 het Hendrik sy werk as stadsklerk op Lydenburg laat vaar en het hy en Mathilde 'n toneelgroep gestig. Hulle eerste opvoering het op 16 September 1925 plaasgevind: 'Oom Gawerjal se dogters en die stemregkoors.' Daarna het hulle die lang pad aangedurf en meer as 25 jaar lank alle uithoeke van ons land besoek met toneelstukke soos Oorskotjie, Die Uur van vergelding, Die Silwerkoning. Onskuldig veroordeel, Oom Paul, Generaal De Wet, Hans die Skopper, Ds Snuffelaar, en Die Stille Haard.
EK HET GESTERF ! (8)
Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf deur
Anita Joubert
“Jesus het met hartseer oë na my gekyk: “Jy dink dat jou tattoeëermerke ʼn getuienis vir My is, maar jy dra merktekens van die koninkryk van die duisternis” (Lev. 19:28).
Ek het nooit gedink dat ʼn tattoeëermerk tot so iets aanleiding kon gee nie, maar ek het ook nooit, aan die anderkant, gedink dat ek op die ouderdom van 34 jaar, kan sterf nie. Ek weet dit is nie bloedjonk nie, maar beslis ook nie oud nie. Ek is ʼn Christen vir die grootste deel van my lewe en ek was nog altyd lief vir Jesus. Ek het my Bybel gelees, kerk toe gegaan en was in ʼn bediening betrokke.
Ek het tattoeëermerke op my liggaam laat aanbring – om presies te wees, vyf daarvan. Elkeen van hulle het ʼn betekenis gehad. Die duif op my voorarm, was vir vrede. Die kroon op my skouer moes my herinner aan my identiteit in Christus. Oor my ribbekas is ʼn Hebreeuse woord geskryf wat God se verbondsliefde beteken. Nie een van my tattoeëermerke is demonies of betekenisloos nie. Dit was my persoonlike getuienis in ink uitgebeeld, of dit is wat ek dit genoem het. Ek het selfs Skrifgedeeltes wat dit kan bevestig.
BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND. (8*)
)
Die vier het die skote van ver af gehoor. Dit klink dof en onwerklik, amper soos springmielies in ‘n pot. Maans het dit ‘n fraksie van ‘n sekonde voor die ander gehoor en hy staan stil en luister. Die wind draai in hulle rigting en die skote is nou meer hoorbaar.
“Luister!”
“Wat is dit?” vra Riëtte.
“Geweerskote, baie en vinnig op mekaar. Semi- en voloutomatiese geweervuur.”
“Van waar af?”
Sonder om te antwoord, loop Maans vinniger. Die ander hou by en na enkele minute is die geluide duideliker en harder.
“As ek sou moes raai, sou ek sê dit kom van Hanglip, of daar naby af.”
“Waar is Hanglip?”