Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die lewe is so kort dat ons nooit genoeg tyd sal kry om hulle wat die lewenspad met ons deel se harte 100% te verbly nie. Wees dus vinning om liefde te gee en haastig om diensbaar te wees.
GEBEURE OP DIE PLAAS SWARTMODDER
UITTREKSEL uit die boek “IN DOODSGEVAAR”
Geskryf deur EJG Norval. U kan die boek bekom deur hom te kontak by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Hendrik Smit, sy vrou Hannie en vier kinders het op hul plaas Swartmodder, (oos van Mariental in die Hofmeyrdistrik) geboer en hier het ‘n klompie gesinne op 10 Oktober 1904 bymekaar gekom om na ‘n veilige oord te verhuis. Smit was bevriend met Hendrik Witbooi en het ook sy plaas by Witbooi gekoop. Een van die gesinne op die plaas, was Johannes Potgieter (‘n voormalige lid van die Transvaal Staatsartillerie) met sy vrou Annie en twee babas van drie weke en 18 maande onderskeidelik. Dan was daar ook Hendrik van der Westhuizen met sy vrou, vier dogters en twee jong seuns, Cornelis Bothma met sy vrou en twee jong dogters, die bejaarde bedleênde Hendrik van der Westhuizen (Hannie Smit se vader) en Gys van der Westhuizen. Almal was daar met hul vee byeen om na Lidfontein, die plaas van ene Louw en Hartfort te trek. Die trek het bestaan uit ses waens en altesame 11 volwassenes, vier vroue en 14 kinders. Die gesinne het voor die trek in aanvang geneem het, voor Smit se huis saamgetrek om godsdiensoefening te hou.
Teen dagbreek het Hendrik Smit na die veekraal gestap, toe daar meteens skote vanaf ‘n rantjie gevuur was en Smit dodelik getref het. Terwyl die mense terug in die huis geskarrel het, het Izak Witbooi, broer van “Koning Hendrik” agter die rantjie tevoorskyn gekom en nader gestap. Hy het die mense in Namataal toegeroep:
“Deusmanne!....... ek het nie gekom om oorlog te maak….. ek is spyt een van my manne het Deusman Smit geskiet, maar ek belowe dat as julle jul gewere en patrone aan my afgee, julle in vrede kan trek.”
Potgieter wou niks daarvan hoor nie: “Nooit gee ons onse gewere af nie. Onthou Piet Retief, hulle het dieselle aan hom gesê….. en kyk wat het gebeur. Ek sê ONS VEG hier!”
Hendrik snr: “Ons moet maar seker doen soos hulle seg.”
Potgieter: “Nimmer as te nooit, hulle gaan ons vermoor oom.”
Hendrik: “Ek gaat my ou Martini afgee en julle doen dieselle.”
Die ander mans en vroue was teen ‘n geveg gekant en Hendrik van der Westhuizen (jnr.) het Witbooi toegeroep: “Ons kom in vrede en gee julle die gewere en patrone.” Ses manne het die sowat 60 Namas genader wat agter die rantjie tevoorskyn gekom het. Hulle het hul gewere en patroonbande afgegee en daarna het Witbooi in Nama geskree: “SKIET ALMAL VREK!”
Potgieter het agter die buitemuur geskuil om op die bende te skiet. Na ‘n paar skote is Potgieter getref. Die arme vroue het in angs gegil, terwyl die woestaards die huis bestorm het. Die siek bejaarde Van der Westhuizen is op sy bed doodgeskiet, waarna die 18-maande oue klein Potgieter-seun en die 3-jarige Ben van der Westhuizen teen die grond gegooi en beide voor hul moeders geskiet is. Izak het ‘n stuk van die skedel van die Potgieter-kind voor sy moeder se voete gegooi met:
”Vatso, hies ‘n persint vi’djou.”
Hendrik van der Westhuizen se 11-jarige seun is ernstig gewond, terwyl die 10-jarige Bothma-seun en die 14-jarige Smit seun beide doodgeskiet is. Klein Ben van der Westhuizen het erg gely, aangesien sy arms en hande flenters geskiet was. Izak Witbooi het hom gegryp en na sy moeder gesleep:
“Vat jou kind, onse god wil hom nie hê nie!”
Klein Dirkie Smit is nie vermoor nie, aangesien hy ‘n dooprokkie aangehad het en die moordenaars hom waarskynlik vir ‘n dogtertjie aangesien het. Die drie-weke oue Potgieter baba seuntjie se lewe is ook gespaar. Die Witkamme wou die gewonde klein Ben van der Westhuizen doodskiet, maar die moeders het die moordenaars gesmeek om hom te spaar. Die bende het alles in die huis geplunder, verwoes en alles op die waens gegooi. Die ses vroue en 12 kinders is op een wa gelaai nadat die ander waens, perde en osse na Kalkfontein gestuur is. Die wa vol blankes moes toesien hoe aasvoëls op hul geliefdes se lyke toesak. By die groep het ook aangesluit die Stoltz-, Steyn- en Fourie-vroue met vier kinders, wie se mans twee dae gelede voor hul oë vermoor is. Om sake te vererger het Annie Potgieter se drie-weke oue baba tydens die tog gesterf. Sy het die bondeltjie langs die pad in ‘n vlak graf geplaas, ‘n vrou verteer deur smart na die verlies van haar man, vader, twee broers, swaer en twee kindertjies.
Mevrou Steyn het geboorte geskenk aan ‘n baba wat twee dae later langs die pad in ‘n vlak graf begrawe is. Hulle was daarbenewens geplaag deur honger, erge hitte, dors en beledigings wat hulle vir ‘n maand lank moes verduur, voordat hulle naby Mariental in die veld afgelaai is. Daarna moes hulle verder te voet deur onherbergsame gebied aansukkel. Hulle het oor die warm sand en sonder water na Koës aangestrompel, waar die geweersmous Bob Duncan hulle opgelaai en na Rietfontein geneem het. Vanaf Upington is hulle oor Prieska per trein terug na Piketberg. Teen die einde van 1905 het Mevv. Smit, Potgieter en Van der Westhuizen per skip na Swakopmund gereis om die plaas Swartmodder te besoek om hul geliefdes se beendere te versamel. Ene Piet Brand het die drie vroue na die toneel geneem en die beendere van die ses mans en twee seuntjies tydelik begrawe, totdat hulle later in kiste herbegrawe is. Mev. Smit het geweet haar man het voor sy moord geld op die werf begrawe en sy het na ‘n gesoek ‘n trommel met £600 se goue munte en ‘n tweede met £300 uitgegrawe. Die geld wat Gys voor sy moord begrawe het is ook gevind, naamlik £33 se silwergeld.
Grafte van Hendrik Smit en die ander slagoffers op Swartmodder