NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die Here het dit so beskik dat ons sy Woord het, daardie Handboek waarin nie net alles opgeteken is wat ons nodig het vir ons saligheid nie, maar ook elke enkele reël wat ons nodig het om hier op aarde 'n 'suksesvolle' lewe te lei – of ons nou 'n sake-onderneming wil begin, of ons kinders reg wil opvoed, of enige ander saak, ALLE VOORSKRIFTE is in sy Woord beskikbaar.

BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (9)

Die gemiddelde IK van swart Suid-Afrikaners wissel tussen studies, maar hier is 'n algemene oorsig:

- *Gemiddelde IK-reeks*: Studies dui daarop dat die gemiddelde IK van swart Suid-Afrikaners tussen 65 en 75 val, met sommige studies wat effens hoër of laer tellings rapporteer.

- *Spesifieke studies*: Een studie het 'n gemiddelde IK van 68 vir Suid-Afrikaanse studente gerapporteer, terwyl 'n ander 'n gemiddelde IK van 71 vir kinders van 6-12 jaar gevind het. Universiteitstudente in Suid-Afrika is geneig om hoër te punte te behaal, met gemiddelde IK's wat wissel van 72 tot 100.

'n Paar noemenswaardige studies sluit in ¹:

- *Lynn en Holmshaw (1990)*: Het 'n gemiddelde IK van 67 vir 9-jarige Suid-Afrikaanse kinders gerapporteer.

- *Owen (1992)*: Het 'n gemiddelde IK van 68 vir 16-jarige Suid-Afrikaanse studente gevind.

- *Rushton en Skuy (2000)*: Het 'n gemiddelde IK van 84 vir Suid-Afrikaanse universiteitstudente gerapporteer, in vergelyking met 103 vir Europese studente.

Hou in gedagte dat IK-tellings deur verskeie faktore beïnvloed kan word, insluitend opvoeding, voeding en sosio-ekonomiese status. 'n Goeie IK-telling is subjektief, maar hier is 'n algemene uiteensetting:

- *Gemiddelde IK*: 85-115, wat is waar die meeste mense val. Hierdie reeks dui op normale of gemiddelde intelligensie.

- *Bogemiddelde IK*: 116-144, word as hooggemiddeld tot begaafd beskou. Ongeveer 16% van die bevolking val binne hierdie reeks.

- *Geniale IK*: 145 en hoër, word as baie begaafd of hoogs gevorderd beskou. Slegs ongeveer 2% van die bevolking bereik hierdie vlak.

'n Paar spesifieke IK-reekse en klassifikasies sluit in:

- *Begaafd*: 130-144, wat dui op beter kognitiewe vermoëns (ongeveer 2.2% van die bevolking)

- *Hoogs Begaafd*: 145-159, wat uitsonderlike kognitiewe vermoëns toon (ongeveer 0.3% van die bevolking)

- *Uitsonderlik Begaafd*: 160 en hoër, wat buitengewone kognitiewe vermoëns demonstreer (minder as 0.1% van die bevolking)

*

Al is Pretoria tegnies reeds Bosveld, kan dit steeds baie koud word. Dis nie vreemd om selfs met tye onder vriespunt te daal nie. En die stad, waar die plantegroei gereguleer word, en die betongeboue, teerstrate en ander bousels van die mens oordonderend is, is dit nog kouer as in die omliggende, meer natuurlike buurte. En met klem op die middestad, waar die koue in die beton en teer intrek, daar bly dit koud tot die lente, en net som ‘n helder sonskyndag, tydelike verligting daarvan bring.

Vandag is juis so ‘n sonskyndag, maar dis asof die son sy krag verloor het en die winter in alles inkruip. Ek kry koud. Ek kan nie onthou dat ek al ooit so koud gekry het nie, selfs gedurende die laat nagte in onlusgebiede, soveel jaar gelede. Veertig jaar, ja, so lank terug!

Ek wens ek het handskoene gehad, want die geweer se loop, aksie, slot en selfs die hout is koud. Hier, waar ek op die balkon van ‘n vyf verdieping gebou lê, snerp ‘n skraal windjie deur die tralies en oor die geteëlde vloer. Die balkon bokant my gooi ‘n skaduwee oor my lêplek en alles is koud; so koud, dat ek bang is die stoomwolkie van my asem verraai my posisie aan almal in die stad.

Ek het ‘n ou hemp (al my hemde is oud en vuil teen hierdie tyd) om my kop gedraai en met die lang moue daarvan, vasgeknoop. Ek wil nie my ore toemaak nie, want ek wil hoor indien iemand op my sou afsluip, my ore kry erg koud. En my hande! Ek maak beurte met my regter en linkerhande om hulle een-een onder my baadjie, so na as moontlik aan my okselholte, in te druk, sodat ek darem die geweer kan voel, indien ek hom sou nodig kry.

Veraf blaf ‘n hond. Dis vir my vreemd, want ek het lanklaas een gesien, die laastes was daardie wat my ‘n ruk terug aangeval het. En geen kat nie. Aanvanklik was hulle oral, en het selfs ‘n pes geword, maar nou is daar niks. Ek luister om te probeer bepaal uit watter rigting die hond se geblaf kom, maar skielik is daar ‘n tjankie en dit is weer stil. Is hy geskop, geslaan, of doodgemaak vir ontbyt? Hoe het ons hier gekom, vra ek myself vir die soveelste maal af.

Ek verlang skielik na mense, diere, die getjirp van voëls, ja, selfs die onmenslike geskreeu van die hadidas, kwêvoëls en ook die gekoer van duiwe. Wat ons nie van die natuur verdryf het nie, het die honger mense opgeëet.

Aan my regterkant, meer as drie honderd en vyftig meter na Kerkplein se kant toe, is daar skielik beweging en ek haal my hand onder my klere uit, om die geweer daarop te kan rig. Ek stel die fokus van die teleskoop, sodat die prentjie duideliker word. ‘n Baie klein kindjie kom wankelend, op onsekere bene, tussen die geboue uitgeloop, gaan staan hande-viervoet en kyk intens na iets op die beton van die sypaadjie. Hy buk heeltemal af om daaraan te lek, en selfs op hierdie afstand kan ek hoor iemand roep.

Skielik kom sy ma – ek veronderstel so – tussen die geboue uitgehardloop, gryp hom en verkas dadelik terug na waar sy vandaan kom.

Waaraan het die kindjie gelek? Ek wonder wat hy vandag, of gister, of selfs laasweek iets gekry het om te eet. Drink hy nog aan sy ma, en indien wel, het sy enigsins melk oor vir hom? Waarom maak grootmense droog en die kinders en onskuldiges ly daaronder?

Hoe kortsigtig en uiters dwaas kan mense nie wees nie! Elkeen met ‘n bietjie insig en objektiewe aanskoue het geweet hierdie dag gaan kom, die dag waarop elke mens, jonk, groot en oud, manlik en vroulik, die wrange vrugte gaan pluk van dekadeslange vermorsing van hulpbronne, die bevolking gaan inhaal, en uiteindelik is daar net koue, honger en desperaatheid.

Hoe lank gaan ek nog in hierdie plek moet rondhang? Moet ek nie maar eerder my pad oopveg, indien nodig, en uitgaan na waar daar meer plante en minder geboue is nie? Ek herinner my aan die woorde van ‘n Serwiër, wat destyds gesê het in hulle geval was almal aan die beweeg: die mense vanuit die platteland, waar daar niks was nie, na die stad, met die hoop om daar veiligheid, voeding en geborgenheid te ontvang, en die mense uit die stad weer na die natuur, waar hulle wou wegkom van die ellende van die weereens honger, dors en koue. Hierdie groepe het mekaar dikwels gekruis en al het die een vir die ander vertel daar is niks om na te gaan nie, die mense steeds agter hoop aangeloop het.

Daar is niks soos eensaamheid, koue en ‘n bietjie son op jou rug om die filosoof in jou wakker te maak nie en ek is nie ‘n uitsondering nie. Ek dink daaraan dat dit die afgelope halfeeu so was in ons landjie, hier aan die suidpunt van Afrika – nee, heelwat langer. Dit was die rede waarom ons oer- oupagrootjies se oupas vanuit die Kaap opgetrek het na die binneland toe. Hulle het hoop, vrede en ‘n toekoms gaan soek op die plekke waar geen mens gewoon het nie. Wanneer hulle moes veg vir hulle vryheid en voorspoed, het hulle dit gedoen. Wanneer hulle in vrede kon leef, was dit vir hulle ‘n voorreg.

Toe ek elke week grenspatrollie gedoen het, het ek dikwels daaroor gewonder dat indien apartheid Suid-Afrika dan so ‘n slegte plek gemaak het, waarom waag mense vanaf die noorde van die Limpopo hulle lewens om die grens hierheen oor te steek?

Ek herinner my daaraan dat ‘n jaar of twee gelede, nee, eerder drie, ‘n swart advokaat – wat was sy naam nou weer, dit ontgaan my – gemaan het dat daar nie genoeg witmense in Suid-Afrika oor is om vir al die swartmense van Afrika te sorg nie. Hy het sy kommer uitgespreek oor die blankes wat land-uit gegaan het – Amerika, Australië, Nieu-Zeeland en Europa toe.

Wanneer hierdie chaotiese poging aan oorlewing, waarmee ons tans besig is, verbygaan en sê nou net ons kan teen hierdie oormag weereens, soos soveel keer in die verlede, ‘n oorwinning behaal, sal ons uitgeweke broers, susters, kinders en vriende kans sien om terug te keer? Ek hoop so.

My diep gedagtegang word gesteur deur ‘n bende wat na die Plein se kant toe hardloop. Moet ek hulle laat begaan? Indien wel en hulle vermoor ander mense, want dis vir my duidelik dat hulle nie besig is met welsynswerk nie, is ek daaraan aandadig?

Sonder om lank daaroor te tob, soek ek die een uit wat ek glo die spul se leier is, verdeel sy rug in die kruishare van my .243 se teleskoop en trek die skoot.

Dit weergalm tussen die klowe van die koue beton geboue en teerstrate.

*

“Wat nou?”

“Madel, nou soek ons ‘n plek om my Jeep veilig weg te steek en dan loop ons met die voet na Kerkplein, of daar naby, in elk geval.”

“Waarom los ons nie die ding net hier nie? Dis koud en winderig aan sy binnekant. Ons kan as ons terugkom, ‘n beter voertuig soek.”

Herrie antwoord nie, maar soek vir ‘n geskikte plek om die Jeep te bêre, waar dit buite sig en hopelik buite bereik van plunderaars en anarchiste sal wees.

Sowat ‘n kilometer van die Plein af, is ‘n verwoeste woonstelgebou, die een wat hy van studentedae af onthou. Nee, dit was eerder bekend as ‘n hotel, maar studente en jong werkendes het langtermyn daar gewoon. Hotel 367, of so iets?

‘n Gedeelte van die gebou het inmekaar gestort en die hoop rommel lê maklik drie na vier meter hoog – bakstene, sement, stukke bewapening van die beton en natuurlik ander gemors wat daarteen en daarop gewaai het en sommer gelaat is. Dis nie regaf nie, maar eerder skuins, teen ‘n hoek van minder as vyf en veertig grade. Herrie ry totdat die Jeep teenaan die hoop is, klim uit en sluit die vryloop-nawe. Terug in die voertuig, sonder om ‘n woord te sê, skakel hy vierwieldryf, laestrek, eerste rat en bekruip die hoop.

“Jy gaan tog nie...?”

“Ek gaan, watch my!”

Die Jeep se neus lig, terwyl Herrie hoop daar is nie skerp voorwerpe wat die bande kan sny nie en ook dat die agterkant van die hoop nie regaf is nie. Die voorwiele grou effens, maar die agterwiele, wat steeds op die beton van die sypaadjie is, stoot die voertuig boontoe, tot dit ook teen die steil hoop is, hy trap die versneller en die Jeep klim amper moeiteloos oor die kruin van die hoop. Die agterkant is steiler, maar alhoewel Madel die paneelbord vasgryp, tuimel hulle nie vooroor nie.

Aan die agterkant van die versperring is ‘n parkeergarage, en tussen ‘n ou Mazda en ‘n Volkswagen Polo, is daar een oop spasie. Herrie trek daarin, so ver as moontlik, tot teen die oorkantse muur.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1714 gaste aanlyn