Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ten spyte daarvan dat sonde ’n verbreking van die liefdesverhouding met God is, sien ons in Gen.3 iets van God se onvoorwaardelike liefde vir die mens raak: “En die Here God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle het dit aangetrek. Toe sê die Here God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken…” (Gen.3:21,22).
BROKKIES UIT DIE BOEK – BERGLAND (1)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
Die laaste keer wat hulle honde gebruik het om hom te jag, was net voor Joe by hom aangesluit het. Hy was nooit regtig bang vir die honde nie, maar hy wou ook nie op hulle skiet nie. Die honde word in elk geval net gebruik, en dis nie hulle skuld nie. Dikwels het hy die mooi herdershonde in die kruishare gehad, maar kon nie sover kom om die sneller te trek nie. Dan eerder die hanteerder. Dit was mos immers die werklike vyand.
Gelukkig het hierdie hanteerders die leibande om hulle gewrigte gedraai, en as hy hulle platgeskiet het, het die hond uiteraard bly staan. Hy het ook gehoop dat hulle mettertyd sou ophou om die honde te gebruik, siende dat hulle uitbundig kon word op sy spoor, sou blaf en raas, die hanteerder vinnig saamsleep en dus alle bekruip en versigtigheid daarmee heen was.
En ‘n mens kruip nie vir ‘n hond weg nie. Jy kan jou spore hoe goed toe vee, deur water loop, peper op die grond strooi, jouself kamoefleer; ‘n goeie hond sal neus teen die grond op jou spoor bly. Dis baie lastig.
Maar, dit was voor Joe opgedaag het. Hy besit nie vir Joe nie, en hy is ook nie sy vriend nie. ‘n Man kan ‘n hond besit, of dink dat hy doen. ‘n Hond is relatief gehoorsaam, lojaal tot in die uiterste, hy soek aandag en hy sal poog om ‘n mens tevrede te stel. Nie altyd nie, maar meestal. Jy kan ‘n hond roep, wat na ‘n ruk sy naam ken, en hy sal na jou toe kom.
Jy kan ook ‘n mensevriend hê. Iemand soos jy, wat saam loop en kan gesels en vriendskap deel. Joe is anders. So anders as wat maar kan kom. Hy verstaan ook nie waarom hy saam met hom wil wees nie, dis mos eintlik half absurd. Maar Joe het net een middag, amper teen donker, by hom opgedaag. Hy wou hom eers verjaag, hom met ‘n klip of ‘n stuk hout gooi, maar iets het gemaak dat hy dit nie gedoen het nie.
So, Joe het gebly. Op ‘n afstand gewoonlik, maar as die nag in die berg baie koud word, veral hier teen vieruur die oggend, het Joe soms teenaan hom kom lê. Hy was natuurlik benoud aan die begin, soos dit enige mens maar sal betaam, maar Joe het stil gelê en hulle kon effens liggaamshitte deel. Dit was nie een van hierdie soetsappige goed-voel stories waar hy as mens die ding uit ‘n slagyster of draadstrik gered het nie, ‘n doring uit sy voet getrek of ‘n ystervarkpen uit sy bek nie. Glad nie.
Joe het slegte maniere. Jy kan nie met hom ‘n gesprek voer nie, nie met hom ‘n grappie deel of ‘n poets bak nie – Joe het geen sin vir humor nie. As hy hom vir jou vererg, blaas hy net en kyk met daardie gelerige, verwoede oë in jou rigting. Hy is ook onvoorspelbaar en sal maklik vir ‘n groot deel van die dag iewers heen verdwyn. Hy gee nie waarskuwing of inligting oor sy doen en late nie. Hy deel ook nooit sy kos nie. Syne is syne en soms is joune ook syne. Daarom moet jy jou kos – veral vleis – van hom af weghou.
Die aanvanklike vriendskap was maar gespanne. Hulle geaardhede het hemelsbreed verskil. Die enigste ding wat hulle gedeel het, was dat hulle albei alleen-wesens was. Hulle het nie ander mense nodig gehad of na hulle geselskap gesmag nie. Joe is so gebore en Die Man is so gemaak. Daarom het hulle na die eerste onrustigheid ‘n kalmte en wedersydse aanvaarding in hulle vriendskap ervaar. Niemand verwag van die ander enigiets nie, en is ook nie teleurgesteld as hulle dit nie kry nie. Mettertyd het hulle mekaar aanvaar en vertrou, veral na die laaste onderonsie tussen hom en die soldate en hulle honde.
Hy het hulle vroegoggend hoor blaf. Véraf en net-net op die windjie gedra. Maar Joe het dit duidelik gehoor en regop gaan sit, sy ore gespits en sy gelerige oë stip getrek in die rigting van die aankomende honde. ‘n Verwoede geluid het uit sy keel gekom, iets tussen ‘n blaas en grom; hy het gaan hurk, met sy nek vorentoe getrek, sy ore plat agtertoe oor sy kop en, skielik, asof hy op ‘n eie missie is, het hy stilweg verdwyn.
Die honde se geblaf het al harder geword. Toe hulle oor die kruin van die rant aankom, het hy hulle dopgehou deur die teleskoop. Hy het die 7,62 Mauser se veiligheidsknippie afgeskuif en, met sy hand om die sneller gekrul, gewag tot hulle in die relatiewe oop plek onder in die klofie kom. Weereens was die hanteerder die teiken en nie die hond nie. Die hond het hom niks gemaak nie, behalwe om op sy spoor te draf.
En toe, skielik, vlieg Joe tussen die bosse uit, waar hy ‘n hinderlaag gaan lê het. Dis net gromme, velle, tande, naels en ‘n geskreeu, uitroepe, tjankende honde en verskrikte hanteerders. Daarna volg ‘n sarsie desperate en paniekbevange skote, wat niks tref nie, die geluid van honde wat tjankend oor die rantjie verdwyn, met die hanteerders kort op hulle hakke. Joe staan op een plek, sy nekhare gerys in woede. Dit was die laaste keer dat die soldate honde gebruik het om die man te soek. Die honde het volstrek geweier.
Joe die rooikat, het immers geen genade nie en geen sin vir humor nie.
*
Iemand in sy omstandighede sou miskien bitter, kwaad, haatdraend gewees het. Die Man is nie. Hy is daarby verby. Die lewe het hom stief behandel en die Moeilikheid was miskien vir hom ‘n uitkoms. Hier, in die Berg, is hy op sy eie. Hy bly van mense af weg, behalwe wanneer hy gaan jag. En dan jag hy net diegene wat op sy terrein oortree, en soms, net soms, ook vir kos.
Sy terrein is die Berg, vanaf die voetheuwels aan die Ooste, tot die skielike einde aan die Weste. Natuurlik kan hy nie oral wees nie, en ook nie altyd weet wie betree sy plek nie, maar die legende van Die Man loop wyd en ver. En soos meeste ander legendes, word dit aangedik, is meer vreesaanjaend en laat selfs die dapperste man ongemaklik. Niemand weet wie hy is, of waar hy vandaan kom nie. Hy is net langer as medium lengte, met donkerbruin hare en baard, wat hy nou net af en toe korter sny met die mes. Hy is aantreklik, sterk, maar skraal, met breë skouers en ‘n diep bors, skraal heupe en groot hande. Geseënd met uithouvermoë, wat veel meer is as blote fisiese fiksheid, puik sig en ‘n briljante, analitiese brein, sou hy in die gewone lewe ‘n uitblinker wees in sy beroep, dié van regsgeleerde.
Maar nou is dit nie die gewone lewe nie, is daar in die land nie normaliteit nie, en wend hy hierdie vermoëns aan, nie net om te oorleef nie, maar om die lewe vir die vyand moeilik te maak. Hy sien homself nie as ‘n vryheidsvegter, guerrilla of terroris nie. Net so min as wat hy toelaat dat sy gedagtes verdonker word deur op die verlede te tob, net so min rasionaliseer hy sy wese. Dis te seer om daarheen te gaan. Daarom neem hy waar, kyk, luister, neem in. Hy beweeg gemaklik oor die gebroke terrein, met bene wat die afgelope maande sterk geword het, enkels en knieë wat hy oppas en deur so min as moontlik saam te dra.
Aan sy bolyf het hy ‘n ou bruin weermag-tipe gevegsbaadjie, van die laaste nylon soort. Dit bevat die magasyne van sy handwapens, die ammunisie van sy geweer, ‘n waterbottel, ‘n sakkie sout, een opgerolde drukverband, vier weggooibare sigaretaanstekers, ‘n klein seiltjie, ‘n paar honderd gram mieliemeel, spaar onderklere, vier paar kouse en ‘n paar repe biltong.
Sy geweer is ‘n Mauser met ‘n kort, agtien duim loop en ‘n kompenseerder aan die voorkant. ‘n Timney sneller, ‘n sintetiese kolf en ‘n 3-12X40 Leopoldt teleskoop rond dit af. Die kompenseerder keer heelwat van die terugskop, maar veroorsaak ‘n harder knal. Natuurlik kan dit sy posisie makliker verklap, maar dit veroorsaak ook dat diegene wat aan die ontvangkant daarvan is, dink dis ‘n baie swaarder kaliber geweer.
Die wapen aan sy regter bo-been is ‘n 9mmP CZ 75. Onder sy linkerarm dra hy ‘n Colt Woodsman in .22LR. Hy het ‘n knaldemper daarvoor, wat maklik aan-en afdraai. Aan sy linkerkuit is ‘n skede met ‘n groot Bowie-tipe mes. En dis al, met natuurlik ‘n breërandhoed op die kop.
Die Man lê vanoggend in die middel van ‘n oop stuk grasveld. Sy kamoeflering, uiterse selfbeheer en absolute stilte maak dat hy maklik vir ‘n stuk veld aangesien kan word. Die son is agter sy rug, sodat die voorste lens van die teleskoop dit nie weerkaats nie.
Een honderd en tagtig meter voor hom, net duskant van die bome, kom ‘n weermagpatrollie aangestap. Dissipline is maar laks en hulle loop en rook terwyl hulle gesels. Ses van die vyftien is ten volle geklee in kamoefleer-uniform, met die res ‘n mengelmoes van weermagdrag en siviele klere. Elkeen is bewapen met aanvalsgewere, vanaf ‘n paar R4’s, R5’e, een baie ou R1 en ‘n paar van Afrika se gunsteling wapens, die alombekende AK47. Die man tweede van voor ervaar ‘n vreemde gewaarwording. Dit lyk asof sy luitenant se kop vir ‘n oomblik swel en dan verdwyn twee-derdes daarvan. Verdwaas vee hy die nattigheid van sy wang af, net wanneer hy besef dat hy ‘n knal gehoor het. Hy wil uitroep, bevele gee, vra waar die skoot vandaan kom, maar hy kan nie verstaan waarom hy dan nou sit nie. Hy het ‘n harde stamp teen sy ribbes gevoel en vir ‘n oomblik dink hy dis die luitenant wat teen hom geval het. Hy hoor die knal asof dit deur ‘n tonnel kom, onwerklik, en met baie eggo’s deur sy kop.
Hy sukkel om genoeg suurstof in te neem en hy voel uitasem, verward en moeg. Dan vee hy oor die nattigheid op sy bors, kyk met oë wat nie verstaan nie na die donker bloed aan sy hand en na ‘n oomblik val hy om. Die grond is hard en onsimpatiek teen sy wang en sy laaste gedagte voordat die bloedtoevoer na sy brein finaal afgesny word, is dat hy steeds nie weet waar die skoot vandaan gekom het nie.
Met die luitenant en die sersant uitgeskakel, is daar totale verwarring onder die troepe. Nie een van hulle kan sien waar die twee skote vandaan gekom het nie, maar hulle vuur in die algemene rigting van die geluid. Elkeen meen egter dat die skut agter ‘n klip of agter die verste bome moet wees en hulle konsentreer hulle vuur daarheen. Niemand sou kon dink dat die skote vanaf die middel van die veld, waar daar geen dekking is nie, sou kom.
Die Man beweeg sy regterhand stadig en egalig, sonder om sy wang van die kolf af te lig. Hy trek die slothefboom op, agtertoe, voel hoe die slot ‘n rondte uit die magasyn haal, vorentoe, af. Kruishare op die ou met die R1, asem diep, knyp die skoot af. Die teiken, wat nou gekniel het om die R1 te stabiliseer, val agteroor sonder om uit te roep.
Die gevaar is nou te groot en die dapperheid te min. Die oorblywende lede van die patrollie vlieg om en nael vir die bome. Die Man skiet die bo-been van een van die voortvlugtendes en daarna die knie van nog een raak, voordat hulle tussen die bome en dus agter skuiling is. Met die twee gewondes wat na hulle makkers roep as aandagafleiers, luiperdkruip hy terug na die ver kant se bome. Niemand gewaar hom nie. Later sal hy terugkeer en die sluitstukke van die wapens uithaal en weggooi. Hy neem ook al die 7,62mm rondtes van die R1.
leibande om hulle gewrigte gedraai, en as hy hulle platgeskiet het, het die hond uiteraard bly staan. Hy het ook gehoop dat hulle mettertyd sou ophou om die honde te gebruik, siende dat hulle uitbundig kon word op sy spoor, sou blaf en raas, die hanteerder vinnig saamsleep en dus alle bekruip en versigtigheid daarmee heen was.