NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

‘n Mens vind selde die lewe die moeite werd; jy maak dit eerder die moeite werd!

BROKKIES UIT DIE BOEK – BERGLAND (6)

Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672

Hy het die punt van die dak se nok net effens gesien blink toe die son begin sak in die Weste. So effens laer af, en so ietwat in die rigting wat hy loop. Kan dit die plek wees? Dis nie onwaarskynlik nie, hy weet dit moet hier êrens wees, tussen Kranspoort en Buysdorp.

Onmiddellik begin hy stadiger en meer behoedsaam loop. Hy bly so lank moontlik tussen die bome en waar ‘n oopte opdoen, sluip hy gebukkend deur die gras. Elke tien minute of so, sak hy op sy hurke en luister aandagtig na enige beweging of stemme wat dalk op die windjie gedra word.

Hoe nader hy beweeg, hoe meer intens raak sy sintuie. Hy luister, kyk, draai sy kop, kyk vir spore, enige teken van lewe. Hy het die Mauser van sy skouer afgehaal en seker gemaak daar is ‘n vars rondte in die loop. Hy gaan sy handwapens na en maak seker die Woodsman is gespan. Hy haal die .44 Smith&Wesson uit die skede aan sy sy, draai die rol na die linkerkant toe oop, maak seker al ses die gate in die rol is gelaai en dat die rol maklik draai. Hy gee dit dan ook twee vinnige draaie met sy handpalm voordat hy die rol toedruk – nie toeklap soos in die flieks nie, dit beskadig mettertyd die wapen – en weer in die skede bêre. Dan loop hy versigtig verder.

‘n Bospatrys vlieg skielik voor sy voete uit en hy skrik so groot, dat hy amper ‘n skoot agter die ding aan aftrek. Hy gaan staan stil sodat sy hartklop kan bedaar en die adrenalien se vlakke onder beheer kom. Hy gaan staan onder die skaduwee van ‘n naboom, versigtig ver genoeg weg dat daar nie van die wit sap dalk op hom drup nie, haal sy waterbottel te voorskyn en vat versigtig drie mondevol.

Binne ‘n halfuur se versigtig loop is die huis se dak nou duidelik sigbaar. Daar is ‘n lappie bloekombome aan die agterkant van die huis en langs die kante is natuurlike inheemse bosveldbome. Onwillekeurig wens hy dat hy meer van die bome se name geken het. Dan sluip hy nader.

Dis sterk skemer as die hele huis nou in sig is. ‘n Kleinerige man met ‘n jas en ‘n hoed op kom by die agterdeur uitgeloop en gooi ‘n skottel water uit. Hy loop terug, klap die deur agter hom toe en die geluid is ver hoorbaar in die stilte van die na-skemer. Uit die skoorsteen kom ‘n yl rokie later uitgeseil.

Die Man loop ‘n wye draai na die agterkant van die huis, sodat hy deur die bloekomplantasie nader kan beweeg. Die plantasie hou sowat vyf en twintig meter van die huis af op. Hy luister vir honde, hetsy die geblaf of getjank. Hy kyk ook uit vir spore, al is dit al half donker.

Hy hoor ‘n sagte geluid agter hom en swaai om, geweer aan die skouer. Dis egter net Joe. Die dier grom effens vir hom, sy neus op ‘n plooi getrek. As hy die geweer laat sak, laat sak Joe sy lip ook.

“Joe! Nee, man! Dis die tweede keer vanmiddag dat ek so skrik”.

Hy beweeg stadig deur die plantasie, versigtig om nie die takke te laat kraak nie. Alles is nog deurweek van die erge storm, en baie takke is afgebreek. Hier en daar moet hy om ‘n hoop boomskerwe beweeg wat in sy pad lê. Binnekort is hy by die opening tussen die plantasie en die agterdeur. Die diamant-draadheining is deur die water en die meegaande takke platgedruk reg in die middel van die werf en hy moet teruggaan, ‘n paar meter weer tussen die bloekoms in, om by die platgetrekte gedeelte te kom.

Hy klim versigtig oor, nog onseker van sy enkel wat hy maande gelede verswik het. Hy sluip tot by die hoek van die huis en, met ‘n venster aan sy linkerkant, kyk hy of hy iets kan sien. Die gordyne is net ‘n raps weggetrek van die punt van die venster af en hy kan die effense gloed van ‘n kers sien. Daarna word dit donker en ‘n deur slaan toe. Al wat hy kan dink is dat iemand in die slaapkamer was en dat die wie-ookal uitgeloop het.

Hy staan ‘n wyle stil en luister of hy klein kinderstemmetjies kan hoor, maar daar is stilte. Hy loop gebukkend verby ‘n venster wat hy vermoed die eetkamer moet wees, langs die kombuis. Ook by die kombuisvenster buk hy verby. Hy maak die sifdeur oop, wat na buitekant toe oopmaak, en dit kraak effens, soos alle sifdeure maar doen. Hy wag ‘n minuut om seker te maak niemand hoor dit nie, dan probeer hy saggies en versigtig die outydse koper deurknop van die agterdeur. Dis gesluit, of met iets aan die binnekant vasgepak.

Hy sluip terug soos hy gekom het, al teenaan die agterste muur verby en al langs die kant van die huis. Die voorstoep is net so outyds as die agterdeur. Dis ‘n diep, breë stoep met pilare aan die voorkant en ‘n rooi gepoleerde oppervlak.

By die deur is ses eweredige slootjies in die sement gemaak, soos alle stoepe van die bepaalde tyd. Daar is nie ‘n staal veiligheidshek nie, maar die ewe outydse deur, met die destydse gevriesde glas venster bo in die middel, is gesluit. Sy hart bons. Hy tree ‘n meter agteruit en skop dan met die hak van sy voet reg onder die deurslot. Die deur knars, maar bly staan weer en weer skop hy en met die vierde skop breek dit oop.

‘n Flou flitslig skyn in sy gesig en hy tree net betyds agteruit. ‘n Gebreekte mop-handvatsel tref die kosyn van die deur soos iemand van bo af skuins ondertoe slaan. Die gebreekte, skerp punt van die mop mik ’n venynige hou na sy maag toe, en hy klap dit net betyds weg. Dan word die stok neergegooi en die flits se liggie verdwyn by ‘n deur in, wat hard toegeslaan word.

Hy draai die handvatsel en voel die deur effens meegee. Dis nie gesluit nie, maar iemand hou dit terug. Hy beur hard met sy skouer en die deur gee skielik mee. Hy verloor amper sy balans en vlieg die gang binne. Die flits rol oor die vloer en in die effense skynsel wat dit nou afgee, kyk hy oor die groot visiere van die rewolwer in die verskrikte gesig van ‘n jong vrou. Agter haar is drie jong kinders. Een van hulle, ‘n seun van so vyf, het ‘n knipmes in sy hand en sodra die Man nader kom, bevlieg die kind hom. Hy gryp net betyds sy handjie vas.

“Los, Boetman. Ek gaan julle nie seermaak nie.”

Die kind laat val die mes en die Man tel dit op, bekyk dit mooi, vou dit toe en gee dit vir die kleintjie terug.

“Dis baie dapper van jou om jou ma en sussies te probeer beskerm, maar ek belowe ek sal nie een van julle seermaak nie.”

Die vrou het haar arms om die drie kinders en hulle, sy en die twee meisietjies, is al drie ewe verskrik. Net die seuntjie gluur hom aan met woede op sy gesig.

“Wat wil jy hê?” vra sy

“Ek soek net my kinders.”

“Jou kinders? Nee. Hierdie is myne.”

Die Man skud sy kop asof hy tot verhaal moet kom.

“Nee, ek weet dis nie my kinders hierdie nie. Myne is baie kleiner, drie en twee jaar oud. Mense het vir my gesê hierdie is George Swanepoel se plaas. Hy het my kinders.”

“George? Nee, ou oom Swanepoel se plaas is twee verder aan. Maar hoekom sal hy jou kinders hê?”

“Oom? Hoe oud is die man waarvan jy praat?”

“Hy is al oor die tagtig.”

“Dan is dit nie hy nie.”

“Nee. Die ou vrek is ‘n jaar gelede al dood. Maar sy seun is miskien daar. Ek weet nie wat sy naam is nie.”

“Hoe lyk die seun?”

“Ek het hom nog net een keer gesien. So vyf en dertig, skat ek, met yl, valerige hare. Korter as jy. Maer en verpiep.”

“Dis net hy.”

Die Man draai om om te vertrek.

“Meneer, wie is jy?”

Hy vertel haar kortliks wie hy is waarom hy sy kinders soek.

Hy is amper by die deur uit.

“Ek is jammer oor jou deur. Ek sal hom vir jou moet regmaak.”

“Dis nie so erg nie, dis net die slot wat stukkend is. Ek sal hom self regmaak.”

“Jammer in elk geval. En jammer ek het julle bang gemaak. Dis werklik nie wie ek is nie.”

Die vrou huiwer in die donker gang. Dan kom sy skielik tot ‘n besluit.

“Meneer, dis mos nou al lankal donker. Jy kan in die waenhuis slaap. Daar is sakke in die hoek, jy kan daarvan vir jou bed maak. Ek dink dit kan dalk weer vannag reën.”

Hy oorweeg dit vir ‘n halfminuut.

“Ja, dankie. Ek dink ek sal, maar ek wil nie vir julle ‘n verdere las wees nie.”

“Dis nie ‘n las nie. Om die waarheid te sê, sal dit goed wees om ‘n man vir die nag op die werf te hê. Ons slaap sleg, want ons weet nie of die rebelle eendag hier sal aankom nie.”

Die vrou loop saam met hom. Sy het ‘n lang, dun nagrok aan en haar voete is kaal, maar sy weet waar om te trap sodat sy nie dorings of skerp klippe in haar voete kry nie. Hier en daar gee sy ‘n lang treë, om ‘n waterplas te vermy. Die maan het opgekom. Dis nog geel van volheid aan die oostekant, waar dit net oor die volgende rant loer. Sy maak die swaar waenhuisdeur vir hom oop. Met die effense skynsel van die flou flits sien hy die sakke eenkant lê. Hy loop daarheen en trek hulle op ‘n bondel om vir hom ‘n bed te maak.

“Lekker slaap. Meneer.”

Sy loop by die deur uit en maak dit toe.

Hy begin net sy kombers en seil uit die rugsak haal, toe hy die deur weer hoor oopgaan en hy die skynsel weer sien.

“Meneer…”

“Ja, Mevrou?”

“Jy kan in die voorhuis op die rusbank kom slaap as jy belowe om jou te gedra?”

Woordeloos tel hy sy bagasie op, vat die geweer en loop saam met haar. Die maan is nou vol op en hy kan haar gesig sien. Sy is baie mooi. Hy voel ‘n effense onrustigheid.

In die voorhuis steek sy ‘n kers op en sit dit op ‘n koffietafeltjie.

“Meneer, onthou, jy het belowe.”

“Ja, mevrou, ek het. Hier. As ek my nie gedra nie, het jy die volste reg om dit op my te gebruik”

Hy haal die Beretta en die ekstra magasyn uit sy rugsak en hou dit vir haar uit.

“Weet jy hoe om dit te gebruik?”

“Natuurlik. Ek is ‘n plaasmeisie. En Meneer? Ek is nie ‘n ‘mevrou’ nie, ek is nog ‘n ‘juffrou’.”

“Maar…”

Hy wys na die kinders wat deur die deur vir hulle kyk.

“Dis my sussies en boetie.”

“Waar is jou pa en ma?”

“Ons eie plaasvolk het my pa en ma vermoor toe ons nie hier was nie. Ek het hulle een Vrydagmiddag by die koshuis gaan haal en toe ons terugkom, kry ons hulle hier. Hulle en baie bloed…”

“Ek het dan gesien hoe ‘n man laatmiddag ‘n skottel water by die agterdeur uitgooi?”

Sy lag, asof sy daarmee ook die gedagtes uit haat kop wil was, en wys na ‘n ou weermag grootjas, ‘n breërandhoed en ‘n paar waterskoen-stewels wat by die agterdeur staan.

“Dit was ek. Ek wil hê ander moet ook dink hier is ‘n man in die huis.”

“So, hoe lank is julle al alleen? Hoe bly julle aan die lewe?”

“Ons is al baie maande op ons eie. Hier agter die bultjie het ons ‘n lappie mielies en ons het ‘n klompie beeste wat ons wegsteek. Gelukkig is hulle redelik wild en sorg ook vir hulleself. Dis ‘n troppie Brahmane en hulle kan in die veld net so goed wegkruip as ‘n wilde dier.”

“Wat help dit? Julle kan tog nie van hulle slag as julle hulle nie in die hande kan kry nie?”

Sy lag en haar tande is wit en egalig.

“Ek sal jou dalk eendag wys.”

“Wat is jou naam, juffrou?”

“Esther. Soos in die Bybel. Esther Blankenberg.”

“Esther, as jy ‘n rooikat sien, moenie hom seermaak nie, asseblief.”

“Joune?”

“Ek sal nie sê hy behoort aan my nie, maar ons is soortvan saam.”

Alle reaksies:

9191

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1701 gaste aanlyn