Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Gebed verander sake. Maar dan moet ons dit nie net in tye van nood wil gebruik nie. Mense wat net in hul nood wil bid en verwag dat dit onmiddellik moet verdwyn, dryf eintlik met God die spot. Gebed is nie ‘n towerformule wat opgesê word en siedaar dinge verander nie!
BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (19)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Ons sal netnou by Chris Hani en sy moord kom. Dis die tweede belangrike stuk van die hele legkaart, wat alles aanmekaar skakel. Alles wentel om die persona van Nelson Mandela. Nou, luister mooi, daar is vier bewyse waarom dit nie Mandela self kon wees nie. Die eerste is moontlik debateerbaar, maar net tot op ‘n punt.
“Sielkundiges, psigiaters en psigo-analiste sal, wanneer hulle die karaktereienskappe van die Mandela vòòr hy tronk toe is, en die een wat die president geword het, met mekaar vergelyk, kan dit hoegenaamd nie dieselfde man wees nie. Die eerste Nelson was aggressief en kwaad. Ek noem weer dat hy uMkonte weSizwe in die kele van die ANC afgedruk het met die uitsluitlike doel om moord, doodslag, chaos, verminking, paniek en terreur te saai. Hy was doelgerig, intelligent, kwaad, haatdraend en vol wraak teenoor blankes. Die een wat uit die tronk gekom het, was saggeaard, liefdevol, vredeliewend, taktvol en rustig. Mense kan nou beweer dat die tronk hom saggemaak het, maar dis nie so nie. Die gevangenis het onvermydelik die uitwerking om mense hard en ongenaakbaar te maak. En onthou dat Winnie Mandela gesê het die man wat daar ingegaan het, was nie die man wat daar uitgekom het nie. Sy het dit nie eufemisties bedoel nie, of simbolies nie, maar letterlik.”
“Ons luister, gaan aan?”
“Tweedens, volgens slim manne wat weet hoe om dit te doen, kan bepaal word dat die nuwe Mandela ten minste dertig millimeter langer is as die een wat ingegaan het. Voeg daarby dat rekenaargesimuleerde fotos van die twee verskillend lyk as hulle sou verouder. So, daar is fisiese verskille.”
“Jy het nou ons volle aandag!”
“Derdens, die handtekeninge. Enige bekwame handskrifontleder sal onomwonde sê dis nie dieselfde mens s’n nie. Nou ja, elkeen van ons se handtekening verander met die tyd, maar nie sò baie nie. Die regte Mandela was geleerd, intelligent en doelgerig. Die tweede een se handtekening dui daarop dat hy baie minder intelligend was, half ongeleerd en as julle mooi sou kyk, sy handtekening is ‘n duidelike nabootsing. Kyk maar waar hy die pen opgelig het om eers te kyk of hy dit min of meer reg doen, voor hy aangaan.
“Vierdens, DNS, of soos baie mense sou sê ‘DNA’, oftewel deoksiribonuklirïensuur, wat soos julle weet, nie nageboots kan word nie, nie kan verander nie en is honderd persent akkuraat.”
“Moet net nie sê jy het dit nie!”
“Voor ons daarby kom, kom ons gaan eers terug na Chris Hani toe. Waarom is hy vermoor? Ja, natuurlik weet ons van Janusz Wallus en Clive-Derby Lewis. Sy vrou, Gayle, word ook genoem. Maar na al die hofsake, die uitgestelde parool en alles wat daarmee saamhang, het Hani se vrou, Limpho, op die lughawe, net voor Janusz sou vertrek, hom weereens gevra wat die waarheid is. En ja, ek vergeet nie al sy onderhoude nie en ook dat hy vier gevoer het met Elma Potgieter, maar hy het nooit vertel waarom hulle dit gedoen het nie. Was dit bloot omdat hy ver-regs was en sy pa sy glasfabriek deur kommunisme in Poland verloor het? En Derby-Lewis? Wat algemeen bekend is, is dat Clive vir hom die pistool gegee het, as ek reg is ‘n Z88, wat ‘n kloon van die Beretta 92F is, en gesteel by die lugmagbasis, Waterkloof of Swartkops, dat Hani se lyfwagte die dag afgegee is, dat die skuldiges binne ‘n uur vasgetrek is. Die vraag is nou, waarom sou Walus met sy eie kar gery het, nie die nommerplate vervang het of selfs effens toegeplak nie, en vir lank rondgery het in die omgewing met die wapen en sy handskoene steeds in die kar?”
“Kan ek hier inkom,” sê Arno. “Ek het ‘n ouderling geken, Herman Munnik. Hy was destyds ‘n superintendent, wat weer later bekend sou word as ‘n luitenant-kolonel, en hy was destyds naby die moordtoneel. Hy het ook hierdie vrae gevra, selfs op hoë vlak en het nooit ‘n antwoord gekry nie.”
“Dankie Arno.”
“Na Hani se moord het Mandela na die SAUK gery en ‘n openbare oproep tot vrede gedoen. Hy het onder andere genoem dat ‘n bejaarde, blanke vrou die moord en die moordvoertuig geïdentifiseer het. Die groot probleem kom nogmaals hier in, en dit is weereens tekenend dat Mandela deur ‘n sagmoedige Gibson Makhanda vervang is. Die Mandela van 1960 sou nie dit gedoen het nie. Hy sou juis hierdie geleentheid gebruik het om burgeroorlog te verklaar, op grond van die held, Chris Hani, se moord.”
“Voorlaastens: die hele 67 minute, waar daar ‘n beroep gedoen word op elke Suid-Afrikaner om 67 minute, een vir elke jaar van Mandela se ‘struggle’ ‘n minuut goed te doen. Dit maak eenvoudig nie sin nie. As jy sou aanvaar sy struggle het geëindig met sy vrylating op 11 Februarie 1990 en jy trek 67 daarvan af, kom jy by 1923 uit, toe hy vyf jaar oud was? Dis moontlik, maar baie onwaarskynlik. Nee, en baie swartmense weet dit – hy was 67 jaar oud met sy dood in 1985.”
Lothar buk vooroor en neem ‘n A4-grootte, bruin koevert wat op die koffietafel in die middel van die vertrek lê.
“Hier is die laaste, maar sterkste stukkie getuienis, of bewys. Voor ek julle wys wat hierin is: Hani was, soos julle weet, ‘n lid van die ANC én die SAKP. Hy het, met die verkiesing by die ANC-kongres net twaalf stemme minder gekry as Thabo Mbeki, om vise-president te word. Dit was nie vir hom genoeg nie en hy het gevoel daar is met die stemmery gekul. Natuurlik het hy ook van Gibson Makhanda geweet. Dit was nie vir hom moeilik om DNS van Makhanda te kry nie, jy kan dit kry van hare, ‘n gebruikte glas of koppie, selfs van ‘n handeskud, as jy niks anders het nie.
“Die sipier wat die ondervragingsvertrek destyds moes skoonmaak nadat Mandela, die regte een, daarin doodgeslaan is, soos julle weet deur ‘n majoor Deetlefs, het die T-hemp wat Mandela aangehad het en deur die beamptes uitgetrek is, eenkant in ‘n hoek gekry, waar dit gegooi is. Dis ietwat morsig, as julle my vra, maar nietemin. Hy het dit as aandenking gebêre en later persoonlik vir Chris Hani gegee. So, Hani het nou van die regte Mandela DNS en ook ‘n beëdigde verklaring van die man. Sy naam is Sonnyboy Madala, ironies genoeg, siende dat Madala ‘ouman’ beteken.”
“En moenie vergeet dat Winnie nooit weer ‘n bed met hom wou deel nie. Sommige meen dis hy wat haar verwerp het, omdat sy tydens sy aanhouding ‘n verhouding met onder andere Dali Mpofu gehad het, maar dis nie waar nie – sy het die nuwe Mandela nooit erken as die ware een nie,” sê Skeer.
“Terug by Hani se moord. Jammer ek val so rond, maar dis nodig. My neef, Lothar, se susterskind was een van die ondersoekbeamptes. Nadat die doppie en die lyk en alles daar rondom gemerk is, het hulle die huis ingegaan en alle moontlike bewysstukke oor waarom die moord gepleeg is, versamel. Standaard praktyk. Nou, hierdie polisieman, speurdersersant Banie Botes, het alle moontlike dokumente uit Hani se kantoor gehaal en stasie toe geneem, waar dit weereens as bewysstuk A1 tot hoeveel ookal gemerk is. Drie weke later het hy sy motor skoongemaak en tot sy verbasing – en skok – ‘n koevert onder die voorste sitplek gekry, waar dit ingegly het. Hy het besef hy kan moeilikheid optel, want die bewysstukke is reeds ingehandig en hy kan van nalatigheid of die gepeuter met bewysstukke aangekla word. Hy het dit in sy kluis toegesluit en ‘n paar maande later oopgemaak, uit blote nuuskierigheid. Hy het natuurlik niks besonders verwag nie, maar daar binne was DNS-toetse van Mandela en van Makhanda, die beëdigde verklaring van die skoonmaker, sowel as ‘n flentertjie van die T-hemp. Hier, kyk daarna, as julle wil. Net baie versigtig, asseblief!”
Hy plaas die verslae, toespraak, verklaring en stukkie lap op die tafel en een na die ander loop die manne en vroue nader en lees dit, sonder om dit op te tel.
“Soos julle kan sien, is die twee nie dieselfde mens nie. Hulle is nie eens verwant aan mekaar nie. Hulle is albei primate, uit die orde Homo Sapiens, maar nie eens behoorlik dieselfde ras nie, met Makhanda wat Khoi-San bloed in hom het en Mandela wat ‘n rasegte Xhosa is. En hier, dames en here, is Hani se toespraak wat hy ‘n week later wou lewer op die SAUK se nuusuitsending, die verklaring en die bewys vir die DNS.”
“Eugene Reilly, in beheer van die ondersoek, is ‘n kort rukkie nadat hy die ondersoek afgehandel het, vermoor, nog voordat hy sy bevindinge kon verklaar.”
“En ten slotte: waarom dink julle het die Nasionale Party se onderhandelaars so gesukkel by Kodesa Een en Twee?”
“Omdat Frikkie en sy span reeds miljoene betaal was en Ramaphosa-hulle dit geweet het??”
“Ja, dit ook, maar die grootste troefkaart was dat Ramaphosa, Zuma en die ander die moord op Mandela elke keer voor hulle gegooi het. Dit is waarom hulle elke keer as hulle ‘n toegewing van die NP’s gekry het, uitgeloop het en Roelf Meyer, Pik en andere so agter hulle aangedrawwe het om hulle terug te kry by die tafel. Hulle het die hele land se vryheid daar prysgegee. En nou kry ons die uiteindelike resultaat – die burgeroorlog wat toe sou gebeur het, is net uitgestel totdat die land leeggesuig is.”