Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam, maar die lippe van 'n dwaas verslind homself – Prediker 10
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (15)
Die onvermydelike word deur verskillende mense elkeen op hulle eie manier ervaar. Een man sal hoor hy het ‘n terminale siekte en dit gelate aanvaar. ‘n Ander sal angs en woede ervaar, teenoor God en mens. Die een sal ‘n geliefde verloor en deur die rouproses werk, terwyl ‘n ander inmekaar sou stort. Die een soldaat sal in ‘n doodsvonnis-situasie grinnik, sy belt vastrek, die geweer laai en soveel van die vyand saamvat as hy kan, terwyl sy makker wegkruipplek soek.
Een werknemer sal woedend wees en wraaksugtig as hy sy werk verloor I(veral oor transformasie of BEE), terwyl ‘n ander die geleentheid sal aangryp om ‘n eie besigheid te begin. Sommige se geloof word versterk deur ‘n krisis, ander verloor alle geloof.
May het deur rou-smart gegaan, fisiese pyn, verkluiming, en uiteindelik bevind sy haar in ‘n onredbare situasie en sy is gehard teen enige vrees. Ek voel ek het my deel gedoen en dit is dit. So, kom wat wil, I will die with my boots on!
Tersia is nie bekommerd nie, want Herrie is daar, hy het haar kom soek met lewensgevaar en sy is veilig by hom. Jessica is verward. Herrie is hartseer en woedend tegelykertyd. Hy het so ver gekom, die vrou kom haal wat hy liefhet en nou is hier buite ‘n klomp mense wat geen reg het om hom die vreugde te ontneem nie. Hy kyk strak voor hom, maar hou Tersia se hand so styf vas, dat haar vingers wit word.
“So, wat gaan ons doen? Gaan ons hier wag dat hulle ons kom haal en skiet, of gaan ons hulle tegemoet gaan?”
“Wat my betref,“sê May. “Ek gaan na hulle toe.”
Dis vir my vreemd hoe groot die verandering is wat by haar ingetree het. Vanaf die patetiese halfverkluimde, flentertjie, verwese vroutjie, soos Jessica beskryf het, na hierdie een, is vir my amper onverstaanbaar. Natuurlik het sy nog nie oor haar kindjie se dood gekom nie en netso is haar een voet en haar hande nog nie genees nie, maar daar is iets baie sterk aan haar, iets wat ek bewonder, of “admireer”, soos ek al dikwels gehoor het mense sê.
Dis asof May se brawade aansteek en elkeen staan op. Vat ‘n wapen en loop gang toe, gesigte strak, maar op die oog af onbevrees. Almal het met die onvermydelike vrede gemaak.
Herrie buk af en soen vir Tersia en op die ingewing van die oomblik doen ek dieselfde met May. Ek het nie enige romantiese gevoelens vir haar nie, maar dit voel asof dit die regte ding is om te doen. Net Jessica kry nie ‘n soen nie en asof dit ook die regte ding is om te doen, soen ek haar toe ook maar.
Ons is daarvan bewus dat die vyand vir ons in die gang kan wag en ek en Herrie beweeg vinnig, met wapens gereed daarin, met die vroue wat op ons hakke volg. Die gang is, behalwe vir die dooies, leeg. Ek wys woordeloos vir die ander om te volg en loop dan versigtig na die einde van die gang toe, kyk regs, na waar die trap is, maar eweneens is net die gesneuweldes daar.
Ek en Herrie hardloop na die bopunt van die trap toe, gewere dreigend en gereed om te vuur ondertoe. Geen teken van lewe ook hier nie. Ek kyk na Herrie, vir antwoorde, maar ook hy skud net sy kop.
Skielik klink dit asof ‘n reus ‘n ewe reusagtige stuk seil vat en uitmekaar skeur; amper dieselfde, maar met ‘n hoë skreeu daarby. Die geluid begin van kort duskant die plein se kant en kom baie vinnig nader.
Ek hardloop na die vensters se kant toe en kyk deur die glaslose rame na buite. Ek het dit natuurlik al op die groot en klein skerms gesien, daarvan gehoor, baie gelees, maar die ervaring hiervan is onbeskryflik. ‘n Helikopter, ek vermoed ‘n Amerikaanse Apache of iets dergeliks, kom aangevlieg.
Van onder sy boeg af (as dit die regte woord vir sy voorkant is), stroom ‘n onophoudelike vuurvlam. Dis ‘n General Electric Minigun M134, ek vermoed in 7,62 millimeter kaliber, wat tot ses duisend rondtes per minuut vuur (50 per sekonde) en dit is asof die ding die teer behoorlik oopkloof, maar nie net die pad nie – die duisende manne en vroue in die verskillende uniforms word ‘n gemeenskaplike rooi-kleur as die duisende koeëls deur lap, vel, vleis, been en ingewande skeur. Stukke teer, sand en vonke spat.
Wat nou-net nog ‘n leër vyandelike soldate was, het nou in ‘n doodsakker ontwikkel.
Hier waar ons by die venster op die derde verdieping van die gebou staan, is die helikopter feitlik op dieselfde hoogte as ons en vir ‘n oomblik, kan ons die bemanning sien – skynbaar sonder uitdrukking, maar hoe sou ons ook al weet met die helms en gesigskerms aan?
Naby die stasie klim die tuig, maak ‘n draai ver na die agterkant en kom dan weer oor. Hierdie keer is die sarsie korter en ek kan die ses draaiende lope van die minigun sien. Dis angswekkend wat dit aanrig. Op Kerkplein is daar pandemonium. Sommige van die soldate skiet na die aankomende helikopter, maar spat dan kante toe, soos die stroom verwoesting aangevuur kom.
Die helikopter verdwyn oor die noordekant van die plein, maar dan is daar die onmiskenbare geluid van groot vliegtuigenjins hoorbaar en ek sien ‘n hele eskader transporters aangevlieg kom. Dit lyk soos ons ou Hercules C130’s of C150’s, maar dis groter as die Flossies van weleer en dit baar strome na strome valskermsoldate.
Ek het gehoor van die lugmagbasis in Botswana en dat die Amerikaanse regering beloof (of dreig, afhangende van jou lojaliteit ten opsigte van die ANC) het om tien duisend soldate, waarvan die meeste seesoldate (Marines) is, in te stuur as daar chaos en anargie, roof, moord en verwoesting in Suid-Afrika uitbreek. Al wat ek van Trump en kie wil weet is waarom hulle dan nou so lank gevat het?
Terwyl ons kyk, land die eerste vleisbomme en hulle doen rondom-verdediging, terwyl sommige skoot na skoot in die rigting van die geboue rondom die plein skiet. Van hulle deel af in seksies en gaan die geboue binne, waar die skote duidelik, maar verdoof deur die mure, opklink
“Wat gaan aan?”
“Dit lyk my die kavalerie het uiteindelik opgedaag.”
“Amerikaners?
“Dis net hulle.”
“Wat maak ons nou?”
“Ons maak seker hulle weet ons is vriendelike magte.”
“Magte? Ons vyf?”
“Ja, wel, ten minste is ons vriendelik.”
“So, hoe maak ons, vra ek weer?”
“Ons soek ‘n wit lap. Het enigeen van julle iets?
“As julle menere julle rûe sou draai, asseblief!?”
Tersia draai haar rug in ek geval op die manne, trek haar baadjie uit en die wit knoophemp onderaan. Sy trek weer haar baadjie aan, gee die hemp vir Herrie. Hy knoop die moue om sy lang geweer en waai dit heen en weer by die venster uit. Na ‘n minuut of drie verskyn ‘n tiental manne voor die buitedeur van die gebou.
“Who-ever you are, come on out, without any weapons, hands behind your heads!” kom die bevel van onderaf.
“Is dit nou verby?”
“Ja, May, dit is.”
Ons loop die trap af, wat nie so maklik is met die aantal gesneuweldes wat oral lê nie. Buite wag ‘n man ons in, met die rangkentekens, as ek reg is, van ‘n majoor in die weermag van die VSA.
‘n Jonger offisier kom nader en baie professioneel, asof dit sy enigste werk is, deursoek hy ons almal. Hy vat my jagmes en Leatherman, Herrie se mes en tot almal se verbasing, ‘n baie fris jagmes by Jessica.
“Nasty looking knife you have, miss!”
“Ja, well, a girl has to defend herself, you know?”
“If I have a look at all these bodies, you have done exceptionally well in that regard. Now, if y’all would follow met, please. You may lower your hands.”
Oral waar ons loop, die twee en ‘n halwe blokke na die plein toe, is ons gewalg deur die slagting. Daar is geen manier hoe ons die bloed kan vermy nie. By die plein staan ‘n medium geboude man in sy middel veertigs ons en inwag. Op sy kraagpunte is die rangkentekens van ‘n vol kolonel (die Amerikaners praat van ‘n “bird-colonel”).
Terwyl ons wag, kom ‘n hele aantal voertuie aangery; Hummers, twee vreemde pantserkarre, APC’s (armoured personnel carriers), vragmotors met soldate en nog ‘n klomp met voorraad.
“And who may you be?”
“Well, sir this woman is May Bruce, this one Jessica and this one Tersia Brink. This tall, ugly man is named Harry Martiz and I am Taps Mouton.”
“And ‘Taps’ is your real name? The name of a trumpet solo?”
“Nou, actually my name is Ruben, but ‘Taps’ is derived from ‘Tubby’.”
“Even weirder, being so emaciated, if I may observe.”
“No, ‘Tubby’ is from a Shakespeare play; Hamlet if I am not mistaken.”
”’To be or not to be’?”
“Exactly.”
“Well mister Ruben Mouton, I have to congratulate you on a fine job, you and your squad. By any chance, did you have military training?”
“Only as a squad leader lieutenant, during National Service.”
“Well then, lieutenant Mouton. Could I arrange sleeping quarters for you and your squad? We have a few empty buildings available,” sê hy met ‘n breë glimlag.
“No, thanks, sir. But if I may ask, some bandages and antibiotics for May here, some rations, and ‘n few cans of diesel. And may we collect our weapons first?”
“Of course! And by diesel you mean diesel fuel, and not gas?
“Gas?”
“The stuff you Europeans call ‘petrol’.”
“No, thanks. Only diesel-fuel. And by the way, we are not Europeans, We are ‘Boere’, of what you frequently call ‘Afrikaners’.”
“Anything else?”
“Some nine millimetre ammo, .45 ACP’s and .300 Winchester Magnum. I suppose you do not have any nine point three by sixty two?”