NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Liewe Here, waarom sukkel ek so om lief te hê? Ek kry dit reg om fatsoenlik, beskaafd en medemenslik te wees, die wet te gehoorsaam, geen verkeerde dade te doen nie. Maar om met liefde en omgee na my medemense uit te reik, dáár Here, is ek in die skuld met opofferende liefde! Leer my asb hoe om lief te hê!?

BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (16)

Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672

Gedurende die eerste helfte van 2025 gebeur ‘n hele aantal dinge wat die situasie in Suid-Afrika op die spits dryf:

Donald Trump kom aan bewind en hy stel handelstariewe in. Ook Suid-Afrika word intens daardeur geraak.

Trump ontmoet vir Ramaphosa in die Withuis se ovaalkantoor en dit gaan baie sleg af wanneer Trump video’s wys oor Julius Malema se “Kill the Boer” krete. Hy haal ook ‘n dik stapel nuusverslae uit oor plaasmoorde in Suid-Afrika.

Hy verwys na Malema en vra: “Why hasn’t this man been arrested?”

‘n Lasbrief word vanuit ‘n landdroskantoor in Londen, Engeland uitgereik vir die arrestasie vir Malema aangaande korrupsie, waar die maatskappy Rutherford betrek word vir ongeveer R100 miljoen se geldwassery. Dit word afgegee aan die minister van Buitelandse sake, Ronald Lamola, se kantoor. Ramaphosa is weereens onduidelik in sy antwoord daarop, maar is duidelik gespanne. Almal weet dat, indien Julius Malema gearresteer word, sy volgelinge amok gaan maak.

Die oorlog tussen Rusland en Oekraïne eskaleer, en so ook die haglikhede in die Midde-Ooste.

Statistiek bewys dat daar tans meer as 3000 moskees in Engeland is en 130 gebiede waar sharia-wet ingestel is. Waarnemers merk dat teen 2040 daar waarskynlik meer Moslem-immigrante in Engeland sal wees as Engelse.

Sommige sal in herinnering roep dat een van die Britse generaals gedurende die Anglo-Boereoorlog sou opmerk dat die Afrikaner uitgeroei moet word, hetsy deurdat die manne doodgeskiet word in die veldslae, die plase afgebrand en die vroue oorgegee is aan swartmans om verkrag te word. “We will kill them, or have them bred out of existence.” Een honderd vyf en twintig jaar loop die Engelse die gevaar om uitgeteel te word uit hulle eie land.

Europa ondervind ‘n politieke skuif na regs en in sommige gevalle na ver-regs.

Intern verswak die rand. Werkloosheid neem toe en alhoewel ernstige misdaad in Gauteng afneem, neem dit landwyd toe. Werkloosheid is op ‘n algehele hoogtepunt – of laagtepunt, afhangende hoe ‘n mens daarna sal kyk dat die amptelike syfer 33% is, die uitgebreide werkloosheid, dit wil sê as diegene wat moedeloos geword het om werk te soek, bygetel word, 42% is en onder diejeug naby 65%.

Die Wêreldbank en die IMF weier om meer geld te leen aan die land.

Die begroting is teen Junie 2025 nog nie goedgekeur nie, die minister van finansies, Enoch Godongwana, impliseer dat uitgawes uiteindelik besnoei sal moet word, aangesien daar nie meer geld is nie en dat daar geen vooruitsig is om meer in te kry nie. Dit behels die staatsdiens en selfs SASSA-uitbetalings. 28 Miljoen van die land se bevolking (46,6%) maak op SASSA staat, waarsonder hulle aan hongersnood blootgestel sal word. Plato het al 300 jaar vC gesê wetteloosheid en anargie is nege maaltye – drie dae – weg.

Meer en meer korrupsie word op elke vlak ontbloot en prof William Gumede van Wits meen dat daar soveel as een triljoen rand deur minder as 100 mense vanaf 1994 gesteel is uit die fiskus. Ministers en sommige parlementslede reis die wêreld vol op besigheidsklas en teen astronomiese bedrae.

Die groeikoers vir die eerste kwartaal van 2025 is ‘n skamele 0,1%. Indien Amerika vir Suid-Afrika van AGOA afskop en handelsanksies instel, kan nog 4% van die binnelandse inkomste verdwyn. Intussen verlaat duisende hoogs-opgeleide manne en vroue, tesame met honderde miljardêrs, die land. Baie ander plaas hulle finansies oor na lande en eilande waar belasting heelwat minder is. Die belastingpoel is vinnig aan die opdroog.

Verskeie ingrypende wette word gepromulgeer, onder andere die BELA-wet wat die regering totale beheer oor skole gee en die wet op Onteiening Sonder Vergoeding.

PSIRA, die oorkoepelende gesagsowerheid wat die privaat sekuriteitsmaatskappye reguleer, maak aanstaltes om sekuriteitsbeamptes (meer as 500 000) te ontwapen.

Nuwe BEE-matreëls bring mee dat nog 110 000 blanke vroue en 70 000 blanke mans hulle werk verloor.

Die SAPD en SANW bewys weereens dat hulle onbekwaam, korrup en onmagtig is om die land se inwoners te beskerm. Geen vuurwapenlisensie-aansoeke wat reeds in Maart ingedien is, is verwerk teen Junie nie.

Elke dag, sonder uitsondering, word daar gevalle van protesoptogte en onrus iewers in die land aangemeld.

*

In die Middeleeue het die Rooms-Katolieke Kerk gesê: “Alle paaie lei na Rome”, dit wil sê na die kerk, maar dit was nie waar nie. Die protestantisme het oral toegeneem en nie teruggelei Rome toe nie. Wanneer onrus, chaos, onsekerheid en ‘n gebrek aan veiligheid toeneem, het die Boere die manier om berge toe te gaan en dus kan die spreekwoord eerder lui: “Alle paaie lei na die Berge toe.” In ons geval is dit die bergreeks aan die noorde.

Ons is ‘n geleentheid aangebied in een van die Amerikaanse HMMVEE (Hummer)-voertuie, wat ons natuurlik benut het. Nog een ry agterna, met wat ons aanvaar begeleiding is. Ons het eers ons wapens gaan herwin en daarna is ons na waar Herrie se voertuig weggesteek is. Tot ons verbasing en verligting is die ding ongeskonde, vat maklik en ry ewe gemaklik terug oor die hoop rommel.

‘n Majoor sien ons af, vra of ons nog iets kort, en gee vir ons ‘n kas 9mmP ammunisie en ‘n paar honderd .300 Winchester Magnum rondtes, tesame met drie honderd .45’s. Daar is genoeg MRE’s (Meals Ready to Eat) pakke en tesame met ‘n vol tenk diesel, asook vier jerry-kanne vol, wat ons op die buffers vasmaak.

Die stad is nie heeltemal verlate nie, maar vir alle praktiese doeleindes is dit sonder enige beweging. Die N1 is oop, behalwe waar die pad versper is met uitgebrande voertuie, bande en plekke waar die pad heeltemal opgekap is. Met die vierwieldryf van Herrie se “Jeep”, kan ons verby dit beweeg.

Herrie en Tersia sit op die voorste sitplekke, met die uwe, May en Jessica wat agter-op vir ons sitplekke gemaak het op en tussen die bagasie en rantsoenkiste. Dis winderig en baie koud, al is die lug oopgetrek en die son sy bes doen om te skyn, maar die verligting om uit die stad te kom, is baie groter as die ongemak.

Ek en May sit met ons rûe teen die voorkant van die laaibak. Dis koud en ek maak ons toe met my aap-jas en onder die jas vat May my hand met haar regter een, nog vol seerplekke en rowe wat nog aan die genees is. Haar hand is klein, skaar en koud en ek vou dit toe met myne. Dan leun sy haar kop op my skouer en raak vir ‘n paar minute aan die slaap. Wanneer sy wakker skrik en vra waar ons is, want sy soek iets, naby die pad, sê ek so dertig kilometer vanaf Pretoria.

Sowat sestig kilometer vanuit Pretoria klop May angstig vir Herrie op die skouer. Hy hou vinnig stil, en ons elkeen hou ons wapens gereed.

“Wat is dit?”

“Ek moet iets dringend gaan doen en vir julle iets gaan wys.”

Herrie ry sover moontlik na ‘n rots-stapel aan ons linkerkant, waarheen May hom beduie en wanneer die veld te ruig word, hou hy stil.

May klim uit en loop na die lae koppie toe, met ons vier op haar hakke, waar ‘n rotsvy teen ‘n groot rots klou. Sy kniel by ‘n hopie grond aan die voet daarvan. Teen die rots krap sy met haar mes uit:

“Cornelia Bruce. 16 Augustus 2021- Mei 2025.”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1661 gaste aanlyn